Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘filosofie’

Aan Pa, met sy verjaarsdag, al 770 bladsye, geskenk deur sy dogters Hannelie en Marli.

Wat n groot heerlikheid is dit nie. Kan nie wag om te begin lees nie. Dit gaan lank en stadig lees vat om deur hom te kom, en om die ou koppie om al die groot woorde te kry om te kan verstaan.

Wilber is n groot gees, sommige beskou hom as die grootste filosoof van ons tyd. Ek hou van wat hy sê en hoe hy dink. Sy “Integral Spirituality” was n indrukwekkende boek, n rigtingwyser vir my pad deur die lewe, inderdaad `n openbaring oor die hoekom en waarom van die lewe. Baie dinge in die ontwikkeling van die mens het begin sin maak na ek die boek gelees het.

Abraham Maslow het vir my die fondament gelê, en Ken Wilber het voort gebou op daardie fundament. Ek was lanklaas so opgewonde oor boek soos ek oor die een is.

As julle my soek … ek sit iewers in n hoekie en lees en maak verwoed aantekeninge met n “Do NOT disturb” bordjie om my nek!

Ek sal dalk so stuk-stuk vertel van die storie soos ek vorder. Hou dop.

Read Full Post »

“Am I something that exists in time – or does time exist within me?”
(Arthur Tricknor: Solid Ground of Being)

“Did I come into the world – or does the world come out of me?” (Arthur Tricknor: Solid Ground of Being)

“The path to truth is a voyage of disillusionment.” (Arthur Tricknor: Solid Ground of Being)

Read Full Post »

Snaaks hoe dinge ‘n mens se lewe kan beïnvloed. Selfs ‘n geringe voorval. Lank, lank gelede by ‘n atletiek byeenkoms sê die donkerkop meisie aan haar blondekop vriendin: “Luister, daar speel jou geliefde musiek oor die luidsprekers.” Eenkant staan die uwe, kaalvoet plaaskind (maar nou in sy ‘spikes’, en die ‘Gemsbok’ uitrusting, want hy kan mos so vinnig hardloop), en hy hoor die gesprek, en hy hoor die musiek. Van daar af was die plaaskind versot op klassieke musiek en opera.

By ‘n later geleentheid het ons Geskiedenis onderwyser vir ons gevra of iemand al Etienne Leroux se boek ‘Sewe Dae by die Silbersteins’ gelees het. Die boek was toe pas verban (danksy PW en die koeksistervereniging). Daar het ‘n lewendige debat oor die boek gevolg. Die donkerkop meisie en die blondine, wat ek beskou het as toonbeelde van intelligensie en sofistikasie in ons matriek klas, was heel opgewonde en het veral gegiggel oor die eksplesite SEKS in die boek. Omdat die slim kinders gedink het die boek was uitstekend, en omdat ‘n hormoonbelaaide sestiejarige plaaskind die woord seks gehoor het, MOES hy die boek lees. Ek het die boek iewers  te leen gekry en opgewonde begin lees. Die storie en die skryfstyl het my so geboei dat ek die boek van voor tot agter gelees het … en op die laaste bladsy agtergekom het dat ek die gedeelte oor seks op ‘n manier moes mis gelees het. Toe begin ek weer van voor af lees, maar die keer spoedlees ek. Mens kan tog nie die grafiese uitbeelding van seks mis lees nie, nie as jy sestien jaar oud is nie! Toe ek dit uiteindelik raaklees was ek baie teleurgesteld. Soos julle seker weet was dit meer suggestie as beskrywing, nie naby ’50 shades of gray’ of selfs enige Mills en Boons vrystorie-seks nie.

Daardie onskuldige gesprek in die geskiedenisklas was die begin van my verwoede lees- en leerlus. Ek was so beïndruk met Leroux se satiriese skryfstyl dat ek al sy boeke gaan lees het, en weer en weer gaan lees het. As eksponent (vir my) van die eerste Afrikaanse eksistensialistiese skrywer, het dit my op die spoor gesit van groot name soos Sartre, Nietzsche, Kierkegaard, Kafka, Tolstoi, Dostoyevsky, Hegel en selfs Marx. Jare se studie in sielkunde en filosofie het my laat kennis maak met Zeno, Parmenides, Kant, Jung, Wilber, Maslow, Sheldrake, Bohm, Schrodinger en baie ander wat ek nie hier genoem het nie. Dan was daar William James en Aldous Huxley met sy Perennial Philosophy wat my in die rigting van Buddhisme en Sufisme gestuur het (met broer Johann se bose hulp natuurlik ook).

Leroux

Dit is dus klein dingetjies op jou lewenspad wat jou beïnvloed en jou in ‘n koers in stuur waaraan jy in jou wildste drome nie van gedroom het nie, wat jou uiteindelik die mens maak wat jy is, en steeds besig is om te word, want daar is nooit ‘n einde aan soek en leer nie. Nie voor jou koppie jou dalk een dag verlaat, of die ou sekelman jou draadjie kom knip nie.

Ek dink ek is baie dank verskuldig aan daardie donkerkop meisie en haar blonde vriendin wat (onwetend) as inspirasie gedien het vir my lewenslange soektog na antwoorde en die kaalvoet boerseun se belangstelling in die “hoge” dinge in die lewe soos kuns en musiek en letterkunde. Hy is nog net so dom soos destyds, maar hy voel nie meer so sleg daaroor nie.

 

Read Full Post »

Ek het hierdie pos so `n jaar of drie gelde hier geplaas. Ek dink dit is vandag nog meer geldig as wat dit toe was.

Lees en huil.

“The most sinister thing about the fall of the Roman Empire was that the people who conquered it never understood that they had done so. They paralyzed the patterns of Roman social structure to a point where everybody just forgot what that structure was. Taxes became uncollectable. Armies composed of hired barbarians stopped receiving pay. Everything just lapsed. The patterns of civilization were forgotten, and a Dark Age settled in.”

Daar buite op straat moor en plunder myners onder aanmoediging van Malema en lede van die ANCYL (wat voorgee om die YMCA te wees) en word doodgeskiet. Vragmotor bestuurders storm die strate in en saai verwoesting. Die staatkas word sistematies geplunder. Rioolwerke stort in duie. Dienslewering is in chaos. Infrastruktuur is besig om ten gronde te gaan. Moord en doodslag vier hoogty … “and a Dark Age settled in”.

“What the evolutionary structure of the Metaphysics of Quality shows is that there is not just one moral system. There are many. In the Metaphysics of Quality there’s the morality called ‘the laws of nature,’ by which inorganic patterns triumph over chaos; there is a morality called the ‘law of the jungle’ where biology triumphs over the inorganic forces of starvation and death; there’s a morality where social patterns triumph over biology, ‘the law;’ and there is an intellectual morality, which is still struggling in its attempts to control society.” Aldus Robert M Persig in sy boek “Lila”.

Volgens Robert M Persig (soos uiteengesit in sy boek ‘Lila’) bestaan daar meer as een soort moraliteit. Moraliteit volg ´n evolusionêre, hiërargiese struktuur wat vorder van anorganiese, na biologiese na sosiale en laastens intellektuele morele patrone. Elke nuwe morele struktuur volg op, en dommineer die vorige struktuur omdat dit ´n hoër vlak van ontwikkeling verteenwoordig.

Persig sê: “It’s more moral for a doctor to kill a germ than to allow the germ to kill his patient. The germ wants to live. The patient wants to live. But the patient has moral precedence because he’s at a higher level of evolution.”

Alhoewel Persig konsentreer op sosio-politieke vlakke van ontwikkeling, stem sy sisteem baie ooreen met Ken Wilber se sisteem van psigo-spirituele ontwikkeling, sowel as Maslow se hiërargie van behoeftes.

As Persig praat van biologiese moraliteit (of morele patrone) dan praat hy van die evolusie van amoeba tot die moderne mens, waar die geveg om domminansie afspeel tussen hoër en laer vorme van lewe tot waar die mens die oorhand kry as “kroon van die skepping”, soos sommige misleide siele dit het. Maar die kroon van die skepping loop steeds half kaal en veg om oorlewing as jagters, en later as bestaansboere op die platteland. Dit is eers met die ontstaan van dorpe en stede dat “society” en die sosiale morele orde tot stand kom en waar die samelewing sy wurggreep op die individu se vryheid plaas met die moto; wat goed is vir die samelewing is goed vir die individu. Die behoeftes van die individu is altyd ondergeskik aan die eise van die samelewing. Die sosiale morele orde oorwin die biologiese morele orde en ´n totaal nuwe bestel van naasbestaan word (soms brutaal) afgedwing op almal wat deel vorm van daardie samelewing, hetsy dorp, stad of nasie.

In ‘Lila’ konsentreer Persig hoofsaaklik op die konflik tussen mense (en kulture) waar een lot nog op die vlak van biologiese moraliteit funksioneer, terwyl die ander klomp reeds gevorder het tot die vlak van sosiale moraliteit. Dit stem ooreen met Maslow se biologiese of gebreksbehoeftes teenoor groeibehoeftes, of Wilber se vlakke van ‘Oranje’, modern, rasioneel, progressief, wetenskaplik teenoor ‘Amber’, premodern, pre-rasioneel, reaksionêr, mities. (of rofweg: premodern, modern en postmodern).

Daar buite is reeds meer as 2000 boere vermoor. Daar buite is gesondheidsdienste aan die disintegreer. Duikbote lê nutteloos in die droogdokke en vegvliegtuie sit op die grond sonder brandstof. Ons paaie val uitmekaar en verkragting is ´n nasionale sport.

“What was so sinister about New York was that the patterns that built it no longer seemd understood – those who understand the patterns are no longer in control of those who don’t” (Persig)

Daar buite in hierdie droewe land, woed die geveg tussen samelewing en biologie op sy felste ooit. Soos Persig sê is dit nie ´n oorlog tussen swart en wit nie, maar ´n geveg tussen biologiese swart en biologiese wit, teen sosiale wit en sosiale swart, met biologie wat (met die hulp van ´n misleide intellektuele moraliteit) die afgelope 18 jaar stelselmatig die oorhand gekry het.

Voor hierdie tyd was die samelewing in ´n kwesbare fase van oorbeweeg van ´n samelewing gedomineerde moraliteit na ´n intellektuele moraliteit gebaseer op die Westerse wetenskaplike model. Maar soos Persig oor Amerika sê: “The paralysis of America is a paralysis of moral patterns. Morals can’t function normally because morals have been declared intellectually illegal by the subject-object metaphysics that dominates present social thought. These subject-object patterns were never designed for the job of governing society. They’re not doing it. When they’re put in the position of controlling society, of setting moral standards and declaring values, and when they then declare that there are no values and no morals, the result isn’t progress. The result is social catastrophe.”

Die intellektuele, postmoderne moraliteit met sy liberale humanistiese aanslag en sy geloof in die mens se basiese goedheid as spontaan en natuurlik is, soos Persig sê; “… disastrously naïve. The ideal of a harmonious society in which everyone without coercion cooperates happily with everyone else for the mutual good of all is a devastating fiction.”

Dit geld veral vir samelewings waar biologie in die meerdeheid is, of ´n baie groot persentasie van die bevolking uitmaak. In Skandinawiese lande waar biologie ´n baie klein faktor is en samelewing (´n bevolking op die vlak van groei-behoeftes) in beheer is, is/was die oorgang na beheer/bestuur deur intellek, ´n normale, rustige evolusionêre proses na ´n hoër vlak van bestaan.

Soos ons aan ons eie basse voel, gaan dit vir biologie oor die onmiddelike bevrediging van eie basiese (biologiese) behoeftes ten koste van die samelewing en dié se morele waardes. En as biologie in beheer kom van daardie stelsels wat die samelewing daargestel het (gewoonlik in die vorm van ´n gewapende polisieman of soldaat),om biologie in toom te hou, dan is anargie die duisternis waarop alles uiteindelik afstuur, want biologie word nou gebruik om biologie se morele waardes op samelewing af te dwing deur ´n proses van devolusie na ´n laer vlak van bestaan.

Persig sê: “ … when society undermines intellectual freedom for its own purposes it is absolutely morally bad, but when it represses biological freedom for its own purposes it is absolutely morally good.” Maar as biologie die morele waardes en vryheid van die samelewing (en intellek) onderdruk vir sy eie, biologiese doeleindes, is die gevolge katastrofies.

“The idea that biological crimes can be ended by intellect allone, that you can talk crime to death, does’nt work. Intellectual patterns cannot directly control biological patterns. Only social patterns can control biological patterns, and the instrument of conversation between society and biology is not words. The instrument of conversation between society and biology has always been a policeman or a soldier and his gun.”

Bid kan ook help, maar dit is altyd beter om ´n geweer byderhand te hou!!

Read Full Post »

Wom Go-Topless

Dit het begin met hierdie foto op Facebook wat ek “A storm in a B-cup” genoem het. Dit het nogal ´n storm ontketen. Meeste kommentaar basies ´n oppervlakkige moddergooiery deur anti-feministiese mans, klipgooiery deur fanatiese kerkmense, en beskuldigings van slet en hoer deur behoudende susters.

Een man het ge-jammerjan oor die banaliteit van die protes terwyl oorloë en hongersnood duisende lewens verwoes. Daar moet eerder aan hierdie dringende sake aandag gegee word. Daar is nie nou tyd vir ´n tietieprotes nie.

Wat uitstaan in hierdie voorval is die blatante onverdraagsaamheid aan beide kante. Beide die pro-nipple en die anti-nipple brigades staan millitant teenoor mekaar en skreeu hulle eise. Nie een is bereid om na die ander te luister nie.

Die probleem hier is die vlak waarop die drama hom afspeel. Dit gaan primêr oor die feit dat mans kaalborstig in die openbaar mag rondloop, maar die voorreg is nie vir vroue beskore nie en dit is onregverdig, dit is diskriminasie gegrond op seks. Die geveg word dus op ´n biologiese vlak geveg en die aandrang is op gelyke regte vir mans en vrouens. As die een mag wys, mag die ander ook wys. (onthou dat mans in die 1930’s in die VSA in hegtenis geneem is as hulle kaalbors in die openbaar verskyn het. Eers na erge protes is die verbod opgehef!)

CG Jung se antwoord op die aandrang vir ´n “unisex” samelewing, is dat dit gedoem is tot mislukking. Die rede daarvoor is juis omdat dit biologies gefundeer is. Indien die aandrang op transvormasie vanuit ´n psigiese vlak benader word, met die klem op individuasie, het die proses ´n baie beter kans op sukses. Nie “unisex” nie, maar psigiese androgenie behoort die doelwit te wees, sê hy.

Ester Harding (“Psychic Energy”) beskryf vier stadia in die proses van individuasie waardeur ontwikkelende individue sowel as samelewings moet gaan om by ´n staat van psigiese androgenie uit te kom.

Die eerste stadium is “that of the identification of the ego with the demon of sexuality,” met die klem op geslagtelikheid (dus biologies gegrond). Sy gaan verder en sê: “It is an auto-erotic and narcissistic state wherein the libido is essentially self-gratifying and non productive.”

Die meisies in die foto bo is moontlik op hierdie stadium van hulle ontwikkeling. Dit gaan oor die ego, die eie ek en die oorwinning oor die vyand. Ten spyte van die pretensie, is hulle aanslag ooglopend eroties-seksueel en suiwer narsissisties. Subjektief is dit, weens ´n noue identifikasie van die ego met die onderbewuste, ´n poging tot die objektivisering van die liggaam. Die man se bors is net nog ´n deel van sy lyf en niks om oor opgewonde te raak nie. Dit is ´n ding soos ´n arm en ´n been, en ´n vrou se bors is presies dieselfde. Dit is ´n ding en behoort mans nie opgewonde te maak nie. As mans oor ´n lang tydperk blootgestel word aan vroulike nippels sal die opwinding bedaar en mans se testosteroon vlakke vanself begin daal.

Gedurende die volgende stadium van individuasie tree emosie sterk op die voorgrond en die “objek” (eie en ander se lyflikheid) word nou gepersonifiseer. Dit gaan nou oor die persoon (self en ander) as totale mens en nie net oor geslagtelikheid (en seks) nie.

Die volgende fase bring ´n dieper kennis van die ander en die self as ´n eie persoonlikheid met eie behoeftes en begeertes. Dit bring groter aanvaarding en medemenslikhied in die verhouding met ander en met die self.

Die finale fase is een van internalisasie en ´n bykans alchemiese transformasie van die verhouding waar die teenoorgesteldes een word as spirituele androgene (Hiros Gamos). “The male and the female have become a single one.” Reg verstaan beteken dit nie die biologiese eenwording (koppulering) van man en vrou nie, maar die aanvaarding, eenwording en uitlewing van die manlike en vroulike aspekte teenwoordig in elke individu. Mistieke eenwording

Biologiese verskille is vir eers daar om te bly, en vir almal om te sien. Dit is in die kop waar die skuif na aanvaarding van die teenoorgestelde as gelyke gedoen moet word. Die Jammerjan hier bo se geweeklaag oor misplaaste prioriteite is dus self misplaas. Om oorloë te stop moet daar dalk meer nippels op straat verskyn, kosmopolitiese nippels, want uiteindelik gaan dit nie oor die nippels nie, maar oor aanvaarding en verdraagsaamheid wat spruit uit individuasie. Vanuit ´n androgene perspektief kan ons die andersheid van ander akkomodeer en verstaan dat hy of sy nie die vyand is wat die demagoog (Hitler/Malema/Fidel) ons voorsê om te gaan vermoor nie. Die ander is ´n mens soos jy met ´n vrou en kind en dalk ´n hond, en al wat hy wil is om net soos jy, in vrede te leef.

Hoeller self sê dat dit moeilik is om te sê of die androgenasie van ´n kultuur werklik moontlik is. Wat wel duidelik is, is dat die proses nie polities of sosiaal afdwingbaar is nie. Dit is wel, en slegs deur die proses van individuasie moontlik vir individue om uiteindelik by ´n psigies androgene staat uit te kom. Met genoeg individue wat die proses deurloop het kan ´n kultuur wel beïnvloed word tot ´n punt van kritieke massa wat bereik word, en waar die kultuur dan deur ´n sneeubal effek omvorm word. ´n Soort van Wilberrianse St Noit Marge waar omdraai nie meer ´n opsie is nie.

Wat Jung moontlik erg sou verbly het as hy nog geleef het, is die media opskrifte wat vertel van die “gender-fluid generation” van vandag wat baldadig verklaar; “Gender is over.” Gender fluidity/geslagsvloeibaarheid moet nie verwar word met bi-seksualiteit nie. Bi-seksualiteit is ´n biologies gegronde begrip wat seksuele voorkeur beklemtoon. Geslagsvloeibaarheid is omvattend en beklemtoon die totale verhouding tussen mense, maar ook die verhouding met, en verstaan van die self. Dit is dus nader aan Jung se begrip van psigiese androgenie, en dit kan dui op Lynn Sparrow Christy (‘Beyond Soul Growth’) se idee van “co-creativity” en die gedagte dat die mens nou vir die eerste maal ooit psigologies so ver gevorderd is dat hy bewustelik biologiese evolusionêre verandering kan begin teweeg bring.

Maar dit is stof vir ´n volgende inskrywing. Bly ingeskakel, ons kom daarby.

Read Full Post »

Teaser

“We are evolving in ways that Science cannot measure, to the ends that Theology dares not contemplate.”

EM Foster, ‘Howard’s End’

 

Zen oxh-07

“Once the mind has been stretched to a new idea, it will never again return to its original size”

Oliver Holmes.

Beelde 46

” … androgyny is the true goal of the transformation of the psyche, but this androgyny, rare and precious indeed, is to be found only in the highest flowering of the soul and consequently of humanity.”

Stephan A Hoeller, ‘The Gnostic Jung’

In opvolging en uitbreiding van vorige skrywes oor androgenie hier, wil ek Jung se siening oor menslike evolusie soos hier bo beskrywe opvolg. Ek het ook vermoed androgenie is die rigting waarheen die mensdom dalk beweeg, maar meer in die sin van biologiese androgenie, of selfs hermafroditisme. Jung werp egter `n heel nuwe en opwindende lig op die onderwerp, en dit vra om ondersoek te word.

Hou hierdie spasie dop. Ek werk daaraan.

Kinders 354

Read Full Post »

Gees

Hierdie foto het op my facebook blad beland. My opmerking daar was in die trant van: Hierdie tipe van passie is die boetie van ekstremisme en ons weet wat die gevolge daarvan is as dit oorspoel na “dinge wat saak maak”. Dit sal dus beter wees as dit bly waar dit is aangesien dit daar relatief onskadelik is, behalwe vir dronk vuisgevegte by rugby wedstryde en vandalisme by sokker. Ons weet wat die soort van passie by Islam en die Christendom al veroorsaak het.

(Die foto se opskrif sê “Collective Evolution” maar dit lyk meer na “Collective Devolution” as jy van regs op die foto na links kyk tot waar die mens weer aap geword het!)

Een ander se komentaar was dat ‘dinge wat saak maak’ moet probeer om so opwindend te wees soos sport, dan sal mense dalk (weer) daarin belangstel.

Joh het geantwoord dat die ‘high road of Phaedrus” nooit vreeslik opwindend is nie. Self het ek besluit om die man liewer nie te probeer antwoord nie, want as `n man nog op die vlak van passievolle genot opereer is daar geen kans dat hy weet van Phaedrus en sy motorfiets, of Plato se dialoog nie. Hy moet maar regtig by sport en ander opwindende wêreldse goed bly.

Hoe moeilik dit is om die soort ding (dinge wat saak maak) in woorde te verduidelik word onderstreep deur hierdie stukkie wysheid uit Krishnamurti se gesprek: “So I see this: I see what thought has done, and also there is clear perception that insight exists only when there is absence of thought.”

Daarna is daar `n lang gesprek en dan kom hy terug met: “So: we are now inquiring into what it is to observe without the observer.” Om die probleem verder toe te lig sê hy: “Our life is based on thought, the whole machinery of thinking, the whole machinery of words, which we use, for example, to communicate through a novel. And without the word is there thought?” en dan vra hy: ” … can I, can the mind, observe me, the whole of me, without the word?”

Hy kom elke keer terug na dieselfde begrip wat hy probeer tuisbring. Die onwerklikheid van bestaan, basies dat dinge nie is soos wat voorkom nie, dat daar meer is as net dit wat ons kan sien, voel, ruik, hoor of proe. En daardie realiteit lê in die gaping tussen persepsie en deliberasie, of soos een gesegde dit het “God is in the gap”. Daar is `n splitsekonde tussen die oomblik dat jy iets waarneem, en jou brein vir jou begin sê wat dit is wat jy waarneem. Jy het daardie breukdeel van `n sekonde om die werklikheid te sien soos dit is, om ‘satori’ te beleef, voor “die woord” waarvan Krishnamurti praat, jou terugbring na hierdie liniêre, mundane bestaan op die fisiese vlak.

” Where there is nothing, not a thing put together by thought, there is the end of time and thought. That is when there is no experiencer at all. That is the real.” Inderdaad “the real gap” na dit-wat-is, dit wat Buddhiste noem “emptiness, but not the emptiness of nothingness.”

Om daardie gaping te kan sien en daar deur te gaan vat jare en jare se toegewyde meditasie, basies `n leeftyd van geestellike voorbereiding. (Die “gap” hier is duidelik nie dieselfde as die “gap” wat die senter deur die verdediging slaan om `n drie te gaan druk nie, alhoewel dit deel is van die enigste werklikheid wat vir meeste mense bestaan en saak maak.)

Is dit nou nie iets besonders opwindend om aan te dink en jou mee besig te hou nie? Ja goed, dis nie Bloubul opwindend nie, maar dit is tog iets WAT SAAK MAAK, is dit nie? Watter bydrae maak Saterdag se wedstryd tot jou geestelike lewe, selfs al het jou span gewen? (Kyk wat maak dit aan jou “siel” as jou span verloor het!)

Die oomblik dat jou kerk sy dienste vir jou net so opwindend as jou liefling sportsoort begin maak, dan moet jy weet daardie kerk is baie diep in die moeilikheid, en jy moet maar liewer jou brandewyn vat en vir die Bokke of die Sharks of die Proteas loop skreeu. En jy kan jou predikant en sy bottel ook saam vat, want nege uit die tien keer is daardie predikant een van die wat vir jou sê; “noem my sommer op my naam ou pel, ek is `n dood gewone mens net soos jy”.

Read Full Post »

Zen Wisdom

A little bit of Zen wisdom

(From “Zen, a way of life” by Christmas Humphreys)

Some advise: Do not try to use reason to understand, but listen with your heart.

 Pers bosveld

“Life is a bridge; walk over it, but build no house upon it.”

DSCN2130

“When self is purged from the mind of the observer, the trinity of seer, seen and seeing is dissolved, and the seer sees by becoming the essence of the thing observed.”

Picture2

“The opposite of one is many; Truth has no opposite. The Many and the One are but poles in a bi-polar field. Beyond both is Non-duality, which is not One, not Two, nor both nor neither.”

Reendruppels 8

“Even God is a thought, a concept in the mind. God is real, by this name or that, but is only real as He or It is the Essence of Mind in your mind and mine, being All-Mind, which is Suchness, Void and absolute.”

Mooi 1286_n

“When we can really see the flower, hear the rain, touch the velvet of the rose, and do so merging in their Suchness, we are knowing Truth directly.”

red roses 2

“Satori is a flash of intuition deep enough and wide enough to break the barriers of thought in the individual mind, and to let the Whole flood into the part, the relative fragment ‘see’, for a moment of no-time, the Absolute.”

Tossie 124

“In the beginning, mountains are seen as mountains and trees as trees.

Berg 4

With a little progress mountains are no longer mountains and trees no longer trees.

Berg 2

But with enlightenment, mountains are once more seen as mountains and trees as trees.”

  Berg 4

“The ‘usual life’ in Zen is a very different life, old circumstance perceived with utterly new eyes, the trivial seen as an aspect of the eternal, God in the filling of a pen.”

Afrika 7

”Our aim is to raise the quality of living, but not necessarily the standard of living. The saint and sage are content with a hut and the simplest living, but their minds are content with nothing less than universal consciousness.”

Maan

“The not-Self is negated more and more; the Self expands to that moment when, ‘foregoing self the universe grows I’. The Absolute Affirmation, when the heart cries Yes to all that is, is also the final Negation, ‘Neti, neti’, ‘not this, not this’; nothing, no thing at all, is.”

a star is born

Read Full Post »

Meeste van julle ken seker vir Ayn Rand, die skrywer van daardie epiese “Atlas Shrugged”. Hande is geklap en kniëe is gebuig oor dié grootse werk.

Loop ek nou anderdag haar boek “For the new intellectual” raak. `n Bietjie laat. Sowat 50 jaar laat. Ter selfverdediging kan ek darem sê dat ek destyds nog gesukkel het om te lees aan “O-s” “Os”, “O-t” “Ot” en “M-a” “Ma”, en ander groot woorde uit die leesboek “Oom Piet se plaas” of so iets. Ek vermoed ek sou destyds nie veel verstaan het uit antie Ayn Rand se boeke nie.

Hierdie  stukkie heel aan die begin van hoofstuk een van “For the new intellectual” het my opgeval en laat dink dat dit eintlik gepas is vir ons omstandighede in die “Nuwe Suid Afrika”. Mens moet net Amerika in die teks vervang met Suid Afrika.

“In any given period of history, a culture is to be judged by its dominant philosophy, by the prevalent trend of its intellectual life as expressed in morality, in politics, in economics, in art. Professional intellectuals are the voice of a culture and are, therefore, its leaders, its integrators and its bodyguards. America’s (read SA’s) intellectual leadership has collapsed. Her virtues, her values, her enormous power are scattered in a silent underground and will remain private, subjective, historically impotent if left without intellectual expression. America (SA) is a country without voice or defence – a country sold out and abandoned by her intellectual bodyguards.”

Verder aan gaan sy voort en sê:

“What we need most urgently is to recognise the enormous power and crucial importance of the intellectual professions. A culture cannot exist without a constant stream of ideas and the alert, independent minds who originate them; it cannot exist without a philosophy of life, without those who formulate it and express it. A country without intellectuals is like a body without a head. And that is precisely the position of America (SA) today. Our present state of cultural disintegration is not maintained and prolonged by intellectuals as such, but by the fact that we haven’t any. The majority of those who posture as intellectuals today are frightened zombies, posturing in a vacuum of their own making, …”

Tog so gepas, dink ek. Vyftig jaar gelede was sy kwaad oor wat na haar mening in Amerika aan die gang was. Ek dink sy sou gehuil het oor wat nou hier by ons aan die gang is. Die diagnose was/is perfek. Of die medisyne wat sy voorstel gepas is, sal ons dalk later oor gesels.

 

Read Full Post »

Die Noodsaaklike val na Bowe saam met Richard Röhr. (Vervolg)

Ons is steeds op reis die ewigheid in. In kosmiese terme is die son skaars op, die dag lê vars en oop voor ons. Die “little lizards” in die dorpe en stede, op die plase en in plakkerskampe begin pas maar om wakker te word en stram teen die lewenspad op te beur, op soek na ´n plekkie in die son.

En ons val, sommige “na bowe” en ander trots gesig in die modder, onstuitbaar selfversekerd.

“The first-half-of-life task,” sê Richard Röhr “is no more than finding the starting gate. It is merely the warm-up act,” Maar ons glo dat dit die ware Jakob is. Ons storm narsisties voort deur die eeste helfte van ons lewens en glo dat die wêreld om ons draai, dat ons die middelpunt van gebeure is. Ek is die held/heldin, die mooi een, die slim een, die ryk een, die groot atleet of die swartskaap, of die slagoffer. En vanuit hierdie selfgesentreerde standpunt leef ons die eerste helfte van ons lewens verwoed uit. En as ons dom genoeg is, storms op dieselfde manier dwarsdeur die tweede helfte van ons lewens ook, baie tevrede en ingenome met ons selfsug en gewaande grootsheid.

“The human ego prefers anything, just about anything, to falling or changing or dying. The ego is that part of you that loves the status quo, even when it is not working. It attaches to the past and present, and fears the future.” sê Röhr. (my onderstreep) (meer…)

Read Full Post »

Older Posts »