Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Sielkunde’

Persoonlikheids Toetse

Baie mense glo die enneagram is die beste persoonlikheidstoets wat daar is. Ek weet Richard Rohr glo daarin en is self n gekwalifiseerde enneagram toetsafnemer of wat mens dit ook al wil noem. Persoonlik glo ek dit is hoofsaaklik gebasseer op die ou industriële sielkunde model wat gebruik word as keurings instrument vir die aanstelling of plasing van personeel in groot maatskappye. Vir die rede beskou ek dit as eensydig en oppervlakkig en erg beperk met slegs 9 persoonlikheids tipes wat geïdentifiseer en erken word. Dit toets basies net die eienskappe wat van jou n aanvaarbare of onaanvaarbare werker gaan maak. Jou volle menswees word dus bepaal deur hoe n goeie of slegte kollega jy gaan wees, en of jy n aanwins vir die maatskappy in n suiwer kapitalistiese bestel gaan wees.

Toe toets hy as Tipe 1 persoonlikheid!

AT THEIR BEST, they have a constant need for self-improvement, and they encourage others to grow, but they do so tolerantly and compassionately. Since they are accepting of themselves as whole human beings, including their less positive aspects, they can be accepting of others. They are visionaries who have a strong sense of purpose and strive for the ideal, but they also know what’s humanly possible, and thus they are realistic. They are wise, discerning, fair, objective, honest, and have an open mind, ready to review even their own standards. They have integrity and hold high moral and ethical standards, but don’t moralize to others: they teach by example. They are organized, methodical, productive, committed, and dedicated people who will put their best efforts to the work at hand. Although they are detail-oriented and extremely thorough in everything they do, they can maintain a big-picture sense and wisely make good decisions.

So ver so goed. Mens wil mos altyd op sy beste wees.

Maar o wee, as hy nie op sy beste funksioneer nie dan ….

IN AUTOPILOT, an internal critical voice starts running inside them, and they become critical of themselves and others. They become perfectionistic and intolerant of mistakes, trying too hard to get everything the “right” way and to be right all the time. They compare reality to what it “should” or “must” be, and look for what doesn’t fit. Their attention tends to go automatically to errors and mistakes, to what has been done incorrectly by them and others and consequently to what should be corrected. Sometimes the smallest flaw can ruin the whole for them, and they become “comma-counters.” They act as if they knew the right way of doing almost everything. Black-and-white dominates their thinking: things are either good or bad, with no gray areas in the middle. This makes them rigid and inflexible. They cannot delegate, since nobody can do the work as perfectly as the.

Ek gaan nie vir my vrou vra watter een van die twee ek normaalweg is nie. Man probeer hard om nie op Autopilot te gaan nie, dit klink baie erg! (Maar hy vermoed sterk dat hy wel op autopilot gaan as dit by sy werk kom. Dan MOET alles mos reg gedoen word!)

Die Myers Briggs toets dink ek is by ver die beter persoonlikheidstoets wat wasdom op verskeie vlakke toets. Dit sluit aan by Abraham Maslow se hiërargie van menslike behoeftes en Ken Wilber se teorie oor die mens se geestelike en spirituele groei. Dit neem die volledige mens in al sy aktiwiteite in ag en is proses gedrewe. Anders as die anneagram wat die mens as stagnante agent in n boksie plaas, stel dit die moontlikheid van onbeperkte groei (en regressie) daar.

Hier toets die uwe telkens INFJ.

Gaan soek self en kyk wat dit beteken!

Read Full Post »

Rescuers by Dr Nicola Davies

Rescuers are compulsive, often uninvited, helpers who cannot resist the temptation to jump in and try to fix other people’s problems. Also known as “Fixers” or “White Knights,” they come from diverse backgrounds, but they all have the desire or need to save others. These well-meaning people generally pursue careers in the helping professions, such as doctors, nurses, psychologists, teachers, or social workers.

Rescuers believe they have the necessary influence, charm, or persuasive powers to help change people or situations for the better. Their identifying traits include:

  • The needs of others are treated as more important than their own.
  • They will persist in helping even when it has been made clear that their help is not needed.
  • They think they know best about what works and what doesn’t for others.
  • They want other people to need them, and will go from one person to the next offering assistance in order to gain this sense of being needed.
  • When others ask for their assistance and they are unable to help they are overcome with guilt.
  • They exhaust themselves in taking care of other people’s needs.
  • They feel utterly rejected when their assistance is not welcome.

Positives:

Since childhood the Rescuer has had the desire to save someone, usually a family member, such as an alcoholic father, depressed mother, or ill sibling. They carry this nurturing trait into adulthood, along with many other positive characteristics, including:

Since childhood the Rescuer has had the desire to save someone, usually a family member, such as an alcoholic father, depressed mother, or ill sibling. They carry this nurturing trait into adulthood, along with many other positive characteristics, including:

  • It’s encouraging and convenient to have someone around who is ready and willing to help.
  • Rescuers can intuitively spot another person’s vulnerabilities, or identify when someone is in trouble.
  • They are skilled at making others feel less isolated in their emotional pain.
  • Although they are not consciously aware of this, saving others is often an attempt at saving the self from past or present emotional pain; their rescuing behaviour can be seen as symbolic self-healing.
  • Their persistence when tackling a problem, even though it belongs to someone else, can be encouraging.

Negatives:

You might think that we could all benefit from having a Rescuer close by. However, there are some negatives to this personality:

  • Rescuers have the tendency to neglect themselves due to their neurotic obsession to look after others.
  • People need to learn to solve their own problems and face their own challenges, which is not easy with a Rescuer around.
  • Outside the lives of others, the Rescuer hardly has a life of their own; their hopes and goals are tied up with those of others.
  • Getting absorbed by other people’s problems can be a way to escape taking responsibility for their own.
  • Rescuers are never really content because they don’t pay attention to their own needs and often feel burned-out.

How do I Deal with a Rescuer?

At some point the Rescuer does need to be told that they aren’t always helping, despite their good intentions. From the Rescuer’s perspective, others are inadequate and therefore in need of help, so make them aware of this underlying message they are giving to others. This will help them recognise why some people don’t appreciate their efforts.

Inform the Rescuer that obsessive rescuing is a way of projecting their own real or imagined weaknesses and vulnerabilities onto others. They need to hear the same message repeatedly, in particular that they cannot take care of others if they cannot take care of themselves. In addition, show them that there are alternative, healthier ways in which to invest empathy and altruistic behaviours. For example, encourage them to ask people if they want or need assistance before giving it.

 

Read Full Post »

Snaaks hoe dinge ‘n mens se lewe kan beïnvloed. Selfs ‘n geringe voorval. Lank, lank gelede by ‘n atletiek byeenkoms sê die donkerkop meisie aan haar blondekop vriendin: “Luister, daar speel jou geliefde musiek oor die luidsprekers.” Eenkant staan die uwe, kaalvoet plaaskind (maar nou in sy ‘spikes’, en die ‘Gemsbok’ uitrusting, want hy kan mos so vinnig hardloop), en hy hoor die gesprek, en hy hoor die musiek. Van daar af was die plaaskind versot op klassieke musiek en opera.

By ‘n later geleentheid het ons Geskiedenis onderwyser vir ons gevra of iemand al Etienne Leroux se boek ‘Sewe Dae by die Silbersteins’ gelees het. Die boek was toe pas verban (danksy PW en die koeksistervereniging). Daar het ‘n lewendige debat oor die boek gevolg. Die donkerkop meisie en die blondine, wat ek beskou het as toonbeelde van intelligensie en sofistikasie in ons matriek klas, was heel opgewonde en het veral gegiggel oor die eksplesite SEKS in die boek. Omdat die slim kinders gedink het die boek was uitstekend, en omdat ‘n hormoonbelaaide sestiejarige plaaskind die woord seks gehoor het, MOES hy die boek lees. Ek het die boek iewers  te leen gekry en opgewonde begin lees. Die storie en die skryfstyl het my so geboei dat ek die boek van voor tot agter gelees het … en op die laaste bladsy agtergekom het dat ek die gedeelte oor seks op ‘n manier moes mis gelees het. Toe begin ek weer van voor af lees, maar die keer spoedlees ek. Mens kan tog nie die grafiese uitbeelding van seks mis lees nie, nie as jy sestien jaar oud is nie! Toe ek dit uiteindelik raaklees was ek baie teleurgesteld. Soos julle seker weet was dit meer suggestie as beskrywing, nie naby ’50 shades of gray’ of selfs enige Mills en Boons vrystorie-seks nie.

Daardie onskuldige gesprek in die geskiedenisklas was die begin van my verwoede lees- en leerlus. Ek was so beïndruk met Leroux se satiriese skryfstyl dat ek al sy boeke gaan lees het, en weer en weer gaan lees het. As eksponent (vir my) van die eerste Afrikaanse eksistensialistiese skrywer, het dit my op die spoor gesit van groot name soos Sartre, Nietzsche, Kierkegaard, Kafka, Tolstoi, Dostoyevsky, Hegel en selfs Marx. Jare se studie in sielkunde en filosofie het my laat kennis maak met Zeno, Parmenides, Kant, Jung, Wilber, Maslow, Sheldrake, Bohm, Schrodinger en baie ander wat ek nie hier genoem het nie. Dan was daar William James en Aldous Huxley met sy Perennial Philosophy wat my in die rigting van Buddhisme en Sufisme gestuur het (met broer Johann se bose hulp natuurlik ook).

Leroux

Dit is dus klein dingetjies op jou lewenspad wat jou beïnvloed en jou in ‘n koers in stuur waaraan jy in jou wildste drome nie van gedroom het nie, wat jou uiteindelik die mens maak wat jy is, en steeds besig is om te word, want daar is nooit ‘n einde aan soek en leer nie. Nie voor jou koppie jou dalk een dag verlaat, of die ou sekelman jou draadjie kom knip nie.

Ek dink ek is baie dank verskuldig aan daardie donkerkop meisie en haar blonde vriendin wat (onwetend) as inspirasie gedien het vir my lewenslange soektog na antwoorde en die kaalvoet boerseun se belangstelling in die “hoge” dinge in die lewe soos kuns en musiek en letterkunde. Hy is nog net so dom soos destyds, maar hy voel nie meer so sleg daaroor nie.

 

Read Full Post »

 Androgenisiteit en die ‘gender-fluid’ generasie (vervolg)

Sê my vrou annerdag; jong die “trans gender” ding is nou orals in die media. Vandat daardie Jenner kêrel na hoeveel kinders, miljoene loop spandeer het om ´n vrou te word (en nou vry hy/sy steeds onder die meisies?) wil almal nou trans-gender.

´n Verwarde lot, moet mens sê, en moontlik niks minder verward as daardie eeste lot ape wat destyds (so vertel die Darwiniste ons) uit die bome uit geklim het en die vlaktes ingevaar het nie. En dit tot groot ontsteltenis van die behoudende boomklouers wat die skielike agterpoot-lopers tot afwykendes en uitgeworpenes verklaar het. En kyk hoe loop ons nou en waar sit die boomklouers steeds vandag.

Jung sou hier moontlik gesê het; nie unisex of transgender seks moet die doelwit wees nie, die Jenners van die wêreld se dinge is oppervlakkig en seks/biologies gedrewe. Die doelwit moet psigiese androgenie wees, en dit kan slegs deur die proses van individuasie bereik word. Met ander woorde die transendering van dierlike seksualiteit (‘the demon of sexsuality’) en die omvorming daarvan deur intergrasie met medemenslikheid, deernis, bedagsaamheid en inklusiewe nie-erotiese liefde.

Individuasie is aanvanklik ´n onbewuste evolusionêre proses net soos die evolusionêre biologiese proses, maar anders as huidige biologiese evolusie wat min of meer lukraak vorder oor miljoene jare heen, groei sommige individue iewers langs die lewenspad tot groter sielkundige wasdom en word so bewus van die individuasie proses en die moontlikheid dat dit aktief nagestreef kan word deur aktiwiteite soos meditasie, kontemplasie, joga, en intense studies van beskikbare geestelike literatuur, selfs van mistieke tradisies.

Lynn Sparrow Christy sê: “The more we awaken to the consciousness of who we are beyond the forms of space, time and matter, the better equiped we become to act effectively and creatively within time, space and matter.” Sodat ons uiteindelik kan kyk tot “beyond the limited slice of self-awareness in which we tend to live our lives.” Grootliks as seksuele, ego gedrewe, materialistiese en hedonistiese jagters van geld, plesier en mag.

Soos Teilhard de Chardin sê: “… we are discovering that something is developing in the world by means of us, perhaps at our expense.” En dan het ons ´n keuse om dit te beskou as “a call to be agents of transformation “ of ons kan ons self beskou as slagoffers van omstandighede, ons ruggies styf maak teen verandering en in die bome bly sit en van daar af obseniteite skreeu op die wat deur die lang gras oor die horison verdwyn op pad na ´n nuwe soort bestaan.

Intussen verklaar Miley Cyrus, Cara Delevingne, Taylor Schilling, Kristen Stewart, Michelle Roderguez en Ruby Rose, om maar ´n paar bekendes te noem, dat hulle nie meer in die boks pas waar die samelewing hulle in wil dwing nie. Hulle het vrede gemaak met die yin en yang, die anima en animus digotomie in hulle psigologiese samestelling. Dit is nie meer teenpole nie, maar geïntegreerde aspekte van hulle persoonlikheid. Sê Lynn Sparrow Christy: “the very chaos we (dis nou ons , die omgekrapte toeskouers) experience is a sure sign that an emergent possibility exists – that is, the potential exists for a whole new way of dealing with the human condition and something that we never could have expected can arise to address our problems.” (die probleem hier is moontlik ons tragies geweldadige, liefdelose samelewing). Sy gaan veder en sê: “it is the pattern of evolution for things to build to a point where the old system just cannot support any more incremental change and then either leap to a new level entirely or collaps to an earlier stage.”

Daar is geen waarborg na watter kant ´n veranderende samelewing sal val nie. In die middeleeue het die samelewing terug geval tot die donkerste, onmenslikste tyd van die moderne menslike bestaan, maar soos die aandelemark wat tuimel en weer opstaan, het die samelewing opgestaan en voort gebeur tot waar ons nou in hierdie verligte postmoderne era voor ´n keuse testaan kom; om oor die afgrond te spring na ´n nuwe bedeling, of om om te draai die duisternis in, teen mekaar te draai (die ou ‘ons teen hulle’ benadering) en bloed te vergiet. Kyk hoe lyk die Midde-Ooste. Mens kan met reg vra: Is dit wat godsdiens aan die mens doen? Het enige godsdiens dan nog ´n plek in die wêreld as dit nie bydra tot verdraagsaamheid en menslikheid nie?

Hoe vêr is ons nie verwyderd van De Chardin se ‘unity consciousness’ wat die volgende stap in die menslike evolusie moet/sal wees nie. Kan meer nippels op straat ons verby ons stomme vooroordele dwing tot aanvaarding van andersheid? Sal die ‘gender-fluid’ generasie die een wees wat ons gaan lei tot versagting, verby ´n klipharde postmoderne materialisme tot ´n meer deernisvolle (miskien post- Homo sapiens sapiens) samelewing? Die aap is uit die boom en nou op pad Mars toe, maar nóg sy tegnologie nóg sy godsdiens het van hom ´n beter mens gemaak. Hy is steeds meer aap as mens.

In ´n volgende inskrywing bekyk ons Lynne Sparrow Christy se betoog oor waarom ons dit dalk tog sal maak, en sal ek betoog waarom homofobiese Afrika dit nie sal maak nie.

Read Full Post »

“Merely to survive and preserve our life is a low-level instinct that we share with good little lizards.”

Aldus Richard Röhr in sy boek “Falling Upward” waaruit ek hier onder knaend aanhaal.

Soms voel dit vir my asof die ganse wêreld bevolk is met “little lizards”.

“A journey into the second half of our own lives awaits us all. Not everybody goes there, even though all of us get older, and some of us get older than others. A “further journey” is a welll-kept secret, for some reason. Many people do not even know there is one. There are too few who are aware of it, tell us about it, or know that it is different from the first half of life.”

Ons is op reis die ewigheid in. Die son is skaars op, die dag lê vars en oop voor ons. Die “little lizards” in die veld begin om wakker te word en klouter stram teen die klippe op, op soek na lêplek in die son ter wille van oorlewing. En dan vertel ons vir die soveelste maal aan mekaar die stories van ons gisters, van ons kinderdae, van die goeie ou tyd op die plaas. Hoe lekker dit was. Hoe ons kaalgat in die plaasdam geswem het, van onwettige jagtogte op die buurman se plaas, van ploeg met osse en touleier speel onder dreigement van pa se lang sweep wat nog os nog touleier ontsien het.

Droogtes word mekaar ook nie gespaar nie, nie vandag nie en ook nie in al die vorige vertellings van dieselfde storie nie. Maar dit was lekker, dit was die lewe onbevange geleef, en nou oor en oor herleef en hervertel. Dan “fast forward” ons na die eerste werk, die eerste salaris, eerste kar, die eerste meisie, en as ons dronk genoeg is ook van die eerste seks (grootliks oordryf met meervoudige meisies en/of orgasmes). Als vreeslik lekker en opwindend. Ons was die beste. Elke grootse projek waaraan gewerk is word oorpeins en weereens bewonder, stuk vir stuk monumentaal herbou. Soos ´n CD speler wat op “loop” gestel is speel ons die storie oor en oor. Daar word niks gesê oor die toekoms nie, geen verwondering uitgespreek oor die hede nie. Die beste deel van die lewe, die enigste deel wat saak maak, lê ver terug.

“Thomas Merton pointed out that we may spend our whole life climbing the ladder of success, only to find when we get to the top that our ladder is leaning against the wrong wall.”

Hierdie reisgenote wat so hunker na die verlede is goeie mense, van die beter ouens wat jy in jou lewe sal ontmoet. Hulle sal uit hulle pad uit gaan om jou en ander vriende te help. Hulle hou van poetse bak en van grappe vertel. Die sout van die aarde waarvan die Bybel praat. Ek hou van die soort mens. Moet net nie met hulle oor die dieper dinge van die lewe probeer gesels nie, veral nie oor godsdiens nie, dan is jy baie gou in die warm water want hulle verstaan jou nie.

Hulle is die “loyal soldier” waarvan Richard Röhr praat. Hy sê: “The loyal soldier can get you through hell with the early decisions that demand black-and-white thinking; but then you have to say good-bye when you move into the subtlety of midlife and later life.” Want hulle kan en sal jou nie volg nie. Hulle word oud soos jy, maar bly in die eerste helfte van hulle lewe vasgevang, want “Life is much easier on the childhood side of the rainbow,” sê Röhr.

“Basically, if you stay in the protected first half of life beyond the natural period, you become a well disguised narcissist (or an adult infant) – both of them are often thought to be successful “good old boys” by the mainstream culture.”

Soms is dit geld (in oormaat of weens gebrek daaraan) wat ons vasvang in die eerste helfte van ons lewe. Alles in die lewe en in ons denke draai om geld en besittings wat net nooit genoeg is nie. Ons ‘sit en vergaan van ellende’ in die duurste aftree oorde of ons huisie by die see. Ons lamenteer oor ander wat meer het as ons, of oor dit wat ons eens gehad het. As ons op ons oudag baie geld het spog ons (soms subtiel, soms brutaal openlik) daarmee en baai in die gloed van die aansien, status en mag wat die geld en die geleerdheid wat dit vir ons gekoop het, meebring. Ons kyk neer op die wat minder as ons het (en dus minder as ons is) en dring daarop aan om bedien te word, en weier hoogmoedig om ons naaste te dien, selfs in hulle nood. Soos kinders sentreer die lewe om die self, die belangrike ek en my onblusbare ego.

“Most people and institutions remain stymied in the preoccupations of the first half of life. By that I mean that most people’s concernes remain those of establishing their personal (or superior) identity, creating various boundary markers for themselves, seeking security, and perhaps linking to what seems like significant people or projects.”

“They keep doing their own kind of survival dance, because no one has told them about their sacred dance.” Die dans van die tweede helfte van die lewe.

Old men ought to be explorers

Here and there does not matter

We must be still and still moving

Into another intensity

For another union, a deeper

Comunion

T.S. Eliot

Die val na bowe is ´n ontstellende val, selfs angswekkend en eensaam, en onseker, tot jy finaal die bande breek met konvensie, die uitgediende aandrange en verwagtings van ´n stagnante samelewing. Dan val jy vry na bo, na ´n dieper en meer outentieke lewe sonder maskers.

Jy ontmoet die vreemde plaasboer wat jou vertel van dood en oorlewing, en van verdieping wat met die verlies kom. ´n Storie van die stadige dood wat Altzheimers is, en moord wat wegruk in ´n oogwenk. Maar dit is volgende week se storie, waar ons val-val verder loop saam met Röhr.

Read Full Post »

Goeie artikel wat Desmond Painter in “BY” van Saterdag 4 Augustus geskryf het oor die Internasionale Sielkundekongres in Kaapstad.

My brief in reaksie op die artikel soos gepubliseer in “BY” op 25/8/2012

Die enigste probleem met die artikel is dat dit lyk asof Freud self nou in die beskuldigingsbank staan, dit bloot omdat Desmond hier Freud se opmerking: “Hulle weet dit nie, maar ons bring die plaag” klakkeloos herhaal, dit terwyl hy self verderaan sê  dat “Sederd Freud het die self ´n industrie geword: ´n objek van kennis …. en uiteindelik ´n kommoditeit in die kapitalistiese stelsel.”

Dit is bepaald “sederd” Freud, en nie as gevolg van Freud nie, dat die klem in die postmoderne sielkunde verskuif het van kennis aangaande die individu deur psigo-analise (dus sielkundige ontleding) ter bevordering van geestes gesondheid, na kennis van die individu as objek, sodat hy (veral chemies) “bestuurbaar” gemaak kan word.

Freud se illusie was dat hy die die “plaag” van selfondersoek na subjektiewe motiewe en dryfvere, en dus vertwyfeling en onsekerheid, in die individu se alledaagse lewe na Amerika gebring het. Wat hy nooit vermoed het nie was dat die Amerikaanse materialistiese, wetenskaplike sisteem, in samewerking met sy bondgenood die kapitalisme, sy model vir die multivlak verstaan en genesing van die mens, gekaap het, dit gestroop het van “mitologiese” entiteite soos die onderbewuste, die id, die Super-ego en Odipus komplekse, (Marcuse noem dit “the conquest of trancendence”) en toe besmet het met die dodelike pes van die selfverheerlikte, opgeblase, materialisties ingestelde, maar siellose ego.

Die mens se subjektiewe begeertes word ge-objektiveer tot dit wat die opgeblase ego geleer word om te beskou as “onontbeerlike” materiële “behoeftes” in ´n selfvernietegende, kapitaalgedrewe  verbruikers samelewing. Daardie rooi Z4 BMW, die handelsmerk klere, die goud en diamante en die iPod en iPad en die huis in Waterkloof wat ek “moet” hê om volledig mens te wees. Die mens sielkundig geprogrameer om te wil hê. Die nuwe opuim vir die gepeupel.

Of soos Herbert Marcuse dit noem, die mens met “the Happy Consciousness comes to prevail”. Die groot spandeerder wie se lewe om geld en goed draai.

Waar Desmond dit egter heeltemal verkeerd het, is waar hy sê “Belangriker nog, dat bevryding meer kan en behóórt te beteken as bloot sielkundige sélfverwesenliking”. Die begrip bevryding, in die konteks soos hier gebruik, en selfverwesenliking is so ver van mekaar verwyder dat dit beswaarlik in dieselfde sin genoem kan word. Bevryding verwys altyd na oorwinning oor ´n ander het geen betrekking op individuele selfverwesenliking nie, dit sluit dit inderdaad uit. Selfverwesenliking, aan die ander kant is eerstens ´n oorwinning oor die self (egotisme) en sluit outomaties oorwinning oor nie net die ander nie, maar oor die “wêreld” en die wêreldse dinge in, met ander woorde dit is ´n totale bevryding en dit beteken áltyd meer as bloot bevryding soos Desmond die woord hier gebruik.

Read Full Post »

A decent man

‘Existence precedes essence’ is die ou eksistensialistiese credo.

Mens bestaan dus eers, en dan word jy wat jy in essensie is. Die “essensie” is nie `n vasgelegde iets wat jy moet of sal word nie, dit is `n wordingsproses van dag een tot die dag dat jy dood.

‘Morality precedes religion’ lyk dit, is die nuwe ateïstiese/sekulêre credo.

Of dan:” Human decency is not derived from religion. It precedes it”

Met ander woorde, die mens is in essensie moreel (decent). Godsdiens het niks daarmee te doen nie. Mens is noodwendig moreel en dan kan jy kies of jy godsdienstig/ateïs/agnostikus of wat ook al wil wees.

Volgens teorië van, en en navorsings bevindinge deur ontwikkelig siekundiges, is daar bepaalde stadia van moraliteit waardeur `n mens  ‘groei’ gedurende sy leeftyd. Kohlberg byvoorbeeld identifiseer 6 stadia van morele ontwikkeling.

Interessant is dat die eerste stadium van morele ontwikkeling by die kind (die pre-konvesionele staduim) gekenmerk word deur totale egoïsme. Met ander woorde, alles wat goed is vir my, is goed, punt.

Nou is dit so dat, in die volwasse wêreld, gedrag wat spruit uit uiterste vorme van egosentrisme, nomaalweg beskou word as immorele gedrag. Dit druis in teen die sosiale gewete, dit druis in teen normale sosiale gedrag, teen alles wat die ordelike werking van `n samelewing in stand hou.

Met ander woorde die heel eerste en basiese ‘instink’ van die mens is immoreel, en nie decent soos  Hitchens skynbaar beweer nie. Kinders moet van meet af aan  geleer word wat is moreel en wat is immoreel, en hierin, sê sielkundiges, speel ouers, die samelewing, die skool en die kerk `n kardinale rol.

Die kind leer baie gou dat grootmense bepaalde gedrag goedkeur  (en dat jy daarvoor beloon word) en dat grootmense ook bepaalde gedrag afkeur (en dat jy daarvoor gestraf word). Die kind redeneer dus dat beloning is beter as straf vir my en daarom is dit beter om ‘goed/moreel’ te wees, as om ‘sleg/ immoreel’ te wees.

Kohlberg en ander se bevinding is dat meeste mense ontwikkel tot by die konvesionele staduim van morele ontwikkeling en dan daar vassteek vir die res van hulle volwasse lewe. In hierdie staduim is dit vir die individu belangrik om deur die samelewing aanvaar te word, om die goeie ou in jou eie oë en die van ander te wees. Die samelewing dwing basies sy morele kodes op die individu af deur sanksies wat wissel van afkeur tot verwerping tot fisiese straf, en selfs die doodstraf in uiterste gevalle.

En hierin lê dan die ‘crux’ van die saak van morele gedrag, dat die meeste volwasse mense self op die regte pad gehou moet word deur dwang. Nou is dit so dat die enigste agente vir die afdwing en instandhouding van die morele orde hoofsaaklik die ouers, die skool en die kerk is, en in uiterste gevalle van immorele/misdadige gedrag natuurlik die polisie.

Die mens is dus nie van nature ‘decent’ nie. Sodra sosiale beheer (soos Andrew aan sy eie bas gevoel het) in duie stort, stort die hele morele sisteem in duie en elke ou jaag sy eie belang na sonder in agneming van ander se belange en wense. Wat natuurlik in skrille kontras staan met die idee dat die mens inherent moreel en goed is.

Nêrens op hierdie aardbol bestaan daar vandag enige waardesisteem wat nie sy wortels in een of ander godsdienstige of ‘geestelike’ sisteem, hetsy Christelik, Hindu, Buddhis, Shinto, Voorvaders, Islam of wat ook al het nie, en dit is hierdie sisteme wat die anker vorm van die (gebrekkige?) morele padkaart wat deur alle samelewings gevolg word en wat hulle op hulle lede afdwing terwille van ordelike naasbestaan.

Uiteindelik is “spiritualy derived moral principles” dus die dryfveer van “sosiaal aanvaarbare” gedrag vir die massas in alle samelewings soos dit vandag (en nog altyd) bestaan het.

Om dus te sê: “Human decency is not derived from religion. It precedes it”  is om te sê ; “Human decency precedes society” en dit, sê ontwikkeling sielkunde vir ons is ‘onnoselgeit’

Maar om te sê: “Human decency is not only derived from religion” sou nader aan die waarheid wees want Kohlberg en ander noem ook dat sommige, inderdaad baie min mense, verder ontwikkel as die konvensionele staduim en vorder tot by die postkonvensionele staduim.  Op hierdie vlak glo die individu; “.. as a rational person, in the validity of universal moral principles, and a sense of personal commitment to them.”  Let wel die stelling is “as a rational person”. Die individu kom dus tot hierdie gevolgtrekking deur die rede, deur die gebruik van sy verstand.

Slegs op hierdie vlak, en enige moontlike vlak wat hierop mag volg, is daar hoogs ontwikkelde individue wat verstaan dat daar bepaalde morele beginsels is wat opsigself en universeel reg en goed en geldig is en na gevolg moet word, selfs al sou hulle bepaalde samelewing, kerk, godsdiens,  heilige geskrifte of statutêre wette dit nie goedkeur nie.

Maar weer eens, om hier uit te kom moet die individu eers deur al die vorige vlakke van ontwikkeling ‘groei’. Die individu se morele denke en gedrag word dus noodwendig gevorm deur die samelewing (ouers, skool, kerk). Hierna kan hy by hierdie invloede verby beweeg en deur `n proses van individuasie onwikkel tot waar hy of sy verstaan dat morele waardes universeel geldend is, en nie groepsgebonde en/ of arbritrêre reëls is wat priesters en gemeenskapsleiers uitgedink het nie.

Om die ‘gepeupel’ uit die hoogtes van hierdie vlak van denke, van insig, te wil verguis en te wil beledig en kleineer omdat hulle nie jou ‘groot  waarheid’ kan insien nie, is om moreel eties dalk hoogs gevorderd te wees, maar steeds egotisties opgeblase en selfs immoreel te wees.

Dit is eers, soos Wilber dit ook stel, as die individu die (veroordelende?) intellek transendeer (noem dit satori, kensho, enlightenment, a beautiffic experience) dat hy kan wegstaan van die samelewing, die skool en die kerk se soms brutale morele kodes, en op grond van insig en direkte belewenis  verklaar; dit is so, die geskrifte is waar, morality (human decency) is not derived from religion or any other human institution or intellectctual deliberation, it is the essence of all life.

Dus: Morality does not precede religion, morality precedes life.

Ek wil so ver gaan as om te sê; jy kan, volgens jou bepaalde samelewing se standaarde, `n heel decent ou wees (want hulle het jou mos so geleer!) maar dit maak nie noodwendig van jou `n ware morele mens volgens universeel geldende morele standaarde nie.

Read Full Post »