Feeds:
Bydraes
Kommentaar

Amerika ge-Trump

“Everybody wants to be enlightened, but nobody wants to change”, is glo wat Andrew Cohen altyd gesê het. En hy behoort te weet, hy was immers ´n vaandeldraer vir evolusionêre spiritualiteit. Hy weet hoe mense kan ja en amen as dit by praat kom, net om ysterklou in die grond te slaan as dit by die praktiese uitleef van nuwe idees en insigte kom.

En nou het die Amerikaners gestem, en ons staan verstom, of dalk ook nie. Vir baie jare was Amerika die versinnebeelding van vryheid, verligtheid, progressiwiteit en vooruitgang. Dit was elke land se droom om soos Amerika te kan wees: Sterk, onverskrokke, vooruitstrewend en trots. Hulle was tegnologies, ekonomies en sosiaal die res van die wêreld vêr vooruit … en toe kom Trump en ´n mens wonder wat het verkeerd geloop. Het iets verkeerd geloop?

Uit `n evolusionêre oogpunt maak die Trump oorwinning nog minder sin. Volgens die evolusionêre beginsel beweeg alles van eenvoudige stelsels tot meer komplekse stelsels, van eensellige organismes na komplekse, denkende, bewuste en selfbewuste organismes wat daartoe in staat is om die Aarde met kerntegnologie te kan vernietig.

Samelewings beweeg van primitiewe stamgebonde jagter versamelaar gemeenskappe tot stadsgebonde kuberjagters en ruimtevaarders. Die tendens van evolusie is altyd vorentoe, altyd hoër, en hoe verder sisteme vorder, hoe vinniger verander daardie sisteme. Die eerste telefoon en die heel eerste selfoon was ligjare van mekaar verwyder, en nou, net `n paar jaar later kan die eerste selfoon en vandag se iPhone skaars met mekaar vergelyk word.

En saam met die vinnig veranderende tegnologie, verander samelewings, verander individue, verander denksisteme. Om aan te pas en by te bly word al moeiliker. Groot druk word op mense en sisteme geplaas en die boodskap is duidelik; bly by of bly agter.

Lynn Sparrow Christy (Beyond Soul Growth) sê: “A system must continue to grow and develop with new input or it will dissolve into its component parts.” Sy gaan verder en verduidelik dat die huidige chaos met ekologiese, ekonomiese , politieke, sosiologiese en geestelike probleme wys op `n patroon van evolusie waar druk vir verandering opbou tot `n punt waar die ou sisteme eenvoudig nie meer geskik is om die druk te hanteer nie, en dan kan een van twee dinge gebeur; daar kan `n sprong wees na `n totaal nuwe bestel, of entropie kan intree en die huidige oorlaaide sisteem opbreek en daar dan terug geval word na `n vorige, ouer bestel.

“Therefore the organization either shrinks back to some archival version of its once glorious self or it remakes itself for a new set of circumstances.” sê Lynn Sparrow Christy. En dit is presies wat nou in Amerika gebeur het. “Overwhelmed as we may feel at times when faced with the combined ecological, economic, political, sociological, and spiritual puzzles of our day, the very chaos we experience is a sure sign that an emergent possibility exists – that is, the potential exists for a whole new way of dealing with the human condition …”

Maar die kiesers van Amerika het nie kans gesien vir die moontlike nuwe wêreld nie, hulle het hulle rug op die toekoms gedraai en terug geval na `n “mindset” wat lank gelede in die suidelike state van Amerika geheers het, en wat direk aanleiding gegee het tot die burgeroorlog.

Trump is dus nie die probleem nie, Donald Trump is slegs maar `n simptoom van die onwel psige van die Amerikaanse samelewing. Trump se enorme ego kan wel in `n probleem van globale proporsie ontwikkel. Sy slagspreuk van “Make America great again” het sterk ondertone van Hitler se “Deutschland über alles, Deutschland” slagspreuk, en dan is die gevaar van die reeds geswolle ego wat swig voor die verlyding van die massas se “sig heil, sig heil” nie `n ondenkbare moontlikheid nie.

Hillary Clinton was en is `n swak politieke leier wat net belang stel het in die glorie van die Wit Huis. Sy het nie `n idee waarvoor die party wat Obama gelei het, staan nie. Die hoë lewe en haar ryk vriende se belange is eintlik al wat vir haar saak maak.

So lei Amerika en Brexit-Engeland moontlik die val van die eens magtige Westerse beskawing in. Ons sal moontlik in die geskiedenis bekend staan as die generasie wat die sprong na `n nuwe wêreldbedeling nie  kon maak nie. Ons bou nuwe mure, ons bou nuwe, groter wapens. Ons val … om plek te maak vir die volgende, hopelik dapperder moondhede om die mensdom vorentoe te vat op sy evolusionêre pad. Iewers in die onkenbare toekoms sal ons by Pierre Teilhard de Chardin se “Omega Point” uitkom ten spyte van die Trumps en die Putins, die Theresa Mays en die Kim Jong-uns van die wêreld. (Mens noem nie eers die Zumas en die Mugabes nie want hulle is klein parratjies in die slykpoel wat ons wêreld vandag is.)

Evolusie het miljoene jare gevat om ons te kry waar ons nou is. Evolusie het tyd, dit kan nog miljoene jare wag, selfs heel voor begin sodra die veglustiges met hulle kern arsenale met ons klaar is.

 

 

Die duister weë van die siel

Rescuers by Dr Nicola Davies

Rescuers are compulsive, often uninvited, helpers who cannot resist the temptation to jump in and try to fix other people’s problems. Also known as “Fixers” or “White Knights,” they come from diverse backgrounds, but they all have the desire or need to save others. These well-meaning people generally pursue careers in the helping professions, such as doctors, nurses, psychologists, teachers, or social workers.

Rescuers believe they have the necessary influence, charm, or persuasive powers to help change people or situations for the better. Their identifying traits include:

  • The needs of others are treated as more important than their own.
  • They will persist in helping even when it has been made clear that their help is not needed.
  • They think they know best about what works and what doesn’t for others.
  • They want other people to need them, and will go from one person to the next offering assistance in order to gain this sense of being needed.
  • When others ask for their assistance and they are unable to help they are overcome with guilt.
  • They exhaust themselves in taking care of other people’s needs.
  • They feel utterly rejected when their assistance is not welcome.

Positives:

Since childhood the Rescuer has had the desire to save someone, usually a family member, such as an alcoholic father, depressed mother, or ill sibling. They carry this nurturing trait into adulthood, along with many other positive characteristics, including:

Since childhood the Rescuer has had the desire to save someone, usually a family member, such as an alcoholic father, depressed mother, or ill sibling. They carry this nurturing trait into adulthood, along with many other positive characteristics, including:

  • It’s encouraging and convenient to have someone around who is ready and willing to help.
  • Rescuers can intuitively spot another person’s vulnerabilities, or identify when someone is in trouble.
  • They are skilled at making others feel less isolated in their emotional pain.
  • Although they are not consciously aware of this, saving others is often an attempt at saving the self from past or present emotional pain; their rescuing behaviour can be seen as symbolic self-healing.
  • Their persistence when tackling a problem, even though it belongs to someone else, can be encouraging.

Negatives:

You might think that we could all benefit from having a Rescuer close by. However, there are some negatives to this personality:

  • Rescuers have the tendency to neglect themselves due to their neurotic obsession to look after others.
  • People need to learn to solve their own problems and face their own challenges, which is not easy with a Rescuer around.
  • Outside the lives of others, the Rescuer hardly has a life of their own; their hopes and goals are tied up with those of others.
  • Getting absorbed by other people’s problems can be a way to escape taking responsibility for their own.
  • Rescuers are never really content because they don’t pay attention to their own needs and often feel burned-out.

How do I Deal with a Rescuer?

At some point the Rescuer does need to be told that they aren’t always helping, despite their good intentions. From the Rescuer’s perspective, others are inadequate and therefore in need of help, so make them aware of this underlying message they are giving to others. This will help them recognise why some people don’t appreciate their efforts.

Inform the Rescuer that obsessive rescuing is a way of projecting their own real or imagined weaknesses and vulnerabilities onto others. They need to hear the same message repeatedly, in particular that they cannot take care of others if they cannot take care of themselves. In addition, show them that there are alternative, healthier ways in which to invest empathy and altruistic behaviours. For example, encourage them to ask people if they want or need assistance before giving it.

 

Voor die storm

216

Sê Marli gister; daar is min dinge so mooi soos n sonsondergang voor die storm. En gisteraand was dit so.

221

Daar was selfs groen feëtjies in ons tuin, en toe kom die storm. Gelukkig is ons weer die ergste gespaar. Net reën, baie reën. Ons is dankbaar.

214

Boek Resensie/ Bespreking

023

Boven is het stil

Gerbrand Bakker

Watter genotvolle verhaal was dit toe om te lees. Voorwaar een wat ek sonder om te skroom aan enige iemand kan aanbeveel om self te lees.

Dit was seker `ʼn jaar gelede wat ek `ʼn resensie van die boek gelees het, en daarin is die boek beskryf as een van die beter boeke wat in `ʼn lang tyd in Nederland gepubliseer is. Van daardie dag af het ek gesoek na die boek, spesifiek die Nederlandse weergawe daarvan want ek wou dit in die oorspronklike taal lees. Eers soek ek in boekwinkels maar niemand weet van die boek of die skrywer nie en stel ook nie belang daarin om dit vir my te soek nie.

Later gaan soek ek by Amazon en ander eboek handelaars, maar kan daar ook nie een kry wat in Hollands geskryf is nie, en nog minder die Afrikaanse vertaling daarvan. Toe koop ek maar die Engelse weergawe daarvan. In Engels heet die boek “The Twins”. Later het my suster vir my die oorspronklike weergawe in Hollands gekoop en dit was `ʼn groot plesier om te lees.

Die storie gaan inderdaad oor `ʼn identiese tweeling; Helmer (die eersgeborene) en sy broer Henk. Helmer (wat nou in sy 50’s is) vertel die storie, en omdat Helmer `ʼn baie rustige mens is, is die storie ook baie rustig. Hy gaan haal die storie stuk-stuk daar ver in hulle kinderdae, en baie dinge gebeur deur die loop van die verhaal, selfs erge dinge soos die dood van sy broer Henk, maar selfs dit word rustig weergegee, so half terloops. Want eintlik draai die hele verhaal om die verhouding tussen Helmer en sy sterwende pa.

Van kleins af is Henk Pa se oogappel (al kan hy hulle nie altyd van mekaar onderskei nie, veral nie toe hulle klein was nie). Henk en Helmer is as kinders onafskeidbaar van mekaar, maar toe hulle die skool verlaat gaan Henk saam met sy pa boer en Helmer gaan Universiteit toe. Sy pa spot hom omdat hy sy tyd en geld mors om, volgens sy pa, te leer van gediggies skryf en om groot woorde te gebruik.

Henk doen alles wat `ʼn Pa van sy seun verwag; hy boer, hy kry `ʼn meisie terwyl Helmer hom slim hou op Universiteit. Toe is daar `ʼn ongeluk. Henk se meisie ry van die pad af met Henk se pa se kar, die kar beland in `ʼn kanaal en Henk verdrink.

En van daar af loop alles skeef vir Helmer. Hy moet sy studies opgee om sy pa te gaan help boer. Hy verpes dit maar het geen ander keuse nie, en toe haal hy sy frustrasies op sy ou, sterwende vader uit. Hy straf hom deur hom na `ʼn kamer in die boonste verdieping van die huis toe te skuif en die deur toe te trek. So af en toe gee hy vir hom kos en water, dra hom af toilet toe en bad hom een maal per week.

Daar was nooit `ʼn goeie verhouding tussen die twee nie, en nou is daar nog minder wat hulle vir mekaar te sê het. Albei van hulle mis Henk. Die pa omdat dit sy geliefde seun was, en Helmer omdat hy nou voel dat hy net `ʼn halwe mens is. Die atmosfeer is gespanne en dit bly so tot op die dag dat dit “stil” is daar bo.

Bakker is `ʼn uitstekende skrywer. Dit is `ʼn atmosferiese verhaal en hy skryf die spanning, stiltes en humor meesterlik in die storie in. Helmer se gespanne, en selfs bot interaksie met almal waarmee hy noodwendig in kontak kom bou op tot `ʼn klimaks as Henk se meisie weer (met haar eie agenda) met hom kontak maak en haar eie (moeilike) seun Henk as arbeider na hom toe stuur.

Die einde is onverwags en selfs effens vreemd, maar steeds rustig. Die skryfstyl herinner sterk aan daardie ander uitstekende boek uit Nederland, “De Onrustzaaier” van Willem van Maanen waar die onrus dwarsdeur die boek onder die oppervlakte broei maar nooit tot uitbarsting kom nie. Aan die einde verlaat die onrussaaier ook die dorp en alles gaan oënskynlik voort soos voorheen, maar tog ook nie heeltemal soos voorheen nie. Helmer het oënskynlik geen impak op sy fisiese of sosiale omgewing nie omdat alles binne in hom gebeur en hy op geen manier probeer om iets of iemand te beïnvloed nie, en tog beënvloed hy almal om hom op sy stil manier.

As jy die boek wil lees sal ek aanbeveel dat jy die Nederlandse weergawe koop. Anders moet jy die Afrikaanse vertaling probeer in die hande kry. Ek is seker daarvan dat die vertaling na Afrikaans meer getrou sal wees aan die oorspronklike Nederlandse weergawe as die die Engelse vertaling. Sommige dinge kan maar net nie in Engels gesê word soos dit in Afrikaans of Nederlands gesê word nie.

 

dscn2116

Heading for the mountain

It is five in the morning when TZ gently awakens us. It is time for our rising sun meditation he tells us. The moron wants to go back to sleep. He will do his meditations later, he promises … after breakfast he says. He is hungry and he cannot meditate on an empty stomach.

“Sir” TZ says, “The Overself which you perhaps call the Holy Spirit, demands a sacrifice so complete that even the innocent natural longing for personal happiness must be offered up, and I believe a full stomach makes you happy. It is for you to decide whether you want to be enlightened or happy.”

Always ready to play the clown, he retorts; “Something has got to hold it together. I’m saying my prayers to Elmer, the Greek god of glue.” This is His Majesty’s humble, early morning effort to be funny again, the stupid ass. A Quote from Tom Robbins, I believe. But he obediently follows TZ to the balcony.

We sit on the balcony facing east towards the rising sun, me as usual on top of my companion’s bolding head. For the benefit of our seeker, TZ plays a guided meditation CD very softly so as not to disturb the other guests, but soon we are silently joined by four other people asking permission to sit with us.

TZ sits in his normal Lotus position on the floor to meditate. The rest sit on cushions with legs folded in front of them, arms resting on their knees. After about ten minutes the moron starts to fiddle and sigh. His breathing starts to become laboured in a rather disturbing way. TZ quietly talks to him, urging him to concentrate on his breath and to relax. He then softly starts to recite the mantra ‘Om mani padme hum’. Everybody settles down again and follow TZ in his mantra, feeling the sun slowly embracing us in its warmth, feeling blessed to be here, to be part of life, just to be.

After another ten minutes a train suddenly bursts forth from the dense bushes and rattles past our humble cabin, causing it to shake and the woodwork to rattle alarmingly. The moron abruptly jumps up confused and frightened, shouts out in alarm; “what the hell …” and then walks away, mumbling something under his breath. TZ is obviously undisturbed by all the commotion, he ignores him and everybody else continues with their meditations. Later on TZ and the others join me and my visibly unhappy moron in the kitchen. “What’s with this ‘Oh badme bum’ business?” he asks TZ rather agitated.

I am so ashamed of the stupid bastard I want to kill him on the spot, but TZ just look at him calmly and patiently start to explain to him what the mantra is all about. Continue Reading »

Somervreugde

Mens wonder nogal hoe word die weer deesdae voorspel. Laasweek was die voorspelling vir ons van Maandag to Woensdag 60% kans op reën, en al wat ons kry is hierdie paar spatsels wolkies.

015

En toe kom die reën tog eendag so spoeg-spoeg hier aan. Nie genoeg om damme mee vol te maak nie, maar het jy nou al ooit in jou lewe n kaktus gesien wat so verskriklik bly kan wees oor n paar druppels reën.

035

n Glimlag vol goud.

In Pretoria waar Malema en sy trawante volgende week die stad gaan afbreek, staan die Jakarandas pers van somervreugde. Sal hulle die blomme sien? Sal hulle die Jakarandas ruik, die nuwe lewe van die nuwe seisoen voel ontwaak en voort jubel na die winterslaap? Ons het tog veel te leer van die natuur … dankbaarheid en vreugde selfs vir min.

017

In Munich, soos in die res van Europa maak die natuur gereed vir sy winterslaap, maar eers verf hy die landskap in die mooiste kleure, n afskeidsgeskenk aan die wat die winter sonder slaap moet aandurf.

002

054

Goeie nag. Slaap rustig.

023

Volgende week doen ek hier n kort resensie oor hierdie uitstekende boek van Gerbrand Bakker.

Seisoene

Maak ons toe `n vinnige draai (en stadige braai) by die Vaaldam. Die dag begin uitstekend met somerson wat windloos op ons neerskyn. Uitstekend vir braai en kuier. Maar dis verder as wat ons gedink het, want die plek is aan die oorkant van die wal op die verste punt van die dam waar daar darem nog water is. Die dam, sê hulle, is nou 29% vol water en dus teoreties baie meer vol vis as voorheen. Maar die mense wat lyne natmaak vang niks. Hulle dink die vis lê en “tan” op die groot nuwe eilande wat te voorskyn gekom het soos die water sak.

030

Doer ver weg lê die water onder die helder son. Ons sit onder die afdak en kuier en begin stadig regmaak om te braai.

032   035

En toe kom die wind, so n regte Vrystaatse stofstorm wat selfs die dam benewel.

041   064

Toe pak ons maar op en gaan braai in die huis. Gelukkig is daar n braaiplek wat toegebou is. En toe het mens die keuse om of in die rook gevulde braaiplek met trane in jou oë in die te staan, of om buite in die wind en stof te gaan staan tot jou oë traan.

En intussen, terwyl die wind ons verwaai, word dit herfs in Duitsland.

004-2   006-2

Die blare verkleur lieflik terwyl die Begonias nog hulle laaste blomme vertoon voor die sneeu kom.

055   057

Sus Cobie se tuin in Munich. Sy moet die blare hark en optel, maar los dit vir eers omdat dit spatsels kleur so mooi is. En iewers in die bos hou Maria wag. Die Duitsers is lief vir hulle beelde

005-2

%d bloggers like this: