Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Politiek’

“Everybody wants to be enlightened, but nobody wants to change”, is glo wat Andrew Cohen altyd gesê het. En hy behoort te weet, hy was immers ´n vaandeldraer vir evolusionêre spiritualiteit. Hy weet hoe mense kan ja en amen as dit by praat kom, net om ysterklou in die grond te slaan as dit by die praktiese uitleef van nuwe idees en insigte kom.

En nou het die Amerikaners gestem, en ons staan verstom, of dalk ook nie. Vir baie jare was Amerika die versinnebeelding van vryheid, verligtheid, progressiwiteit en vooruitgang. Dit was elke land se droom om soos Amerika te kan wees: Sterk, onverskrokke, vooruitstrewend en trots. Hulle was tegnologies, ekonomies en sosiaal die res van die wêreld vêr vooruit … en toe kom Trump en ´n mens wonder wat het verkeerd geloop. Het iets verkeerd geloop?

Uit `n evolusionêre oogpunt maak die Trump oorwinning nog minder sin. Volgens die evolusionêre beginsel beweeg alles van eenvoudige stelsels tot meer komplekse stelsels, van eensellige organismes na komplekse, denkende, bewuste en selfbewuste organismes wat daartoe in staat is om die Aarde met kerntegnologie te kan vernietig.

Samelewings beweeg van primitiewe stamgebonde jagter versamelaar gemeenskappe tot stadsgebonde kuberjagters en ruimtevaarders. Die tendens van evolusie is altyd vorentoe, altyd hoër, en hoe verder sisteme vorder, hoe vinniger verander daardie sisteme. Die eerste telefoon en die heel eerste selfoon was ligjare van mekaar verwyder, en nou, net `n paar jaar later kan die eerste selfoon en vandag se iPhone skaars met mekaar vergelyk word.

En saam met die vinnig veranderende tegnologie, verander samelewings, verander individue, verander denksisteme. Om aan te pas en by te bly word al moeiliker. Groot druk word op mense en sisteme geplaas en die boodskap is duidelik; bly by of bly agter.

Lynn Sparrow Christy (Beyond Soul Growth) sê: “A system must continue to grow and develop with new input or it will dissolve into its component parts.” Sy gaan verder en verduidelik dat die huidige chaos met ekologiese, ekonomiese , politieke, sosiologiese en geestelike probleme wys op `n patroon van evolusie waar druk vir verandering opbou tot `n punt waar die ou sisteme eenvoudig nie meer geskik is om die druk te hanteer nie, en dan kan een van twee dinge gebeur; daar kan `n sprong wees na `n totaal nuwe bestel, of entropie kan intree en die huidige oorlaaide sisteem opbreek en daar dan terug geval word na `n vorige, ouer bestel.

“Therefore the organization either shrinks back to some archival version of its once glorious self or it remakes itself for a new set of circumstances.” sê Lynn Sparrow Christy. En dit is presies wat nou in Amerika gebeur het. “Overwhelmed as we may feel at times when faced with the combined ecological, economic, political, sociological, and spiritual puzzles of our day, the very chaos we experience is a sure sign that an emergent possibility exists – that is, the potential exists for a whole new way of dealing with the human condition …”

Maar die kiesers van Amerika het nie kans gesien vir die moontlike nuwe wêreld nie, hulle het hulle rug op die toekoms gedraai en terug geval na `n “mindset” wat lank gelede in die suidelike state van Amerika geheers het, en wat direk aanleiding gegee het tot die burgeroorlog.

Trump is dus nie die probleem nie, Donald Trump is slegs maar `n simptoom van die onwel psige van die Amerikaanse samelewing. Trump se enorme ego kan wel in `n probleem van globale proporsie ontwikkel. Sy slagspreuk van “Make America great again” het sterk ondertone van Hitler se “Deutschland über alles, Deutschland” slagspreuk, en dan is die gevaar van die reeds geswolle ego wat swig voor die verlyding van die massas se “sig heil, sig heil” nie `n ondenkbare moontlikheid nie.

Hillary Clinton was en is `n swak politieke leier wat net belang stel het in die glorie van die Wit Huis. Sy het nie `n idee waarvoor die party wat Obama gelei het, staan nie. Die hoë lewe en haar ryk vriende se belange is eintlik al wat vir haar saak maak.

So lei Amerika en Brexit-Engeland moontlik die val van die eens magtige Westerse beskawing in. Ons sal moontlik in die geskiedenis bekend staan as die generasie wat die sprong na `n nuwe wêreldbedeling nie  kon maak nie. Ons bou nuwe mure, ons bou nuwe, groter wapens. Ons val … om plek te maak vir die volgende, hopelik dapperder moondhede om die mensdom vorentoe te vat op sy evolusionêre pad. Iewers in die onkenbare toekoms sal ons by Pierre Teilhard de Chardin se “Omega Point” uitkom ten spyte van die Trumps en die Putins, die Theresa Mays en die Kim Jong-uns van die wêreld. (Mens noem nie eers die Zumas en die Mugabes nie want hulle is klein parratjies in die slykpoel wat ons wêreld vandag is.)

Evolusie het miljoene jare gevat om ons te kry waar ons nou is. Evolusie het tyd, dit kan nog miljoene jare wag, selfs heel voor begin sodra die veglustiges met hulle kern arsenale met ons klaar is.

 

 

Advertisements

Read Full Post »

Hier by ons brand die Universiteite. In die groot, bevryde US of A brand die winkels. In Syrië is daar byna niks meer oor om te brand nie, en orals vloei die bloed.

Daar is geen eenvoudige verklaring vir die verskynsel van opstand en vernietiging nie. Maar daar is altyd dié wat munt slaan uit die onrus, en dit aktief aanbalas.

Lees ek toevallig hierdie stukkie wysheid van CG Jung raak, en dog dit mag dalk relevant wees.

The Gnostic Jung: Stephan A. Hoeller

“Rational enlightenment, scientific knowledge and technological skills have made civilized man very much freer than the so-called primitive, who is almost totally held captive, but also safeguarded by nature and the structures of their own society. Primitive societies accord their members little freedom; conversely primitive man has little freedom from the limitations of his own unconscious. Unlike persons of a more differentiated grade of consciousness, primitive people cannot usually act on the basis of the decisions of their egos, or as we might say, at will. Rather, the primitive waits until the slumbering energies in his unconscious are aroused before acting. Hunting, sowing, war, marrying and other important events are prepared by rituals, such as dancing and magical ceremonies, designed to stir up the unconscious forces. Before moving forward, or outward, primitive humanity thus takes a step backward, or inward into the unconscious in order to poise the psyche for the forthcoming action. Under such circumstances, primitives have almost unlimited energy for action. Fear, prudence, shyness and fatigue are banished, and the tribesmen forge ahead with their task irrespective of danger, exertion and adverse circumstances. The gods of the unconscious are riding on their backs.”

Daarteenoor is beskaafde mense:

“Differentiated consciousness prides itself upon its ability to exert will and to do things by force of discipline. At this level of development, consciousness is characterized by at least partial ability to make psychic energy available to the conscious ego instead of being only in a state subservient to the unconscious. Most, if not all, of the attainments of civilization depend on this availability of the psychic energy to serve the purposes of the free, conscious will of the ego; only when the impulses of the unconscious have lost their stranglehold on the psychic energy can we freely utilize this energy to build, to do and to plan in accordance with our consciously recognized ideas and ideals.”

Nou sal Jung sekerlik uitgeskel word as rassis, maar n mens moet onthou dat hy n sielkundige was, hy het dus gedragspatrone waargeneem en nie velkleur nie. Ek vermoed hy sou een honderd persent met Robert M Pirsig (Lila; an inquiry into maorals) saamgestem het wat dieselfde probleem, soos hy dit in New York waargeneem het, uit `n ander hoek belig het. Hy sê: “It isn’t a war of races or of cultures. It’s war of society against patterns of reason and patterns of biology that have been set loose by the mistakes of this century.”

Persig gaan verder en sê: “What was so sinister now about New York (Wits, UTC, Charlotte – vul hier in wat jy wil) was that the patterns that built it no longer seemed understood – those who understood the patterns are no longer in control of those who don’t.”

“A culture that supports the dominance of social values over biological values is an absolutely superior culture to one that does not, and a culture that supports the dominance of intellectual values over social values is absolutely superior to one that does not.”

Pirsig sê dit is immoreel om mense te veroordeel op grond van velkleur of enige ander genetiese eienskap, want dit is onveranderlik, maar dit is nie immoreel om dit teen iemand te hou as sy kultuur hom aanspoor tot immorele gedrag nie, want dit is `n keuese en kan verander word.

Sy slotsom is:

“It is a war of biology vs society. It is a war of biological blacks and biological whites against social blacks and social whites.”

“Intellectuals must find biological behavior, no matter what its ethnic connection, and limit or destroy destructive biological patterns with complete moral ruthlessness, before those biological patterns destroy civilization itself.”

Die slegte nuus is; samelewings op die intellektuele vlak van ontwikkeling is, weens hulle liberale uitkyk, nie moreel daartoe in staat om geweld met geweld te onderdruk nie. Soos Pirsig sê: “The instrument of conversation between society and biology has always been a policeman or a soldier and his gun.”

Maar dan ook weer: Die Egiptiese koningkryk, die Romeise ryk, die Aztec empire en baie ander beskawings het tot n einde gekom. Die Westerse beskawing is besig om onder te gaan. Wat ons nou beleef is moontlik `n natuurlike proses. Roofdiere is besig om toe te sak op die gekweste, verswakte tropleier. Sodra hy lê sal hy uitmekaar geskeur word en dan sal die aasvreters en brommers die karkas verder stroop tot net `n wit geraamte oorbly. Die roofdiere en aasvreters word nooit die volgende leiers nie, hulle is nie daartoe in staat nie, hulle werk is slegs om te vernietig. Die Geel Draak en die Rooi Beer staan gereed om die vakuum te vul sodra die Weste deur sy eie toedoen verslaan is.

Read Full Post »

Vreemde wêreld, vreemde mensdom.

Nou eendag is daar ´n bespreking op RSG oor die noodsaak vir, en voordele van ´n positiewe ingesteldheid in jou lewe. Almal sing saam in die koor en vertel hoe goed die soort van ingesteldheid vir die liggaam en siel is … tot daar ´n klomp tantes begin inbel om beswaar aan te teken. En erg beswaard is hulle, want, sê hulle, as jy ´n ware Christen is sal jy net op God vertrou. Positief is On-Christelik.

Nou wonder mens; is dit dan nie vir die Christen iets positiefs om op God te vertrou nie? Of is geloof gegrond in ´n negatiewe ingesteldheid? Geen wonder hulle is beswaard nie. Jy mag dalk net vrolik wees as jy positief is, en dit klink na sonde? Soos dans op `n tyd sonde was (steeds is?) vir die Doppers? Genade tog.

En nou is die nuutste ding om oor beswaard te wees die afgelope Halloween fees (ook genoem “All Saints’ eve”). Dit word deur ernstig (Christelik) gelowige mense bestempel as van die duiwel. Een baie ou dame het selfs beweer dat daar diere, kinders en soms mense aan die duiwel geoffer word op hierdie fees (kinders is nie mense nie?). Daar word nou per eed gesweer dat “ek en my familie sal die Here dien. Ons sal nooit op enige wyse deel in hierdie Satans’ verheerlikende fees nie”.

Dit is tog redelik eenvoudig. Gaan lees op oor die geskiedenis van Halloween en vergewis jou van waaroor dit werklik gaan voor jy ´n gat van jouself maak. Gaan “Google” dit, dis so maklik as dit. As jy tegnologies gestremd is, vra jou kinders of kleinkinders om dit vir jou te doen. Ouderdom en onnoselheid is nie ‘n verskoning waarom jy jou kerk en jou geloof belaglik mag maak nie.

Min of meer dieselfde klomp mense plus nog miljoene ander wat hulle self Christen noem, insluitend sommige ongelowiges en selfs ateïste, is net so ontsteld oor die huidige wrede aanslag van Islam op die mensdom. En tereg ook. In hierdie moderne tye is iets so koelbloedig, wreed en barbaars total onverskoonbaar. En dit nog in die naam van ´n god!

Maar net voor ons te opgewonde raak, ´n paar syfers uit ons Christen geskiedenis:

Gedurende die eerste kruistog wat onderneem was om Jerusalem te gaan suiwer van goddelose barbare, (met ander woorde Mohammadane en Jode) het die kruisvaarders besluit dat die Jode wat hulle op hulle tog deur Europa teengekom het ook nie Christene was nie. Die gevolg was dat honderde duisende Joodse mans, vrouens en kinders sommer so terloops vermoor is.

In die tydperk 1450 tot 1800 is so veel as 4 miljoen vrouens na die brandstapel gestuur omdat die kerk dit so beveel het. Dit was hoofsaaklik Christen vrouens wat deur die kerk as “afvallig” of as hekse gebrandmerk is.

In Spanje is 2,000 mense op die brandstapel verbrand.

In 1572 is 4,000 Hugenote in Parys vermoor.

Hierdie is net mense wat in Europa self deur die kerk vermoor is. Hoeveel Islamiete daar gedurende die ongeveer 10 kruistogte vermoor is, is nie seker nie. Dit kan sekerlik nog meer wees as die 4 miljoen wederstrewiges waarvan die kerk in Europa ontslae geraak het net omdat hulle die Pous se gesag bevraagteken/bedreig het, en natuurlik om die Katolieke kerk se koffers te vul.

Meegaande ‘verslag’ is moontlik ´n aanduiding van hoe bloediglik geweldadig en barbaars die Christendom die ‘ongelowige’ Islamiete aangeval het.

“Wonderful sights were to be seen. Some of our men (and this was more merciful) cut off the heads of their enemies; others shot them with arrows, so that they fell from the towers; others tortured them longer by casting them into the flames. Piles of heads, hands and feet were to be seen in the streets of the city. It was necessary to pick one’s way over the bodies of men and horses. But these were small matters compared to what happened at the Temple of Solomon, a place where religious services are normally chanted … in the temple and the porch of Solomon, men rode in blood up to their knees and bridle reins. Indeed it was a just and splendid judgement of God that this place should be filled with the blood of unbelievers since it had suffered so long from their blasphemies.”

Volgens ene Raymond D’Aguilers.

Laat mens nogal dink, nie waar nie?

En net voor die gewone juigkomando begin skreeu Godsdiens is die euwel. Godsdiens is `n onding. Weg met Godsdiens ens. ens. ens.

Dit is nie Godsdiens wat die probleem is nie, dit is nie eens fundamentalisme wat die probleem is nie.

Fundamentalisme: Streng handhawing van wat as fundamenteel beskou word.

Fundamenteel: Wat as grondslag (kan) dien; basis wat tot die kern van die saak gaan; van die grootste belang; essensieël.

Die grondslag van enige oortuiging kan nie tot geweld ly nie. Dit is fanatisisme gekoppel aan ekstremisme wat die probleem is. Maak nie saak of dit Polities, Godsdienstig, nasionalisties, sport, of wetenskap gedrewe fanatisisme of ateïsme is wat dit aanvuur nie. `n Blinde, onnadenkende, oordadige ywer vir enige saak is gedoem om een of ander tyd die bloed te laat vloei.

En sodanige dwase sal ons altyd op alle lewensterreine met ons hê. Van kindertjies wat albaster speel op die skoolgronde, die wetenskaplike wat “alles” weet, tot die Hitlers en Malemas in die politiek en die “besielde” priester iewers op die platteland. Dit is teen hierdie mense wat ons moet waak. Dit is ook gewoonlik hulle wat ons wil vertel dat hulle reg is en al die ander mense verkeerd is en verkieslik uitgemoor moet word.

Die ou mensdom het nog `n baie lang pad om te loop voor hy werklik beskaafd sal wees. Die dier lê nog vlak in die gene.

Read Full Post »

Keer ons rerug uit Duitsland van ´n heerlike kuier by sus Cobi en Johan. Ontspanne en rustig. Toe gryp ´n dodelike griep ons aan die keel so saam met die ontnugtering van die tragedie wat ons droewige land geword het na 1994.

Ek lees van vernietigende stakings en plundering, van lewensverlies, moord en doodslag, en die eentonig reëlmatige plaasmoorde. En in die bos verhef Steve driftig sy Stem, waarna daar natuurlik die gewone handeklap uit die een hoek, en ´n gebrul en klipgooi uit die ander hoek uit volg. So veglustig soos altyd, ons mense.

In Rapport lees ek Sonja Loots skryf van ene Annalet Steenkamp wat ´n dokkie gemaak het met die naam: “I, Afrikaner”. Dit gaan glo oor haar eie familie. In een toneel skiet ´n boer ´n jakkals dood, en as sy suster sê die diertjie is so cute, dan sê die boer nee, hy is k*k en dit is die enigste ding wat k*kker is as ´n kaffer.

Nou ja, dis ´n baie k*k ding om te sê. Onnosel, Afstootlik. Maar ´n paar dinge pla. Waarom so ´n toneel in die prent invoeg? Is dit eg, of was sy bietjie “kreatief” vir groter trefkrag? Het ons nie genoeg probleme soos dit is nie? Waarom die dokkie aan ´n uitgelese (hoofsaaklik swart) gehoor by die African Arts Initiative gaan wys? Sensasie? Opsetlik rassehaat aanblaas? Het sy die prent met daardie toneel in aan haar familie vertoon? Wat was hulle reaksie?

Ja ek weet, ´n dokkie oor die goeie dinge in die land gaan nie geld maak nie. En wat is beter as so ´n sensasionele prent om jou loopbaan (en die ego) ´n hupstoot te gee? Maar het sy gedink wat dit aan die veiligheid van ons boeremeenskap gaan doen? En het sy dalk al gedink daaraan om, as soort van teenprestasie, ´n prent te gaan maak oor die bloedige geweld van plaasmoorde op ons beleërde boeregemeenskap? Of pas so iets nie in haar agenda nie?

Dit is om van te huil, maar die Maandag staan ek op my trapmeul by die Gym. Onder by ontvangs staan ´n ou man, wit en in sy laat sestigs of vroë sewentigs. Afrikaanse oom. Ek sien hom gereeld in die Gym. Hy staan en gesels met die (swart) personeel. Toe kom daar ´n welgeklede jong, swart vrou aan en die twee omhels mekaar, hou mekaar op armlengte weg en lag en gesels soos ou vriende. Hy haal sy selfoon uit en wys vir haar iets, ek vermoed dit is fotos want hulle beduie en lag, en nog ander van die swart vroulike personeel kom staan ook en kyk en gesels. So gemaklik, so natuurlik. Sou Annalet so iets wou afneem? Waarom dink ek sy sal nie?

Dieselfde dag vertel my vrou van die ooievaarstee wat sy die naweek bygewoon het. ´n Niggie se dogter verwag haar eersteling. Groot opgewondenheid. Almal koop geskenke. Toe kom die huiswerker wat al jare by die skoonfamilie werk (en die pa van die ongebore baba help grootmaak het toe hy nog ´n snuiter was) by die man se ma en gee vir haar R200, want sy wil ook vir die nuwe ma ´n geskenk koop wat by die teeparty vir haar gegee moet word. Toe gaan koop sy (in haar armoede) op haar eie nog ´n klein geskenkie wat sy persoonlik aan die jong ma oorhandig.

Wat sê dit van ons? Ons, op voetsoolvlak gee om vir mekaar. Ons respekteer mekaar. Ja daar is sotte wat nie dink voor hulle praat nie, maar hulle is iin die minderheid Ek glo daar is net soveel, en dalk baie meer sulke goeie dinge wat daagliks in ons droewige land gebeur. Maar niemand hang dit aan die groot klok nie. Ons laat toe dat ekstremiste en kwaadstokers ons intimideer en ´n wig tussen ons indryf vir hulle eie politieke of persoonlike gewin.

Ons was in Duitsland. Ons was by Dachau. Ons het die gaskamers gesien, en die oonde, en die dokkies met skreiende relase van mense wat die kampe oorleef het. Dit is oorweldigend. ´n Mens se verstand word oorweldig deur ´n oorlading van onmenslike vergrype. Daar is die Joode ook eers verkleineer deur kirikature van hulle te maak (bobbejane wat die Stem sing?), hulle kultuur en taal belaglik te maak, en later te verontmenslik deur hulle aan diere gelyk te stel. (verwys na die een swart vrou se opmerking na sy Annalet se prent gesien het “It was good to be reminded of the nature of the beast.) Van hier af is dit maklik om die Volk op te sweep om die diere se eiendom te vernietig, dan in kampe saam te bondel, en dan om hulle soos diere te esktermineer.

Die Hemel help ons. Ons speel met vuur. En die eksterminators gaan nie vra of jy mooi opruiende dokkies gemaak het en of jy die Stem gesing het nie. Jou wit velletjie, en net jou wit velletjie alleen gaan teen jou getuig: Jy is ondier. Jy moet dood.

Read Full Post »

Afrika

En hoor jy die magtige dreuning, oor die veld kom dit wyd gesweef.

Afrika 2

Maar nie die dreuning van die Boerevolk se drome en aspirasies nie, dit is die dreuning van `n EVV (Ekonomies Verwarde Voorsinger) met `n rooi kep op sy kop. Onse JM het drome van grootsheid. Hy gaan die land aan die voorpunt van die Eerste Wêreld staanmaak, vreemd genoeg na die model van SUID Korea, en nie Noord Korea waar `n ewe ronde, ewe arrogante mannetjie die septer volgens JM se ware ekonomiese bloudruk swaai nie.

Afrika 1

Die man droom groot. Suid Korea is die 11de welvarendste land in die wêreld. Dit sou nice wees om skouer aan skouer saam met hulle in die voorste linies te woel, maar helaas, die prentjie lyk erg donker. Ons lees; Korea het `n hoë vlak van werketiek, is produktief, het `n lae misdaadsyfer en werkloosheid, het `n doeltreffende staatsdiens en onderwyssisteem met min of geen stakings nie. Koreane is gedissiplineerd en hardwerkend. (Boer in Ballingskap kan ons hier meer vertel?)

Afrika kaapstad-geweld Nardus Engelbrecht

Foto deur Nardus Engelbrecht

En nou lees ek van `n projek van `n multimiljoen Rand wat Microsoft in Soweto begin het en wat nou `n stille dood gesterf het. Al die honderde gratis rekenaars en ander toerusting is gesteel of verwoes, behalwe 3 wat `n onderwyseres in haar klaskamer toegesluit het. Die soveelste van sulke projekte hier te lande wat gesneuwel het.

Robert M van Zim. JM se groot vriend en rolmodel het pas die wêreld gevra vir voedeselhulp. Meer as 2 miljoen van sy mense kan dood van honger as hulle nie dringend gehelp word nie.

 

Maar JM dryf sy onverbloemde rassisme en roep om bloed en grond en goud, en daar is meer mense wat luister as wat die slim mense dink. Dit gaan `n magtige dreuning word vorentoe, nader aan die verkiesing.

Afrika Bees

Luister hoe dreun dit, dit is Afrika.

 

Read Full Post »

Afrika

Afrika, deur die oë van ´n vermaerde skrywer van vreemde plekke.

Paul Theroux besoek Afrika weer. Die keer loop sy reis uit die Kaap noordwaarts “until I found the end of the line, or in my mind”. En toe vind hy “the end of the line” in bloed deur oorlog en geweld gekrywe, en eindig sy reis voortydig, bitter en swartgallig.

Afrika 1

Sy vorige reis deur Afrika het gestrek van Egipte tot onder in die Kaap soos beskryf in sy boek “Dark Star Safari”. Op daardie reistog was hy ontnugter en redelik bedruk oor wat hy gevind en beleef het van die Afrika wat hy toe 30 jaar gelede verlaat het na ´n paar jaar van onderwyser en dosent speel. Die reis was nostalgies, maar hartseer oor die agteruitgang en verval. Tog het hy telkens verskoning gevind vir die verval, gewoonlik die kolonialiste die sondaars gemaak, die Afrikane die onskuldige slagoffers. Vir Suid Afrika en die vooruitgang hier het hy min geduld getoon, en vir die Afrikaner het hy geen goeie woord gehad nie.Afrika D9

En nou is hy terug en skryf hy oor sy ondervinding. Die toestand in ons land, en veral misdaad ontstel hom, en hoe verder Noord hy gaan, hoe meer geskok is hy. Korrupsie, geweld, anargie, siektes, dood, verval, en haat vier hoogty so ver hy gaan. Op sy vorige reis besing hy die lof van Afrika se terugkeer na bestaansboerdery praktyke, landerytjies al om die modderhuisies geskoffel en beplant. Dit was vir hom die toekoms, die ideaal wat Afrika sou red. Nou sien hy hoe die natuur stelsematig vernietig word en diere voor die voet uitgewis word vir kos, ivoor en renosterhoring.

Theroux skryf: “Countries I had loved to visit had imploded or failed,”. Die mense bedel onbeskaamd en, soos die vorige keer lamenteer hulle: “We have no money. The West wont give us any.”  Dit, soos hy self sien, terwyl die regeerders miljarde Dollars verdien uit goud en diamante en olie. Daar buite gaan mense dood van die honger en van siektes, soos ook hier by ons.

Afrika 3PCOu Afrika, ´n duisend jaar agter die res van die wêreld, ´n wêreld wat ook maar op ´n tyd woes en bloedig was en mekaar uitgemoor en verkrag het. Eers met spies en swaard, en toe met bomme.

Ou Afrika wat ons nou ook nou aan eie bas voel met korrupsie, moord, verkragting en doodslag. Met ons eie Prez wat desperaat keer vir sy wickets en elke slenter uit die boek inspan om nie vir sy wandade aanspreeklik gehou te word nie. Dis nag, dis Afrika donker, en dit gaan nog donkerder word. Soos Prof Adam Habib die naweek in Rapport in sy skrywe “Die nag kom nader”sê dat ons vasgevang is tussen “goed wat nie meer bestaan nie en goed wat nog nie (in afrika?)bestaan nie.” As ons nie daardie kloof vreedsaam kan oorbrug na dit wat kan en moet wees nie, dan is ons Arabiese Lente op ons, en niemand gaan gespaar word nie, nie eers die Prez nie.

Afrika 2

En dit lyk nie of Afrika gereed is om daardie sprong na die postmoderne tyd van tegnologie en politieke wasdom te maak nie, want dit is wat Theroux beleef het, daardie “misery of Africa, the awful, poisoned, populous Africa; the Africa cheated, despised, unaccommodated people; of seemingly unfixable blight: so hideous, it is unrecocnisable as Africa at all. But it is, of course – the new Africa.” Skryf hy bitter. Maar eintlik nog maar altyd Afrika, die Afrika wat hy, die idealis met sy Eurosentriese ‘skuldgevoel’ nooit wou sien nie.

Read Full Post »

Koerante se waarde

Vra Dalene van Brieweuitdievreemde of ek dan nog koerant lees in hierdie dae (van droefheid en tragedie).

Mens moet nooit die vermaaklikheidswaarde van koerante onderskat nie. Net as die lewe mens wil onder kry, loop jy iets so vreemds en so vermaaklik in Beeld raak soos die berig van vandag: “Aarto-skok” “Verkeersboetes kan moontlik verdubbel word in `n poging om die verlamde Aarto-stelsel te red”

Waar kry jy soveel vermaak vir so min as R7.50 per dag?

Hierdie ouens is gewaarsku uit alle oorde dat die ding nie gaan werk nie. Daar is bewys dat die toetslopie op `n totale gemors uitgeloop het. Maar nee, hulle weet van beter. Die ding werk. Dit moet en sal en gaan landwyd geïmplimenteer word!!

En nou die skok: Daar is R60 miljoen uitgegee aan geregistreerde pos om R2.4 miljoen se boetes te verhaal, waarvan daar toe minder as 5% betaal is.

Ek is nie `n besigheidsman nie, maar iets sê vir my hierdie slim ouens het nie `n besigheidsplan opgestel voor hulle hulle besigheid begin het nie. Dit klink vir my soos die ou storie van die man wat hamers teen R10 stuk aangekoop het en dit toe teen R5 stuk verkoop het. Gevra hoekom hy die hamers so goedkoop verkoop, seg hy; want dit verkoop so lekker.

Meer as 400,000 geregistreede posstukke is uitgestuur en minder as 1% is by die poskantoor afgehaal! Inkomste uit boetes in Johannesburg het in een jaar met R200 miljoen gedaal weens die koste van geregistreerde pos. Met die soort geld kan elke jaar nog `n Nkandla gebou word. En dit sal aanhou tot Jesus weer kom! Teen daardie tyd kan die hele land een groot Nkandla wees, dan word dit sommer Nkandlaland … as hulle net die geld kan invorder!

Nou vra iemand die ander dag, toe daar gesê is dat die e-Tol stelsel nie sal werk nie, sê hy: Die stelsel werk in ander lande, wat is so uniek aan SA dat dit nie hier sal werk nie?

Halooo!! Aartooo!!!

Afrika Polisie

Sien Dalene, soms, as jy bedruk voel, moet jy vir jou `n koerant loop koop. Dis erg vermaaklik.

Die departement van verdediging se verkrygingsprogramme word so swak bestuur dat Denel se werk aan stelses vir die lugmag al byna 24 maande agter skedule is.

Ons nuwe kragstasie in die bosveld (Ellisras/Lepellê) is reeds twee jaar agter skedule WEENS SWAK BESTUUR.

Regtig: Wat is so uniek aan hierdie land? Alles werk dan, al werk dit nie!

Nou wonder ek; sal hulle my ook R34 miljoen gee om `n sekswinkel langs daardie boutiek babawinkel oop te maak? Dit kan dalk net help om die babawinkel se voortbestaan te verseker. Vir so `n bedrag sal ek my ou regterhand Jacob `n 50/50 deal as BEE Direkteur gee.

 

Read Full Post »

Older Posts »

%d bloggers like this: