Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Somer’

Maandag

Vroegoggend het n suikebekkie homself/haarself onder ons tuisproeiers kom bad. n Striltzitia blaar vol water was die ideale badkom vir ons fyn klein kuiergas met sy helder blinkblou lyfie. Ons was lanklaas so opgewonde oor n kuiergas.

Toe die suikerbekkie weg is het n pragtige rooibors Robbin asof uit n kerskaartjie van baie jare gelede ook in die sproeiers kom speel. Die winter is nou werklik verby en ons geveerde vriende vier die nuwe seisoen met oorgawe. Laatmiddag het die swaweltjies ook hulle opwagting gemaak en hoog in die helder lug het hulle sierlik geduik en gedraai terwyl hulle hulle aandete geniet het.

Duidelik was dit nie so n goeie aand vir die insekte nie?

Dit is inderdaad n goeie tyd. Uit die Kaap het ons vriende Hennie en Magdeleen ook n draai by ons kom maak. Dit is altyd goed om hulle weer saam met ons te hê.

Ongelukkig kom daar ook maar altyd donker saam met die lig. Terwyl ons ou en nuwe vriende verwelkom, neem ons ook met n seer hart afskyd van goeie mense wat die pad vir n tyd saam met ons geloop het.

Carla, die engelkind wat vir n tyd aan ons almal geen was is tragies en onverwags weer weg geneem. Dat so n klein, brose lyfie met die onskyn geaardeid soveel vreude kon bring het niemand verwag nie. Rus sag skat, jy gaan gemis word deur almal wie se lewens jy aangeraak het.

Vriend Johan, vir jou moet ons ook groet. Jy was n goeie mens. Dit was n voorreg om jou as vriend te kon hê. Ons het gedink ons het nog baie jare oor om te gesels en saam te werk. Inderwaarheid het ons maar gedink hierdie ouman sou jou vooruit gaan die ewigheid in, en toe verlaat jy as die jonger man ons skielik. Dit was regtig nie die plan nie, maar daaroor het ons geen sê nie. Ons bid dat dit met jou goed sal gaan op jou reis. Ook vir jou sal ons mis in die dae wat voor is. Dankie vir die besoek.

More sal die son weer skyn, die voëltjies sal sing, kinders sal gebore word en mense sal doodgaan. Dit is wat die lewe is, en dit is goed.

Read Full Post »

Nog 50 Woorde

Die son skyn, die bytjies woel vlytig al om en oor die blomme in ons tuin.

En toe los ons die woorde en gaan saam met die bye tuin toe en ons werk net so vlytig in die tuin as wat die bytjies doen, maar met meer skeun en kreun as wat hulle dit doen. Hierdie bye is al erg bejaard.

Dit is nog vroeg in die seisoen maar die blomme beur son toe, net soos die meisies wat nou die vaal winter klere verruil het vir vrolike kort rokkies. Die blomtetuin en die mensetuin is n fees vir die oog.

More gaan ons saad en blomplantjies koop. Vir die eerste keer in n lang tyd gaan ons weer blomtuin maak. Dalk kan die blomtuin help om n mooier, weliger woordtuin ook te skep.

John Muir: Nature Writings

when we contemplate the whole globe as one great dewdrop, striped and dotted with continents and islands, flying through space with other stars all singing and shining together as one, the whole universe appears as an infinite storm of beauty.

Ons het so n maand of wat gelede n straatbiblioteek oopgemaak op ons sypaadjie, basies om boeke weg te gee omdat ons so baie daarvan het. Die idee is verbasend goed ontvang en baie mense besoek ons “biblioteek”. Die enigste probleem is dat ons nou baie meer boeke het as waarmee ons begin het. Mense kom vat boeke, maar bring ook van hulle boeke vir ons. Die ding ruk so effens handuit, maar Ma geniet die gesels met ons boekvriende.

 

Maar ek merk op dat die Mills en Boon boeke die gewildste leesstof is in ons buurt. Die meer geestelike lektuur bly op die rak staan!!

Read Full Post »

n Tuin vol Somer

Eerste Rose.

Inkalelies

Na die reën

Read Full Post »

Somervreugde

Mens wonder nogal hoe word die weer deesdae voorspel. Laasweek was die voorspelling vir ons van Maandag to Woensdag 60% kans op reën, en al wat ons kry is hierdie paar spatsels wolkies.

015

En toe kom die reën tog eendag so spoeg-spoeg hier aan. Nie genoeg om damme mee vol te maak nie, maar het jy nou al ooit in jou lewe n kaktus gesien wat so verskriklik bly kan wees oor n paar druppels reën.

035

n Glimlag vol goud.

In Pretoria waar Malema en sy trawante volgende week die stad gaan afbreek, staan die Jakarandas pers van somervreugde. Sal hulle die blomme sien? Sal hulle die Jakarandas ruik, die nuwe lewe van die nuwe seisoen voel ontwaak en voort jubel na die winterslaap? Ons het tog veel te leer van die natuur … dankbaarheid en vreugde selfs vir min.

017

In Munich, soos in die res van Europa maak die natuur gereed vir sy winterslaap, maar eers verf hy die landskap in die mooiste kleure, n afskeidsgeskenk aan die wat die winter sonder slaap moet aandurf.

002

054

Goeie nag. Slaap rustig.

023

Volgende week doen ek hier n kort resensie oor hierdie uitstekende boek van Gerbrand Bakker.

Read Full Post »

Stadig syfer die koue uit die lyf uit, en saam daarmee die wintermaande se melankolie. Soos ´n akkedis  op ´n warm klip in die son ontdooi die lyf, verbly die gees hom weer in die natuur se skaam ontwaking uit sy winterslaap met tenger blom en skugter blaar.

Selfs ons eie tuin is vol in die blom. Die bome staan nog kaal in afwagting op een of ander teken dat hulle mag blaar stoot om die nuwe seisoen, en ou Sol se terugkeer  te verwelkom.

07092009102  Somer 1 (6)

Anders as in die winter se gespanne opkrul voor die verwarmer met ´n beker Milo in die bewende hand, kan mens nou weer ontspanne in die son sit en koffie drink en kyk hoe die tuinlyster deur die struike se lae takke woel agter skoenlappers en ander eetgoed aan.

Dink ek aan Jon Mooallem se boek “Wild Ones”. Hoe geseënd is ons om nog na lewe in ons tuine te kan sit en kyk. Na bestekopname oor die oordadige afbeeldings van wilde diere en voëls op sy dogtertjie se klere, beddegoed, speelgoed en storieboeke, maar die totale gebrek aan enige lewende voorbeelde van daardie selfde afbeeldings in die kind se omgewing, vertrek hy met haar op ´n tog na die Antioch Duine op die spoor van ‘n skoenlapper wat op die rand van uitwissing is, Lange se Metalmark Butterfly.

Somer 08

Sê Jon: “Leaving your kids a world without wild animals feels like a special tragedy, even if it’s hard to rationalize why it should”. En om hulle nie bloot te stel aan daardie wilde diere terwyl hulle nog daar is om na te kyk en oor te verwonder, sal ´n sonde wees.

Hoe sal hulle dan anders leer van ´n werklikheid anderkant die abstraksie van prent en storie en speelding, soos Diane Ackerman in haar “Poems for the Planets” dit stel:

Knee-deep in the cosmic overwhelm,

I’m stricken of it all: The plain

Everythingness of everything,

In cahoots

With the everythingness

Of everything else.

En as Jon en sy dogter saam met ander vrywilligers by die Antioch Duine aanmeld om die bedreigde skoenlappers te tel ter stawing van hulle uitgedunde, (uitgediende?) getalsterkte, is selfs hy geskok deur die werklikheid. “… most powerful of all was that moment of transmutation when the butterfly metamorphosed from an abstraction to a living thing.” Klein en nietig fladderend, kwesbaar, breekbaar en uitgelewer aan die mens vir sy oorlewing, dieselfde mens wat hom op die rand van uitwissing gebring het deur die verwoesting van sy habitat, in ´n land waar die “management of its wild animals has evolved, or maybe devolved, into a surreal kind of perfomance act.” Soos ook maar hier by ons waar akteur en musikant en seepiester, terwille van hulle loopbane, die renoster  armswaaiend dreig te bewaar!

Maar elke poging, hoe ondeurdag of oppervlakkig in eie belang ook al, sal tog dalk in die groter opset van dinge help om die mal, gierige mensdom tot sy sinne te ruk sodat ons net dalk eendag, soos Henry Miller dit stel; “Leave this dear fucked-up planet a little healthier than when we were born.”

Somer 95

Nou sê die man nie wie van die “fucked-up planet” of die “fucked-up” mens gesonder moet wees as ons die dag die emmer skop nie. Hopelik bedoel hy albei?

Miskien, as ons die kind kan blootstel aan die misterie van die vlinder en die olifant en die gemsbok, en nie bloot as ´n objek van my begeerte nie, miskien, net miskien kan ons nog red wat gered kan word.

Jon sê: “Maybe you have to believe in the value of everything to believe in the value of anything.”

Soos Adam Small in sy gedig “Kô, lat ons sing” sê

Vrinne

Lat ons die Bybel oepslaan

En lat ons daaryt lies –

O Allahoegste Gies

Lat hierie woorde na onse harte gaan! –

Yt die twiere boek van Mosas

Yt die Exoras

Yt die viere hoefstuk die ee’ste en die twiere verse –

O God

Maak vi’ ons lig moet hierie woorde soes moet kerse –

 

En die laaste gedeelte:

 

Nou vrinne

Die Here het gabring

Aan my sy wonnerwerke oek so

Het hy gavra wat’s in my hand

En vrinne

In my hand was my kitaar

 

Kô, lat ons sing.

 

Inderdaad; kô, lat ons sing – dis heerlike lente, die somer is om die draai!

Somer 1 (9)

Read Full Post »

Somer

Een van my kopkussings beland deur die loop van die nag op die grond langs die bed. Die volgende oggend tel ek dit op, en net voor ek my kop weer daarop neerlê, sien ek een helse groot spinnekop het homself/haarself daarop tuisgemaak. Ek hoop van harte die ondier het die nagrus op my kussing baie geniet, want dit was sy/haar laaste nagrus ooit.

Dit ontstel my dat, net omdat ou Ra nou ´n meer goddelike plek in ons Suidelike halfrond ingeneem het, ´n ark vol gewerwelde en ongewerwelde ongediertes, meerpotig en duisend ogig, hulleself dit aanmatig om hulle in my huis tuis te maak. Die eerste reëns was nog besig om te val, toe kom swem die eerste Parktown Prawns, na ´n winterslaap so vet soos rotte, in my swembad.

Voor die son in die oggend behoorlik op is, begin brommers die huis inval. Die goed is groot en vet en ongeskik met sulke groot, starende oë en blink-blou en bruin lywe. Dit lyk en klink soos ´n Amerikaanse drone aanval op ´n Talliban vesting. Enige teenaanval met Doom blyk gedoem te wees, want die goed tel net spoed op en zoem harder hoe meer jy spuit. Uiteindelik moet jy deur die Doom newels uit die huis uit vlug terwyl die vuilgoed rustig voortgaan op hulle verkenningstog.

Selfs heuningbye vind dit goed om in ons huis te kom rondvlieg. Die probleem is, mens sien die goed vir brommers aan en teen die tyd dat jy hom reeds disnis gemoker het, kom jy eers jou fout agter, en sorry, sorry en ag siestog help dan nie om die arme ding weer aan die lewe te kry nie. Dan is dit asblik toe met die lyk en voort met die geveg teen die brommende brommers.

En voor die son nog naby aan sak is, pyl die seksmal muskiete soos honger wolwe op jou af vir hulle eerte Somer bloedmaal. “Daar sal geteel word”, blyk die mantra te wees waarmee hulle uit hulle Winterslaap ontwaak het. Ook hulle het beduidend toegeneem in grote. Deesdae lyk hulle soos daardie dodelike, selfaangedrewe “poison darts” wat hulle destyds in die Dune flieks gewys het. Die goed het ook net sulke lang, vlymskerp,  naaldagtige bekdele en is ook net so verbete. As hulle jou eers in die visier gekry het draai hulle nie weer om nie. Doom maak hulle net bewusteloos, en as hulle daar bykom boeta, dan is hulle kwaad en honger. Net ´n voorhamer stop hulle dan. Jy moet sien hoe lyk ons huis se mure al van die bloedige gevegte wat ons so met die hamers moes veg, en die Lente is maar pas twee dae oud!

Met al die baie reën wat so vroeg gekom het lyk dit of hef aan teen peste en plae nog voor lê. Paddas, miere en kakkerlakke is aan die opruk. Ons is besig om ons oordadige vooraad Doom nog verder aan te vul. Ons pakkamer lyk soos die stoorplek van ´n bevange nag-van-die-langmesse Suidlander. Die verskil is net dat hy geblikte kos opgaar, terwyl ons opstok met dodelike biologiese wapens van massa vernieteging. Die bloed gaan loop hierdie Somer.

Read Full Post »

Is Somer

07092009102                07092009104                 08102009123

Blomme uit onse Somertuin.

Read Full Post »