Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Seneca’

Gratefulness

“I am grateful, not in order that my neighbour, provoked by the earlier act of kindness, may be more ready to benefit me, but simply in order that I may perform a most pleasant and beautiful act,” Seneca

Maria Popova

“It is only from such a place of gratefulness that we can perform beautiful acts — from a place of absolute, ravishing appreciation for the sheer wonder of being alive at all, each of us an improbable and temporary triumph over the staggering odds of nonbeing and nothingness inking the ledger of spacetime. But because we are human, because we are batted about by the violent immediacies of everyday life, such gratitude eludes us as a continuous state of being. We access it only at moments, only when the trance of busyness lifts and the blackout curtain of daily demands parts to let the radiance in, those delicious moments when we find ourselves awash in nonspecific gladness, grateful not to this person, grateful not for this turn of events, but grateful at life — a diffuse gratitude that irradiates every aspect and atom of the world, however small, however unremarkable, however coated with the dull patina of habit. In those moments, everything sings, everything shimmers. In those moments, we are most alive.”

Maar hoe kry mens enige soort van dankbaarheid opgewerk in die aansien en wete van soveel pyn om jou? Jy moet blind en doof wees vir dit wat daar buite gebeur as dit jou nie ontstel nie; byna 20,000 duisend mense (baie daarvan vroue en onskuldige kinders) dood in die gevegte tussen Israel en en Palistina en Rusland en Ukraine. Oral waar jy kyk is daar moord en doodslag.

Daar is min wat nog sing daar buite, en min om oor te sing.

Read Full Post »

Dagboek

Dit het toe gesneeu in SA, in Gauteng en Ceres (foto bo) en baie ander plekke. Te pragtig>

Dagboek 3

Stoicism emphasizes accepting life as it is, focusing on what we can control, and letting go of what we can’t.

Dit lyk vir my asof die enigste ding wat jy kan doen om nie van jou kop af te raak nie, is om die Stoïseinse weg in te slaan. Daar buite gaan dit woes: Dit is Winter, dit sneeu in Johannesburg, dit sneeu vir die eerste maal in die (opgetekende) geskiedenis van Durban. In Indië verdink mense in die ergste vloede ooit (een maand se reën val in een dag!), en in Amerika verskuif ‘n berg en dit is besig om dele van ‘n stad (Phillidelphia dink ek?) in te sluk. En ons staan magteloos, ons kan daar niks aan doen nie. Maar moet nie bekommerd wees nie, beebop, beebob, die nooddienste is op pad!

Brian McLaren  sê: “What we forget, is that even in the darkest night, when we see no light at all, the light is still there. The sun is still shining over Earth even when our side of Earth rotates away from it. The stars still shine above us. … What we need in the darkest nights is to keep walking along the path until we can glimpse the stars again. What we don’t need is to panic and run blindly into the woods.”

Dit vra baie moed om nie die bos in te hardloop nie – op 30 April 1991 tref ‘n sikloon Bangladesj en ongeveer 140,000 mense sterf in die storm. Voor dit, in 1970 tref ‘n sikloon Oos Pakistan en 500,000 mense kom om, vyf-honderd-duisend mense! – en ons moet nie “panic” nie?

Die afspraak waarvan ek laas geskryf het met die tande spesialis is nagekom. Die bose stuk tand wat in die sinus gaan skuil het moes uit. Word ek ingeboek in die kliniek waartydens 110 vorms ingevul moes word. Trek hospitaal oorpak aan, ‘n blou een soos wat mekenieks dra. Toe trek die narkotiseur kop uit. Die ouman se hart lyk vir hom verdag. (Ja goed, daar is lank terug ‘n trippel hartomleiding op hom gedoen – en sy hart het twee maal gaan staan gedurende ‘n roetine gastroskopie so ‘n jaar of wat gelede, maar dit is geen rede vir hom om sy speelgoed uit die kot te gooi nie!)

Die kardioloog kry niks verkeerd nie en verklaar die ouman opereerbaar. Vrydag is ons toe weer terug teater toe. Die keer kry ek ‘n seksie, maltrap narkotiseur. Sy tap vir my ‘n dubbel brandewyn en Coke  in my aar, sê sy. En ek slaap soos ‘n Bergie onder ‘n brug op ‘n stuk plank. Toe sny die dokter ‘n venster in my verhemelte en trek die stuk tand uit my sinus uit. Jig, dit klink erg, en dit was erg. Dit voel vir my sy het die gat met bloudraad toegewerk!

“The Greek knew and felt the terror and horror of existence,” sê Nietzsche, en hy was nie eers by my tandarts nie! En aan die einde van die boek, sy uitmuntende  “The Birth of Tragedy” sê hy: “what must this people have suffered, that they might become thus beautiful” En dan nooi hy jou uit: “Follow me to a tragic play, and sacrifice with me in the temple of both the deities!” (Apollo and Dionysus) en dan aanvaar jy jou lot soos ‘n goeie, gesoute Stoïsyn (met jou stuk tand in ‘n botteltjie wat jou dokter vir jou saam gee huis toe) en gaan aan met jou lewe.

More sneeu dit dalk en is die wêreld rein wit toe gesneeu, gehul in ‘n heilige stilte, of nie. More word kinders gebore en gaan ander mense dood in oorlog of in vrede. More lag ons uitbundig, want die lewe is goed.

Annie Dillard skryf in “Pilgrim at Tinker Creek”:  “It snowed all day yesterday and never emptied the sky. … The dark is overhead and the light at my feet; I’m walking upside-down in the sky.”

En nou lê daar ‘n hospitaal en dokters-rekening wat betaal moet word. Haal diep asem, word kalm, mediteer; ook dit sal verby gaan het die wyse ou Seneca gesê. (Maar nie voor jy die R16,000 se rekening betaal het nie!)

Read Full Post »

Dagboek

Dagboek: Dag 1

Namib foto deur Hannelie

Net maar nog ‘n dag. Ons het met die honde gaan loop vanoggend. Dit is Winter. Daar was donker wolke in die ooste. Dit is ongewoon vir die tyd van die jaar op die hoëveld. As dit die Kaap was, was dit ‘n ander saak. Die wêreld is besig om te verander en die mensdom is onrustig. Loop is een manier om die onrustige gemoed te kalmeer. Henry David Thoreau was sy lewe lank ‘n wandelaar en Annie Dillard het geloop om te dink om te kon skryf. Selfs die Christus het die wêreld plat geloop.

Ek probeer weer om ‘n dagboek te hou. Die kinders het gesê ek moet. Hulle sê dit sal die ouman se kop weer oop kry, hom weer moed gee, en hom dalk weer laat skryf en skilder na die skok van aftrede. Maar om dagboek te hou moet jy, soos alle houers van dagboeke deur al die eeue, daarvan hou om oor jouself te skryf en/of te praat, en dit kon ek nog nooit doen nie. Waarom sal mense wil weet van my en oor my en wat ek dink en sê? Ek hou nie eers daarvan om oor ander mense te praat nie, dis skinder en dis lelik.

Idees ja, daaroor kan ‘n mens praat. Ou en wyse mense se idees, jong en slim mense se idees oor die verlede en die toekoms, dit is opwindend. En as jy oor jou siel wil praat en jou god sal ek luister. Ek kan jou dalk nie help met jou probleme nie, maar ek sal ja jou luister.

Om na mekaar te luister is dalk die grootste voorreg wat ons het op hierdie modder bol waarop ons ons bevind. Ons is vir ‘n kort rukkie hier op hierdie tranedal. Die minste wat ons kan doen is om na mekaar te luister en mekaar blymoedig te dra tot by die wenstreep.

Die sand in die uurglas is besig om uit te loop. “How comforting it is to have tired out one’s appetites, and to have done with them!” het Seneca gesê, en so is dit inderdaad. Dit is altyd goed om die uurglas in gedagte te hou sodat hy jou nie onverhoeds betrap nie.

Gister het iemand ons laat weet dat ‘n niggie van ons se man oorlede is. Hy word in Bethal, die bakermat van die Dirk, Petrus, Johannes van Schalkwyk “clan”  begrawe. Ons het Louis nie geken nie, sy vrou self het ek meer as 50 jaar gelede laas gesien. Ons groet jou Louis. Voorspoedige reis.

Die trein waarop ons ons bevind hou by baie stasies stil. Somtyds klim daar nuwe mense op en somtyds klim sommige mense weer af by die stasies op ons pad. Die treinrit is so mooi as wat dit afskuwelik is. “Beauty itself is the fruit of the creator’s exuberance that grew such a tangle, and the grotesques and horrors bloom from that free growth, that intricate scamble and twine up and down the conditions of time.” (Annie Dillard – Pilgrim at Tinker Creek.)

Vanoggend het Marli Piet se as op ‘n koppie gaan strooi. Piet se suster en broer het uit Europa gekom vir die geleentheid. Hulle was ook hier vir Piet se laaste konsert, die konsert wat hy vier dae voor sy dood in die Atterbury Teater saam met Mathys Roets gehou het.

En terwyl hulle op die koppie besig was om die as te strooi het iemand ons gebel om te sê dat ‘n ou vriendin van ons van Lichtenburg vroeër die oggend oorlede is. Pragtige mens gewees, skerpsinnig, belese en positief. En toe word sy oud en haar gesondheid gee in en ek dink sy het geweet dit is tyd, en sy was gereed en tevrede. Ook vir jou Marié, groet ons met ‘n traan.

Daardie selfde aand het kinders, nasate van die “clan”, ‘n partytjie gehou om die lewe te vier.

Die trein spoed voort teen ‘n helse pas, en dit is opwindend en vreesaanjaend, en dit is goed. En voor jy weet, sê die Tibettaanse Boeddhiste,  bevind jy jouself weer in die Bardo met sy eie, vreesaanjaende aanslae teen ‘n nog wilder pas. En dan is jy weer in die vertreksaal en die siklus (of sirkus?) word herhaal op ‘n ander plek, in ‘n ander tyd, in ‘n ander lyf, ‘n ander jy.

Ons lewe met beurtkrag weens die ANC-regering se onbevoegdheid en dit eis sy tol. Besighede maak toe en mense verloor hulle werk en inkomste, mense verloor moed verval in depressie, en Cyril en sy vriende sit op elk op sy verligte, veilige eilandjie en kan nie verstaan waarom mense ongelukkig is nie.

Intussen skiet Putin die Oekraine tot as en puin omdat hy wil en kan.

“He (man) has to fight not only against the dangers of dying, starving, and being hurt, but also against another danger that is specifically human: that of becoming insane. In other words, he has to protect himself not only against the danger of losing his life but also against the danger of losing his mind. (Erich Fromm (March 23, 1900–March 18, 1980))

En dit is ‘n stryd om nie van jou kop af te raak nie, maar ook dit sal verby gaan, sê die wyse mense. Alles gaan uiteindelik verby. Die hermiet Julian of Norwich het gesê: “See, I am God: see, I am in all things: see, I never lift my hands off my works, nor ever shall, without end. … How should anything be amiss?”

Ek mag dalk verkeerd wees, maar van hier waar ek sit lyk dit of daar ‘n helse klomp goed “amiss” is. En moet asseblief nie vir my sê dit is as gevolg van die sondige aard van die mens nie; “See, I am God: see, I am in all things:”

Lees die fynskrif van jou kontrak, dit sê: “As jy wil lewe, moet/sal jy doodgaan”. Alles wat gebeur tussen die tyd van jou geboorte en dood is soos dit moet wees. Dit is in jou kontrak, jy het dit geteken.

Buite is dit koud en bewolk mislik. ‘n Tortelduif sit op die vensterbank en loer nuuskierig deur die venster van my kantoor na my. Hy maak sy klein, fyn tortelduif geluidjies. Hy (of sy?) is tevrede. Die wêreld is soos dit moet wees.

Seneca sê: “Let us go to our sleep with joy and gladness; let us say: I have lived; the course which Fortune set for me is finished.”

En dit is opgeteken in my dagboek op hierdie Vrydag, die 2de dag van Junie 2023.

Read Full Post »

Ek dink dit was die ou filosoof Seneca wat gesê het dat hy daarvan hou om na die markplein te gaan om na al die goed te gaan kyk wat hy nie nodig het nie.

Of soos Henry David Thoreau gesê het: “For a man is rich in proportion to the number of things which he can afford to let alone.”

Ek weer hou nie daarvan om winkels toe/mark toe te gaan nie. Ek wil nie eers gaan kyk na al die duisende goed wat uitgestal word wat ek nie nodig het nie. Dit is oordonderend en ontstellend. Al die goed en 99% daarvan is onnodig, maar jy word dag en nag vertel dat jy dit moet hê, jy is modern, jy moet “in” wees, en om “in” te wees moet jy daardie gesogte “must have” item hê wat die filmster of glanspersoonlikheid het. Dit is seksie, dit maak jou belangrik, dit maak van jou IEMAND.

Seneca moes mark toe gaan om te sien hoe gelukkig hy is om nie al die goed te wil hê nie. Vandag kom die mark na jou toe, dit kom tot binne in jou huis, in jou sitkamer groot en duidelik op jou super groot TV skerm. Jy kan dit nie miskyk nie, jy kan dit nie vermy nie. En dit sê vir jou koop, koop, koop, jy is/lyk arm daarsonder. Koop nou.

‘n Onding wat Seneca genadiglik gespaar was, is die moderne kultuur van “moet weet”, oorgedra aan jou deur duisende koerante en tydskrifte en die TV wat jou “alles” vertel wat jy moet weet.

Die grootste Afrikaanse tydskrif op aarde wat hier by my lê vertel my van sangers en filmsterre se egskeidings en skandes, dit vertel my van Koning Charles se toekoms en sy verlede en van sy broer Andrew se skandes. Tussendeur soek Broer ‘n vrou en word die sekslewe van glansmense entoesiasties beskryf … wie slaap by wie en wie slaap nie meer by wie nie, en wie gaan nog by wie slaap. En elke tweede bladsy is vol advertensies; kook, koop, koop skreeu dit vir jou.

Waarom wil/moet ek weet van “Mense en hulle dinge”? Waarom wil ek weet wat se klere hulle dra, waar hulle vakansie hou, hoeveel karre en huise hulle het, hoeveel kinders hulle het en hoeveel maal ‘n totale vreemdeling al getroud was en hoeveel kinders hy of sy gedurende elke huwelik gemaak het? En dan word ek natuurlik ingelig oor elke smerige egskeiding na elke troue wat onlangs nog as die perfekte sprokie voorgehou is.

Waarom wil ek al die goed weet? En as ek dit nie wil weet nie, waarom dink mense daar is iets fout met my?

Die vraag is dan seker; waarom sal jy wil weet wat dit is wat ek nie wil weet nie! Dan is ek besig om my tyd en jou tyd te mors deur hier te skryf! Tensy jy natuurlik wil weet wat en dat ek nie wil weet nie!

Dit lyk net vir my dat, hoe meer ons het en hoe meer ons weet, hoe armer word ons. Ons is ‘n vlak kultuur, ‘n blink kultuur met oppervlakkige waardes.

Martha Nussbaum

“Do not despise your inner world. That is the first and most general piece of advice I would offer… Our society is very outward-looking, very taken up with the latest new object, the latest piece of gossip, the latest opportunity for self-assertion and status.

“We are all going to encounter illness, loss, and aging, and we’re not well prepared for these inevitable events by a culture that directs us to think of externals only, and to measure ourselves in terms of our possessions of externals.”

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Read Full Post »

Seneca die Wyse

Tyd vir verposing en oordenking

Sê iemand nou eendag dat hy gedink het dat die pandemie in ons midde die goeie in die mens na vore sou bring, dat ons meer begaan sou wees oor die welstand van ons medemens en sou help waar ons kon om die swaar en verdriet te verlig. Maar ons doen dit nie. Ons is meer selfsugtig, meer aggressief, meer harteloos, meer radikaal in ons oortuigings (wat ons tydig en ontydig in ander se kele probeer afwurg) geword. Ons lewe in die tyd van die manne met die baarde en die meisies met lang hare.

Ons lewe in ‘n troostelose wêreld van swart en wit, daar is nie meer grys gebiede van versigtige ‘miskien’ en ‘moontlik’ en ‘ek weet nie’. Die lewe het sy kleur verloor, die sagte pienk en deurskynende seeblou, die sagte geel maar ook die skelgeel en purper en bloedrooi is verban.

Ons het ondankbaar geword.

“We should try by all means to be as grateful as possible, vermaan Seneca ons, “For gratitude is a good thing for ourselves, in a sense in which justice, that is commonly supposed to concern other persons, is not; gratitude returns in large measure unto itself. There is not a man who, when he has benefited his neighbour, has not benefited himself, — I do not mean for the reason that he whom you have aided will desire to aid you, or that he whom you have defended will desire to protect you, or that an example of good conduct returns in a circle to benefit the doer, just as examples of bad conduct recoil upon their authors, … but that the reward for all the virtues lies in the virtues themselves. For they are not practised with a view to recompense; the wages of a good deed is to have done it. I am grateful, not in order that my neighbour, provoked by the earlier act of kindness, may be more ready to benefit me, but simply in order that I may perform a most pleasant and beautiful act; I feel grateful, not because it profits me, but because it pleases me.

Dit laat ‘n mens dink: wanneer laas het ek iets gedoen sommer net omdat dit goed was? (‘but simply in order that I may perform a most pleasant and beautiful act;”)

Die tragedie van die virus is nie dat hy mense dood maak nie (dit is sekerlik ‘n onbeskryflike tragedie), maar die grootste tragedie is dat dit ons moreel bankrot gemaak het.

THE TRUELOVE
by David Whyte

(‘n gedeelte van die pragtige gedig)

everything confirms
our courage, and if you wanted
to drown you could,
but you don’t
because finally
after all this struggle
and all these years
you simply don’t want to
any more
you’ve simply had enough
of drowning
and you want to live and you
want to love and you will
walk across any territory
and any darkness
however fluid and however
dangerous to take the
one hand you know
belongs in yours.

Read Full Post »

Senecan world view: “ what makes us angry are dangerously optimistic notions about what the world and other people are like.” (Alain de Botton)

Moeilikheid swerf in troppe rond op soek na slagoffers. Hulle kom nie een een na jou toe aan nie.

In die kombuis begin die een kraan lek.  Sameswerend begin die kraan in die badkamer te lol. Die hefboom wat water van die bad na die stortkop moet rangeer, gee die gees.

Nou hou ek die “dangerously optimistic notion” dat die gedrup en balhorigheid van hardeware `n kleinigheid is wat gou reggestel kan word. As jy `n bobbejaanspaner en skroewedraaier kan hanteer, dan is die probleem so te sê reeds opgelos.

 Wallmart shoppers  

Net `n vinnige besoek aan die hardeware winkel om die hoek, koop die nodige wasters en voor die tennis kan begin is die taak afgehandel.

Toe nie. “Ja ons het wasters vir die kombuiskraan, maar ons hou nie mixers vir die badkamer aan nie. Ook nie onderdele nie, sorry,”  sê die meisie agter die toonbank. Ek stry nie met haar nie. Sy is baie groter en sterker as ek, en sy het ringe en studs op vreemde plekke op haar gesig.

Dan maar straat af na Wallmart se nuwe bedmaatjie, Builders Warehouse toe. Rye soortgelyke krane is daar teen die muur. Dit hang skoon skeef van die swaar prys tag op elkeen. En ja, ons het baaaie wasters hier. Bring net die ou een sodat ons vir jou die regte een kan gee. Vriendelik en hulpvaardig, hope wit tande agter die swart gesig.

Well ja fine. Kan nie te moeilik wees nie. Daar lê `n hele Saterdag voor om alles klaar te kry. Terug huis toe. Draai stopkraan toe en vervang net gou die wasbak kraan se wasters. Heel maklik gaan dit. Pas nog in by my “dangerously optimistic notion” omtrent die wêreld.

Takel die badkamer se “mixer”. Verwyder wedrestrewige hefboom om by waster uit te kom. Dit werk nie. Verwyder stortkop en pyp om van bo by waster uit te kom. Dit werk ook nie. Probeer die pyp wat water in bad tap te verwyder om van onder by die waster uit te kom. Dit is die pad om te gaan, maar die pyp kan nie verwyder word sonder om die hele kraan van die muur af te verwyder nie. Die “optimistic notion” begin om krake te wys.

“How badly we react to frustration is critically determined by what we think of as normal (Ou Seneca alweer). `n Bedonderde kraan is NIE normaal nie.

Verwyder kraan van muur. Probeer pyp afdraai. Pyp sit vas. Gebruik hamer. Kap duike in pyp. Pyp sit vas.  By gebrek aan bankskroef en ander paslike apparaat, gebruik groter hamer. Pyp begin roer. Slaan harder. Pyp gee stryd gewonne en kom los. Die waster kom bedees uit sy skuilplek en kom lê in my hand. Frustrasie vlakke daal effens. Is meer soos die wêreld behoort te wees nie waar nie!

Gaan maak koffie en rus. Met die waster in die sak weer terug WBW toe. Nuwe gesig agter die toonbank. Strak. Het julle so `n waster? Vra ek. “Don no” sê die strak gesig.

 Wenkbroue lig. Hier was nou `n man wat gesê het julle het. Trek sy skouers op. Ek stap na die rak met krane en wasters. Daar hang sakke en sakke vol plat wasters, maar niks wat lyk soos die gedroggie wat uit my wederstrewige kraan kom nie. Wenkbroue lig hoër. Strakgesig se skouers lig hoër. Ons kyk vir mekaar. Hy wys met uitgstrekte arms na die rakke, maar kry steeds geen samehangende woorde ge-uiter nie.

“Our greatest furies spring from events which violate our sense of the ground rules of existence.” (Seneca die ou wyse).

Hier word my “ground rules” ernstig bedryg. Reël een:  winkelassistente behoort  hulpvaardig en vriendelik te wees en hulle moet kennis hê van die produkte wat hulle verkoop. En hulle moet ten minste Engels verstaan. Ek stap deur al die rakke met stom spook op my hake. Niks nêrens wat eers lyk na die ding wat ek soek nie. Ons sal waragtig `n nuwe kraan moet koop.

Ek vra die spook hoe laat die winkel op `n Saterdag sluit. Hy sê seven. Ek sê nee, watter tyd maak julle toe? Hy sê six. Ek sê fok. Hierdie gevaarlike optimis het so pas net plein gevaarlik geword. Te hel met Seneca. Die wêreld behoort nie so te wees nie!

Ek bel huis toe en sê vir Ma maak klaar ek kom jou haal, ek kort versterkings, my geordende wêreld is besig om in duie te stort.

Saam pak ons weer vir WBW aan. Strakgesig beman steeds die toonbank. Nou het hy `n plakker op sy grys jas wat sê “Visitor” Ek vermoed visitor van `n ander planeet. Ons kyk krane en die spook volg in ons spoor. Die een? Vra ons. “Out of stok,” of so iets sê die spook. En die een se prys? Hy trek sy skouers op, verstaan nie die vraag nie. Ons kies een en beduie vir hom dit is wat ons wil hê. Hy krap verwoed op `n papier en verdwyn terstond. Na `n tyd kom hy terug met `n plat boks in sy hand. Ek sê nee, dit lyk nie soos `n mixer se doos nie, te klein. Hy verdwyn weer en kom terug met `n groter doos, die keer is dit die regte ding.

“Rage,” sê Seneca, “is caused by a conviction, almost comic in its optimistic origins (however tragic in its effects) that a given frustration has not been written into the contract of life.” Ek sal weer my kontrak moet gaan lees, veral die fynskrif.

Ons gaan huis toe. Nou is die stryd gewen. Wat kan nou makliker wees as om die nuwe kraan gou vas te skroef aan die koppelings teen die muur? Die tennis het nog nie begin nie.

Verkeerd. Die nuwe kraan pas nie naastenby aan die ou koppelings teen die muur nie. Verdomp. Sewe duiwels kom sit op my skouer en lag in my gesig. Seneca se moer. Hy kan maklik praat, maar het hy ooit in sy lewe `n verdomde kraan probeer regmaak?

Daar is nie water in die huis nie, die stopkraan moet oop maar daar is `n gat in die muur waar die kraan moet wees en die ou kraan lê in boute en blaaie op die vloer. Dinge kan nou lelik begin raak. Man loop `n draai, gooi `n glas koeldrank in en gaan sit die ou kraan weer stuk vir stuk aanmekaar.

“We must reconcile ourselves to the necessary imperfectibility of existence,” sê die ou wyse. Imperfect is nie die woord nie, ek kan aan baie ander, meer beskrywende woorde dink.

Sit die kraan terug op sy plek, gaan draai die stopkraan oop. Die hefboom van die ou mixer werk nou  vir een of ander rede beter as voorheen. In die kombuis drup die nuwe waster net so vrolik voort soos die oue, en die wasbak in die ander badkamer se dreinpyp het pas verstop.

“We will cease to be so angry once we cease to be so hopeful,” sê die wyse ou Seneca.

Bliksem!

 

Read Full Post »