Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘begrafnis’

7 Oktober 2018

Vandag is dit een jaar, of dan 365 dae na ons jou daar in jou laaste oomblikke in die parkeerterein gekry het in die skadu van n vrolike heldergeel sambreel wat iemand oor jou gehou het om jou te beskerm teen die son. Ek wonder of jy dit kan onthou?

Toe die begrafnis op Mooinooi. Ek hoor die bougainvillia wat ons bo op jou kissie met die as in geplant het groei mooi daar teen die kop.

Die ouste en die jongste van die ses wat ons vooruit gegaan het.

Die begrafnis

 

               

” but a touch of lunacy in action will open magic doors to rare and unforgettable experiences.

But all these are only the by-products, the casual gains, of walking alone. The high converse, the high adventures, will be in the country of the mind.”

Ons mis jou.

 

 

Advertisements

Read Full Post »

Maandag

Vroegoggend het n suikebekkie homself/haarself onder ons tuisproeiers kom bad. n Striltzitia blaar vol water was die ideale badkom vir ons fyn klein kuiergas met sy helder blinkblou lyfie. Ons was lanklaas so opgewonde oor n kuiergas.

Toe die suikerbekkie weg is het n pragtige rooibors Robbin asof uit n kerskaartjie van baie jare gelede ook in die sproeiers kom speel. Die winter is nou werklik verby en ons geveerde vriende vier die nuwe seisoen met oorgawe. Laatmiddag het die swaweltjies ook hulle opwagting gemaak en hoog in die helder lug het hulle sierlik geduik en gedraai terwyl hulle hulle aandete geniet het.

Duidelik was dit nie so n goeie aand vir die insekte nie?

Dit is inderdaad n goeie tyd. Uit die Kaap het ons vriende Hennie en Magdeleen ook n draai by ons kom maak. Dit is altyd goed om hulle weer saam met ons te hê.

Ongelukkig kom daar ook maar altyd donker saam met die lig. Terwyl ons ou en nuwe vriende verwelkom, neem ons ook met n seer hart afskyd van goeie mense wat die pad vir n tyd saam met ons geloop het.

Carla, die engelkind wat vir n tyd aan ons almal geen was is tragies en onverwags weer weg geneem. Dat so n klein, brose lyfie met die onskyn geaardeid soveel vreude kon bring het niemand verwag nie. Rus sag skat, jy gaan gemis word deur almal wie se lewens jy aangeraak het.

Vriend Johan, vir jou moet ons ook groet. Jy was n goeie mens. Dit was n voorreg om jou as vriend te kon hê. Ons het gedink ons het nog baie jare oor om te gesels en saam te werk. Inderwaarheid het ons maar gedink hierdie ouman sou jou vooruit gaan die ewigheid in, en toe verlaat jy as die jonger man ons skielik. Dit was regtig nie die plan nie, maar daaroor het ons geen sê nie. Ons bid dat dit met jou goed sal gaan op jou reis. Ook vir jou sal ons mis in die dae wat voor is. Dankie vir die besoek.

More sal die son weer skyn, die voëltjies sal sing, kinders sal gebore word en mense sal doodgaan. Dit is wat die lewe is, en dit is goed.

Read Full Post »

Sondag woorde

Vyftig woorde

Foto geneem in n begrafplaas in Viëtnam deur Sus Cobie. Volgens begruik word van die oredene se besitings in die berafplaas gelaat na die begrafnis. Met verloop van tyd word nog bygevoeg. Elke nou en dan word alles veryder om plek te maak vir nuwe “aandenkings”.

Lank gelede op n plaas. Links staan ek, dan broer Flip en dan sus Cobie en nee die safarie uitrustings het niks met Livingston en ekspedisies na Donker Afrika te doen gehad nie. Dit was maar net hoe plaaskinders aangetrek is! Toe het kinders nog geen sê gehad in wat hulle wil dra nie.

Skoene was net vir skool en kerk.

n Ander begrafnis. Ek en broer Flip het elkeen n ambulans persent gekry. Die bambulanse was van plastiek. Op die eerste dag toe ons met ons nuwe speelgoed speel gaan sit daar n by op my ambulans se dak en Flip slaan die by met n stuk stok dood. Dit was die einde van my ambulans. Regs voor kan die dak van die ambulans gesien word waar ons dit toe begrawe het.

 

 

 

Read Full Post »

Game – Set – Match

096

Read Full Post »

Opgedra aan my vriend Hennie saam met wie ek `n lang pad geloop het, en sy gesin. Ons innige meegevoel met die heengaan van jou ma na haar lang stryd. Ons dink aan julle.

Read Full Post »

Chris – Hoofstuk 1

Hoofstuk 1

ANSUZ – Die Boodskapper

Wees gewaarsku:

Kontak met die Allerheiligste is op hande.

Die begrafnis

 

Ek staan voor die kerk en wag vir die begrafnis om te begin. Ander begrafnisgangers staan in groepies rond en gesels gedemp onder mekaar. Op die sypaadjie voor die kerk staan Chris, alleen en onrustig. Half angstig beskou hy die mense.

Van oorkant die straat kom ‘n mooi jong meisie aangestap, geklee in ‘n swart rok. ‘n Spatsel rooi van ‘n serp om haar nek vrolik die doodsheid van die beeld effens op, beklemtoon die somberheid van die oomblik teen die helder lig. Die kort rokkie wip uitdagend bo haar knie met elke tree. ‘n Onverwagte dwarrelwind slinger verby, gryp die rok en pluk dit speels die lug in. ‘n Flikker van opwinding ril deur hom as hy die rok sien lig tot waar ‘n helder rooi driehoek uitlokkend bo melkwit dye wink. Die meisie wend geen poging aan om die rok se speelse dans te bedwing nie. (meer…)

Read Full Post »

Sus Cobie stuur uit die land van die klein geel mannetjies hierdie storie, nie oor die geel mannetjies nie, maar uit die verre verlede van haar eie mense toe hulle nog onskuldige plaaskinders was. Die storie is inderdaad neergepen deur broer Flip na `n nostalgiese herbesoek aan Oupa se oorlye donkiejare gelede.

Jakoppie

 ‘n Vriend van ‘n vriend van my, vertel een naweek daar langs die braaivleis vuur die storie uit sy kleintyd toe hy so 5 of 6 jaar oud was. Die vriend, noem hom maar Jacob (om verstaanbare redes nie sy regte naam nie), of dan klein Jakoppie soos hy genoem sou gewees het op vyfjarige ouderdom, was self die hoofkarakter in die prettige storie.

Op die plaas waar Jakoppie groot geword het was die gemeenskap van doerie tyd tipies van ‘n plattelandse samelewing.  Of die mense nou bure was, of kerkgenote, vriende of familie, almal het in almal se lief en leed gedeel.  So gebeur dit dat Jakoppie se Oupa oorlede is.  In so ‘n samelewing is daar onderlinge groepe mense wat spesialiseer in die organisering van alles wat opeenvolgend moet gebeur, vanaf die tyd dat die lyk nog warm is, tot by die groot finale gebeurtenis, die dag van die begrafnis.  Eers is daar die Anties (in daardie jare was hulle nog nie Tannies nie) wat nooit ooit vriendelik was nie.  Hulle was die roubeklaers wat met elke begrafnis net daar by die afgestorwene se huis rondgehang het, om te verseker dat almal teenwoordig waardig bedroef voorgekom het.  Hulle kon verskeie gepaste bybelversies aanhaal waarmee die belangstellendes by aankoms, om medelye te betoon, begroet is.  Maar dan was daar ook nog die skoonmakers wat moes sorg dat die oorledene se slordige gewoontes uitgewis word voor die begrafnisgangers opdaag, die bakkers en kokers wat moes sorg dat almal behoorlik gespys en gedrank is, die geletterdes wat die begrafnisondernemer moes help met die geskrifte en nog vele ander kleiner administratiewe takies.  Dan was daar die mans.  Hulle het probeer om in klein groepies eenkant te staan sodat oor gewigtige sake soos erflatings en die boedel bespiegel kon word.  Gewoonlik het hulle gesprekke uiteindelik by rugby uitgekom en sodra hulle te luidrugtig begin redekawel het oor skoppende versus hardlopende losskakels en Springbokkapteins, het die roubeklaers nader gestaan en die groepies gaan opbreek met: “Skaam julle om so oneerbiedig te staan en grappies maak.  Wat sou Oom Kotie (Oorle Oupa) gesê het as hy julle nou kon sien?”

Hiervan het Jakoppie natuurlik niks onthou nie en het Jacob maar sy latere ondevindings by sy storie aangelas vir effek.  Vir Jakoppie en die res van die kleinspan was daar net een belangrike ding om te doen – bly uit die pad van die grootmense en hou jouself besig sonder om aandag te trek.  Daar is nie van die kleiner kinders verwag om die dood van ‘n oumens emosioneel te ervaar nie maar hulle moes ten minste eerbied betoon aan die grootmense se weemoed en bedroefdheid.

Vir Jakoppie en sy spannetjie neefs en niggies, van min of meer dieselfde ouderdom, was die plaas meer as groot genoeg om hulle uit die voete te maak en oral rond te speel sonder om die grootmense se aandag te trek.  Op die dag voor die begrafnis het die nagwaak begin en so teen laat middag was die werf vol motors van familie wat van oral aangekom het.  Die kinders moes darem kom groet sodra daar nuwe mense opgedaag het, maar moes dan dadelik weer verdwyn asof ‘n groot vis hulle ingesluk het.

Jakoppie was nie seker wat alles in die huis gebeur nie want die kinders is net by uitsondering daar toegelaat.  Alles was baie stil.  Al die grootmense het swart klere gedra en daar was ekstra stoele in die sitkamer om vir almal sitplek te gee.  Daardie dae se sitvertrekke het nie groot vensters gehad nie en daar was boonop swaar ferweel gordyne sodat die vertrek feitlik geen lig gekry het nie.  Anders as vandag se leefvertrekke, was ‘n sitkamer destyds net gebruik vir huisbesoek deur die dominee en dan natuurlik vir begrafnisse.  Die gordyne was toegetrek en as jy van buite af ingaan, moes jy eers ‘n rukkie wag dat jou oë aan die donker gewoond raak voor jy iets kon sien.  Dit het Jakoppie net eenkeer ervaar toe sy ma hom geroep het om een van die skamerige niggies te kom haal om saam met die kinders te speel.

Nadat Jakoppie en die res van die kinders omtrent alle bekende speletjies uitgespeel het, het van die kinders verveeld begin raak.  Die Anties het ook nie meer af en toe kom kyk of die kinders nog veilig is nie en het aanvaar dat alles onder beheer is.  Iemand moes ‘n nuwe speletjie uitdink om almal besig te hou want van die dogtertjies het begin kla dat hulle na die huis toe wil gaan.  Dit het Jakoppie geweet sal net moeilikheid beteken, want hulle opdrag is om weg te bly tot hulle groep word.  Waar en wie dit begin het kan Jacob nie meer onthou nie, maar een ding het gelei tot die volgende.  Van die groter seuns het begin om die kleineres se broeke af te trek.  Dit het groot vermaak verskaf en gou in ‘n spinternuwe speletjie ontaard.  Elke ou moes sy broek probeer vashou maar tog wag vir ‘n kans om ‘n ander ou se broek af te trek.  Eers het die dogtertjies net gekraai van die lag as ‘n slagoffer sy broek verloor het maar later het party van hulle self probeer om van die seuns se broeke af te trek.

Die speletjie het soort van sy eie verloop geneem toe een van die seuns se onderbroek ook met die aftrekslag om sy enkels beland het.  Dit het almal aangespoor om vir volpunte te gaan.  Jakoppie was skielik die gewildste teiken want met sy broek op sy enkels was Jakoppie Regoppie duidelik die wenner.  Selfs die groter seuns kon nie met hom meeding nie.

Die speletjie het na ‘n rukkie begin stoom verloor want almal het toe al alles gesien en die skamerige niggie het ongesiens besluit om haar ma by die huis te gaan opsoek.  Daar, in die donker sitkamer vol diep bedroefde grootmense vra haar ma toe vir haar: “Liefie, en wat speel julle daar buite?”  Dit moes sy by een van die groter seuns gehoor het want ewe kordaat sê sy: “ Ons speel naai n niggie, Ma.”

Jocob sê hy weet nie hoe die Amerikaners ‘n atoombom laat ontplof nie maar hulle kan gerus skaam niggie se vier towerwoorde probeer.  Anties gryp hulle rokke vas en pyl op ‘n streep op die skuur af.  Heel voor is Ant Truina wat so in die hardloop ‘n stuk stok opgetel. het  Dit was nie iets wat sou seer slaan nie – dit sou doodslaan soos ‘n mens robbe doodslaan.  Toe Ant Truina by die skuur se deur instorm was Jakoppie met sy gewilde Regoppie net weer aan die beurt.  In ‘n breukdeel van ‘n sekonde kon Jakoppie sien dat dit wat hy gedink het net vet pret was, waarskynlik nou sy einde gaan beteken.  ‘n Man kan ongelukkig nie vinnig weghol met jou broek op jou enkels nie en hy het maar in die hardloop heeltemal daarvan ontslae geraak.

Daar was net een pad vir hom.  By die skuur se agterdeur uit reguit na sy Ma toe.  Hy kon hoor hoe die vasgekeerdes in die skuur begin kerm en hoe die doodskote klap.  Dit het hom net ‘n paar sekondes geneem toe storm hy by die donker sitkamer in.  Daar was nie tyd om sy oë aan die donker gewoond te maak nie en hy gil met ‘n benoudheid wat Oupa Kotie baie maklik uit sy kis sou laat opvlieg het as dit nie was vir die deksel wat deeglik vasgeskroef was nie: “Ma, Ant Truina wil my doodmaak!”  Die mense in die vertrek se oë was gewoond aan die donker en hulle kon natuurlik alles mooi sien.

Jocob sê dat sy Pa, jare later, toe hy al so 17 -18 was, eendag vir hom vertel het wat hulle daar in die donker sitkamer gesien het.  Jakoppie, wat sonder sy broek instrom en gillend na sy ma soek, maar nog steeds met ‘n onmiskenbare prykende Regoppie.  “Dit, ..” sê sy Pa, op ‘n manier asof hy destyds soort van trots was op sy bulletjie, “… moes seker van die groot skrik gewees het”.

Read Full Post »

Older Posts »

%d bloggers like this: