Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘woorde’

Maandag Woorde

Nuwe woorde vir n nuwe week

Dit behoort nie so te wees nie. Vanoggend toe ek opstaan, toe staan hy daar voor my deur in sy winter jas en hy sê “Gedog sy is ontslae van my né!”

En ek het, dit is hoekom ek n kortmou hemp aan het want ek was seker ons het die laaste van die Winter vir hierdie jaar gesien. Toe nie, en die gevolg is n snotneus as afskeidsgeskenk dankie.

Om dinge te vererger kreun die ou lyf ook nog vanoggend as gevolg van Saterdag se tuinwerk en gister se stap teen oom Jan Smuts se koppie op. Gelukkig vir my het die honde halfpad teen die koppie moeg geraak en kon ons omdraai en gaan koffie drink by Ouma Smuts se restaurant.

Net om dinge vir die week nog meer opwindend te maak brand die gepeul geboue en voertuie af rondom ons. En natuurlik, net om dit nog meer opwindend te maak stuur kwaadstokers ou fotos en berigte van uiterste geweld van lank gelede aan almal wat wil luister en kyk.

Mag julle n week van vrede en vreugde ervaar, en waar daar haat onrus is, dat julle die genade sal ontvang om die vredemakers te wees.

Read Full Post »

n Woord of twee

UNLOCK YOUR FEMININE POWER

“You gave language to feelings inside me that I’d never had words for. I felt wonder at how you could know, and at the same time, deep relief. I found a hand extended to me in the dark.”

—Jen, San Francisco, California

So stry ons elkeen ons eie stryd en elkeen dink sy las is die swaarste om te dra. Ek dink dit is soms met opset dat ons nie die hande sien wat ons help dra nie.

Soms is n glimlag al wat nodig is om die son weer te laat skyn … ons glimlag vir iemand langs die pad wat dit nodig het. Dit doen ook wondere vir ons self.

Gaan uit en doen iets met hierdie dag, iets mooi.

Read Full Post »

Maandag Woorde

Een prentjie wat nie wil klaar kom nie. Sal weer eendag probeer.

Intussen is daar ander dinge wat belangriker is wat wag om te gedoen te word. Weet nog nie wat presies dit is nie, maar dit moet gedoen word, dit is half dringend voel dit my.

Ek weet dit is nie iets uit die verlede wat moet herhaal word nie, en dit is ook nie iets in die toekoms wat gedoen gaan word nie. Dit is nou en hier wat vra om gedoen te word.

Mary Oliver

“How I Go to the Woods”:

Ordinarily, I go to the woods alone, with not a single

friend, for they are all smilers and talkers and therefore

unsuitable.

 

I don’t really want to be witnessed talking to the catbirds

or hugging the old black oak tree. I have my way of

praying, as you no doubt have yours.

 

Besides, when I am alone I can become invisible. I can sit

on the top of a dune as motionless as an uprise of weeds,

until the foxes run by unconcerned. I can hear the almost

unhearable sound of the roses singing.

 

If you have ever gone to the woods with me, I must love

you very much.

 

 

Read Full Post »

50 Woorde

Dit kon gerger gewees het

Min woorde vandag. Ouman is moeg. Ons was Brits toe, Skoonma in die ouetehuis toe. Sy het n maand gelede 94 geword. Soms onthou sy dat sy 94 jaar oud is. Vandag kon sy nie onthou dat sy by haar eie partydjie was nie.

Maar sy onthou haar seun, die seun wat op die dag van sy geboorte dood is (vogens oorlewering het die Suster hom in die teater, net na geboorte op sy kop laat val). Sy onthou dat hy dood is, maar sy weet ook dat hy getroud is en dat hy twee kinders het (as hy bly lewe het sou hy nou 54 jaar oud gewees het). Sy maak vir die kinders (een seun en een dogter) geskenkies bymekaar. Sy gaan vir hulle kuier, met n vliegtuig. Ons moet vir haar geld gee sodat sy kan vlieg, dit kos R120 vir n kaartjie.

Hulle bly in n ou k** (haar woorde) huisie wat hy en jy pa vir hulle gebou het. (Sy pa (my Skoonpa) is dertig jaar gelde oorlede). Sy was al daar en toe het sy vir hulle konfyt gekook en vrugte ingelê.

Soos ek sê, dit kon erger met my gegaan het, ek was gelukkig. Maar dan ook … ek hoop nie ek gaan 94 jaar oud word nie.

Read Full Post »

Wat is woorde?

Almal het seker al hierdie storie gesien, waarskynlik vele kere siende dat die epos nou weer die rondte doen. Maar dit bly fantasies.

I cdnuolt blveiee taht I cluod aulaclty uesdnatnrd waht I was rdanieg. The phaonmneal pweor of the hmuan mnid Aoccdrnig to rscheearch at Cmabrigde Uinervtisy, it deosn’t mttaer in waht oredr the ltteers in a wrod are, the olny iprmoatnt tihng is taht the frist and lsat ltteer be in the rghit pclae. The rset can be a taotl mses and you can sitll raed it wouthit a porbelm. Tihs is bcuseae the huamn mnid deos not raed ervey lteter by istlef, but the wrod as a wlohe Amzanig huh?

Read Full Post »

%d bloggers like this: