Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘verganklikheid’

Wanner dié wat wys is in diepe bepeinsing verkeer

oor die verganklikheid van hierdie liggaam-gees,

en van alle gekondisioneerde bestaan,

dan ervaar hulle vreugde en geluk

want hulle sien deur die sluier tot die standvastige.

Dhammpada vers 374

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo

 Al die Boeddha se leringe dui innie rigting van dit wat onsterflik, onveranderd en inherent bevredigend is. Ons bepeins die verganklike, sterflike, onbevredigende toestand van gekondisioneerde bestaan ten einde te ontwaak uit die droom waarin ons lewe.

In ons droomwêreld glo ons dat verknogtheid aan goeters ons uiteindelik gelukkig sal maak. Die Boeddha met sy toegang tot die ongekondisioneered werklikheid het geweet dat om vas te klou aan enige aspek van gekondisioneerde werklikheid direk lei tot teleurstelling. En hy het sy insig nie verkondig sodat ons ‘n filosofie kan skep oor hoe onbetroubaar en jammerwaardig hierdie bestaan is nie. Hy het net soos ons in hierie wêreld gelewe maar het nie gely nie en nie aan gegaan oor hoe treurig dit alles is nie.

Die lewe kan treurig en smartlik voorkom solank ons uitsluitlik identifiseer  met die liggaam-gees. Die Boeddha se identiteit was ondefinieerbaar omdat hy nie aan enige iets vas geklou het nie, en sy geluk was onwankelbaar want dit was nie afhanklik van enige iets nie.

HK Going Home

Going Home

Foto deur Hengki Koentjoro II

Read Full Post »

Kosmiese botsing

Hierie prênkie is van iets wat 450 miljoen jaar gelede besig was om te gebeur: twee (of miskien 3) sterrestelsels wat besig is om te bots – en met alle waarskynlikheid is die proses nou nog steeds anie gang.

Alles vergaan oppie ou einde – self kollosale sterrestelsels.

Galaxies in collision

Read Full Post »

‘n Enkele dag beleef met volle bewustheid

van die verganklikheid van die lewe

is van meer waarde as om ‘n honnerd jaar te leef

sonner om aandag te gee aan wording en vergaan.

Dhammapada vers 113

 

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

 Verandering is altyd met ons, maar ons is nie altyd bewus daarvan nie. Partymaal is dit duidelik en voor die hand liggend, maar anner kere is dit moeilik om waar te neem. Innerdaad, ons bekenning van “ons-self” is voortdurend aan die verander. Hoe kan ons dan lewe in die aanskyn van ons verganklikheid, sonner om onnodige pyn en lyding te veroorsaak? Die Boeddha se voorstel is om dit ten volle te ken; te alle tye, dit nooit uit die oog te verloor nie; en om nooit te veronnerstel dat enige-iets vir altyd gestand sal bly nie. Nou, aan die einde van hierrie jaar, en op die vooraand van ‘n nuwe een, bepeins ons hierrie dinge.

 Wyse bepeinsing is ‘n wesenlike deel van die Weg. Deur bepeinsing ontwikkel ons stadig maar seker maniere van dink wat nader ooreenstem met die werklikheid. Verannering is nie as sulks “verkeerd” nie, maar ingeburgerde sienings maak dat ons dit baie maal so beskou. Innerwaarheid is verannering net hoe dit is. Dit kan ongemaklik wees gesien uit die oogpunt van voorkeur, en dit kan ons sekerlik seermaak, maar dit kan net tot lyding lei as ons dit ontken of wegstoot.

Die Boeddha het ook uitgewys dat ons uiteindelike saligheid berus op die bewuswording van die inherente verannerlikheid van alles wat bestaan.

Dry Creek Falls, winter study

 Photo by LiefPhotos

Read Full Post »

Geraamtes

Waarom, dan, sal ek, wat onderhewig is aan verganklikheid, bevrediging soek in dìt wat verganklik is?

Sò het die Boeddha homself afgevra voor hy onner die boom gaan sit het. Vanuit ‘n wêreldse oogpunt beskou is dit een van die vroegste aangetekende gevalle van “total cop-out”; maar dis gesien deur die waas van onkunde en eie-belangrikheid.

Oor duisende jare heen het miljoene der miljoene volgelinge waarde gevind in sy leerstellinge. Dit het rigting in hulle lewens gegee, en sin aan hulle bestaan.

Een van die praktyke wat hy voorgestaan het was die sogenaamde kerkhof-meditasies. In Indië in daardie tye  het hulle nie lyke begrawe nie, maar die hoër klasse s’n is verbrand terwyl die ontasbares s’n net in die begraafplaas gelos is om natuurlik te vergaan. Die meditasie het behels om daar na die lyke te gaan sit en kyk ten einde ‘n diepe bewustheid van  jou eie verganklikheid te  ontwikkel. (Die vrees vir spoke het mens se aandag heelwat bekragtig!)

Deesdae, natuurlik, word hierdie meditasie as argaïes gesien, en oor gefrons, en nie beoefen nie. Die hedonistiese-narsistiese “hier-en-nou-en-ek” benadering, wat uitsluitlik klem lê op genot en self-verheerliking, is die onbevraagtekende rigting aanwyser. Enige iets wat net dalk mag wys op verganklikheid moet terstond ontken en verwerp word. Om dit te bepeins is, vanuit die HENEE benadering, ondenkbaar.

Vanoggend is daar ‘n artikel op IOL oor die geraamtes van Rome.  Interessant dat die christen monikke ook op ‘n stadium baie aandag aan geraamtes geskenk het.

Verkeerdeveer en Kuiken

Read Full Post »

Speelgoed

Speelgoed Planter

Speelgoed Planter

Eens die trots van ‘n boerseun, nou vergete in die agterwerf  onner ‘n vervalle afdak.

Read Full Post »

Vergane se dae

Broken windpump near Wilgerboskloof, Great Karoo

Broken windpump near Wilgerboskloof, Great Karoo

Ek volg ‘n verwysing na ‘n webwerf en kom af op die fotografie van Derek McKenzie.

Besoek hom gerus.

Read Full Post »

%d bloggers like this: