Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘boeke’

Nog 50 Woorde

Die son skyn, die bytjies woel vlytig al om en oor die blomme in ons tuin.

En toe los ons die woorde en gaan saam met die bye tuin toe en ons werk net so vlytig in die tuin as wat die bytjies doen, maar met meer skeun en kreun as wat hulle dit doen. Hierdie bye is al erg bejaard.

Dit is nog vroeg in die seisoen maar die blomme beur son toe, net soos die meisies wat nou die vaal winter klere verruil het vir vrolike kort rokkies. Die blomtetuin en die mensetuin is n fees vir die oog.

More gaan ons saad en blomplantjies koop. Vir die eerste keer in n lang tyd gaan ons weer blomtuin maak. Dalk kan die blomtuin help om n mooier, weliger woordtuin ook te skep.

John Muir: Nature Writings

when we contemplate the whole globe as one great dewdrop, striped and dotted with continents and islands, flying through space with other stars all singing and shining together as one, the whole universe appears as an infinite storm of beauty.

Ons het so n maand of wat gelede n straatbiblioteek oopgemaak op ons sypaadjie, basies om boeke weg te gee omdat ons so baie daarvan het. Die idee is verbasend goed ontvang en baie mense besoek ons “biblioteek”. Die enigste probleem is dat ons nou baie meer boeke het as waarmee ons begin het. Mense kom vat boeke, maar bring ook van hulle boeke vir ons. Die ding ruk so effens handuit, maar Ma geniet die gesels met ons boekvriende.

 

Maar ek merk op dat die Mills en Boon boeke die gewildste leesstof is in ons buurt. Die meer geestelike lektuur bly op die rak staan!!

Read Full Post »

Demian

Hermann Hesse

Nog `n meesterstuk deur die ou meester. Na jy sy “ Siddharta”, “Steppenwolf” en “The Glass Bead Game” gelees het sal jy vir altyd `n aanhanger van hierdie geniale skrywer wees. Dis diep en soms donker stories wat hoofsaaklik oor die menslike toestand handel en dit is soms noodwendig onthutsend. Soos Dr Timothy Leary oor “Demian” gesê het: Few writers have chronicled with such dispassionate lucidity and fearless honesty the progress of the soul through the satges of life”

Demian is `n storie oor die kind Sinclair se groei na wasdom. As tienjarige kind uit `n gegoede huis, lewe hy in die wêreld van lig, soos hy dit noem. Maar Sinclair is `n buitestaander, en lewe in sy eie wêreld. Op skool skakel hy moeilik in en het min vriende. Uit desperaatheid maak hy vriende met kinders uit die werkersklas en ontdek `n ander wêreld, `n wêreld wat anders ruik, waar `n ander soort taal gepraat word, waar ander morele waardes geld as die wêreld waar hy in groot geword het.

“This world was peopled with servant girls and workmen, ghost stories and scandelous rumours, a gay tide of monsters, intriguing, frightful, mysterious things;” Dit is `n donker wêreld, `n opwindende wêreld maar vir `n onskuldige, opgevoede en naïewe kind, ‘n baie gevaarlike wêreld. In dié wêreld lewe Franz Kromer die gewetenlose afperser deur wie se toedoen Sinclair `n les in vrees en afsku leer.

In die wêreld van lig ontmoet hy die enigmatiese, half mistieke Max Demian, ook `n “outsider” figuur, `n vreemde, intelligente en baie volwasse seun vir sy ouderdom, omgewe deur `n waas van misterie en nie baie gewild onder die ander kinders nie alhoewel almal, selfs die onderwysers, hom met agting en respek bejeën.

Hulle word hegte vriende, `n vreemde, transformerende vriendskap wat lewenslank sou aanhou. Maar eers is dit `n ander vriend, die orrelis Pistorius wat eens gehoop het om predikant te word, wat daarvan gedroom het om `n nuwe godsdiens te skep met Abraxas, die god wat beide god en duiwel is as sentrale figuur in sy nuwe godsdiens te verkondig, wat Sinclair leer om meer bewustelik te lewe, om nie soos ander mense die trop te volg en jouself so te verloën nie. “There was only one true vocation for everybody – to find the way to himself” besluit hy, en daarmee kan Pistorius wat vasgevang is in uitgediende idees en uitgediende gode, hom nie help nie en daarmee kom die vriendskap tot sy einde.

Dit is Demian en sy ma, Frau Eva (die mooi, statige en ewe enigmatiese ouer vrou op wie Sinclair verlief raak)wat die sentrale invloed in sy lewe word. Hulle strewe is individuasie en vernuwing in teenstelling met gewone mense wat soos diere die trop leier volg, wat met geweld die status quo wil handhaaf en mense soos Demian en Sinclair as die vyand beskou.

Dan breek daar `n oorlog uit, `n oorlog wat mense van die trop entoesiasties aangryp, wat demian laat opmerk; “everybody is already looking forword to the first onslaught – so dull have their  lives become.” Beide van hulle word betrek by die oorlog wat aanleiding gee tot die dramatiese, bloedige einde van die storie waar Sinclair van aangesig tot aangesig gekonfronteer word met die noodlot.

Dit is `n uitstekende boek alhoewel dit jammer is dat dit eindig met die verheerliking van oorlog as die faktor wat mense saam bind, wat mense leer om weer vir ander om te gee. Dit is `n soort benadering van die doel heilig die middel, want Demian het geglo dat die oorlog die ou, uitgediende orde tot `n einde sou bring en dat evolusie `n nuwe, beter samelewing tot stand sou bring.

Dit is bepaald nie `n boek vir die tropgedrewe mens nie, maar wel `n moet lees vir die vrygeestige individu wat glo soos Franz Kafka geglo het dat: “I think we ought to read only the kind of books that wound or stab us. If the book we’re reading does’nt wake us up with a blow to the head, what are we reading for?”

Read Full Post »

007

Uiteindelik JD Salinger se beroemde boek “The Catcher in the Rye” in die hande gekry. ´n Bietjie laat. In der waarheid vier en sestig jaar laat!! Ook maar goed. Pa sou my nooit toegelaat het om so iets te lees nie, en buitendien was ek toe nog te jonk vir die soort leesstof. Genade, my Engel was toe nog nie eers gebore nie! So ´n tyd gelede het ek ook “To Kill a Mockingbird” gelees. Is nie dat ek nou sentimenteel of nostalgies raak en skielik “Tom Sawyer” en “Paradise Lost” gaan gryp en lees nie. Is maar net toevallig dat ek die twee “classics” raakgeloop het. Altwee by dieselfde verskriklik deurmekaar tweedehandse boekwinkel. (Ek het ook Milton se “Paradise Lost” daar gekoop maar kon nog nooit verder as bladsy drie vorder nie. Nee, dit is nie iets wat maklik lees nie. Ek skat jy moet iets van ´n ernstige poeet wees om dit te waardeer.

Groot storie gewees op sy tyd, en ´n mens kan sien waarom. Ek vermoed die outannies het weer gestik in hulle tee en toe blou moord geskreeu oor die taalgebruik, en die broeders kerkraad het sekerlik sensuur en en tugmaatreëls voorgestel.

Soveel van die groot “G” en “C” en “J” woorde word aanhoudend rondgegooi dat dit later effe irriterend word. En natuurlik is dit presies dit wat die asempies laat snak het en die boekverkope die hoogte laat inskiet. Onthou, dit was 1951. Amerika was nog moreel –eties erg konserwatief. Salinger was ´n besonder dapper man, dink ek.

Die skryfstyl is grootliks briljant, baie soos die van ons eie Herman Charles Bosman met dieselfde soort humor. Die storie self is kol-kol baie snaaks, maar later wil jy jou eie polse loop sny so depressief is die hele trant van die vertelling. Holden Caulfield, die hoofkarakter en verteller, is nie ´n baie optimistiese mens nie, inteendeel, Holden sal jou van jou sinne af dryf as jy hom persoonlik ontmoet.

Maar mens hou aan lees want jy bly wonder wat van die arme drommel gaan word. En uiteindelik gebeur daar niks. Die einde val so half briljant uitmekaar en die storie bly in jou kop draai, want eintlik is dit my en jou storie toe ons jonk en onbeholpe en onseker was. Daar is ´n Holden Caulfield in elkeen van ons. Meeste van ons is maar net gelukkig dat ons nie vir psigiatriese behandeling weggestuur is nie. Miskien sou dit tot ons voordeel gewees het as ons was.

Ek sien my boek het op ´n tyd aan ene Lindsey Podd behoort. Mens wonder wat sy van die storie gedink het.

009 (2)

Read Full Post »

Boeke

Book Thief

Lees ek Markus Zusak se “The Book Thief” en wat `n wonderlike storie is dit nie. Dit gaan oor WO 2, hoofsaaklik oor hoe Duitse kinders die tydperk beleef het. Pragtig geskryf met uitsonderlike woordgebruik wat stil tussen die lyne ingesluip word tot groot vermaak van die leser.

Woord  juweeltjies soos:

“There was the suggestion of a draught from inside. Something like the imagined breath of a corps.”

“Max and Liesel were held together by the quiet gathering of words.”

“Her throat was baren now. No words for miles.”

” Her cold hands felt for her sleeves and a sentence droped from her mouth. ‘He’s not dead yet.’ The words landed on the table and positioned themselves in the middle. All three people looked at them.”

Uit die dagboek van “Death”:

“For the book thief, everything was going nicely. For me, the sky was the colour of Jews.”

En dan die een:

“Rudy’s voice reached over and handed Liesel the truth. For a while, it sat on her shoulder, but a few thoughts later, it made its way to her ear.”

Dit is werklik een van die min regtig goeie boeke wat die afgelope tyd op die rakke te koop was. Gaan lees dit gerus. Dit behoort jou nie teleur te stel nie … tensy jy natuurlik een van die 50 skakerings van grys brigade is. Dan moet jy dit liewer nie aanpak nie, jy sal teleurgesteld wees. Daar is geen seks in nie.

 

Read Full Post »

Twee boeke, nee drie

Laai ek onlangs JM Coetzee se “Childhood of Jesus” op my Gobi e-leser. Nou voel ek half verneuk. Die boek begin letterlik nêrens. ‘n Man en ‘n kind begin ‘n nuwe lewe iewers. Dan beweeg die storie nêrens heen nie, en eindig letterlik weer nêrens nie. Selfs die titel mislei want dit gaan nie oor Jesus nie. Dit is moontlik gekies vir sensasie om verkope te bevorder.

Werklik nie een van sy bestes nie.

Toe swig ek voor populêre druk en laai “The life of Pi” af. Resensies besing die boek en die film. Een antie by `n boekwinkel oortuig my die boek gaan oor diep dinge, filosofie en godsdiens. Toe vind ek jy kry in een hoofstuk van Pratchett se “Feet of clay” meer oor godsdiens en filosofie as in die ganse Pi-boek. En jy kry nog `n bek vol humor op die koop toe.

Ek voel steeds verneuk.

Nou het ek Dan Brown se “Inferno” gekoop, al 461 bladsye daarvan in hardeband gebind. En nou sien ek resensente sê dit is die swakste boek van die reeks!

Ek voel weer verneuk.

Sal maar die boek lees en self besluit of dit wel so swak is as wat gesê word. Die 461 bladsye gaan my `n lang tyd neem om te lees. Moet nie verwag dat ek binne die volgende maand of twee sal kan sê hoe ek die storie gevind het nie.

Ook my kinders, wat `n aandeel in die boek se aankoop belê het, sal maar moet wag tot ek klaar is voor hulle `n beurt sal kry om dit te lees.

Read Full Post »

Hersiening

Die vorige pos deur Louwie, en my opmerking daarby oor David Loy se storie, is miskien te vroeg uit die heup geskiet. Ons opmerkings is gebaseer op ‘n artikel wat net ‘n uittreksel is uit sy boek “The Great Awakening”. Miskien moet ons eers die boek deurwerk ten einde sy gedagtes meer volledig te bestudeer voordat ons verdere kritiek lewer.

Read Full Post »

Jesus Today

Jesus Today ( a spirituality of radical freedom) deur Ds/Vader/Pastoor Albert Nolan gelees.
‘n tipiese ou predikant wat so ingenome is met sy Sondag prekies dat hy terstond besluit het dit moet vir die nageslag bewaar word.
Die selfde ou storie: Wees dankbaar, selfs al kak ‘n vliegende koei op jou kop. Op jou knie’e al die dae van jou lewe al skiet ‘n rower jou in die maag en verkrag jou vrou voor jou. Soek en vind die lewens les in die ou klein ontberingkie en wees dan eers dankbaar vir ‘n lessie geleer. Shit.
En dan het hy ook gehoor dat die ego ‘n bose ding is om te h^e. Raak onmiddelik ontslae daarvan ter wille van jou siel. Dit is die ego wat die Westerse siel hel toe sleep. Well ja, dan is dit seker nie een van die baie goed wat God vir ons gegee het nie. Nog iets waaroor hy geen beheer het nie.
En rykdom. Die rykes moet terstond al hulle geld vir die armes gee dan sal die w^ereld ‘n beter plek wees, eintlik ‘n paradys. Geen insig dat ‘n kultuur van materialisme eers afgeleer moet word nie. Geen insig dat, as ons almal arm is, dit nie die lewe beter gaan maak nie. Dit hamer net daarop dat dit die rykes se skuld is dat die armes so swaar kry.
Afrila het vir ons bewys dat tegnologie nie juis gedy waar armoede die norm is nie. Tegnologie kan ons sekerlik nie in die hemel kry nie maar dit kan ons op Mars kry. Vooruitgang, dis wat dit meebring en sonder geld kan dit nie.
En is vooruitgang op materiele gebied noodsaaklik vir die siel?
Dit bring nuwe ondervinding, nuwe belewenisse, nuwe uitdagings. As God dit nie wou nie sou hy by die dinosaurusse gebly het, dit was soveel makliker, maar soooo f…..kn vervelig. Vreet, seks en doodmaak. Dit verskil nie veel van wat nou aan die gang is nie, maar dit gee ons gewete hel en voorsien dominees van ‘n beskeie huisie by die see en ‘n Merc in die garage. En ek dink dit gee God eindelose plesier.
In deel 3 van die boek kry mens amper hoop vir die arme man. Dit lyk of hy ‘n paar new age boeke te lese gekry het. Nou is alles een en God is nie meer ‘n ou man met ‘n baard wat iewers sit en vir ons almal koekeloer nie. God is nou die onnoembare, die onkenbare ens.
Maar dan kom hy weer met die Liefde. God is Liefde, hy is onse Vader in die Hemel, hy is op laas weer ‘n persoon met voorkeure en afkeure, hy haat en het lief, hy vergeld en veroordeel.
Ek dink hy verstaan sy new age boeke nie so mooi nie, en dan help dit natuurlik met die verkope van sy boek as hy Apartheid ook kan bysleep in sy betoog. Dit maak tog ‘n paar sente vir die dominee?
Ek vind dat die “Odd Thomas” boeke meer pitkos vir die siel het as die dominee wat so egotisties besield is met sy eie preke.

Read Full Post »