Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Boeddhisme’

Deur die weg te bewandel

Bereik mens die einde van lyding.

Deurdat ek dit self ervaar het,

maak ek die weg bekend

waardeur die pyle verwyder word.

 Elkeen moet self met ywer strewe:

Boeddhas dui slegs die weg aan.

Dhammapada verse 275/6

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

 Die lewe krenk. Dis die natuurlikste ding om ‘n manier van wees te probeer vind wat vry van seerkry is. Diegene wat hierdie weg voor ons bewandel het spreek van die onbeskryflike verligting wanner darie vryheid bereik word. Maar hulle wys ook daarop dat dit vaardige inspanning verg.

Die Boeddha het hierrie woorde aan ‘n groep monnike gerig waar hulle gesels het oor ‘n reis wat hulle meegemaak het. Hy’t die bespreking weggelei van die uiterlike beskrywings en herinnerings van die paaie en riviere wat hulle gebruik het, en hulle aandag gevestig oppie innerlike omgewing.

Wat hy beduie het is dat ons ons beperkte tyd en energie eerder aanwend op so ‘n wyse dat dit ons rig oppie vryheid waarna ons strewe.

Misty path deur oxygenium79 op Flickr

Read Full Post »

Hulle, wat altyd op die uitkyk is

vir anner se tekortkominge,

se gemoedere sal besoedel word

en hulle is vêr verwyder van vryheid.

Dhammapada vers 253

 Bhikkhu Munindo se kommentaar:

 Ons is vêr verwyder van vryheid omdat ons weg beweeg van die plek waar vryheid is – in die ryn hart. Wanner water besoedel is, bly die basiese aard daarvan steeds dieselle – skoon pure water waarby iets anners gevoeg is. Agter al die verwarring van vrees, hebsug en gebelgdheid is daar ons hart wat van nature ryn en vredevol is.

 Ons mag dink dat ons iets moet bykry ten einde vredevol en vry van lyding te wees, maar in werklikheid het ons alreeds te veel: te veel verknogtheid.

 Wat gebeur wanner ons nie uiting gee aan ons neiging om anner te kritiseer en gebelg te raak nie, maar die neiging eerder net afgetrokke dop hou? Ons beweeg nie van balans af nie!

Wanner ons nie die beweging van die gemoed slaafs volg nie, bly ons gestand waar ons gemaklik en tuis is: in aandagtige bewustheid.

Deur 212 (deur Aunt Owwee op Flickr)

Read Full Post »

Boesem vyande

In Boeddhisme vind mens die begrip “boesem vyande” wat betrekking het op deugde, of te wel dit wat heilsaam is. Hierdie boesem vyande lyk, oppervlakkig gesien, net soos die deugde waarvan hulle vyande is. Maar as mens eers gewaar word van hulle bestaan en hoe hulle in verhouding tot die deugde staan, kan mens hulle maklik uitken en, nie so maklik nie, met hulle afreken.

 Vat byvoorbeeld die vier uitnemende deugde, naamlik welwillendheid, deernis, meevoelige geluk en onverstoorbaarheid. Hierie is nie emosies as sulks nie maar eerder gemoedstoestande wat mens doelbewus aankweek op mens se weg van geestelike ontwikkeling. Ons beoefen en ontwikkel welwillendheid om

haat te oorkom; deernis om wreedheid te oorkom; meevoelige geluk om jaloesie te oorkom; en onverstoorbaarheid om vooroordeel te oorkom. Dus ontwikkel ons die heilsame ten einde die lyding wat die onheilsame voortbring (vir mens-self en andere) te voorkom.

 Haat, wreedheid, jaloesie en vooroordeel is ooglopend die teenoorgesteldes van die uitnemende toestande. Maar daar is anner onheilsames wat hulleself voordoen as die uitnemende deugde – die boesem vyande.

 Verknogtheid word maklik met liefde en welwillendheid verwar. Maar instede daarvan om die anner rêrig voorspoed toe te sien, is dit gegrond op onsekerheid, vrees en die behoefte om te beheer.

 Jammerte is die boesem vyand van deernis. Dis ‘n manier om onsself te verhef bo die lyding rondom ons en met meerderwaardigheid neer te sien op die wat ly.

 Vergelyking van waardes is die boesem vyand van meevoelige geluk. Om mee te voel as iemand anners geluk vind verhef ons bo die onheilsaamheid van jaloesie. Maar om altyd jouself met anner te vergelyk, of annersom, kan lei tot skynheilige nederigheid of ‘n onheilige identifisering met iemand anners se sukses.

 Ongevoeligheid is die boesem vyand van onverstoorbaarheid.  Om onverstoorbaar te wees beteken nie om geen gevoel te ervaar nie, maar eerder om nie deur gevoelens van stryk af gedwing te word nie. Mens voel nog steeds dieselle gevoelens, maar hulle effek op mens se ervaring is nie oorweldigend nie. Ongevoeligheid lyk op die oppervlakte gesien net soos onverstoorbaarheid, maar dis ‘n wegskram vanaf gevoelens en ‘n gebrek aan omgee wat ons koud laat teenoor anner.

 Op die keper beskou het elke deug sy voor die hand liggende teenoogestelde onheilsaamheid, maar ook sy boesem vyand wat voorgee om deugsaam te wees terwyl dit innerwaarheid onheilsaam is. Hierie relaas is na aanleiding van ‘n opmerking wat Andrew op die vorige maanpreek gelewer het. Daar het hy die deug van eerbetoning verwar met die se boesem vyand van onnerdanigheid. Mens moet skerp kyk om die verskille te gewaar.

Read Full Post »

Net soos ‘n vloedgolf

‘n sluimerende dorpie kan uitwis,

net so kan die dood diegene meesleur

wat slegs die genot vannie sintuie na-jaag.

Dhammapada vers 47

 Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

 Die Boeddha het dit geniet om in plekke soos ‘n bamboesbos, ‘n bergpiek of ‘n eensame hut te bly, en het sulke plekke aanbeveel vir meditasie. Mahakassapa, een van sy voorste volgelinge, het self die genot wat hy uit die natuur geput het fyn verwoord. Hulle het spesifieke toestande verkies, maar wanner sulke bewuste wesens  hulself in minder aangename omstandighede bevind het, het hulle nie klaagliedere aangehef nie. Hulle innerlike nering kon nie versteur word as hulle voorkeure nie vervul is nie.

 Die Boeddha het ‘n weg aangedui tot wat hy die doodlose staat genoem het. Dit is ‘n stand van wees wat bereik word wanner mens die aard van die sintuie – sien, hoor, ruik, voel, smaak en bewustheid – deeglik verstaan.

 Na jare van uiterste oorgawe aan sintuiglike genot, gevolg deur dramatiese en uiterste vorms van weerhouding  daarvan, het hy ‘n middeweg gevind tussen vergryping en onthouding.  Hierdie weg van gewaarwording lei mens tot ‘n diepe bewustheid wanner sintuiglike genot verskyn, sodat ons nie daardeur meegesleur word nie; so ook met die ervaring van pyn. Geen vaste stand nie.

Augrabies

Read Full Post »

Net soos ‘n ferm rots

Nie deur die wind verstoor word nie,

Net so is die wat wys is onverstoorbaar –

Hetsy deur lof, hetsy deur blaam.

 Dhammapada vers 81

 Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

 Wie ons ookal is, en wat ons stand innie lewe mag wees, ons is almal blootgestel aan die magte van  lof en blaam. Hoe kan ons in hierie wêreld lewe sonner om slagoffers van hierie magte te wees?

 Die Boeddha het gesê dat wysheid die antwoord is. Ongeag ons uiterlike omstandighede, solank mens se wysheid ferm staan sal ons harte onverstoord bly. Wyse wesens leef in noue aanraking met die wêreld: hulle voel die werking van die kragte vannie wêreld. Nogtans verstoor dit nie hulle balans nie.

 Ten einde wysheid te verwerf moet mens eers die pyn ervaar van om jou balans te verloor. Telke male word ons geleer dat mens van lyding bevry word deur aandagtig daaraan te wees. Om gekwets te voel deur kritiek beteken nie dat ons gefaal het nie; dit toon aan waar en wanner ons meer aandagtigheid aan die dag moet lê.

El Capitan by Ivan Makarov

Read Full Post »

Lyding bedaar in die mate

Waartoe mens vry is van die bedoeling

Om te skaad.

Daar is geen werklike grootsheid nie,

As woede nie beteul word nie.

Dhammapada vers 390

 Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Die gevoel van verontwaardiging kan gegrond wees op ‘n gevoel van grootsheid, of meerderwaardigheid. Maar só ‘n gevoel van grootsheid is deurtrek met lyding.

 Wanner die vlamme en rook van ons woede bedaar het, dan sien ons die skade wat deur onbeheersde handelinge en woorde veroorsaak is. Andere is seer gemaak en mens vind jouself alleen om die verdriet en berou te trotseer.

 Dis lekker om innie son te lê en bak; en ‘n soetigheikie is baie aanloklik, maar sulke goed se voorkoms verdoesel die werklikheid. Net omdat dit lekker is, beteken nie dat dit goed is nie.

 Net so is die drif van woede baie stimulerend, maar sodanige stimulasie het ‘n prys: ‘n erge skuldlas word veroorsaak deur willens deur daardie vloed van energie meegesleur te word. (Want die bedoeling agter ons dade wanner ons in woede optree is om te skaad.) Mens mag geregverdig voel om ‘n standpunt van vergelding in te neem, maar dis ondeurdag om in woede te handel.

As ons werklik baie ernstig daaroor is om vry van lyding te wees sal ons onsself inspan om gewaar te word van die kleinste neiging om skade te bewillig.

n Pragtige Nguni familie

Read Full Post »

‘n Enkele dag beleef met volle bewustheid

van die verganklikheid van die lewe

is van meer waarde as om ‘n honnerd jaar te leef

sonner om aandag te gee aan wording en vergaan.

Dhammapada vers 113

 

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

 Verandering is altyd met ons, maar ons is nie altyd bewus daarvan nie. Partymaal is dit duidelik en voor die hand liggend, maar anner kere is dit moeilik om waar te neem. Innerdaad, ons bekenning van “ons-self” is voortdurend aan die verander. Hoe kan ons dan lewe in die aanskyn van ons verganklikheid, sonner om onnodige pyn en lyding te veroorsaak? Die Boeddha se voorstel is om dit ten volle te ken; te alle tye, dit nooit uit die oog te verloor nie; en om nooit te veronnerstel dat enige-iets vir altyd gestand sal bly nie. Nou, aan die einde van hierrie jaar, en op die vooraand van ‘n nuwe een, bepeins ons hierrie dinge.

 Wyse bepeinsing is ‘n wesenlike deel van die Weg. Deur bepeinsing ontwikkel ons stadig maar seker maniere van dink wat nader ooreenstem met die werklikheid. Verannering is nie as sulks “verkeerd” nie, maar ingeburgerde sienings maak dat ons dit baie maal so beskou. Innerwaarheid is verannering net hoe dit is. Dit kan ongemaklik wees gesien uit die oogpunt van voorkeur, en dit kan ons sekerlik seermaak, maar dit kan net tot lyding lei as ons dit ontken of wegstoot.

Die Boeddha het ook uitgewys dat ons uiteindelike saligheid berus op die bewuswording van die inherente verannerlikheid van alles wat bestaan.

Dry Creek Falls, winter study

 Photo by LiefPhotos

Read Full Post »

‘n Sleutel-tydperk

 Karl Jaspers (1883 – 1969), ‘n Germaanse filosoof, het die term “Sleutel-tydperk” gebruik om die periode 800 – 200 VC te beskryf. Sy idee het vinnig aanhang gevind en ‘n groot bydrae gelewer om die fondamente van ons hedendaagse samelewing te verstaan. Jaspers het Socrates, Confucius en Siddhartha Gautama beskou as die drie kernfigure. Maar as mens van die anner persoonlikhede van daardie tyd in ag neem, is dit voor die hand liggend dat dit ‘n bloeitydperk in die ontwikkeling van menslike bewussyn was, onner andere: Lao Tzu, die skrywers van die Upanishads, Homer, Parmenides, Heraclitus, Thucydides, Archimedes, Pythagoras, Elijah, Isaiah, Jeremiah, Patanjali, Mahavira, Krishna. (Skynbaar het Amerika en Afrika nie bydraes gelewer nie?)

 ‘n Interessante ding uit die hele storie is byvoorbeeld die ooreenstemming tussen die insigte van die Boeddha (in Indië) en dié van Heraklitus (in Turkye).

 Volgens die Boeddha (563 – 483 BCE) het bestaan onner andere die volgende kenmerke:

 Alles is onnerworpe aan verandering en is verganklik.

Alles is onbevredigend en onnerworpe aan lyding.

 En volgens Herklaas, sy tydgenoot (535 – 475 BCE):

 Alles verander en niks bly konstant nie.

Mens kannie twee keer in dieselfde rivier instap nie.”

Alles kom tot stand deur stryd en die konflik tussen teenoorgesteldes.

Strife is justice.” {Justice in darie tyd het beteken “natuurlik” of “normaal”, nie “regverdig” nie.}

Read Full Post »

Dhammapada vers 63

Die dwaas wat weet hy is dwaas

het ten minste ‘n biekkie wysheid;

maar die dwaas wat dink hy is wys

is voorwaar ‘n dwaas.

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

 Om ons eie tekortkominge op die regte tyd en op in ‘n goeie manier te erken kan bevrydend wees. Wanner ons ophou om aan ander voor te gee dat ons perfek is, hou ons ook op om onsself ‘n rat voor die oë te draai. As ons onsself kop toe vat kan die duister wat vrees in ons skep nie deur die lig van insig deurdring word nie. Wanner jy bang is, let net op hoe die hart verhard en ‘n sterk gevoel van “ek” skep. Op ‘n sekere vlak voel hierdie “eie-ek” nogal goed –“ek” is ‘n soliede iemand. Maar hierdie soliede “ek” dwaal rond en bots met anner soliede “ekke” en laat ‘n spoor van kwetsing en verdriet agter. Om dìt te verstaan kan lei tot ware nederigheid.

Read Full Post »

Soos ‘n bamboes, wat self vernietig word in die proses om vrug te dra,
so skend dwase hulself deur vas te kleef aan verkeerde sienings
en deur die wyses wat in harmonie met die weg leef te minag.

Dhammapada vers 164

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Dis ‘n romantiese siening dat die natuur altyd mooi en rein is. Die natuur is ook wreed en dodelik. Die natuurlike aard van ons onbedrewe denke kan ons lei om verknog vas te klou aan gedagtes en gevoelens wat ons net verder in lyding dompel. Ons onbedrewe denke lei daartoe dat ons die moontlikheid van vryheid misloop wat deur ware aandagtigheid gebied word. Ons word aangemoedig om aandagtigheid ten volle te ontwikkel: wanneer ons sit, staan, loop of lê. Aandagtigheid 24/7 al die tyd. ‘n Verstand wat deeglik voorberei is vir ‘n lewe van bewustheid is ten alle tye bedag op die neiging om sienings aan te klou en om vas gevang te word in ‘n kolk van eiewaan. Solank as wat ons nie deur die waas van onkunde gebreek het nie bly die kern van illusie in ons, met die potensiaal om lyding te veroorsaak – vir onsself sowel as vir ander. ‘n Bedrewe verstand weet waar deug te vinde is, al is dit teenstrydig met ons kosbaarste sienings en frustreer dit ons persoonlike voorkeure

Read Full Post »

Older Posts »

%d bloggers like this: