Ons teken prentjies, mors verf op doeke en staan trots terug om ons eie skeppings te bewonder, maar ons het meeste van die tyd geen idee van waarom ons dit doen nie. Dit was sekerlik nie anders met die eerste mense wat prentjies op rotse geteken het nie, en hulle mede-grotbewoners het sekerlik gedink hulle is van lotjie getik! Intussen het niks verander nie. Mense dink steeds jy is van lotjie getik om prentjies te wil maak.
Die ou ego en geld is moontlik die sterkste dryfvere agter kuns. Kunstenaars, net soos ander mense, hou daarvan om op die rug geklop te word, dalk tog so ´n klein bietjie meer as die gemiddelde man op straat? En tog is daar iets anders aan kunstenaars, veral die ware, outentieke kunstenaar. Hulle kyk anders na die wêreld om hulle, hulle sien as’t ware meer en selfs dieper, en hulle hou aan skilder al lewe hulle in armoede.
“The mind does its perceiving in terms of intensity of existence, profundity of significance, relationships within a pattern.” sê Aldous Huxley in sy boek “Doors of perception”. Maar omdat die insette uit die omgewing vir die gewone mens so oorweldigend is, is daar ´n “reducing valve” in sy brein wat hom beskerm en so sy voortbestaan verseker. Die nadeel daarvan is dat die mens dan glo dat; “the reduced awareness is the only awareness and it bedevils his sense of reality, so that he is all too apt to take his concepts for data, his words for actual things.”
Maar vir die kunstenaar, sê Huxley, werk dit soms anders. “A little of the knowledge belonging to Mind at Large oozes past the reducing valve of brain and ego into his consciousness. It is a knowledge of the intrinsic significance of every existent.” en dan word byvoorbeeld gordyne en ander behangsels “ living hieroglyphs that stand in some peculiarly expressive way for the unfathomable mystery of pure being.”
Huxley verwys na Van Gogh se “the Chair” as “that astounding portrait of a Ding an Sich, which the mad painter saw, with a kind of adoring terror,” en wat hy toe probeer vasvang het op doek, maar volgens Huxley, alhoewel dit ´n ongewone gevoelvolle uitdrukking van die voorwerp is, bly dit steeds net ´n simbool van die werklikheid, en nie die werklikheid self nie. Die werklikheid, soos Van Gogh en ander kunstenaars dinge sien, is “manifested Suchness:” en dit kan, volgens my beskeie mening, nie werklik met kwas en verf weergegee word nie. n Kersboom met elektriese liggies in is maar `n vaal, oninspirerende weergawe van Annie Dillard se "tree with the lights in" wat sy by Tinker Creek gesien het (en dit sonder meskalin!)
Botticelli se “Judith” kom, volgens Huxley nader aan die “manifested Suchness.” Die ryk, vloeiende kleredrag in Bernini se beelde en El Greco en Watteau se skilderye van mans en vrouens is gelaai met “isness.” Hy sê: “They had seen the Istigkeit, the Allness and Infinity of folded cloth …” en dit is, volgens hom, hoe ´n mens behoort te sien.
Botticelli, Judith with head of Holofernes 1569f.jpg
El Greco: “I paint because the spirits whisper madly inside my head.”
The Virgin
Bernini: Apollo and Daphne.
Vermeer en Vuillard se skilderye sien hy as; “Eternity and Infinity seen,” en as “the Dharma-Body manifested”.
Vermeer:
Watteau:
Maar helaas, ons is nie almal Vermeers of Van Goghs nie. Ons sien maar ´n boom as ´n boom en ´n blom as ´n blom, en daarom maak Huxley hierdie verdoemende stelling: “Art, I suppose, is only for beginners, or else for those resolute dead-enders, who have made up their minds to be content with the ersatz of Suchness, with symbols rather than with what they signify, with the elegantly composed recipe in lieu of actual dinner.”
By gebrek aan hierdie dieper, kontemplatiewe insig teken ek maar my prentjies en hoop iemand sal dink dit is mooi.
Een lewende kunstenaar wat ek ken wat dalk naby aan Huxley se ideaal van In kunstenaar kom sal Daniel Olivier wees. Sy skilderye (en sy waagmoedige, andersoortige poste op die internet) laat my dink dat, in Huxley se woorde: ‘His perception is not limited to what is biologically or socially useful. A little of the knowledge belonging to Mind at Large oozes past the reducing valve of brain and ego into his consciousness.”
Aan die ander kant; wat is kuns? Iemand het eendag die vraag aan `n kunstenaar gevra, (het nou vergeet wat sy naam was) en toe antwoord hy: “Well, art is art, is’nt it? Still, on the other hand, water is water! And east is east and west is west and if you take cranberries and stew them like applesauce they taste much more like prunes than rhubarb does. Now, uh …now you tell me what you know.”
Deel hierie met jou maters
Read Full Post »