Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Skildery’

Ek het die een lank gelede gedoen en nou besluit om ‘n verandering aan te bring. Ek hou meer van die prentjie van my soos hy nou is.

Paletmes; olie op doek. 60x42cm

Read Full Post »

Maandag Woorde

Een prentjie wat nie wil klaar kom nie. Sal weer eendag probeer.

Intussen is daar ander dinge wat belangriker is wat wag om te gedoen te word. Weet nog nie wat presies dit is nie, maar dit moet gedoen word, dit is half dringend voel dit my.

Ek weet dit is nie iets uit die verlede wat moet herhaal word nie, en dit is ook nie iets in die toekoms wat gedoen gaan word nie. Dit is nou en hier wat vra om gedoen te word.

Mary Oliver

“How I Go to the Woods”:

Ordinarily, I go to the woods alone, with not a single

friend, for they are all smilers and talkers and therefore

unsuitable.

 

I don’t really want to be witnessed talking to the catbirds

or hugging the old black oak tree. I have my way of

praying, as you no doubt have yours.

 

Besides, when I am alone I can become invisible. I can sit

on the top of a dune as motionless as an uprise of weeds,

until the foxes run by unconcerned. I can hear the almost

unhearable sound of the roses singing.

 

If you have ever gone to the woods with me, I must love

you very much.

 

 

Read Full Post »

`n Nuwe prentjie van die esel af. Miniatuur (9 x 9cm sonder die raam). Olie op doek.

Bosnimf

Read Full Post »

Nuut van my esel af

Ek was darem nie heeltemal onproduktief die laaste tyd nie. hier is die nuutste skepping van my esel af. Dit is die skildery waaraan ek die langste ooit gewerk het, amper sewe maande! Tussen hospitaalbesoeke, amper die emmer skop en bloot letargie, saam met onvrede oor die resultaat van die werk, wou dit net nie klaarkom nie. Nou is die finale veranderings aangebring. Dit is nou klaar. (Foto en raam deur Hannelie: Dankie)

Koffiekan 2Koffiekanfoor

Read Full Post »

Een vermiste pot

Vreemde ding; soms word die ding wat vermis word, meer belangrik as dit wat daar is, of wat jy het. Is mos so `n storie in die Bybel oor die skaapwagter wat sy trop skaap versaak om na die een vermiste lam te loop soek. Ook die Buddhiste sê dit is in die stiltes tussen die gedagtes waar jy Satori sal vind. Dit is in die “gap“, in die gat waar jy die waarheid vind, rus vind, vreugde vind.

Maar soms is dit juis dit wat weg is, wat dit wat steeds daar is beklemtoon en uitlig, selfs meer waardevol maak.

Hier is my jongste skildery, “Die Vermiste Pot”, iets amper in die gees van “Wabi Sabie”

Olie op doek 35 x 45cm

Olie op doek 35 x 45cm

Read Full Post »

Monnike in die reën

Min of meer klaar

002 (2)

Monnike in die reën

Olie op doek 40 x 50cm

Read Full Post »

Lucien Freud

Lucien Freud, ‘n kleinseun van Sigmund die psigiater, is op 20 Julie oorlede oppie ouderdom van 88. Hy was ‘n skilder van formaat en een van sy skilderye is in 2008 op ‘n veiling verkoop vir £17m. Dit is nog steeds die rekord vir ‘n skildery van ‘n lewende kunstenaar.  Hier is die skildery – spesiaal vir Eelt.

Benefits Supervisor Sleeping (Lucien Freud 1995)

Read Full Post »

Prenkjie

Ek dink hy is nou klaar, uiteindelik.

Read Full Post »