Terry Prachett; A life with footnotes
By Rob Wilkins
Hierdie is die ander boek wat ek vir Kersfees gekry het. Die ander een, “The Pole and other stories” van JM Coetzee het ek reeds oor geskryf op hierdie werf.
Ek is al jare versot op die werk van Pratchett. Tussen my en die kinders het ons omtrent al die Discworld boeke wat hy geskryf het, plus nog baie ander fiksie verhale vir kinders. Normaal weg lees ek nie biografieë of outobiografieë nie, maar die een wou ek graag lees gegee die omstandighede van sy dood en sy opvatting oor lewe en dood soos hy dit altyd in sy stories weergegee het.
“I meant,” said Ipslore bitterly, “what is there in this world that truly makes living worthwhile?”
Death thought about it.
CATS, he said eventually. CATS ARE NICE.”
― Terry Pratchett, Sourcery
Terry Prachett was ‘n skrywer enig in sy soort. Tolkien se boeke het ek nog altyd gesukkel om te lees; die flieks wat hulle van sy boeke gemaak het was uitstekend en vir my altyd beter as die boeke. J.K. Rowling se Harry Potter boeke het ek ook almal gelees en die flieks gekyk. Die boeke en die flieks was uitmuntend, maar Prachett was ‘n verskyning op sy eie, hy was briljant, selfs geniaal en met ‘n baie vreemde, skerp ‘n sin vir humor, ‘n dodelike satiriese aanslag en ‘n verbeelding wat geen perke geken het nie; en daar is miljoene lesers wat saamstem en sy boeke gekoop het sodat hy uiteindelik die skrywer was wat in sy tyd, meeste storieboeke in die geskiedenis verkoop het.
“DON’T THINK OF IT AS DYING, said Death. JUST THINK OF IT AS LEAVING EARLY TO AVOID THE RUSH.”
― Terry Pratchett, Good Omens: The Nice and Accurate Prophecies of Agnes Nutter, Witch
Uiteindelik skryf Pratchett 41 Discworld boeke wat in 43 tale vertaal word. Voor sy dood was daar reeds meer as 100 miljoen van sy boeke verkoop.
Maar wie was die man agter die stories? Waar het sy skrywery begin en wie was hy by die huis weg van die kameras en joernaliste en die ewige boek promosies en uitmergelende boek onderteken toere wat hy verplig was om wêreldwyd om te onderneem?
Ek wou ‘n eerstehandse verslag en beskrywing deur mense wat intiem saam met hom die laaste deel van sy lewe geloop het lees, die tyd voor en na die terminale diagnose gemaak is (of eerder die doodsvonnis oor hom uitgespreek is), deur sy dokter.
“The gods of the Disc have never bothered much about judging the souls of the dead, and so people only go to hell if that’s where they believe, in their deepest heart, that they deserve to go. Which they won’t do if they don’t know about it. This explains why it is so important to shoot missionaries on sight.”
― Terry Pratchett, Eric
Synde Terry Pratchett was dit van die begin af ‘n uitgemaakte saak dat sy lewe na die diagnose van Altzheimers, en die aanloop tot sy dood, nie “normaal” sou verloop nie.
Die skrywer van die biografie Rob Wilkins, het ‘n lang pad saam met Pratchett geloop. Hy was daagliks in Terry se teenwoordigheid, het saam met hom toere om die wêreld onderneem, het later die stories geskryf soos Pratchett dit aan hom gedikteer het, en nog later, toe die Altzhymers sy tol begin eis het, gehelp om die soms onsamehangende stukkies stories bymekaar te hou sodat die laaste boeke uiteindelik gepubliseer kon word.
Dit is dus vir my snaaks dat die boek wat Rob uiteindelik geskryf het so humorloos en sonder ‘n sweem van Pratchett se skerp humorsin is. Die menslikheid agter die skepper van die mees fantastiese stories ooit ontbreek. Dit is meer soos ‘n feitelike verslag van die daaglikse lewe van ‘n skrywer, van sy stryd met uitgewers en illustreerders, van sy gevegte met Hollywood en draaiboekskrywers en “producers” van films.
“Scientists have calculated that the chances of something so patently absurd actually existing are millions to one.
But magicians have calculated that million-to-one chances crop up nine times out of ten.”
― Terry Pratchett, Mort
Dit is alles baie interessant, veral as jy self beoog om eendag ‘n boek te skryf en te laat uit te gee. It is a jungle out there. Dit is hond eet hond die bloed vloei en koppe rol en dolke word in rûe gesteek. Dit is nie ‘n mooi prentjie nie en Pratchett het bloed gesweet en geskreeu en geskel en, as gevolg daarvan, baie min van sy stories op die silwerdoek sien realiseer. Soos hy self sê; hy was sy eie grootste vyand, veral as dit kom by die geldwolwe van Hollywood en ander produksie huise in die filmbedryf.
“I believe you find life such a problem because you think there are good people and bad people. You’re wrong, of course. There are, always and only, the bad people, but some of them are on opposite sides.”
― Terry Pratchett, Guards! Guards!
Dit is in die laaste gedeelte van die boek wat Rob se Terry Pratchett werklik gestalte kry.
Toe Altzheimers (PCA – Posterior Cortical Atrophy) in Desember 2007 by hom gediagnoseer word, was dit natuurlik ‘n helse skok vir hom en sy gesin en almal wat hom geken het en saam met hom gewerk het, en vir jy duisende aanhangers. Waarom hy? Waarom nou?
Aangesien hy ‘n voorstander is van genadedood gaan hy Switserland toe om met die dokters wat al vir jare besig is om terminaal siek mense te help om hulle lyding te beëindig, te gaan gesels. Hy gesels met ‘n man wat rustig met sy vrou gesels terwyl hy sy laaste maaltyd eet voor hy met ‘n inspuiting hierdie lewe verlaat.
Hy gesels met ‘n jong man wat besig is om die evaluasieproses deur te gaan voor hy ook ‘n einde aan sy lyding kan maak. En dit is wat hy Pratchett doen; hy maak ‘n afspraak om, as dit tyd is, hy Switserland toe sal gaan.
Intussen is daar nog boeke wat geskryf moet word, TV reekse van sy boeke en oor sy lewe wat gemaak moet word, en toere om sy boeke te bemark wat gedoen moet word. En omdat hy Pratchett is, doen hy dit, hou hy aan werk tot dit oplaas nie meer moontlik is nie. Op 5 Desember 2014 (sewe jaar na sy diagnose) verlaat hy sy kantoor vir die laaste keer.
Op 12 Maart 2015 sterf Terry Pratchett in sy huis, in sy eie bed. Hy was 66 jaar oud. Is hy gehelp om verlos te word van sy lyding? Dit sal ons nou nooit weet nie.
“God does not play dice with the universe; He plays an ineffable game of His own devising, which might be compared, from the perspective of any of the other players [i.e. everybody], to being involved in an obscure and complex variant of poker in a pitch-dark room, with blank cards, for infinite stakes, with a Dealer who won’t tell you the rules, and who smiles all the time.”
― Terry Pratchett, Good Omens: The Nice and Accurate Prophecies of Agnes Nutter, Witch
Dit is ‘n boek wat die moeite werd is om te lees.
Na ‘n onderhoud met Pratchett het ‘n Suid-Afrikaanse TV-omroeper so uit haar hart uit gesê: “What a nice man!”
Frannie, hy was ‘n besonderse mens, hy het byvoorbeeld op ‘n keer met ‘n uitgewer gestry oor die bedrag geld wat hulle hom aangebied het om sy volgende boek te publiseer. Hulle was ‘n bietjie uit die veld geslaan oor sy reaksie en bied hom toe meer geld aan. Toe sê hy vir hulle hy wil nie meer geld hê nie, die bedrag wat hulle hom aanbied is obseen, hy sal tevrede wees met die helfte van die bedrag want geen skrywer behoort so baie geld betaal te word vir ‘n boek wat nog nie eers geskryf is nie. Op daardie stadium was hy die besbetaalde outeur in die wêreld.
Natuurlik kon hy moeilik wees. Hy het baie male op Hollywood se produkeurs geskeeu dat die dak lig en hy ook baie maal die telefoon in mense oor neegsmyt as hy kwaad word. Maar ja, hy was ‘n nice mens en hy was so tot sy einde toe met alle mense. Hy was ‘n vegter vir mense- en diereregte en vir wêreld vrede en ‘n aktiewe omgewingsbewaarder. Daar is nie baie mense soos hy daar buite nie.