Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘moord’

Seks in die nuwe jaar

Die stats van hierdie werf sit daar vir almal om te sien. Anders as al die statistieke van die ANC regering oor misdaad, Nkandla, noodlottige ongelukke op ons paaie en wat nog (ek het misdaad genoem? Nkandla is ook `n misdaad?), is hierdie syfers moontlik nie gedokter nie.

En volgens WordPress se syfers was dit die inskrywings oor geweld en seks wat meeste gelees is en wat ook die meeste komentaar uitgelok het. Op sterkte van hierdie syfers is daar dus besluit dat daar in die nuwe jaar meer oor hierdie onderwerpe geskryf sal word.

Joh het op fb aanbeveel dat die twee onderwerpe moontlik gekombineer kan word, iets in die lyn van Deep Throat. Ek is nie vertroud met die inhoud van daardie epiese produksie nie, dus sal ek my eie weergawe daarvan moet bedink. Ek het vir hom gesê dat die skryfsels dalk nog meer opwindend gemaak kan word deur godsdiens ook by die brousel in te meng.

In prentjies kan dit dan dalk so lyk:

Funny 1o Blom Amorphophallus titanum Klap2 Dood `n Vriend

Hou hierdie spasie dop vir hoofstuk 2

Read Full Post »

Bloedspoor

Waarskuwing:

Hierdie storie bevat grafiese beskrywings van gruwelike geweld.

Die ou man sit vooroor gebuig by die kombuistafel. Bloed loop by sy mond en sy neus uit. Langs hom op die vloer lê sy vrou in ´n plas bloed.

“Waar is die geld en die wapens,” bulder ´n sterkgeboude swart man  wat agter hom staan. Hy druk die loop van ´n pistool met geweld teen die ou man se nek vas. “Sê ons waar die geld en die wapens is of ek skiet jou vrek!” (meer…)

Read Full Post »

Stomgeslaan

Sederd Sondag:

Ronel van Eyk by plaashek afgemaai.

Nege mense dood, onder wie 2 polisiemanne wat met pangas doodgekap is by Rustenburg myne.

Verdagte gesoek nadat vrou met hamer doodgeslaan is in Edenvale.

Ma (Marissa  Rudman) en haar vriend (Nolan Schoeman) skuldig aan moord op haar 2 maande oue baba. Baba het 22 ribfrakture, altwee voorarms was gebreek en sy breins het so geswel weens aanranding dat dit die skedel oop gedruk het.

Rudolf Viviers en Zain van Tonder veskyn in die hof nadat hulle `n Moslem man in Magaliesburg doodgeslaan en geskop het (omdat hy `n Moslem is/was!!!)

Man van Ventersdorp vas na hy verkeersbeamptes aanrand.

Die week is nog maar in sy babaskoene. Hoeveel mense gaan teen Sondag brutaal vermoor wees, om nie eens te praat van die verkragtes nie.

Ons kan baie meer  Olimpiese medaljes wen as hulle volgende keer moord en verkragting as sportitem aanbied.

Ek sien Liedjieboer (drinkebroer?) Anton Goosen sê hy is skaam om `n Afrikaner genoem te word. Mens neig om met die man saam te stem, maar om `n verskillende rede as hy. Hy voel beswaard omdat Afrikaners nie vir Mandela as Groot Gees wil eer nie. Ek skaam my vir die naakte haat en geweld waartoe ons, as sogenaamde beskaafde witmense, en selfs vir sommiges, die wit uitverkore Volk des Gods,  oënskynlik in staat is.

Hoe ver is ons hier nie verwyder van Nipun Metha se ondervindings gedurende sy staptog deur Indië nie. Hy sê: “Extremely poor villagers who couldn’t even afford their own meals, would borrow food from their neighbours to feed us. When we tried to refuse, they would simply explain: ‘To us, the guest is God. This is our offering to the divine in you that connects us to each other.’

Sterkte vir die week wat voor lê. Hoop julle oorleef dit.

Read Full Post »

Moord en doodslag

Om nie aan ander te doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie, dit is die algemeen beskaafde norm waarvolgens mens behoort te leef. Dit is ook `n aanmaning wat by herhaling in Groot Geskrifte gevind word.

En tog …

Vriend Frans by die voerkraal (die ou wat by Pieter Woest oorgeneem het na dié gedurende `n rooftog by sy werk vermoor is) se seun is vanoggend van die hart-long masjien afgehaal. Hy is by sy positiewe, praat met sy mense en is voorlopig buite gevaar na `n noodoperasie en 2 dae in intensief waar sy lewe aan `n draadjie gehang het. Dit na hy met `n mes in sy hart en long gesteek is.

Die ding kom so: Die jong man werk by `n myn. Werkers by die myn gaan op `n staking wat geweldadig raak. Toe hy met die werkers praat  word hy aangaval, platgeslaan en toe hy lê, twee keer onder die linkerarm met `n mes gesteek.

Nou wonder `n mens; as jy so woedend kwaad is en `n ander mens aanrand in die proses, waarom, as jy `n ongewapende mens reeds magteloos teen die grond neergemoer het, moet jy hom nog met `n mes gaan staan en steek? Is dit oor `n totale gebrek aan menslikheid? `n Totale gebrek aan verstand?

Mens kan kwaadwillig dink aan `n duisend rassistiese redes vir die bloeddorstigheid. Maar die groot vraag is, hoe stop jy die brutale moordadigheid? Kan dit hoegenaamd gestop word?

Praat jy met mense, dan vind jy hoe skrikwekkend algemeen die soort van sinnelose geweld daar buite aan die gang is. Dit is al so algemeen, dit ontstel ons nie eers meer om daarvan te hoor, of dit op TV te sien nie. Dit is net as dit op `n kol naby aan jou kom dat dit jou binnegoed op `n knop trek, dat jy besef dat dit enige dag met jou of die mense naby jou kan gebeur.

Die jong man, maar pas getroud, se lewe is nog nie buite gevaar nie. Die volgende paar dae sal bepaal of hy gaan opstaan en aangaan met sy lewe, en of hy deel gaan word van ons lang lys van daaglikse moordslagoffers.

Miskien is die enigste raad: As jy voluit wil lewe moet jy 100% seker maak jy is gereed om enige oomblik dood te gaan, veral in hierdie bebloede land van ons.

So diep is ons in die moeilikheid, met geen plumber in sig nie.

Read Full Post »

Zen vir Afrika

Joh sê die vorige inskrywing oor Zen is `n tawwe een. Ons kan nie eers begin dink hoe taf dit werklik is nie.

Statistiek: 34 per 100,000. Dit is hoeveel mense hier by ons per jaar vermoor word.

7.6 mense per 100,000. Dit is die internasionale gemiddelde.

Die gesig van Afrika. Die apie op die foto het dit gewaag om in kagiso te gaan kuier. Die inwoners het hom gevang, petrol oor hom uitgegooi en aan die brand gesteek!!!!

Barbaars. Ek voel lus en huil. Is dit moontlik dat so iets nog kan gebeur in hierdie jaar van onse liewe Heer 2011?

In Lichtenburg word `n perd gepynig deur `n tou styf tussen sy bene vas te trek sodat hy kan bokspring vir mense se plesier. Hulle noem dit sport, Rodeo. In die proses breek een perd sy been omdat die dom donners nie die tou losmaak na die aap wat hom ry afgedonder het nie. Die SPCA moes die dier van kant gaan maak. Die Manne van die Sport was skynbaar nie gepla oor die dier se lot nie.

In Bloemfontein flits `n motoris vir `n ander motoris ligte omdat hy onverskillig ry. Uit wraak gooi hulle die ou wat kla se kar met drankbottels, sit hom agterna tot by sy huis en skop en slaan hom amper dood.

 En nog is dit die einde nie.

In Klerksdorp slaan `n man sy vrou en sy swanger stiefdogter dood met `n hamer. In Mondeor word `n prokureur in haar woonstel oorval, veskeie keer met `n mes gesteek en toe keelaf gesny.

In Afrika sal ons moet begin Zen oefeninge doen sodatons kan glimlag terwyl die mes deur jou keel sny.

En dan lees jy Andile Mngxitama se toespraak by die Ahmed Kathrada-stgting. As jy gedink het jy met jou ou wit velletjie het `n toekoms in hierdie land, moet jy weer dink. Wees bang, wees baie bang vir wat voor lê. Die volgende rewolusie is, volgens Andile om die draai en raai wie se kele gaan afgesny word, wie gaan soos die blouaapie met petrol verbrand word.

Kan Zen in hierdie omstandighede beoefen word? Dit kan en dit moet,ter wille van jou eie, uiteindlike vryheid.

   1994     2000     2011

Metamorfose

Read Full Post »

En nog is dit die einde van die bloed nie. Marthie Erasmus van Koster: Doodgeslaan met `n 16 pond hamer na sy soos `n slagdier vasgebind, op die bed neergegooi en toe dood geslaan is.

Die kombuis van die huis waar Pa, Ma, Oom, Tannie, Ouma en Oupa, (met `n Bybel op haar bedkassie) hulle eie klein kindertjies as seksslawe gebruik het om porno films te maak.

Intussen sluip die Sondag-verkragter nog deur die strate. Het hy al gemoor, behalwe nou vir die kind wat dood is toe sy uit sy bewegende bakkie gespring het en hy dood luiters aangery het en die ander meisie gaan verkrag het? Of het hy vandag sy eerste moord gepleeg?

Maak dit ons witmense dan enigsinds beter as die swartes wat mense wreedaardig vermoor? Miskien is die les wat ons moet leer dat ons nie almal so is nie, en dat “hulle” ook nie almal so is nie. Dat ons moet begin saam staan teen die misdadige lot onmense, swart en wit en geel.

Ons moet nie toelaat dat ons vooroordele `n wig tussen ons indryf en die misdadigers so die oorhand oor ons gee nie. Dit is erg genoeg sat die ANC die rassehaat aanblaas vir eie duister redes.

Miskien moet iemand `n boek skryf met die titel: “The variety of human atrocious experience”

Annie Dillard het so iets aangeroer in haar “For the time being” waar sy op haar droë, siniese manier verwys na Pol Pot wat een of twee miljoen van sy eie mense vermoor het, die Engelse wat `n miljoen Ierse mans, vroue en kinders doelbewus laat omkom het van honger,  wat niks is in vergelyking met Stalin wat meer as 10 miljoen mense laat omkom het van honger en later nog 10 miljoen laat vermoor het in sy suiwerings veldtogte nie, wat self na medemenslikheid lyk in vergelyking met Mao wat 70 miljoen mense uitgewis het direk deur en as gevolg van sy “Great leap forward” suiwerings program.

Die mens is `n geweldenaar, `n bloeddorstige uitwisser van sy medemens, basies van alles rondom hom. Maak een mens wat vermoor word hier en twee daar dan nog saak? Is ons histerie werklik oor die vermoordes, of dalk net oor die gedagte dat ons of ons kinders moontlik die volgende slagoffer kan wees?

Annie Dillard sê: “That is touching, that Allah, God and their ilk care when one ant dismembers another, or note when a sparrow falls, but I strain to see the use of it.”

`n Driejarige dogtertjie se kop word weggeblaas, `n vrou se harspan met `n hamer verbrysel, kinders vir pornofilms verkrag, 25 miljoen mense word deur die swart pes uitgewis en 10 miljoen Jode vergas, en iewers val daar een mossie wat van ‘geweet’ word.

Read Full Post »

`n Kort besoek

 

`n Baie Kort Besoek (uit die hel)

Die Tante laat weet uit die bloute sy kom oorstaan vir `n paar dae, sy moet hospitaal toe vir haar pille en salwe by die staatshospitaal. Sy het mos “`n hart” jy weet?

Almal weet sy kom al baie jare elke drie maande vir die besoek ‘sodat die dokter oor haar kan gaan’. Maar dit is die eerste keer dat sy by haar onlangs oorlede suster se enigste dogter wil kom oorstaan. Iets is nie heeltemal pluis nie, vermoed ons. Daar is motiewe, duister motiewe betrokke.

Laat Donderdag laai haar seun haar voor die deur af  en ry weg. Later het ons vermoed sy het met haar eie besemstok aangekom. `n Paar dae van hel het stilweg aangebreek.

Dis laat en `n keurig voorbereide aandete word vir Tante voorgesit. Hoeder, groente, slaai en vrugtesap. Tante dring aan op Whiskey, sy drink nie sappe nie. Sonder om te blik of te bloos stoot sy die bord aangebode kos weg. Sy eet nie hoender met vel aan nie. Suster se kind bied aan om die hoender se vel vir Tante te verwyder, maar dit is steeds nie goed genoeg nie, die vel moes verwyder gewees het nog voordat die hoender gaargemaak is. Sy sal dit nie eet nie, en sy kan ruik daar is knoffel in die kos. Sy eet nie knoffel nie, sy is allergies daarvoor.

Oorlede Suster se kind gaan braai gedienstig vir Tante tjops (sonder vet) en tjips en maak `n nuwe slaai. Dit was maar net die begin.

Ses uur die volgende oggend laai my vrou vir Tante op en vat haar hospitaal toe. Dis meer as `n uur se ry daarheen. Op pad sê Tante sy moet na haar seun toe wat so tien kilometers van die hospitaal af bly. My vrou sê daar is nie tyd nie, sy moet terug werk toe. Tante bars in trane uit. Sy moet vir haar kind gaan kos koop. Die kind het sy werk verloor, hy het nie geld nie, hy het nie kos nie, hy gaan uit sy woonstel geskop word. Snot en trane. Ek het my vrou gewaarsku teen die snot en trane aanslag. Staan vas, het ek gesê.

Goed, sê my vrou die Samaritaan. Ons sal gou daar `n draai maak as jy klaar is by die hospitaal.

Tante word by die hospitaal afgelaai, vroulief ry na `n winkelsentrum vir `n koppie koffie vir versterking.

Die hospitaalbesoek word redelik vinnig afgehandel. Seun word opgelaai sodat Ma vir hom kos kan gaan koop, op rekening by Pepstores. Dit draai uit, Peps verkoop nie kos op rekening nie en Tante het nie geld nie, sal Vroulief nie maar vir Seun `n paar goedjies koop nie?

Seun kry tenminste so half skaam. Ma pak die trollie. Seun vat klein verpakkings kos, maar sy ma stuur hom elke keer terug om die groot pak te vat, jou tannie gaan betaal, vermaan sy hom! Vroulief ruil die groot pakke verbete weer om vir die klein pakke om die skade op ons begroting te beperk.

Sy gaan laai Tante weer af by Oorlede Suster se dogter. Tante het nie haar voorskrifmedisyne (wat sy gratis by die hospitaal kon kry) gaan haal nie, dus moet sy apteek toe gevat word. Tante het steeds nie geld nie en die kardoes pille kos ons niggie uiteindelik `n duisend rand.

Niggie gaan gou by die Spar in vir `n paar goedjies vir die huis en Tante gaan saam en Tante koop links en regs want, “ek is so lus vir dit en kan ek maar van die ook kry, en hierdie lyk so lekker.” `n paar honderd Rand en `n bottel Whiskey later vlug Niggie terug huis toe met die demon Tante dikbek op tou. Sy wou nog baie shop.

“Ek sien jy het twee van jou ma se stoele uit haar woonstel hier by jou,” sê Tante toe hulle by die huis kom. “Jy het hulle nie nodig nie, ek wil dit hê. Daai BMW van jou ma staan net daar, julle het dit ook nie nodig nie. My seun het nie `n kar nie, jy kan dit vir hom gee sodat hy kan gaan werk soek. En ek soek jou ma se selfoon.” Sommer so, sonder asseblief of opgaaf van rede. Susterskind kners op haar tande en gaan gooi vir tante `n dop en vir haarself `n dubbel.

Later in die dag, na die hoeveelste dop Whiskey sê Tante sy wil na haar Oorlede Suster se woonstel toe gaan, om te gaan afskeid neem.

Niggie lieg en sê sy het nie die sleutel vir die woonstel nie. Tante sê dan sal sy sommer in die tuin staan en groet, en sy draai die traanfabriek oop. Niggie hou haar siende-doof. In Niggie se are vloei dieselfde bloed, hardegat bloed, sy sal nie ingee nie.

“Jou ma het kaste vol klere en skoene gehad,” sê Tante nou traanloos aggressief. “Ek soek daai klere en skoene. Jy kan tog niks met dit doen nie.”

En dit is dan die rede waarom sy die woonstel wil besoek, nie om te groet nie, maar om te aas. Oorlede Suster was `n klein en fyn mensie, het skaars 50 Kg geweeg en het `n nommer 4 skoen gedra. Tante weeg `n stewige 80+ kg en is ten minste nommer 8 bepoot.

Niggie ignoreer die verbale aanslag en gooi nog dop vir die nou dikbek tante.

Vier uur die nag loop Tante in die huis rond, sit ligte aan en maak kaste se deure oop en slaan dit hard toe. Die babas word wakker en begin huil, almal in die huis staan op om die orde te probeer herstel. Tante maak vir haar tee en gaan klim weer dood luiters in die bed.

Laat die Sondag oggend staan sy op en kla dat sy so `n slegte nag gehad het, die kinders se gehuil het haar erg gepla. Kan julle nie die kinders beheer nie, blaf sy. Met `n glas Whiskey in die hand vra sy of hulle dan nie in die winkelsentrum kan gaan rondloop nie. Net om te kyk!

Sonder seremonie boender Niggie die Tante in die kar en vat haar terug na haar werklose seun toe. Genoeg is genoeg.

`n Bestekopname toon later; een vermiste Bybel en gesangeboek van Oorlede Suster, tesame met 30 CD’s en `n bottel Whiskey wat spoorloos verdwyn het.

Read Full Post »