Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘prênkie’

Monnike in die reën

Min of meer klaar

002 (2)

Monnike in die reën

Olie op doek 40 x 50cm

Read Full Post »

Walking

Sy is nou klaar, gereed om teen `n muur gehang te word.

Wiegelied

Daar is net een monster, my kind

versteek in sy baie name

Hulle roep hom Realiteit en noem hom Waarheid

Hulle noem hom die lewe, my kind

Daar is geen plek waar hy jou nie sal vind.

‘n Lewe is ‘n kersvlam in ‘n vensterbank

‘n droom : ‘n seepbel, ‘n ronde weerkaatsing van kleur

op ‘n spatseltjie nat.

Waarheid, my kind:

son en wind.                                                                                        Nov’95 Marli

Die foto moet nog `n Prentjie word.

Reaper Man

 thinking happy thoughts

while we are sinking into darkness

so shall it be

as he said on to them;

my children flee into the light

for the darkness warps the soul

laugh at your own mortality

for only you can die

no angel can ever call my name

for I am death

and you the dying

slow forever slow

to grasp the meaning of my gift

for on to you I give eternity

I give you reason

I give you fear

but also love and understanding

for you are the children

you are the seekers

you turn the world against itself

twisting truth until only I remain

for I am truth and lie

I am your eternal shadow

the ghost beyond your reach

                                                Hannelie

 

 

 

Read Full Post »

Amper klaar

Weg

Olie op doek, maar nog in wording.

Die jaar was die pen en die kwas droewig stil. Lekkasie op die inspirasie? Miskien net maar die droewe land se donker invloed op die gees.

Moet ons dalk meer spiese teken vir die sensasie daarvan? Of dalk ook die ‘Skynmaagde’ se teologie van verdriet verkondig?

Ons agbare Prez sê daar is niks in die land verkeerd nie. Die minister van onderwys sê als is haky-dory in haar departement, en ons guru van finansies vind geen fout met ons geldsake nie. Inteendeel.

Meer kaal meisies teken as teologie van naakte ekstase, dis wat ek moet doen. `n Viering van lewe soos die kaal fietsryers van San Francisco, al is dit net om `n paar ou pruimgesig anties `n hartaanval te gee. Dit behoort die gees weer op te beur!!

Het vir my `n fiets gekoop. Gaan die speke laat sing in San Francisco!!

Read Full Post »

Nog `n Dag

Na maaande se gespook begin my buurman lyk soos my buurman, of dan die ‘selfportret’ van my buurman soos iemand dit gestel het!

Gaan hernuwe my lisensie vanoggend by die munsipaal se kantore. Gaan Ma saam om te help met die tolkery soos dit deesdae al meer gebeur. Sê sy vir die man wat die oogtoetse doen om te sien of jy nog kan sien om te kan ry, sê Ma sy staan net daar om vir my te sê wat die Toetser sê omdat ek dalk nie sal hoor wat hy sê nie. Sê die Toetser reg, hy gaan my oë dan  nie toets nie ons kan maar na die volgende stasie gaan en dan gaan betaal. Dit lyk of ek goed genoeg kan sien! Ha, nou kan ons weer vir nog `n jaar die pad aandurf en hoop niemand ry ons dood nie.

   

Die kombi waar mens jou foto laat neem vir die lisensie. Daar is `n spul van hulle wat wedywer om klante te werf.  Dis `n vuil, varkige tampan nes en jou foto lyk ook so as hulle met jou klaar is. Ma sê tenminste werk hulle vir hulle geld. Ek vermoed jy kan ook enige dwelm wat jou lyf begeer daar koop. Ek het in my lewe nog nooit so `n vuil kamera gesien nie.

 Nee, dis nie ek wat `n wilde naweek beleef het na die Leeus se oorwinning oor die Haaie nie.

Read Full Post »

Prenkjie

Ek dink hy is nou klaar, uiteindelik.

Read Full Post »

%d bloggers like this: