Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Gedigte’

Gedig deur H

Net Woorde

‘n Vuurherd van verlange,

ʼn doolhof van liefde,

dis net woorde.

xxx

Maar woorde span ʼn heelal.

Woorde breek ʼn hart oop,

verswelg ʼn gedagte

in swartgallige genot.

xxx

Woorde kloof

deur die hardste klip.

Vorm ʼn wasbeeld

vasgevang in mis.

xxx

Stadig glimmer woorde deur,

verdraai sagte sprokies

in makabere nagmerries.

xxx

En tog draai die flenter van gesprekke

uitgerafel deur verlange

om en om,

soos ʼn kokon van liefde

xxx

en bars daar liedere

van vreugde los.

Bloei ons woorde

van onherroeplike geluk.

Read Full Post »

Wolke

Sky 8

Soos ander mense gepla is met die Maan, so is ek en baie ander mense, selfs beroemdes soos Annie Dillard en ook Goethe, gepla met wolke. Toe die kinders nog klein was het ons op ons reise altyd gekyk na die gesigte, monsters, diere, engeltjies en ander wonderbaarlike goed wat deur wolkvormasies uitgebeeld word as jy net jou verbeelding bietjie gebruik.

Hier praat Goethe uit sy hart uit oor sy geliefde onderwerp; Wolke

The great German poet set out to adapt Howard’s essay into a series of short musical poems, one for each of the major classes of clouds, together titled Howards Ehrengedächtnis (In Honor of Howard) — a beautiful celebration of the eternal dialogue between art and science in the shared enterprise of illuminating nature’s mystery, and an immensely heartwarming homage from one great illuminator to another. (meer…)

Read Full Post »

Beannacht: A Blessing for the New Year

–by John O’Donohue, Jan 01, 2016

For Josie

On the day when

The weight deadens

On your shoulders

And you stumble,

May the clay dance

To balance you.

 

And when your eyes

Freeze behind

The grey window

And the ghost of loss

Gets in to you,

May a flock of colours,

Indigo, red, green,

And azure blue,

Come to awaken in you

A meadow of delight.

 

When the canvas frays

In the currach of thought

And a stain of ocean

Blackens beneath you,

May there come across the waters

A path of yellow moonlight

To bring you safely home.

 

May the nourishment of the earth be yours,

May the clarity of light be yours,

May the fluency of the ocean be yours,

May the protection of the ancestors be yours.

 

And so may a slow

Wind work these words

Of love around you,

An invisible cloak

To mind your life.

 

[Note: “Beannacht” is the Gaelic word for “blessing.” A “currach” is a large boat used on the west coast of Ireland.]

Read Full Post »

Walking

Sy is nou klaar, gereed om teen `n muur gehang te word.

Wiegelied

Daar is net een monster, my kind

versteek in sy baie name

Hulle roep hom Realiteit en noem hom Waarheid

Hulle noem hom die lewe, my kind

Daar is geen plek waar hy jou nie sal vind.

‘n Lewe is ‘n kersvlam in ‘n vensterbank

‘n droom : ‘n seepbel, ‘n ronde weerkaatsing van kleur

op ‘n spatseltjie nat.

Waarheid, my kind:

son en wind.                                                                                        Nov’95 Marli

Die foto moet nog `n Prentjie word.

Reaper Man

 thinking happy thoughts

while we are sinking into darkness

so shall it be

as he said on to them;

my children flee into the light

for the darkness warps the soul

laugh at your own mortality

for only you can die

no angel can ever call my name

for I am death

and you the dying

slow forever slow

to grasp the meaning of my gift

for on to you I give eternity

I give you reason

I give you fear

but also love and understanding

for you are the children

you are the seekers

you turn the world against itself

twisting truth until only I remain

for I am truth and lie

I am your eternal shadow

the ghost beyond your reach

                                                Hannelie

 

 

 

Read Full Post »

Die Swerwer

Sy het nogal `n prys gewen met die een destyds.

 

Die swerwer

Ek soek.

Jaar na jaar, dag na dag, uur na uur.

Ewig is die soeke na myself,

in boeke, in kerke, in alles rondom my.

Op die straat spieël ek in vreemde oë

wat haastig anderpad kyk.

Frustrasies krop op in my en ek staar my blind

teen die lae wat die essensie bind. 

Dit is ‘n dolle, gejaagde soektog deur ‘n deurmekaar, mal lewe…

ek is moeg.

 

Tone in koel water, die son op my vel.

Die lotusbloeisel toegevou. 

My tone vroetel in die modder, stewig geanker in onvaste grond.

Uit die water staar ‘n onvaste beeld.

Tergend verander dit van oomblik na oomblik

met die ritmiese onvoorspelbaarheid van die natuur.

Ek staar na my vanuit die water

met soekende oë na binne gerig.

 

Liggies roer die wind ‘n lotus blaar.

Ek is ‘n soldaat

my swaard omhoog, ‘n kreet in my keel.

In my vyand se oë weerspieël my eie haat.

Walging stoot ‘n kru moegheid deur my.

My swaard pen in die grond, my hand magteloos aan my sy.

Kom na my, liewe medemens. Vergewe, vergeet.

Ek sterf op die yskoue slagveld,

alleen tussen duisende bebloede gestorwenes.

 

Druppels boog deur die lug

om weer onstuimig deel te word

van die kollektiewe eenheid.

Diep asemteug. Die blaar ontvou…

herrineringe spoel soos lug en bring ‘n meer bekende verlede.

Sy koggelende lag skeur die lug. 

Die woede brand deur my en laat my koud…. Ek is moeg.

Ek draai my rug op hom. Hy weet nie wat hy doen nie.

 

Blaar na blaar vou oop, rustig, stadig…

met die stryd van alle eeue.

Onkeerbaar roer die kringende, onstuimige water

iets binne my

as ek weer terugkeer na die stilte van die duister dieptes…

en die lig.

Ek is ‘n nar, vermaaklik sinies om my koning se voete.

Koggelend, uitdagend. Die waarheid

glinster in die oë van ‘n honger kind.

Ek is stom. Gedagtes, verwilder deur woorde, keer terug.

Ek sterf van die koue in ‘n veld vol lentebloeisels.

 

Verstarde beelde,

ek breek deur tyd terug…

… beskuldigings.

Sarkastiese woorde

verstrengel in my keel.

Stilte my skild teen sinnelose koeëls

van woedende woorde.

 

Die blare wys hul skoonheid aan die son,

oper en oper nog…

‘n Storm op ‘n dam… ‘n see.

Strominge dwarrel om my heen.

Water, lug; lug water… een.

Ek is ‘n heks,

uitgelewer deur my eie kragte

aan die blinde onverstaan van duister, heilige magte.

Vlamme van Priesterlike haat louter my verwonde,

verwarde siel, verjaag die duisternis

gebaar uit onkundige beterweterigheid.

Die marteldood bied my ‘n nuwe lewe.

 

Die water bruis om my,

kring deur my.

Lug spoel in my in, vul my, maak my lig

en trek my af terug na die lig. 

 

Ten volle oopgevou,

die lotus se goue kroon ontbloot,

verswelg die laaste skanse.

Ek is ‘n Engelse dame. Ek is ‘n misdadiger,

ek is ‘n priester, ek is ‘n verstotene, ek is… 

Die lotus straal sy witheid aan die wêreld.

Ek lag.

‘n Eggo van vrygestelde vreugde dryf deur die stil lug,

die water lek‑lek aan die klam souterigheid van gestorte trane.

stof dwarrel in die son,

waar ek nie meer is nie.

                                 

Read Full Post »

Skalk Skryfsels

One less.

 One less, one more

one lost, one found

soulless, soundless, faithless

we march on

                                                           H

Farewell:

Farewell hugs

among strangers

I stand apart

a few paces

a few million miles

                                                 JC

Alleen:

Leë koppie koffie

stortreën teen die venster

geen glimlag in sig.

                                                 L

Life Two (Too?)

 Death is scratching the walls of my window

It looks a lot like what we think life to be

the only crowd I fit in is me

Not even Death is to be trusted.                 

Nov’95 WW

Read Full Post »