Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Einde van die tyd’

Dag +1

Goeie more meneer Coetzee, hoop jy is nog met ons en het `n bedonderde onrustige nag gehad, want dit is jou skuld dat ek vandag voel asof die Aarde gister tot `n einde gekom het.

Ek voel dag een van die verdrukking se verdrukking meneer Coetzee, ek voel dit in my kop want gisteraand het ek, in afwagting op die einde en omdat mens dit nie kan saamvat nie, al die vlies wat in die huis was gebraai en opgevreet. Ek en Ma het ook al die tjoklits wat in die huis was verorber  en toe het ons al die drank wat in die huis was op gesuip, en nou meneer Coetzee, omdat jy en jou demoniese informant nie julle belofte gestand gedoen het nie, sit ek met `n helse hoofpyn.

Nog erger meneer Coetzee, is die klein probleempie van skuld. Op sterkte van jou Aragmedoniese beloftes het ek en Ma inkopies gaan doen sodat ons ons laaste dae in gerief, nee in weelde kon deurbring.  Goedjies soos`n 7 Klas BMW vir Ma en `n AMG Merc vir my, pelsjasse, juwele, jy noem dit, ons het dit sodat ons vir een maal soos gerekende mense kon lyk.

En wat moet ek nou maak meneer Coetzee? Ek dink ek gaan jou dagvaar om my skuld te betaal. Dit is op stuk van sake jy wat vir my gelieg het.

So terloops, julle kon toe nie aardskuddende aardbewings veroorsaak nie, maar ek sien julle kon darrem een ou vukaantjie aanpor om bietjie vuur te spoeg. Pateties meneer Coetzee, erg pateties. Die berg het `n muis gebaar!

Die groot vraag is; wat gaan jy nou maak meneer Coetzee? Jou wêreld het nou basies tot `n einde gekom?

Sterkte meneer Coetzee en vasbyt, die einde kom, eendag, soos `n dief in die nag sal hy kom.

Read Full Post »

DIE EINDE

En so breek die laaste dag aan (of nie?) of die eerste dag van duisend jaar van die groot verdrukking (of nie?).

Onthou, die wyse ou Seneca (oorlede/vermoor 65 AD) het gesê ”No promise has been given you for this night – no, I have suggested too long a respite – no promise has been given even for this hour.”

Wel, ek het nuus vir Coetzee en sy trawante. Die uwe lewe al vir jare onder die groot verdrukking van die Baas van die huis, die dominee die NP en nou die ANC. My duisend jaar van verdrukking moet nou haas verby wees. Is tyd dat ek opgeraap word. Ek behoort nou te kan aandring daarop om opgeraap te word! Man kan net so lank ly, verdomp.

Maar as jy nou, hier op die vooraand van die EINDE `n bestekopname sou maak van hoogtepunte en laagtepunte van jou misrabel soveel jaar van bestaan, wat sou dit oplewer?

Wat was werklik die moeite werd, wat was werklik goor? Na watter kant sal die skaal vir jou swaai, die swaar of die lekker, die goed of die kwaad?

“No man has escaped the penalty for being born” (Weer die ou wyse Seneca)

Wie sal jy hoop om aan die anderkant weer te sien, en wie wil jy nooit weer sien nie?

Wil jy regtig `n ewigheid deurbring in die geselskap van daai hiper gelowige, suur ouderling of buurvrou van jou? Of dink jy lekker sal vir ewig hou in die geselskap van daardie seksie, wellustige katjie/tert/baas by die kantoor waarmee jy so `n warm verhouding het?

Friedrich Nietzche het gesê: “We should not feel embarrassed by our difficulties, only by our failure to grow anything beautiful from them.”

Miskien sou Coetzee beter gedoen het deur meer van Nietzche te gelees het en minder van die Bybel. Nou mis hy die blomme, liefde en genade, en sien net die verterende vuur en ewige oordeel.

`n Rustige nag vir jou meneer Coetzee. Ek en Ma gaan nou (vir laas?) die lakens lelik omkrap.

Read Full Post »

2

Nog net 2 dae, dis al wat julle het. Sit die beste voetjie voor, doen goed aan jou naaste, verootmoedig jou voor jou gode en wees veral blymoedig want die einde van jou sorge en pyn is naby.

Of is dit? Sonkind berig dat die datum nou weer uitgestel is. (Admin daar Bo is dalk net so beroerd as hier by ons ANC beheerde munsipale?) Daar moet glo eers `n groot verdrukking kom, en dan kom die einde.

Wonderwerke sal in die laaste dae gesien word.

Well ja so fine, die ANC is weer stewig in die stoel na die verkiesing. Die verdrukking sal dalk nou in alle erns begin, veral as Julius (Julia?) die Malman sy sin kan kry.

Kan nie meer so mooi onthou nie, maar ek dink ook daar is geskrywe dat daar eers `n duisend jaar van verderukking sal wees, dan weer `n duisend jaar van vrede, en DAN sal die einde kom?

Selfs Vliënde katte sal niks snaaks wees nie.

Nou hoe het Coetzee en sy maters dan die ding so verkeerd gekry? En dan wil hulle nou sommer die einde weereens voortydig in Oktober van hierdie jaar maak. Kan die mense nie lees nie, of laat hulle somme hulle in die steek?

Wou self al gevra het vir `n bietjie uitstel. Het nog `n klomp goed wat gedoen moet word voor Saterdag. Dinge soos gras wat gesny en rose wat gesnoei moet word, verfwerk aan die huis wat gedoen moet word en my hare wat gesny moet word. Dis belangrik, mens los nie dinge so onversorg agter as jy vir hoër diens gaan aanmeld nie! Wat sal ou Petrus daarvan sê as jy so slapgat by die Hek rapporteer!

Heinings moet ook getrim word vir die Einde van dae aanbreek.

Daar is ook nog `n paar skilder opdragte wat op doek vasgelê moet word. Om nie te praat van skulde wat ingevorder moet word en `n paar skelmpies wat deeglik van afskeid geneem moet word nie. En dan sou ek ook nog baie graag vir laas `n bietjie gaan vakansie hou het by die see.

Ek dink Oktober sal my beter pas, dankie.

Sy wag vir my aan die annerkant.

Read Full Post »

 

4

Nog net 4 dae oor. Pak julle tasse, groet bemindes (en jou vrou). Steek tong uit vir jou skuldeisers. Koop drinkgoed vir die laaste paar dae.

Gaan stem net vir ingeval.

     

Hierdie fotos uit Pakistan wys hoe spinnekoppe wat uit hulle natuurlike omgewing gedwing is  na die erge vloede, in die bome ingetrek het. Inwoners sê hulle het so iets nog nooit in hulle lewe gesien nie. Die spinnekoppe waarskynlik ook nie.

As die groot waters van die oordeelsdag dus Saterdag kom, weet dat julle die bome met goggas en slange sal moet deel.

Read Full Post »

 

 

5

 

Dit is hoeveel dae julle oor het voor die einde aanbreek, aldus Meneer Cotzee en sy trawante.

 

Read Full Post »

2012

Lees Daniel Pinchbeck se boek “2012 The year of the Mayan Prophecy”

Nou ja, daar behoort ook ‘n wet te wees daarteen dat skrywers ‘n ernstige boek skryf en jou dan sommer in hoofstuk een dwing om sy tragiese lewensgeskiedenis te lees. Arme man, geworstel met eksistensiele angs deur die jare sestig, platgeslaan deur die nihilisme in die sewentigs, getroumatiseer deur sy ouers, stiefpa en die skool van sy geboorte af en so kermend tot in hoofstuk 2.

Nee hel man. As jy ‘n boek wil skryf oor jouself dan skryf jy so ‘n verdomde boek en basta. Maar as jy iets gewigtigs het om te skryf dan bepaal jy jou daarby sonder om die simpatie van jou lesers by te sleep.

Verder is dit maar dieselfde ou storie. Hy vat die tragedie van die vernietiging van die ou aardbol deur die mens goed saam, (miskien ietwat emosioneel, maar gegee die gemors waarin ons is, seker nie onvanpas nie.)

Anders as Sitchin en sy Anannuki, glo hy dat die Maya Quetzalcoatl nie ‘n ware persoon was nie maar slegs ‘n Jungiaanse “Argetipe”, in die geval ‘n argetipe van dramatiese, epogmakende verandering van menslike insig en denke elke. ‘n Moerse paradigma verskuiwing in lewensbeskouing wat elke iets soos 5000 jaar gebeur en wat nou weer vir ons om die draai l^e en wag, maar nie voor ons alles wat nou vir ons so dierbaar en onmisbaar is vernietig het nie. HKGK?

Alles goed en wel, maar dan weer die ou storie van die nobelle savage, die keer oa die Aboriginies wat nog hulle lewe lank weet wat Bhoom en Pete en Einstein maar nou anderdag eers uitgevind het, dat energie en materie eintlik maar dieselfde ding is. Geniaal die ouens, en so nobel ook nog, ek meen, hulle weet van kwantum fisika maar hulle bou nie die wereld se eerste A-bom nie. Inteendeel, hulle bou nie eers die wereld se eerste kruiwa nie so slim is hulle. Hel man, as mens eers n kruiwa gemaak het moet jy netnou begin wolkekrabbers en teerstrate bou, en dis harde werk. Slim, ons vertel vir niemand dat ons al die goed weet weet nie en vrek intussen van siektes en hongersnood al glo Daniel en so baie ander ouens die ou tyd was so Paradysaal!

Ons sal maar worstel met die res van sy geskrif, dalk raak dit beter, veral die gedeelte waar alles tot ‘n einde kom in 2012.

Read Full Post »