Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Chris’

Hierdie boek is nou ook beskikbaar by Barnes & Noble, Kobo en iTunes.
Vir die van julle wat nie `n Kindle besit nie en dus nie van Amazon kan aflaai nie, is dit nou beskikbaar in ePub format by al bogenoemde boekwinkels.
Die gedrukte weergawe sal eersdaags beskikbaar wees.
Hierdie storie is `n speurverhaal wat nie regtig `n speurverhaal is nie. As jy daarvan hou om speurverhale vir ontspanning te lees moet jy liewer by Deon Meyer hou, die man skryf uitstekende speurverhale, van die beste wat in Afrikaans beskikbaar is.
Water in Wyn in Bloed is eerder vir die denkende mens wat vrae vra oor die lewe, oor moraliteit, oor kerk, oor wat ons as ‘normaal’ beskou in ons abnormale samelewing.
Dit mag dalk skok, en jy sal moontlik met meer vrae as antwoorde sit na jy die boek gelees het. Die hoop is dat dit jou sal help om buite die boks te dink en ongebaande weë te begin ondersoek.
Lees en geniet.

Kliek die skakels hieronner om die boek te koop.

smashwordslogo

Amazon.com Logo

Barnes_Noble Logo

 

Read Full Post »

Ek sal julle op hoogte hou van wanneer die boek beskikbaar sal wees.

Read Full Post »

Voorblad van my nuwe boek. Dit sal een van die dae beskikbaar wees by Amazon. Hou hierdie spasie dop.

Voorblad ontwerp deur Hannelie.

Read Full Post »

Chris – Hoofstuk 11 (Die Slot)

Hoofstuk 11

 

Ihwaz – Kundalini

Die Weg is lank en eensaam,

die einde is nie in sig nie.

 

Die Verslag

“So,” sê kaptein Zondaer aan sersant Hendrina. “Ek sien jy het weer met jou klippe gepraat vanoggend. Wat sê hulle vir jou?”, vra hy spottend.

“Dis nie klippe nie, dis Rune Stones,” sê sersant Hendrina gebelg.

“En watter enetjie het met jou gepraat?,” vra kaptein Zondaer gemaak ernstig.

“Odin het die boodskap oorgedra vanoggend. Odin die onkenbare,” sê sersant Hendrina.

“En wat fluister Odin toe in jou oor,?” vra kaptein Zondaer openlik sarkasties.

“Odin is die einde, die dood. Metafisies verstaan beteken dit nie dood nie maar wedergeboorte, die aflê van die ou lewe en die begin van ……., vergeet dit, jy sal nie verstaan nie!” sê sersant Hendrina driftig.

Kaptein Zondaer kyk sersant Hendrina `n lang ruk aandagtig aan sonder om `n woord te sê.

“Jy was dus op `n begrafnis en op `n troue op dieselfde dag in jou ondersoek na die moord?”

Sersant Hendrina sit in sy kantoor, bo-op sy lessenaar in `n volle lotus posisie, terwyl kaptein Zondaer op en af voor hom verby loop. Op die lessenaar langs sersant Hendrina brand `n wierook stokkie. Hy het `n naweeklange kursus bygewoon waar hy geleer het om te mediteer. (meer…)

Read Full Post »

Chris – Hoofstuk 10

ODIN – Die Onkenbare

Odin is die einde, Odin is die begin … die somtotaal van karma.

Begrafnis in Bruidsgewaad.

     Trane loop teen die jong bruid se wange af. Sy huil onbeskaamd saam met die meisie met die swart rok en die man met die lang jas. Hulle omhels mekaar en deur die trane spreek die bruid haar wens uit om in haar trourok saam met die begrafnisgangers tot by die graf te gaan. “Dit voel asof ek die man al jare lank ken, asof ons geesgenote was, ek moet eenvoudig saam met julle by sy graf wees. Dis asof julle my broer, nee my geliefde begrawe. Mag ek asseblief saam met julle gaan?” snik sy die versoek op die skouer van die kaalvoet meisie uit.

Chris tref sy ma Maria langs die kis aan. Sy is wasbleek en haar hande bewe so dat sy wyn op die kis stort, groot rooi druppels soos spatsels bloed. Daar is bykans geen ooreenkoms tussen die selfversekerde, blondekop vrou wat sy eens was, en die patetiese, afgetakelde en verbitterde mens wat sy nou is nie.

Sy kyk hom stip aan. “Wangeskape gedrog,” sê sy met naakte haat wat uit haar hele wese uit straal. “Jy was van die begin af nooit iets meer as ‘n misgewas nie. Maar ek het jou mos gesê, jou totale bestaan, jou totale reg tot lewe sal afhang van die mate waartoe jy my doelwit dien. Ek kon jou laat lewe, ek kon van jou ‘n groot naam in die annale van die geskiedenis gemaak het, en jy van my, of ek kon jou vernietig sonder om ‘n oog te knip. Die keuse was joune.” Haar hand klem wit om die wynglas. Daar is trane in haar oë, maar dit is nie trane van hartseer nie. (meer…)

Read Full Post »

Chris – Hoofstuk 9

DAGAZ – Deurbraak/Transformasie

The darkness is behind you, daylight has come.

Die laaste preek in die bos.

‘n Tyd gelede is Chris en sy vriende weer die berge in vir ´n naweek se ‘silent retreat’. Op so ´n retreat mag niemand praat nie. Daar sou dus geen preek wees nie.

Hy het my saam genooi, al was ek nie een van sy volgelinge nie, en ook nie ´n gesoute mediteerder nie. Ek het die uitnodiging aanvaar omdat die inligting wat ek deur my waarneming daar kon bekom, goed sou pas in my proefskrif.

Chris was buitengewoon stil en somber. Voor die tyd vir stilte amptelik begin het, het Chris, die man met die jas en die meisie wat nou hier by die begrafnis met haar kort, swart rokkie rondloop, driftig-fluisterend gestaan en praat. Ek het gehoor hoe die meisie vir Chris sê; “hulle gaan jou dood maak” en die man met die jas het Chris gewaarsku teen sy slim neef. “jy kan hom nie vertrou nie,” het hy gesê. “Moet nie na sy partytjie toe gaan nie, in hemels naam bly weg daar. Jou lewe is in gevaar!”

Chris het niks gesê nie, net omgedraai en almal nader geroep vir laaste instruksies voor die stiltetyd sou begin. Ons het op ons kussings gaan sit en hy het gesê: “Ons gaan die naweek spandeer aan die Tibetaanse Phowa meditasie, julle ken dit almal. Soos julle weet word dit gedoen om jou voor te berei op die dood, jou eie sowel as die van iemand anders. Dit grond jou gedagtes in die laaste oomblikke van lewe in die Rigpa, soos die Bardo Thodol dit noem: ‘Luminous emptiness, without centre or circmference’ en ook; ‘The Ground Luminosity’ wat intree op die oomblik van dood. (meer…)

Read Full Post »

Chris – Hoofstuk 8

Hoofstuk 8

 THURISAZ – Deurgang

Kyk na die verlede: dit wat geleer is en dit wat lekker was, die oorwinnings en die swaarkry, neem dit alles waar, seën dit en laat dit gaan.

Dit is verby.

`n Onheilige onthaal

Nadat die dominee die tweetjies tot man en vrou verklaar het, het die gaste na die kerksaal beweeg waar die tafels gedek was en die kos en wyn gereed was om geniet te word.

Voor die gaste na die saal beweeg het, het ek speurder sersant Hendrina ongesiens die saal sien binne gegaan en homself agter `n gordyn versteek. Hy was vas van plan om gesprekke af te luister en so op die moordenaar se spoor te kom.

Zelda die hoer

     “Bizar, dom, gek. ‘n Kis met ‘n regte lyk daarin by ‘n huweliksonthaal!” sê iemand met ‘n mond vol kos.

    “Dis net soos hy was, altyd anders as enige iemand anders in die ganse wêreld. Dit sal my nie verbaas as die kis nou oopgaan en hy daar uitklim met daardie verskonende glimlag van hom op sy bakkies nie,” sê ‘n meisie met ‘n glas wyn in die hand.

    “Ja,” sê die man met die mond vol kos. “En dan sal die swaap na die mense toe buig, so meerderwaardig soos altyd, en dan sal hy by die deur uit loop met daardie skewe lyf van hom sonder om ‘n woord met iemand te praat.”

    “En verdwyn hy weer vir tien jaar in die niet soos destyds met die ding van Zelda en Jean-Piere,” sê ‘n ouerige dame wat te rond van lyf is vir die verslete pienk hippie uitrusting wat sy iewers uit ‘n solder moes gaan opdiep het. (meer…)

Read Full Post »

Older Posts »

%d bloggers like this: