Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘maanpreke’

Diegene wat die ongeskape ken,

Wie vry en kalm is,

Wie alle begeertes verwerp het,

Hulle is die mees agtenswaardig.

Dhammapada v97

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

“ Op hierdie volmaan dag van Mei, wanner ons Wesak vier, laat ons oordenk wat die Boedha  voorgehou het as wat ons aandag waardig is.

Ons is alreeds goed ingelig oor die “geskape wêreld”, met anner woorde als wat gekonsidioneer is soos ons dit sien kom en gaan. En ons het al vele male gehoor hoedat dit wat gebore word sterf; als wat ontstaan vergaan; alle verskynsels is in ‘n ewigdurende  staat van verannering.

Die Boedha se insig wys dat dit moontlik is om te ontwaak tot wat hy die “ongebore”, “ongekondisioneerde”, “onverannerlike  werklikheid” genoem het. Bewuswording van hierdie werklikheid, het hy geleer, is betroubaar en daarom ons aandag waardig .

Hoe kan mens hierdie bewuswording teweegbring? Een manier is om aanhoudend die regte vrae te vra: wat is die ongebore; wat is die ongekondisioneerde; wat is die onsterflike? Dan oorpeins ons dat enige toestand, enige idee, enige sensasie wat voorkom wanner ons die vraag vra, nie dit is nie – en ons hou aan om te laat gaan.”

Bhikku Munindo is die kloostervader van Ratanagiri, ‘n Boedhiste klooster in Engeland.

Vir meer besonnerhede sien:

ratanagiri.org.uk
forestsangha.org
forestsanghapublications.org

 

Sun Dog

Foto deur Rose Knott, Orangeville, Dufferin County, Ontario, Canada

Read Full Post »

Diegene wat waarheid spreek;

wat sagmoedig aanspoor;

wat met niemand mee-ding nie,

hulle sien ek as groot geeste.

Dhammapada v. 408

Kommentaar deur Bhikhu Munindo:

Wanner mens ‘n pas gebore baba vashou, doen mens dit met teerheid. Tot ‘n mate weet ons alreeds wat teerheid en sagmoedigheid is. Maar miskien moet ons dit bewustelik ontwikkel.

Ons is byvoorbeeld geneig om teerheid as swakheid te sien . Wanner dít gebeur kan mens dink aan die beeld van ‘n snydokter wat senuwees aan mekaar werk met fyn stekies, of ‘n werktuigkundige wat ‘n kar se enjin instel: wanner mens met presisie werk is aandagtigheid noodsaaklik. Op dieselle wyse is dit nodig om teerheid en sagmoedigheid aan die dag te lê wanner ons die vordering van ons geestelike lewe beskou.

Daar is sekerlik tye wanner mens selfversekering aan die dag moet lê, maar ons moet versigtig wees dat ons nie uit (onbewustelike) gewoonte teenstrydig is nie. Raindrop014

Read Full Post »

Streef  wysheid na,

maak ‘n eiland vir jouself.

Vlekloos en bevry van onreinheid

word mens verlos van geboorte en dood.

Dhammapada vers 238

Kommentaar deur Bhikhu Munindo:

Waarheen wend ons wanner ons worstel met ‘n wesenlike verwarring? Die beste wat mens waarskynlik kan doen is om daadwerklik te werk met geduldige verdraagsaamheid. Ideaal gesproke behoort mens nie te wag totdat die hindernis onoorkomelik word nie, maar mens behoort voorbereiding te doen. Wanner mens eers in die vuur is is dit moeilik om te onnerskei tussen onner en bo, of tussen voorkant en agterkant.

Ware wysheid sien dinge helder, onafhanklik van omstandighede. Dis hoe ons gemoed sal werk wanner hebsug, haat en waan afwesig is.

Hierdie insig dui die rigting aan waarin ons moet beweeg. En ons kan onsself aanmoedig om die aangeduide weg te volg deur die gevolge van onsinnigheid waar te neem – die ewige “vir of teen” reaksie. Byvoorbeeld: ons ervaar afknouery – probeer ons om die oorsake van daardie optrede te verstaan en daarvolgens die situasie op te los, of volg ons die gewoonte om die bullebak sumier te veroordeel en so waarskynlik die situasie net te vererger?

Insig en verstaan, of te wel wysheid, lei na sinvolle handeling. Om mens se wese te grond op “vir of teen” lei tot eindelose lyding.

Verdere leeswerk, vir diè wat belangstel: http://zenhabits.net/light/

Storm See

Read Full Post »

Dhammapada oordenking – Sorgeloos (en onverskillig)

Soos ‘n handelaar met sy kosbare vrag gevaar vermy,

en ons wat na lewe smag gif vermy,

net so moet mens euwel dade vermy.

Dhammapad vers 123

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Ons het ‘n kosbare vrag: ons menslike bewussyn. En omdat ons smag na lewe beskerm ons dit. Die Boeddha sê ons moet waghou oor hierdie kosbaarheid deur euwel handelinge te vermy. In hierdie lewe kan dit tot groot voordeel wees om versigtig te wees en wysheid te ontwikkel.

So ook kan diepe smart die gevolg wees van sorgelose en onbesonne dade.

Euwel is ‘n baie sterk woord  en ons kan verkies om dit nie te gebruik nie. Maar mens is naief om dit nie te bepeins nie. Wanner mens se gemoed besete is met hebsug en haat vloei euwel handelinge daaruit. En dit lei tot pynlike gevolge.

Niemand anners kan ons beskerm teen onverskilligheid nie, nie eers die Boeddha nie. Net met bewustelike welwillendheid en wyse oordenking kan ons bydra tot die beskerming en welsyn van alle wesens.

Lees die oorspronklikke  oordenkings van Bhikkhu Munindo HIER.

ratanagiri.org.uk              forestsangha.org              forestsanghapublications.org

Irakse Vlugtelingkinners

Irakse Vlugtelingkinners

Read Full Post »

Meer as ‘n dief,

of selfs as ‘n vyand,

bring ‘n dwaling van die hart

mens tot leed.

Dhammapada vers 42

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

‘n Dwaling van die hart lei tot ons leed omdat dit ons verhinder om ‘n natuurlike staat van voldoening te betree. Wanner ons bewustheid faal en ons vasheg voed die klewing verwarde denke en lei tot verdeelde handelinge.

Ware welsyn ontstaan moeiteloos vir diegene wat een is met dit wat is; met Dhamma. ‘n Bevryde wese het nie nodig om te probeer om tevrede te wees, of om nie ontevrede te wees nie. Deur te sien hoe lyding veroorsaak word deur verknogtheid word die neiging om vaste posisies in te neem afgesweer.

‘n Onverhinderde hart lei direk na insig en welbehae.

Vrystaatvlaktessovoordiewinterkoue

“Vrystaat vlaktes so voor die winterkoue”

deur Machiel Prins op die werf: Fotoskool

 

Read Full Post »

Soos ‘n stormwind ‘n tingerige boom kan ontwortel,

so oorweldig Mara iemand wat plesier onbeheersd najaag,

wat homself vergryp aan kos, en lui is.

Dhammapada vers 7

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Hoe weet mens die regte maat? Ons sintuie en die samelewing dwing  ons tot meer, altyd meer. Die hele ekonomie is daarop gebasseer dat ons altyd iets kort.

As ons toevlug vind in verhoogde bewustheid word ons bevry van die kompulsiewe gewoonte om kant te kies en kan ons die proses van kondisionering bepeins. Dit is noodsaaklik dat ons besef dat ons nie noodwendig slawe van ons omgewing hoef te wees nie. Die werk van innerlike nadenking kan lei tot ‘n sekerheid wat nie afhanklik is van die algemene sienswyse of kulturele vooroordeel nie. Ons kan eksperimenteer met die beteuling van ons eetsug, of om nie ‘n opinie oor alles te hê nie.

Dis in die haak om stil te wees en vergenoegdheid doelbewus te ontwikkel. Tevredenheid beteken nie noodwendig afstandoening of ontkenning nie. Wat wel saak maak is waar ons sterkte vandaan kry: as die storm toeslaan, slaan dit ons ook plat?

Palm-Tree-In-Storm

Read Full Post »

Volmaan 02/08/2012

Wanner mens die insig bereik dat

Als wat is geen  bestendige self het nie,

Dan word mens ontnugter deur die lewenssorge.

Dit is die weg na suiwerheid.

Dhammapada vers 279

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Wanner mens terneergedruk voel, soek mens iets om jouself mee op te beur: ‘n fliek, ‘n roomys, ‘n herinnering, ‘n boek. Die Darma leer ons egter om in die teenoorgestelde rigting te gaan: om werklik gelukkig te wees het ons minder nodig, nie meer nie.

Wat ons nodig het is om ‘ek’, ‘my’ en ‘myne’ te laat los. In teenstelling met die algemene opvatting dat  die ‘self’ allerbelangrik is, sê die Dharma dat niks hierdie sogenaamde ‘self’ kan bevredig nie. Die aanname dat hierdie ‘ek’ ooit tevredenheid kan bereik is vals.

Watter van my ‘selwe’ is ooit bestendig en standhoudend: die gelukkige ek, die hopelose ek, die ernstige ek, die sloppy ek, die wyse ek, die idiotiese ek?

Insig in die aard van die ‘self’ kan ons verlos van die las van hierdie valse opvatting. Dit kan die mite van self-belangrikheid uit die weg ruim, en mens so tot suiwering bring.

Self portrêt – Francis Bacon 1971

Read Full Post »

Ons is ons eie beskerming;

Ons is innerdaad ons eie veilige vesting;

Hoe kan dit anners wees?

Dus sien ons om na onsself met gepaste sorg.

Dhammapada 380

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Hoe sien ons om na onsself met gepaste sorg, sonner om selfsugtig te word?  ‘n Anner term vir “gepaste sorg” is ware aandagtigheid. Ons skool onsself om waar te neem met sorgsaamheid. Wanner sorgsaamheid verdraai na hebsug word die gemoed koud:  “ek” en “myne”  neem oor wanner  welwillendheid en oordeelkundigheid kwyn.

Ons vertrou op die krag van aandagtigheid om hierie proses te ontbloot, soos en wanner dit gebeur.

En so leer ons om mettertyd ons eie gemoed te lees: hoe voel dit in jou eie lyf/bewussyn wanner  jou gemoed oop, ontvanklik en ge-interesseerd is? Hoe voel dit as die gemoed geslote is, vevul met wrewel, bitterheid en vrees?

Deur sorgsaam ons pad te voel, in en om al die oomblikke van swarigheid, leer die lewe ons om te laat los. As ons te volle kan laat los, sal mens totale sekering beleef.

Viktoria Stutz Photography

Read Full Post »

Volmaan 4/6/2012

Wanner ons die waarde van ons rein dade

ten volle waardeer,

word ons met vreugde vervul;

hier en hiernamaals word ‘n viering van blydskap.

Dhammapada  vers 16

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Aanvanklik verstaan mens die Boeddha se lering as ‘n poging om verknogtheid ten alle tye te vermy. ‘n Meer subtiele begrip lei ons om te sien dat so ‘n benadering ‘n inherente paradoks bevat: verknogtheid aan die ideaal om nie verknog te wees nie. Dié situasie is egter nie ‘n fout nie – dis net dat mens iewers moet begin, en as mens met uitnementheid mediteer sal ons sien dat daardie benadering ons nie van lyding bevry nie.

Wanner ons regtig van verknogting los raak – ook die verknogting aan ons hoë  ideale – dan verdwyn ons onkunde omtrent die hier-en-nou werklikheid, en nie ons edel aspirasies nie. Dan begryp ons dat wanner vreugde opborrel, ons ten volle daarmee saam kan vloei; en wanner smart toeslaan kan ons  dit ten volle aanvaar en iets meer omtrent die lewe daaruit leer.

Ons leer deur noukeurig te let op die gevolge van ons gewoontes van verknogting, wat ‘n anner benadering is van om net die ideaal van geen verknogting teoreties na te strewe. En mens kan vertrou dat die deugsaamheid wat voortspruit uit die navolging van die voorskrifte ons sal onnerhou.

Dan word dit moontlik om met oorgawe in die werklikheid van die oomblik te leef sonner om die waarheid te ignoreer.

Read Full Post »

Diegene wat dwaas en verward is
Lewer hulleself uit aan onbesonnenheid
Die wyse waardeer die bewustheid wat hulle ontwikkel het
As ‘n kosbare skat.

Dhammapada vers 26

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Ons almal verloor onsself elke nou en dan en verdwaal in verwarring. Wat belangrik is is hoe gou mens weer onthou. Mens kan jouself nie van verwarring bevry deur eenvoudig nie daarvan te hou nie. Tog kan meditasie hiermee help.

Wanner mens in formele meditasie jou aandag telkemale terugbring na die voorwerp, keer op keer, dan ontwikkel mens ‘n sekere soort vermoë. Selfs al is dit nie voor die hand liggend nie, groei daar ‘n waardevolle potensiaal in ons bewussyn. Meditasie kan as vervelig voorkom en kan selfs gesien word as sinneloos. Maar energie verdwyn nooit nie.

Die energie wat ons in meditasie insit om telkens te onthou om na die voorwerp toe terug te keer kan spontaan in ons alledaagse lewe na vore kom as onmiddelike gewaarwording. Waar ons onsself van tevore sou vergeet het en in onbesonnenheid sou verdwaal het, bevind ons onsself skielik wawyd wakker en eens met dit wat besig is om te gebeur. Sulke bewustheid is innerdaad ‘n kosbare skat.

Read Full Post »

Older Posts »