Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘winter’

Omgewe deur die goud en geel en grys van die herfstuin, staan hierdie poinsettia en bloei sy rooi uittartend teen die koue blou lug van die winter.

 

Read Full Post »

Wit soos sneeu

Terwyl ons hier onder die Afrika son uitbraai, en soms natreën, stuur sus Cobie fotos van `n sprokies winterwêreld uit Duitsland. Iets baie vreemd vir ons kinders van Afrika.

Voor die sneeu kom, kom die ryp, maar nie so ieffie-ieffie soos ons dit ken nie. Hulle ryp lyk soos sneeu by ons.

006   004

012

En toe kom die sneeu. Gewoonlik gebeur die groot sneeu eers in Februarie en Maart, maar so elke 4 jaar kom dit vroeg in Januarie soos hierdie jaar. Sprokiesland.

017   019-2

026    031

022-2

Terug in Afrika sak die son oor 2016.

048

Read Full Post »

Somervreugde

Mens wonder nogal hoe word die weer deesdae voorspel. Laasweek was die voorspelling vir ons van Maandag to Woensdag 60% kans op reën, en al wat ons kry is hierdie paar spatsels wolkies.

015

En toe kom die reën tog eendag so spoeg-spoeg hier aan. Nie genoeg om damme mee vol te maak nie, maar het jy nou al ooit in jou lewe n kaktus gesien wat so verskriklik bly kan wees oor n paar druppels reën.

035

n Glimlag vol goud.

In Pretoria waar Malema en sy trawante volgende week die stad gaan afbreek, staan die Jakarandas pers van somervreugde. Sal hulle die blomme sien? Sal hulle die Jakarandas ruik, die nuwe lewe van die nuwe seisoen voel ontwaak en voort jubel na die winterslaap? Ons het tog veel te leer van die natuur … dankbaarheid en vreugde selfs vir min.

017

In Munich, soos in die res van Europa maak die natuur gereed vir sy winterslaap, maar eers verf hy die landskap in die mooiste kleure, n afskeidsgeskenk aan die wat die winter sonder slaap moet aandurf.

002

054

Goeie nag. Slaap rustig.

023

Volgende week doen ek hier n kort resensie oor hierdie uitstekende boek van Gerbrand Bakker.

Read Full Post »

Winter

Gedurende die koue wintermaande is die uwe nie juis op sy produktiefste nie. Aande is koud en dan sit mens liewer voor die verwarmer en kyk TV as om die kwas of die pen op te neem en iets kreatiefs aan te pak. Elke keer belowe ek myself; more-aand sal anders wees, more as die son sak gryp ek die kwas of die pen en doen iets produktiefs met my tyd, maar helaas, as ek sien dan is dit laatnag en tyd om te gaan slaap. Ek weet, dit is `n droewige stand van sake en ek is nie trots op myself nie. Volgende Winter sal dit anders wees, ek belowe.

Buite lyk die wintertuin maar skraal

034

Ek het wel `n bietjie gespeel met spoelklippe en verf terwyl ons enigste kleinkind rustig onder die kombers lê en slap.

Pip

Klipuil Ma en kind

009

Read Full Post »

Winter

Terwyl die winter nou amper verby is, maar die koue nog skerp byt, gee ek solank idees hoe om julle self voor te berei op volgende jaar se koue.

Dit behoort jou die hele Somer besig te hou om so `n stapel hout te kap.

Brandhout 2

En terwyl jy of jou handlanger die moeite doen, kan julle net sowel kreatief wees met die pakkery.

Die moontlikhede is oneindig.

Brandhout 3

Dit kan dalk goed wees om die projek in die winter te begin. Dit sal jou warm en fiks hou.

Meanwhile, back in Germany, it is Summer time and it is nice and warm

105

They even have beautiful flowers this time of the year

116

Maar voor jy te opgewonde raak; Terug na die houtkappery. Daar is werk wat gedoen moet word.

Brandhout 4

Brandhout 1

Read Full Post »

Sneeu in Munich

Sus Cobie laat weet dat dit bitter koud is daar in die land van die Germane. Hulle kry hierdie jaar meer sneeu as verlede jaar, maar natuurlik nie so baie soos wat hulle elke Winter in China beleef het nie.

013

Selfs die temperature in Duitsland is `n matige -7 grade C teenoor China waar dit soms tot -27 gedaal het.

016

In hulle klein tuintjie waar die eekhoringkies in die somer speel, staan die beelde so half verdrietig in die sneeu.

022

Ons sonlanders kan maar nie die versoeking weerstaan om in die sneeu te loop speel nie, al wil die vingers af val van die koue. Hier het sy die koue trotseer om vir ons `n foto van haar sneeuman te stuur.

033

Intussen, terug in sonnige SA:

Vroeg oggend op pad braai die son die sweet uit jou uit.

Wolke 18

Laatmiddag en donderwolke bring `n effense lafenis as die son begin sak.

Wolke 2

Read Full Post »

Winter in Kanada

Terwyl ons hier braai onder die Afrika son, is dit winter in Kanada. `n Baie koue winter.

Snee 1

Tenminste het hulle hulle sin vir humor behou, ten spyte van die koue.

Sneeu 3

Hulle meer lewensgetroue weergawe van ons stokmannetjie prentjies op ons voertuie.

Sneeu 12

As `n fietsryer vir een oomblik stilhou is dit verby met hom.

Sneeu 13

Bevrore Karwassers is n algemene verskynsel. Hulle ontvries eers weer in die Somer.

Sneeu 31

More is expected during the day!!

Intussen in sonnige SA

055

skyn die son en wei die beeste rustig in groen weivelde

049   048

H14020184  H14020230

Fotos van die rivier deur Hannelie.

Read Full Post »

Older Posts »

%d bloggers like this: