Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘oorlog’

War is kind

Die gedig is van Stephen Crane (1871-1900) en kom uit Wayne W. Dyer se boek “Wisdom of the Ages”

Luister gerus na die musiek terwyl jy die gedig lees.

Do not weep, maiden, for war is kind.

Do not weep, maiden, for war is kind.

Because your lover threw wild hands toward the sky

And the affrighted steed ran on alone,

Do not weep.

War is kind.

untitled

Hoarse, booming drums of the regiment,

Little souls who thirst for fight –

These men were born to drill and die.

The unexplained glory flies above them;

Great is the battle-god, great – and his kingdom

A field where a thousand corpses lie.

Syria 900Do not weep, babe, for war is kind.

Because your father tumbled in the yellow trenches,

Raged at his breast, gulped and died,

Do not weep.

War is kind.

Syria 2

Swift-blazing flag of the regiment,

Eagle with crest of red and gold,

These men were born to drill and die.

Point for them the virtue of slaughter,

Make plain to them the excellence of killing,

And a field where a thousand corpses lie.

Syria 3

Mother whose heart hung humble as a button

On the bright splendid shroud of your son,

Do not weep.

War is kind.

Syria 4

Read Full Post »

Somer

Een van my kopkussings beland deur die loop van die nag op die grond langs die bed. Die volgende oggend tel ek dit op, en net voor ek my kop weer daarop neerlê, sien ek een helse groot spinnekop het homself/haarself daarop tuisgemaak. Ek hoop van harte die ondier het die nagrus op my kussing baie geniet, want dit was sy/haar laaste nagrus ooit.

Dit ontstel my dat, net omdat ou Ra nou ´n meer goddelike plek in ons Suidelike halfrond ingeneem het, ´n ark vol gewerwelde en ongewerwelde ongediertes, meerpotig en duisend ogig, hulleself dit aanmatig om hulle in my huis tuis te maak. Die eerste reëns was nog besig om te val, toe kom swem die eerste Parktown Prawns, na ´n winterslaap so vet soos rotte, in my swembad.

Voor die son in die oggend behoorlik op is, begin brommers die huis inval. Die goed is groot en vet en ongeskik met sulke groot, starende oë en blink-blou en bruin lywe. Dit lyk en klink soos ´n Amerikaanse drone aanval op ´n Talliban vesting. Enige teenaanval met Doom blyk gedoem te wees, want die goed tel net spoed op en zoem harder hoe meer jy spuit. Uiteindelik moet jy deur die Doom newels uit die huis uit vlug terwyl die vuilgoed rustig voortgaan op hulle verkenningstog.

Selfs heuningbye vind dit goed om in ons huis te kom rondvlieg. Die probleem is, mens sien die goed vir brommers aan en teen die tyd dat jy hom reeds disnis gemoker het, kom jy eers jou fout agter, en sorry, sorry en ag siestog help dan nie om die arme ding weer aan die lewe te kry nie. Dan is dit asblik toe met die lyk en voort met die geveg teen die brommende brommers.

En voor die son nog naby aan sak is, pyl die seksmal muskiete soos honger wolwe op jou af vir hulle eerte Somer bloedmaal. “Daar sal geteel word”, blyk die mantra te wees waarmee hulle uit hulle Winterslaap ontwaak het. Ook hulle het beduidend toegeneem in grote. Deesdae lyk hulle soos daardie dodelike, selfaangedrewe “poison darts” wat hulle destyds in die Dune flieks gewys het. Die goed het ook net sulke lang, vlymskerp,  naaldagtige bekdele en is ook net so verbete. As hulle jou eers in die visier gekry het draai hulle nie weer om nie. Doom maak hulle net bewusteloos, en as hulle daar bykom boeta, dan is hulle kwaad en honger. Net ´n voorhamer stop hulle dan. Jy moet sien hoe lyk ons huis se mure al van die bloedige gevegte wat ons so met die hamers moes veg, en die Lente is maar pas twee dae oud!

Met al die baie reën wat so vroeg gekom het lyk dit of hef aan teen peste en plae nog voor lê. Paddas, miere en kakkerlakke is aan die opruk. Ons is besig om ons oordadige vooraad Doom nog verder aan te vul. Ons pakkamer lyk soos die stoorplek van ´n bevange nag-van-die-langmesse Suidlander. Die verskil is net dat hy geblikte kos opgaar, terwyl ons opstok met dodelike biologiese wapens van massa vernieteging. Die bloed gaan loop hierdie Somer.

Read Full Post »

Storietyd

Oorlog

(Você dança?)

Sondag. Die troepemag lê al twee dae op die grens  en wag vir kos- en amunusievoorrade om afgelewer te word voor hulle die grens oorsteek. `n Laaste kerkdiens voor die inval van die buurland is vir die troepe gereël. Die diens sal om tien uur begin. Al die troepe sal teenwoordig wees.

Om agt uur klim weerman Nell teen die koppie agter die kamp uit om in stilte te gaan sit en mediteer, weg van die oorlogpraatjies van sy makkers af. Hulle naïwe bravade irriteer hom. Dit is duidelik dat dit nog nie by hulle ingesink het dat oorlog oor bloed en doodgaan gaan nie, hulle eie bloed en eie dood. Dit is nie net die vyand wat geskiet gaan word nie. Die vyand skiet gewoonlik terug in sulke konfrontasies. En ook hulle skiet om dood te skiet.

`n Uur later begin hy terug loop kamp toe maar besef gou dat hy hopeloos in die bosse verdwaal het. Hy is oortuig daarvan dat die kamp reg Noord van die koppie af moet wees, maar na meer as dertig minute se stap is daar steeds geen teken van die kamp nie. Hy besluit om terug te loop op sy spoor na die plek waar hy op `n groot rots gesit het,  om weer die rigting te probeer bepaal waar die kamp moet wees. Oor groot rotsplate verloor hy egter weer die spoor en dwaal onwetend nog verder weg van die kamp af.

Terwyl hy in die skadu van `n boom sit en rus, hoor hy mense in sy rigting aangestap kom. Hy wou net opstaan en hulle tegemoed loop toe hy hoor dat hulle in `n vreemde taal met mekaar praat. Hy gaan skuil vinnig tussen digte struike. Met `n jagmes as enigste wapen en sy hart wat in sy keel klop en sy hande nat gesweet van angs, sien hy hoe drie swaar gewapende vyandelike soldate dig by hom verby loop. Die twee wat voor loop praat en lag vir die derde man wat `n ent agter hulle loop. Die agterste man sit sy geweer teen `n groot rots neer en loop tot reg voor die struik waar Nell skuil, maak sy broek los en gaan sit terwyl die ander twee laggend aanstap.

Toe die soldaat sy kop na links draai, kyk hy reg in Nell se oë. Hy verstar vir `n oomblik, probeer opspring om by sy geweer uit te kom maar word gepootjie deur die broek wat om sy knië sit. Die oomblik van aarseling gee Nell tyd om uit sy skuiling uit te storm en toe die man weer orent styer, steek hy sy mes met geweld diep in sy borskas in. Die man val voorentoe en Nell gryp hom en laat sak hom grond toe sodat hy geruisloos op die grond val. Koorsagtig knip hy vinnig `n handgranaat van die man se belt af, gryp sy AK47 en gaan skuil tussen groot rotse `n paar treë van die dooie man af.

Oomblikke later hoor hy hoe die ander soldate terug geloop kom en na die man roep. Hulle steek `n paar meter van hulle kammeraad af vas en storm dan op hom af. Hulle buk oor hom en toe hulle die bloed sien spring hulle op met hulle gewere gereed om te skiet. Nell se eerste skoot tref die man naaste aan hom in die bors en hy slaan neer. Die ander man swaai sy geweer in Nell se rigting en begin wild skiet, maar hy is te laat en Nell se skoot fel hom langs sy kammerade neer. Hy beur nog weer stadig orent en lig sy geweer om te skiet toe die handgranaat langs hom val en hom aan flarde ruk.

Sonder om terug te kyk hardloop Nell in `n Oostelike rigting waar hy weet die pad wat na die kamp toe loop moet wees. Beangs vlug hy weg van die dooie soldate. Daar mag dalk nog ander van hulle makkers op pad wees en hy wil so ver as moontlik wegkom.

Na wat soos `n ewigheid voel kom hy uitasem by die pad uit. Hy is nie seker of hy nou Noord of Suid van die kamp is nie. Hy begin Suidwaarts loop, maar draai na `n paar treë om en loop Noord. Dit is nou al na tien en die kerkdiens behoort al verby te wees, dink hy. As iemand hom gemis het is hy diep in die moeilikheid want hy het sonder verlof die kamp verlaat. Reeds ver van die kamp af hoor hy hoe bevele geskreeu word en sien hy die troepe rondhardloop. Uit die bos uit storm twee manne met gewere gereed op hom af en beveel hom om stil te staan. Gelukkig herken hulle hom dadelik en sê hy moet sy gat in rat kry en by sy troep aansluit, daar is groot moeilikheid en waar de hel was jy?

Toe Nell die kamp in hardloop, hardloop hy hom vas in die Kommandant. Vervaard spring hy terug, kom op aandag en salueer, maar dan onthou hy van die geweer in sy hand en hy onthou ook dat, as jy `n geweer by jou het moet jy op die geweer salueer en nie teen jou pet nie.  Hy gooi die geweer oor sy skouer soos hulle op skool met die ou .303’s gemaak het, maar dan besef hy dat dit ook nie die regte ding is om te doen nie en bring dit teen sy sy af grond toe.  In sy verboureerdheid  gly die geweer uit sy hande uit en die kolf tref die grond met so`n harde slag dat `n skoot afgaan. In `n oogwink is hy en die Kommandant omsingel deur soldate met gewere wat dreigend na hom toe wys.

Die Kommandant kyk die troep geammuseerd aan en vra dan so half sarkasties; “is jy nou klaar met jou mannewales troep?” Aan twee van die manskappe sê hy, “vat die geweer by hom weg voor hy iemand doodskiet, en bring hom en die geweer na my tent toe, nou. En ontlaai die geweer voor iemand seerkry,” bulder hy kwaad.

Met `n geweer in sy rug word Nell die tent in gestoot waar die Kommandant en `n Kaptein agter `n opvoutafel plaasneem. Hulle kyk hom stilswyend aan. Die AK lê voor hulle op die tafel.

“Wat is jou naam?” vra die Kommandant omgekrap.

“Nell, Kommandant. Bart Nell,” antwoord Nell terwyl hy op aandag staan en stip na `n vlieg `n halwe meter bo die kommandant se kop kyk.

“En waar kry jy hierdie AK?” vra die Kommandant en kyk hom vraend aan.

En skielik kan hy nie onthou waar die geweer vandaan kom nie. Hy kan vaagweg onthou van `n geweer wat op die grond lê, en van bloed en geweerskote, maar niks wat sin maak nie.

“Dit het in die gras langs die pad gelê Kommandant. Ek het dit opgetel en wou dit vir die Luitenant gaan gee.”

“Waar langs die pad?” blaf die Kaptein.

“Kan nie presies onthou nie Kaptein. So omtrent honderd of twee honderd meters uit die kamp uit, ” antwoord Nell senuweeagtig.

“Wat soek jy op `n Sondag oggend so ver uit die kamp uit. Was jy besig om te AWAL troep?”  vra die Kaptein en gaan staan dreigend langs Nell.

Voor Nell kan antwoord sê die Kommandant, “Jy is vol bloed, hoekom is jy so vol bloed?”

Nell kyk af en vir die eerste keer sien hy dat daar bloed op sy klere en sy hande is.

“Is seker soos die takke en dorings my gekrap het toe ek deur die bosse gehardloop het Kommandant,” antwoord Nell stamelend. Hy onthou van die hardloop, van die angs.

“Ek dog jy sê jy het in die pad geloop,” blaf die Kaptein langs hom.

“Ek het Kaptein,” antwoord Nell. “Maar ek was eers op die koppie hier agter die kamp, toe hoor ek skote klap en iets wat ontplof, toe hardloop ek deur die bos terug kamp toe.”

“`n Lafaard wat weghardloop as hy skote hoor, en jy noem jouself `n soldaat!” bulder die Kaptein in sy oor.

“`n Ongewapende soldaat, Kaptein,” antwoord Nell effens meer selfversekerd.

Die kaptein word rooi in die gesig van woede en gryp Nell aan die arm. Die Kommandant kug waarskuwend en die kaptein laat los Nell se arm en gaan sit weer agter die tafel.

“Wat het jy op die koppie gaan soek?” vra die Kommandant rustig.

“Stilte,” antwoord Nell kalm.

“Stilte,” herhaal die kommandant en kyk aandagtig na die soldaat voor hom.

“Ons soldaat is `n denker, dalk `n filosoof,” sê die kaptein smalend.

Voor die tent is daar skielik `n geraas en `n majoor storm by die ingang in. Hy salueer en buk dan oor die tafel terwyl hy gedemp met die kommandant praat.

Nell kan net die woorde drie en vyand hoor.

Die kommandant knik sy kop terwyl hy aandagtig luister. “Goed,” sê hy dan. “Hou die manne op `n gereedheidsgrondslag. Pos wagte om die kamp en stuur nog troepe uit om seker te maak daar is nie nog van hulle in die omgewing nie. Ons wil nie verras word gedurende die nag nie.”

Hy kyk Nell aandagtig aan. “En jy het niks gesien nie?” vra hy met `n frons tussen sy oë.

“Nee Kommandant, niks, net die skote, toe hardloop ek.”

“Goed, gaan rapporteer aan jou luitenant en sê vir hom ek wil hom sien, nou. Nou dadelik, verstaan jy?”

Toe hy flink salueer speel daar `n effense glimlag op die kommandant se lippe. Net voor Nell by die tent uitgaan sê die kommandant, “en Nell, as jy klaar die luitenant gaan roep het, gaan na die medic’s toe laat hulle na jou wonde kyk. En ek sien daar is baie bloed aan daardie groot mes van jou se hef en skede, maak seker jy was dit ook goed skoon as jy  jou klere was.”

Daardie nag, terwyl hy wag staan, begin sy hele lyf te bewe. Sy spiere ruk onbeheersd in spasmas en hy begin opgooi. Sodra hy dink hy kan nie meer opgooi nie, dan ruk sy ingewande weer saam en kots hy van voor af. Dit hou aan tot hy later van uitputting op die grond gaan lê en aan die slaap raak.

Vroeg die volgende oggend steek hulle die grens oor. Die voorste linies van die aanvalsmag het reeds tot naby die vyand se hoofstad gevorder. Die doel van die mag waarin Nell hom bevind is bloot om te verhoed dat die vyand agter die hoofmag inbeweeg en hulle so in `n knyptang beweging vaskeer.

Laat die middag ry hulle `n klein dorpie binne. Daar het min van die dorp oorgebly nadat eers die vryheidsvegters en toe die hoof aanvalsmag daar deur is. Huise is afgebrand en die wat nog staan is vol gate geskiet. In `n banale magsvertoon ry hulle eers op en af deur die verlate stofstrate van die dorp en gaan slaan dan kamp op buite die dorpsgebied.

In die dae wat volg word noodsaaklike dienste soos water- en elektrisiteitstoevoer na die dorp herstel. Die enigste bron van skoon water is `n ou put waaruit water gepomp word. Die dorpenaars kla egter dat die pomp nie werk nie en dat die water wat hulle met emmers uit die put skep so stink dat hulle dit nie kan drink nie. By nadere ondersoek word die lyk van `n wit man onder in die put gevind. Die lyk is blou-groen van kleur en so grotesk en buite proporsie opgeblaas dat daar bykans geen verband tussen die lyk en `n mens getref kan word nie. Die man is duidelik van baie naby af agter in die kop geskiet met `n swaar kaliber geweer. Niks van sy gesig het oorgebly nie, sy een hand is afgekap en die ander arm is met geweld by die skouer van die lyf af geskeur.

Voor die voordeur van een verwoeste huis is `n wit vrou met lang donker hare se kop op `n skerp stok in die grond geplant. Maaiers peul by haar oop mond en neusgate uit. Haar oë is uitgesteek en maaiers kreoel in die oogholtes. Op die muur langs die voordeur is `n groot rooi kruis geverf met `n dokter se naam en spreekure daarby. Binne in die huis is alles verwoes. Bottels medisyne, lêers en papiere lê oor die vloere gestrooi. Meubels is verwoes en bloedspatsels sit teen die mure.

Nell volg `n bloedstreep teen die gangmuur af tot waar dit in die in die badkamer eindig. Dis duidelik dat iemand desperaat voor sy aanvallers probeer wegvlug het. Die badkamer se mure is vol koëlgate en bloed sit tot teen die plafon. In die bad lê die half ontbinde lyk van `n man, sy kop is afgekap en lê langs die bad. Albei die arms is afgekap en die lyk is oortrek van diep kapmerke gemaak deur `n byl of panga.

Voor die agterdeur kry Nell `n maer, uitgeteerde hond wat stadig opstaan en slingerend tussen bosse in draf toe hy Nell gewaar. Dit is `n wit hond met `n donker bruin vlek oor sy regter oor en oog. Nell roep na die hond, maar die hond steur hom nie daaraan nie. Hy gaan sit op die stoeptrappie terwyl trane oor sy wange loop. Hoe absurd, hoe sinNelloos kan die lewe wees, dink hy. Hier het iemand goed probeer doen, en wat het dit hom in die sak gebring? Hy en baie ander is vermoor, en in die naam van wat? Gewaande vryheid? Beloftes van rykdom en oorvloed?

Die eerste waarvan hy weer bewus word is `n hand wat hom aan die nek gryp en hom van die trappe af gooi en dan dring die stem van die kaptein wat op hom skreeu tot hom deur. “Sit hier op die trappe en tjank soos `n fokken vroumens terwyl ander hulle lewe waag om die dorp skoon te maak van die skuim van die aarde, jou lafhartige bliksem. Voor hierdie oorlog verby is gaan ek jou voor `n vuurpelleton sit en jou misrabel lewe vir jou kortknip. Loop en gaan doen wat jy veronderstel is om te doen voor ek jou self vrek skiet!”

Elke dag gaan Nell terug na die huis toe om `n deel van sy kos vir die hond by die agterdeur te los. Elke dag kry hy die hond waar hy lê en wag vir sy baas, en elke dag slinger hy weg sodra hy Nell gewaar. ‘Die kos word aanvaar, maar nie die gewer daarvan nie,’ dink Nell met `n wrang glimlag. ‘Dit maak nie saak nie, net solank jy eet en bly lewe.’

Laatmiddag, op die sesde dag lê die hond vir hom en wag. Hy sit die kos neer en word selfs toegelaat om die hond se kop te streel terwyl hy eet.

“Wat is jou naam, wat het jou mense jou genoem?” Bly dat hy uiteindelik aan haar te mag vat, gesels hy met die hond. “Dit sou nie sou nie Guerra wees nie, want dit beteken oorlog. Miskien Chica? Of dalk Lia? Lia is vry, vry wees.”

Die hond steur haar nie aan Nell se gepraat nie, sy vreet net driftig aan die bak kos. Dit is eers toe hy die naam Branca noem dat sy haar ore spits, angstig na hom kyk en klein tjankgeluidjies maak.

“So, dis Branca, is dit?” sê Nell opgewonde en vryf opgewonde oor die hond se kop. “Dit beteken wit, en jy is wit. Fantasties” sê hy en gryp haar om die nek en druk haar styf teen hom vas. Trane loop oor sy wange en die hond lek hom aan sy nek en op sy wang.

“Nou is jy my Branca. Jy hoef nie meer bang te wees nie, ek sal vir jou sorg, jou beskerm teen die bliksems daar buite wat roof en moor en plunder.”

Toe die hond klaar geëet het gaan lê hy langs Nell met haar kop op sy skoot. Vir `n lang tyd sit die twee daar by die huis se agterdeur, toe staan die hond op en loop die bosse in.

Die volgende oggend vroeg word die kamp ogebreek en trek die mag dieper die land in. In die vroë skemerte beweeg die konfooi stadig by die vermoorde dokter se huis verby. Donker donderwolke pak saam en weerlig blits in die verte. Aan `n boomtak voor die huis hang `n hond met `n stuk tou om sy nek. Nell kan dofweg die donker vlek oor die hond se regter oor en oog in die skemer sien. Teen die muur van die huis staan daar met bloed geskryf: ‘Matar os cĀes broncos.’ Kill the white dogs.

“Bliksem, bliksem, bliksem,” prewel Nell deur die trane. “Julle sal boet julle vuilgoed. Vou matar todos vocês, seus bastardos.”

In die heel agterste voertuig sit Kaptein Maritz met `n skewe glimlag en kyk na die hond wat aan sy nek hang.

Read Full Post »

Ransom

‘Ransom’ David Malouf se uitstekende weergawe van Homer se ‘Iliad’ vertel die storie van oorlog en wraak, van sinnelose, dierlike geweld, van heldedade, teleurstelling en wanhoop, basies die sinneloosheid van haat en bloedvergieting.

‘He (Achilles) dodged and feinted, found the place, and grim-faced but secretly smiling eased the heavy weapon in. ‘Hector, eyes wide with disbelief, dropped his sword, reached out and closed his fist on Achilles’ own. With the hot sweat streaming from his brow, every muscle in his forearm knotted in a last act of defiance, he met Achilles’ gaze.

‘Achilles grunted, gave the sword another push. The whole weight of his body hung on the thrust. ‘Brougt down by its own weight, blood gushing from the soft place between neck and clavicle, it detached itself from the blade and rolled slowly back.

Die gehate Hector van Troye, die man wat die Griekse magte byna venietig het, is dood. Achilles het sy vriend Patroclus se dood aan die hand van Hector gewreek. Nou staan hy en kyk hoe sy manskappe, die Myrmidons, Hector se wapenrusting verwyder tot net die bebloede lyk voor hom lê. En dan staan hy en kyk as die soldate een vir een by die lyk verby loop en elkeen:

‘without passion, but also without pity, plunged their swords into Hector’s unprotected flesh; with each blow shouting his name, so that all those watching from the walls of Troy would hear it.’

 Sodat die mense van Troye sal sidder en weet dat die aanslag teen die stad genadeloos sal wees.

In JM Coetzee se ‘Disgrace’ word Lucy deur drie swart mans verkrag. Lucy se wil word dermate geknak dat sy later selfs instem om met die man wat sy weet die verkragting georkestreer het, te trou as dit is wat nodig is om net maar op haar eiendom, die grond wat sy bo alles lief het, te kan aanbly.

Op die Suid Afrikaanse platteland word `n gehate ou man vermoor en sy gesig met pangas onherkenbaar vermink. Moontlik in `n “killing frenzy” word daar oor die lyk gemasturbeer, word die warm, bebloede lyk moontlik gesodomeer.

Op `n ander plaas word `n jong vrou vasgehou en brutaal verkrag deur `n aantal mans. Na elkeen meer as een maal “without passion, but also without pity” die vrou se menswaardigheid brutaal geskend het, word `n skerpgemaakte besemstok in haar geslagsdeel opgedruk tot dit skuins by haar nek uitkom.

In  ander gevalle word gebreekte bottels in die geslagsdele van vroue opgedruk nadat hulle verkrag is, dan word hulle so gelos om dood te bloei ….. sodat almal wat dit in die koerante sien sal weet dat die aanslag genadeloos sal voortduur tot die oorwinning behaal is, die witmense se wil gebreek is.

 Toe Troye uiteindelik val, storm Neoptolemus, die seun van Patroclus die paleis binne. Gedurende sy opleiding het hy al gesien hoe maak hy heldhaftig vir Priam, die pa van Hector en koning van Troye, eiehandig dood om so die dood van sy pa te wreek. Dit sou `n bloedige geveg wees. Priam sou homself vreesloos verdedig, maar hy wat Neotolemus is, sal die grote koning oorwin en so vir ewig beroemd wees, bekend as die held wat koning Priam die geweldige oorwin het.

 ‘But the moment, when it arrives, is not at all like that.’

 Die koning is oud en verwese, hy probeer vlug voor die bloeddorstige jong man, maar struikel en val. Die jong man maak gereed om die ou man met sy swaard te deurboor maar gly self en kom bo op die ou koning te lande. Die koning wriemel rond en verset hom in sy swakheid. Die jong man kan nie die koelbloedige doodsteek inkry waarvan hy al die jare gedroom het nie. Hy stoei met die ou man, wurg hom aan die keel en saag lomp met sy swaard om die ou man se keel af te sny.

Uiteindelik is hy en die koning deurdrenk met bloed …. ‘the old bundle …. turns upon him a ghastly far-of smile; then, with a last spasm and a hollow, hideous rattling of his breath, subsides, and the air is filled with the stench of shit.’

 Niks het uitgewerk soos hy dit bedink het nie. In plaas van triomf, is daar nederlaag en teleurstelling, `n walging.

 ‘And for him the missery of this moment will last forever; that is the hard fact he must live with. However the story is told and elaborated, the raw shame of it will be with him till his last breath.’

 As die mure van ons eie Troye die dag val soos dit dalk moet, sal daar ook net ou, verswakte mense en die oorskot, die opdrifsels van `n eens trotse nasie gevind word wie se kele dapper deur die oorwinnaars afgesny kan word.

Die oorwinning sal leeg wees, die eens magtige stad in puin, maar sal die oorwinnaars ooit skaam wees oor die brutaliteit van hulle bloeddorstige wellus? Sal daar een wees wat huil oor die kinders wat met kookwater vermoor is in die orgie van haat?

Read Full Post »

%d bloggers like this: