Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Annie Dillard’

Dagboek.

Saterdag 4 November 2023.

Dit was een van daardie naweke wat mens dalk liewer wil vergeet.

Maar eers:

Hierdie twee oumense het mos nou weer ‘n mal perd opgesaal. Vir die tiende keer gaan doen ons vandag weer die Pretoria Botaniese tuin Park Run. Dit is net 5 km en ons Run nie die Park Run nie, ons loop dit soos beskaafde oumense.

Die resultaat: Die ouman kom 665ste uit ‘n totaal van 733 deelnemers. Hy is die 305ste manlike deelnemer oor die wenstreep en die 15de uit 18 mans bo 70 wat klaarmaak in ‘n tyd van 1 uur en 45 sekondes. Daar was ‘n man van oor die 80 wat die afstand in 35 minute afgedraf het!

Uit die 733 deelnemers kom mevrou 658ste (7 beter as die uwe!). Sy is die 302de vrou oor die wenstreep en kom 11de van die vrouens in haar ouderdomsgroep. Haar tyd was 1 uur en 24 sekondes.

Op hierdie ouderdom is dit ‘n erg pynlike (en ek is seker, baie dom) ding om te doen. Volgende Saterdag doen ons dit weer want daar is baie interessante mense om na te kyk.

Dinsdag 7 November 2023.

Reën:

“On the dry Laetoli plain of northern Tanzania, Mary Leakey found a trail of hominid footprints. The three barefoot people—likely a short man and woman and child Australopithecus—walked closely together. They walked on moist volcanic tuff and ash. We have a record of those few seconds from a day about 3.6 million years ago—before hominids even chipped stone tools. Ash also preserved the pockmarks of the raindrops that fell beside the three who walked: it was a rainy day” Anni Dillard. (“For the time being”)

Ons word wakker met reën wat sag val buite, en geute wat deuntjies drup van blydskap. Die blare van die vyeboom glinster soos diamante in die vroeë lig. Die voëls is stil maar ons harte juig versigtig dankbaar oor die eerste druppels na die lang, koue Winter.

Job 38:36 Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

“We have dated waves, as well as clouds. On April 30, 1991—on that one day—138,000 people drowned in Bangladesh. At dinner I mentioned to our daughter, who was then seven years old, that it was hard to imagine 138,000 people drowning. “No, it’s easy,” she said. “Lots and lots of dots, in blue water.” Dillard, Annie. (“For the time being”)

Later die oggend verander die sagte reën in ‘n stortvloed van water asof ‘n damwal iewers daar bo in die hemel gebreek het. Dit spoel en verspoel en veroorsaak lelike botsings en verkeersopeenhopings op die snelweë. Later bedaar die reën weer tot sagte spatsels nat wat aanhou tot laatmiddag.

Job 38:37 Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel – wie giet hulle leeg?

Daar was nie hierdie keer “Lots and lots of dots, in blue water” waarvan ons weet nie.

Dit is nou 10 uur in die nag en druppels reën val nog sporadies daar buite, dit is baie koud. Dit is tyd om te gaan slaap.

Bishop Steven Charleston:

For all the great thoughts I have read

For all the deep books I have studied

None has brought me nearer to Spirit

Than a walk beneath shimmering leaves

Golden red with the fire of autumn

When the air is crisp

And the sun a pale eye, watching.

I am a scholar of the senses

A theologian of the tangible.

Spirit touches me and I touch Spirit

Each time I lift a leaf from my path

A thin flake of fire, golden red

Still warm from the breath that made it.

Die naweek wat verby is:

Vrydag verneem ons van iemand by die Emoyeni Boeddhiste Retreat Sentrum by Mooinooi wat oorlede is na ‘n lang stryd met kanker.

Vroeg Saterdag kry ons tyding dat vriend Hennie se vrou se broer oorlede is. Kanker.

Laat Saterdag kry ons berig dat (oorlede) Pieter van Marli se suster skielik oorlede is na ‘n tragiese lewe van verslawing waarteen sy vir jare gestry het. Sy was in haar laat veertigs.  (Sy was ‘n pragtige mens, vertel almal wat haar geken het tydens die diens by die kerk.)

Laat Sondag laat weet iemand ons dat vriende wat ons al meer as 30 jaar ken, se seun oorlede is. Hy het selfmoord gepleeg deur homself op te hang. Nog ‘n tragiese lewe met ‘n tragiese einde. Hy was 50 jaar oud.

Dit is ‘n vreesaanjaende misterie waarin ons lewe; “the mysterium tremendum” (“mystery that repels”), in which the dreadful, fearful, and overwhelming aspect of the numinous appears,” https://www.britannica.com/topic/mysterium-tremendum-et-fascinans

Maandag 6 November 2023

Ons besoek ons vriende wie se seun selfmoord gepleeg het. Die oumense is stukkend. Hoe vergeet jy ooit weer daardie gesig van jou kind wat in jou motorhuis aan ‘n tou hang?

Isaiah 45:7: “I form the light, and create darkness, I make peace, and create evil. I the LORD do all these things.”

Anni Dillard. “I don’t know. I don’t know beans about God.”

En dit wat ons weet is soms erg ontstellend … tot jy besef dat dit wat jou jou lewe lank vertel is was  op sy beste ‘n verdigsel, en op sy ergste ‘n blatante leuen.

Job 12:7–10,

Just ask the animals, and they will teach you.

Ask the birds of the sky, and they will tell you.

Speak to the earth, and it will instruct you.

Let the fish in the sea speak to you.

For they all know

that my disaster has come from the hand of the Lord.

For the life of every living thing is in his hand,

and the breath of every human being.

Of soos die Sufies sê: Tat tvam asi – daar is net Een, en jy is Dit.

‘n Soberende gedagte:

For 245 million years, and for 99.999 percent of  those years, God was happy to have a good universe that included neither a single human nor a single religion, but lots and lots and lots of reptiles. (ons moet sê; ‘n goeie Aarde, want ons weet nie of daar dalk al vir miljoene jare op ander planete intelligente wesens bestaan het nie).

More is dit Leoni se begraftnis.

Dinsdag is dit Jaco se begrafnis.

Read Full Post »

Dagboek 5

Om te kan skryf en om dagboek te kan hou, sê Rainer Maria Rilke (December 4, 1875–December 29, 1926), is ‘n paar dinge nodig. Hy sê: “For the sake of a few lines one must see many cities, men and things. One must know the animals, one must feel how the birds fly and know the gesture with which the small flowers open in the morning. … But one must also have been beside the dying, one must have sat beside the dead in the room with the open window and the fitful noises.”

Ek het baie stede gesien, en mense en dinge, maar ek het nog nie in ‘n kamer saam met ‘n lyk gesit met ‘n oop venster met “fitful noises” nie. Miskien is dit wat ek kort om my skrywery op ‘n hoër vlak te kan bedryf.

Saterdag 29/7/2023

Ons gaan doen ons eerste ooit Park Run by die Botaniese Tuin hier om die draai van ons. Ons moet 0800hr uur in die koue aantree by die wegspring om die 5 km deur die tuin aan te durf. Ons doen natuurlik nie die Park Run nie, ons doen die Park-loop soos dit ou, beskaafde mense betaam.

Daar is baie mense wat wegspring, 578 om presies te wees. 1 uur, 3 minute en 30 sekondes later is ons by die wenpaal. Ons kom 569, (Ma) 570ste (die uwe) en 571ste Marli). Hannelie kom tien minute voor ons by die wenpaal (sy draf … soort van!) In my ouderdomsgroep vir mans is ek 11de en Elsa is 9de in haar ouderdomsgroep vir vrouens. Die vinnigste ou doen die 5km in 18 minute! Volgende Saterdag doen ons dit (dalk) weer.

Dit is bitter koud die week. Die kwik sak tot -3°C.

Sondag gaan stap ons 3km met die honde. Maandag pyn my lyf asof ‘n trein my getrap het.

Seneca sê: “We suffer more often in imagination than in reality.” Ek glo nie hy het ooit in sy lewe die Park Run gedoen nie!Die tuin is pragtig. Eintlik moet ‘n mens rustig en op jou tyd en op jou eie die paadjies in en oor en om die koppies gaan loop, dit sal jou siel goed doen. Kyk hoe mooi beskryf Henry David Thoreux sy wandeling deur die winterlandskap: “The sun sets on some retired meadow, where no house is visible …. We walked in so pure and bright a light, gilding the withered grass and leaves, so soflty and serenely bright, I thought I had never bathed in such a golden flood, without a ripple or a murmur to it. The west side of every wood and rising ground gleamed like the boundary of Elysium, and the sun on our backs seemed like a gentle herdsman driving us home at evening.” Hy was natuurlik ‘n skrywer van formaat met ‘n intense liefde vir die natuur. Die ou transendentalis kon inderdaad met woorde toor soos min ander dit kon doen.

Sielie (die 2de dag op die Karoo blommetoer)

28 Augustus 1991

Hulle staan 5 uur op. Ontbyt: gebraaide skaaprib en slap pap en klein wit toebroodjies. Toe in die bus op pad na Keimoes toe.  Hulle sien die eerste blomme langs die pad, “Suurlemoen geel en pienk,” maar dit reën en hulle hou nie stil om te kyk nie.

Lyk of hulle in Kakamas geslaap het die nag. Ma het bietjie tred verloor met die skrywery.

30 Augustus –  (Derde dag) op pad na Kakamas.

“Nou na die Augrabiese watervalle: “Goed om te  (kan) sê ‘ek was daar’” Waterval gesien, blomme gesien en toe op pad na Pofadder. “Rêrig ‘n lelike wêreld hierdie, maak ‘n mens verskrik. … Ons eet in die bus, buite waai die wind erg, en baie koud.”

Springbok: “Plat wêreld, baie groen bossies, lyk of dit wil blom.”

Koekenaap: “Moeg, seer bene, en swaar tas,” kla sy. Hulle slaap die nag in ‘n veldskool gebou, daar is net 3 wasbakke en twee storte. Hulle was hulle self in die wasbakke – “jy sien net boude en bene … ons lag nie eers daaroor nie, help mekaar net hier en daar om die been in die wasbak te kry.”

Hulle eet vir aandete “geurige maalvleis op ronde broodjies, met blaarslaai en tamaties. Dadelbrood vir nagereg.”

“Ons sien baie klipformasies, vir my is dit te stil en verlate en dor; hier lewe seker niks,” merk sy op. “Namakwaland is mooi, met mooi mense.”

Clanwilliam en Tolla van der Merwe kom groet vlugtig.

“Lambertsbaai see onstuimig, koud buite, dit drup effens … Seevoëls gaan kyk, maar dis koud, ek het omgedraai, en die wind waai jou deurmekaar. Vissersbootjie, klein en groot, skommel heen en weer in die wind.”

Lank gelede was ek en Elsa ook in Lambertsbaai. Ons sou een nag daar oorslaap op ons pad Kaap toe, maar vind die plek so mooi en aangenaam, die dae pragtig en warm, en toe bly ons twee dae daar. Dit is baie vêr van Coligny af, hulle het die oumense gemoor op hierdie toer.

Annie:

Ma kyk blomme in die Karoo in 1991. Nege jaar voor dit, in 1982 bevind Annie Dillard haar in China en kyk waar Emperor Qin Shi Huang, (the first emperor of China) in 210–209 VC (dit is 2,233 jaar gelede) sy klei soldate na sy dood saam met hom laat begrawe het. “ I saw what looked like human bodies coming out of the earth. …. From the trench  walls emerged an elbow here, a leg and foot there, a head and neck.

“Everywhere the bodies , clay people, came crawling from the deep ground. A man’s head and shoulders stuck out from the trench wall. He wore a helmet and armor. From the breast down, he was in the wall.”

Dit is dieselfde Qin wat na ‘n veldslag 400,000 gevangenes laat dood maak het, en op ‘n ander keer al sy ma se vyande en hulle vrouens en kinders lewend laat begrawe het. Dit was 2,220 jaar gelede.

Die huidige skatting is dat daar meer as 10,000 beelde begrawe is.

Ma sou die kleisoldate ook geniet het, net soos Annie blomme in die Karoo sou geniet het. Hulle al twee sou Qin, die wreedaard verpes het.

Maria Popova

“Beneath our anxious quickenings, beneath our fanged fears, beneath the rusted armors of conviction, tenderness is what we long for — tenderness to salve our bruising contact with reality, to warm us awake from the frozen stupor of near-living.”

David:

Vrydag 14/10/1976

Die toer deur Europa gaan voort. “Besoek fantastiese St Peters (kerk). Onbeskryflik. Petrus is daar begrawe,” skryf skoonpa David. Hulle besoek die ruïnes van Pompeii en die Vatikaan Stad.

Saterdag 15/10/1976

“Vertrek na Napels en Capri per boot, aangenaam. Het effens naar gevoel. Gaan tuis in die Sanmichele  House of Exal Munthe 1857 – 1949” (is nie seker oor die naam van die hotel nie, sy skrif is moeilik om te ontsyfer.) Sy kamer kyk uit oor die see.

Sanmichele  House of Exal Munthe

“When we contemplate the whole globe as one great dewdrop, striped and dotted with continents and islands, flying through space with other stars all singing and shining together as one, the whole universe appears as an infinite storm of beauty.”

John Muir (April 21, 1838–December 24, 1914)

Dit is nou reeds die 12de Augustus. Die dae en weke en maande vlieg vinnig verby. Ons het vandag ons 2de Park Run gedoen. Die dae word warmer.

Daar was die afgelope drie weke net twee sterftes onder familie en geen geboortes waarvan ons weet nie. Buurman Phillip, goeie mens en goeie vriend, ‘n groot man – letterlik en figuurlik,  verdwyn stadig in die newel van Alzheimer. Ek het hom soms gebruik as karakter in my stories as ek oor myself skryf, dan, as die storie te diep en seer sny, vertel ek my storie asof dit sy storie was. Maar hy was so ‘n dierbare, lomp karakter dat sy eie lewens verhaal (waarvan ek ook vertel het) so komies en baie maal ook so tragies was dat ek dit net so kon oorvertel sonder om iets by te lieg of weg te neem.

En nou lewe hy in sy eie storie, sy laaste storie waarby ons nie kan uitkom nie, waarvan ons (en hy) niks kan verstaan nie. Dit is so tragies. Onregverdig? Wie is ons om te sê?

“How can a creature who will certainly die have an understanding of things that will exist forever?” (poet, physicist and scientific novelist Alan Lightman)

Ons eet, ons drink, ons doen die Park Run; ons wag.

Read Full Post »

Our Windblown World.

Days with Morrie and Mitch and Annie and other friends.

It is Winter. It is cold, and because we forgot how cold the previous Winter, and all the winters before this one was, we are curiously unprepared for the sting of this one. How could we forget?

In the same way we forget how fleeting our sojourn on this pale blue dot is, until death comes uninvited and shockingly brutal, knocking at our door, taking someone close to us into that dark night.

We don’t notice. We forget.

Richard (RD) Laing:

 “The range of what we think and do is limited by what we fail to notice. And because we fail to notice that we fail to notice there is little we can do to change until we notice how failing to notice shapes our thoughts and deeds.”

Because we fail to notice that we fail to notice, we blunder headlong from funeral to wedding, from Summer to Winter, from youth to old age and then we wonder what happened, how we got to where we find ourselves at the end of our days.

This morning birds were singing in the fig tree in our back yard. It was freezing cold out there and the crystal clear, beautiful sound of the birds singing was almost unreal. It was as if I heard it for the first time ever. But I forgot. The same thing happened last Winter; On a freezing cold, cloudless morning before the sun was up, the birds started to sing, and it was beautiful, as beautiful as was this morning.

How could I forget?

But we do forget. You get out of bed and start your day. One thousand and one things clamor for your attention and the birds are forgotten until the next morning or the next Winter.

“How we spend our days is, of course, how we spend our lives,” said Annie Dillard. In Tinker Creek she spent her days exploring, exploring the life and ways of dragonflies, of muskrats, of mockingbirds … and of life.

 It is in Tinker Creek that the mystic Annie noticed the tree with the lights in and remembered it and and did not forget, and went looking for it for the rest of her life.

Annie: “The morning woods were utterly new. A strong yellow light pooled between the trees: … the butterflies were vaulting and furling about; the phlox was at its peak, even the evergreens looked greener, newly created and washed.”

In Tinker Creek everything looked new and fresh every morning. Everything was alive, and everything was speeding to its own end – relentlessly.

As do we, but we fail to notice … until one day, out of the blue, death comes by, makes himself comfortable next to your bed, and waits.

It is after the diagnosis of his terminal illness that Morrie, the professor, decided to make this killing disease his final research project. He called his friends to his house and had pre-death funeral service dedicated to his life so that he could tell them what they all meant to him, and so that they could tell him what he meant to them.

Morrie had ALS – amyotrophic lateral sclerosis. There is no cure for it. “You are going to die,” the doctor told him.

It was Mitch Albom, his former student who was there to record Morrie’s final lecture until his last day on earth.

“I am on the last great journey here” Morrie said, “and people want me to tell them what to pack.”

Morrie wanted people around him all the time. He invited the TV station to interview him to tell the word about him and his fight against the dreaded disease. It was a blessing in disguise when Mitch turned up to play the part of the enthuastic student taking notes and asking important questions.

“It (solitude) is not for those who find silence shattering. It is especially not for those who hunger for another consciousness to validate their experience and redeem their reality. It is only for the whole” Maria Popova said.

But Morrie was trying to make sense of it all; of life, of his terminal disease, of loss and mortality and his looming, unescapable death.

Jack Kerouac summed it up perfectly;

“Now the roaring midnight fury and the creaking of our hinges and windows, now the winter, now the understanding of the earth and our being on it: this drama of enigmas and double-depths and sorrows and grave joys, these human things in the elemental vastness of the windblown world.” (Windblown World: The Journals of Jack Kerouac 1947–1954)

Now we are here, and we do not know why, or how, or till when on this “windblown world” with its “sorrows and grave joys” and its “scandal of particularity”. All we can do is, like Dillard “praise the lord” and “praise the land” because “you catch grace as a man fills his cup under a waterfall.”

But grace is distributed sparingly and only to some. “Life itself,” said Dillard, “is so astonishingly cheap, that nature is as careless as it is bountiful, and that with extravagance goes a crushing waste that will one day include our own cheap lives.”

Read Full Post »

The tree with the lights in.

‘There is no guarantee in the world” sê Annie Dillard in haar boek ‘Pilgrim at Tinker Creek’. “Oh your needs are guaranteed, your needs are absolutely guaranteed by the most stringent or warranties, in the plainest, truest words: knock; seek; ask. But you must read the fine print. “Not as the world giveth, give I unto you.” That’s the catch.’

En dit is sekerlik ‘n waarborg wat ons in hierdie tyd van beproewing deur die virus uit China in gedagte moet hou … nie soos julle dit wil nie, maar soos Ek dit wil: Julle wat in julle kinderlike grootheidswaan mure en grense tussen mense bou. Ek sal vir julle ondeurdringbare grense oprig wat volke en nasies, gemeenskappe en families en broer en suster uitmekaar sal hou. En julle wat sanksies en handelsbeperkings teen julle bure instel: Ek sal julle handel oor die hele wêreld tot stilstand ruk, maar nie met bomme en oorlog soos julle dit doen nie, nee, met een klein onsigbare organisme sal ek julle afsonder, sal ek julle besighede toemaak, sal ek julle in vrees en bewing laat lewe, sal ek julle uitwis!

“Who are we, really, when we silence the ego’s shrill commands about who we should be, and simply listen to the song of life as it sings itself through us”

Maria Popova

Ons bly saam op hierdie aardbol, nie meer in isolasie soos ‘n honderd jaar gelede nie. Of ons dit wil aanvaar of nie, ons is nou een familie en, soos die virus baie duidelik vir ons gewys het, absoluut afhanklik van mekaar. Ons handel is so verweef dat die wêreld se besighede tot stilstand kom as een land se fabrieke nie meer hulle produkte kan voorsien nie, maar ons Brexit en ons boikot lustig en dapper voort, ek en my ego op my klein ashopie en jy op joune.

“Every man must decide whether he will walk in the light of creative altruism or in the darkness of destructive selfishness.”

Martin Luther King

Terwyl ons nou meer as ooit moet saamwerk om die virus teen te staan, hoe meer word die vingers woes gewys na “hulle” die “vyand” wat dan die oorsaak van die pandemie sou wees. Sou dit nie beter wees as ons daardie duisende tamaaie bomwerpers wat ons gebruik om mense mee dood te maak, eerder sou toerus sodat hulle gebruik kan word om antivirale middels oor stede te strooi sodat ons mense kan red nie? Dit sal baie meer doeltreffend wees as die ou hand poppies wat nou gebruik word nie.

“Peace demands the most heroic labour and the most difficult sacrifice. It demands greater heroism than war. It demands greater fidelity to the truth and much more perfect purity of conscience.”

Thomas Merton

“Not as the world giveth, give I unto you.” That’s the catch.’ Sê Annie Dillard, en sy behoort te weet, sy het immers die boom met die ligte in gesien, net soos Xerxes in Persië en Pascal. En na jy dit gesien het sal niks ooit weer dieselfde wees nie. “I’ve been there, seen it, been done by it. I saw the cells in the cedar tree pulse, charged like wings beating praise.” sê Dillard.

Ons lewe in die voorste linies aan die gevegsfront, omring aan alle kante deur ‘n onsigbare vyand. Om te kan oorleef sal ons moet vashou aan elke moontlike reddingsboei van hoop wat jou staande kan hou, hetsy dit God of ‘n god is, hetsy dit ‘n heilige boomstomp of jakkals is, of ‘n boom met liggies in of die Buddha of Mohammed of Zeus is. Dit is nie nou die tyd om te twyfel of te stry oor watter god die beste is nie. Gaan op jou knieë en bid, brand ‘n wierookstokkie, dra offers aan vir die gode (dit sal nie nodig wees om maagde of diere te offer nie, ons en die gode is al verder gevorder as dit). Later sal ons wel weer by die punt kom waar ons besef, soos Maria Popova sê; “To be human is to be a miracle of evolution conscious of its own miraculousness – a consciousness beautiful and bittersweet,”

Of soos Ken Wilber dit stel: “The bird sings, and I am that. The sun arises, and I am that. The moon shines, and I am that, in simple, ever-present awareness.”

Maar dit is nog ‘n lang pad om te loop voor ons daar sal uitkom. Op hierdie mundane vlak waar ons lewe is dit vir nou eers ons en die virus en oorlewing. Pas julle self mooi op en help ander soos en waar julle kan. Bly by die huis en ontspan, ons was al voorheen deur dieselfde beproewing en sal weer deur die een kom. Mense sal dood gaan maar die grootste persentasie sal dit oorleef. Ons sal treur oor die wat dit nie maak nie en ons sal jubel saam met die wat dit oorleef, maar ons sal net oorleef as ons saam staan en die grense tussen “ons” en “hulle” afbreek en as een mensdom sonder haat en geweld die virus die stryd aansê. Ons moet nie toelaat dat die politici en ander kwaadstokers ons teen mekaar opsweep tot oorlog en geweld nie. Net soos ek en jy wil oorleef saam met ons gesiefdes, net so wil elke Chinees en Rus en Cubaan en Duitser en Arabier ook oorleef saam met hulle families.

In die woorde van Dr Marc Gafni:

“We must search for a new Evolutionary Intimacy where we feel the pain and joy of the world as our own.

“The is nothing more beautiful or more sacred.

“There is also nothing else that will allow us to move through this 11th Hour of humanity’s potential swan song and transform potential Dystopia to the most beautiful expression of life that ever existed on this planet.”

Read Full Post »

Dated Clouds

Annie Dillard se “Dated Clouds” bly telkens by my opkom. Sy skryf in haar boek “For the Time Being” van John Constable se twee skilderye van Brighton Beach, een van 1824 toe sy vrou siek geword het, en die ander een van 1828 toe sy vrou dood is. Dan maak sy die opmerking dat John se twee skilderye nog met ons is, maar dat nie een van John of sy vrou nog met ons is nie.

Shoreham-Bay-Near-Brighton,-1824    The-Coast-At-Brighton-Stormy-Evening,-C.1828

Foto links is Brighton Beach 1924 en regs is 1928

Alles is verganklik, maar sommige goed is meer verganklik as ander?

Ons ry vroeg oggend af Laeveld toe op Woensdag 6 Maart 2019. Malelane is die eindbestemming. Net anderkant die eerste tolhek anderkant Witbank/Emma-hy-wil-nie-lê-nie of wat ook al, staan die verkeer dood stil. Dit is 07:19 en almal is ongeduldig. Voor in die pad is rooi ligte van ambulanse en `n brandweer of twee.

Toe ons uiteindelik verby die ongelukstoneel beweeg sien ons twee verfrommelde bakkies in die pad, en langs die pad, onder teen die wal van `n spruit `n groot verpletterde vragmotor en sleepwa en houtpale wat die wêreld vol lê, en `n baie plat, baie dooie jakkals lê langs die pad.

Volgens wat mens van die toneel kan aflei het die ongeluk soos volg verloop: Die (60 ton?) vragmotor kom met sy vrag houtpale teen `n redelik hoë spoed teen die afdraande af gery in die heel linkerkantse baan van die snelweg in `n oostelike rigting (m.a.w. in Pretoria se rigting). Skielik hardloop daar `n jakkals van links na regs oor die pad, die bestuurder skrik en swaai die vragmotor na regs om die jakkals nie te tref nie. Die jakkals skrik sy gat af en hou vir dood en lewe aan om die pad oor te steek. Die bestuurder verloor beheer oor die vragmotor, tref die jakkals en ry hom so plat soos `n Nando hoender.

Toe ploeg die vragmotor deur die grasbaan en kabel versperring tussen die twee rybane en tref die twee bakkies wat niks vermoedend in `n westelike rigting op pad was.

Ons weet nie of daar nog karre of bakkies saam met die vragmotor die dieptes in is nie. Ons weet ook nie hoeveel ander slagoffers daar was behalwe die jakkals nie. Dat mense baie seer gekry het is duidelik aan die aantal ambulanse wat aankom en weer wegry van die toneel af. Hoeveel dood is weet ons nie.

Nou wonder mens hoe toevallig so `n ongeluk nou was?

Ek onthou van `n soortgelyke voorval lank gelede naby Bethlehem in die Vrystaat (nie Dillard se Bethlehem in Israel nie). Daar was dit mense wat op pad see toe was vir vakansie. Net buite die dorp kry hulle vriende op pad en hulle hou stil om gou onder `n boom te sit en koffie drink, te bid vir `n voorspoedige reis en te groet voor hulle verder ry.

Terwyl hulle so sit en gesels kom `n vragmotor om die skerp draai ook so teen `n afdraande af. Die bestuurder verloor beheer oor die vragmotor en ry die wat daar onder die boom gesit en koffie drink het mors dood. Net een oorleef om die verhaal te vertel.

Dan onthou ek ook van ons bure, Rita en Raymond Cave. Iewers op pad in digte mis raak hulle motor onklaar. Hulle stuur die kinderoppasser en hulle drie klein kindertjies `n ent weg van die pad af die veld in om hulle veilig te hou terwyl hulle by die kar staan en wag op hulp. `n Groot vragmotor kom verby, raak die pad byster in die mis, jaag die veld in en ry al die kinders en die kinderoppasser dood.

Nou vra ek jou, hoeveel beplanning het so `n pynlik presies uitgewerkte ongeluk vooraf gegaan?

Tyd: moontlik presies 0700 uur die oggend van 6 Maart 2019. Plek: 5 kilometer anderkant die Tol Plaza. Oorsaak: Jakkals steek die pad oor. Betrokkenes: (Onskuldige) Vragmotor en bestuurder en twee bakkies en hulle insittendes (wat ons van weet).

Langtermyn beplanning.

Omtrent 13.8 biljoen jaar gelde gebeur die “Big Bang” en die kosmos begin te vorm.

Omtrent 1.6 biljoen jaar gelede slaan `n weerligstraal `n poel water of soutsuur raak en die eerste vorm van lewe (Mitokondria) ontstaan.

Min of meer 1.2 biljoen jaar gelede word die eerste organismes deur seks verwek (Bangiomorpha pubescens).

Omtrent 250,000 jaar gelede (na baie draaie as onder meer Homo erectus ens.) maak ons voorvaders, die Neandertal sy verskyning en toe volg ons as Homo sapiens in hulle spore.

Fast foreward na Woensdag 6 Maart 2019 … 13.8 biljoen jaar na die BB. Na baie seks en voortplanting en die oordra van bepaalde gene en DNA is `n paar individue, nasate van Miss Plet en Kro Magnon Man (en Adam en Eva ook nog iewers in die prentjie) op die N4 in teenoorgestelde rigtings op pad. Kilometer vir kilometer, en sekonde vir sekonde snel hulle na mekaar toe, en iewers langs die pad draf `n jakkals op pad na sy gat (en moontlik `n werpsel kleintjies) toe.

Word daar iewers dramatiese musiek gespeel terwyl die drama hom afspeel? Is daar werklik, volgens die ou paradigma “Iemand” wat gespanne sit en toekyk hoe die voertuie op hulle noodlotspad na mekaar toe snel? “Iemand” Alomteenwoordig, Alwetend, Almagtig daar “Bo” iewers wat saam met ons die donderende knal van vernietiging hoor?

“Nevertheless the dauntless spirit of science burns bright and clear in everyone who sees that to disappear as a particular thing is to reappear instantly as the No-thing that is the imperishable Home of all that perishes, and that to die now is to die never” Douglas E. Harding, Look for Yourself.

Die Jakkals hardloop, die vragmotor swaai … dit was fyn beplan oor biljoene jare.

Ons ry verder. Dit is `n oortrokke maar warm dag. Donderwolke begin opsteek in die ooste en mis hang oor die bergtoppe. Ons weet nie of ons dopgehou word nie, ons weet nie wat vir ons beplan word nie. Ons spoed voort, vertoef `n wyle op `n plaas anderkant Malelane en ry dan weer terug na Johannesburg en kom om 16:04 veilig by die huis.

Ons het nie `n skildery van die wolke soos hulle op 6 Maart 2019 oor die Laeveld gelyk het nie, maar ons het foto’s van die hulle. Die foto’s sal vir `n lang tyd in ons rekenaars gestoor word. Die jakkals en moontlik een of meer van die slagoffers van die ongeluk is nie meer met ons nie.

Dated clouds: 6 Maart 2019, nege minute oor twaalf op `n Woendag middag net anderkant Nelspruit

“It took me no time at all to notice that this nothing, this hole where a head should have been was no ordinary vacancy, no mere nothing. On the contrary, it was very much occupied. It was a vast emptiness vastly filled, a nothing that found room for everything – room for grass, trees, shadowy distant hills, and far above them snowpeaks like a row of angular clouds riding the blue sky. I had lost a head and gained a world.” Douglas Harding, On Having No Head: Seeing One’s Original Nature.

Read Full Post »

The hardest thing in life to learn is which bridge to cross and which to burn.

Die vraag is nou natuurlik: het hy die brug oorgesteek, of het hy omgedraai en die brug gebrand?

“Believing there is a bridge from where you are to where you want to go is 99% of the battle. The other 1% is to cross it.” sê Richie Norton.

Daar is ook die ander benadering wat aandring daarop dat jy van die brug moet vergeet en op vaste grond moet bly omdat daar soveel meer is om te sien en te beleef. Maar wat daarvan as dit wat jy wil hê slegs aan die ander oewer te vinde is?

Dan moet daar n brug wees, soos Carl Jung se brug, maar dit is weer n heel ander soort van brug, “Grounding in the natural philosophy of the Middle Ages, alchemy formed a bridge, on the one hand into the past, to Gnosticism, and on the other into the future, to the modern psychology of the unconscious.”

But Jung could be wrong in that alchemy (as spiritual quest) formed a bridge to Gnosticism (as religious ideas and systems) through the alchemist himself with the goal of evolution from ignorance to enlightenment, thus working unconsciously with the unconscious, not as a bridge into the past but, as a bridge to modern spirituality and postmodern Integral Operating Systems Theory, which is ultimately a bridge into Nothingness, grounded for ever in the all pervading LOVE that is the cause and well-spring of all that is, was and will ever be.

En dan is daar Annie Dillard by Tinker Creek:

“I sip my coffee. I look at the mountain, which is still doing its tricks, as you look at a still-beautiful face belonging to a person who was once your lover in another country years ago: with fond nostalgia, and recognition, but no real feelings save a secret astonishment that you are now strangers. Thanks. For the memories. It is ironic that the one thing that all religions recognize as separating us from our creator – – our very self-consciousness – – is also the one thing that divides us from our fellow creatures. It was a bitter birthday present from evolution, cutting us off at both ends.”

Duidelik was haar gedagtes op n eiland met geen brug na die Skepper aan die een kant en ook geen brug na ons mede skepsels aan die ander kant nie.

Maar dan sê Richard Bach weer: “We’re the bridge across forever, arching above the sea, adventuring for our pleasure, living mysteries for the fun of it, choosing disasters and triumphs, challenges, impossible odds, testing ourselves over and again, learning (to?) love and love and love.” (The bridge across forever: A True Love Story.)

And then of course there is the wisdom of Snoopy: “In the book of life, the answers aren’t in the back.”

 

Read Full Post »

Ons teken prentjies, mors verf op doeke en staan trots terug om ons eie skeppings te bewonder, maar ons het meeste van die tyd geen idee van waarom ons dit doen nie. Dit was sekerlik nie anders met die eerste mense wat prentjies op rotse geteken het nie, en hulle mede-grotbewoners het sekerlik gedink hulle is van lotjie getik! Intussen het niks verander nie. Mense dink steeds jy is van lotjie getik om prentjies te wil maak.

Cave Art 1

Die ou ego en geld is moontlik die sterkste dryfvere agter kuns. Kunstenaars, net soos ander mense, hou daarvan om op die rug geklop te word, dalk tog so ´n klein bietjie meer as die gemiddelde man op straat? En tog is daar iets anders aan kunstenaars, veral die ware, outentieke kunstenaar. Hulle kyk anders na die wêreld om hulle, hulle sien as’t ware meer en selfs dieper, en hulle hou aan skilder al lewe hulle in armoede.

“The mind does its perceiving in terms of intensity of existence, profundity of significance, relationships within a pattern.” sê Aldous Huxley in sy boek “Doors of perception”. Maar omdat die insette uit die omgewing vir die gewone mens so oorweldigend is, is daar ´n “reducing valve” in sy brein wat hom beskerm en so sy voortbestaan verseker. Die nadeel daarvan is dat die mens dan glo dat; “the reduced awareness is the only awareness and it bedevils his sense of reality, so that he is all too apt to take his concepts for data, his words for actual things.”

Maar vir die kunstenaar, sê Huxley, werk dit soms anders. “A little of the knowledge belonging to Mind at Large oozes past the reducing valve of brain and ego into his consciousness. It is a knowledge of the intrinsic significance of every existent.” en dan word byvoorbeeld gordyne en ander behangsels “ living hieroglyphs that stand in some peculiarly expressive way for the unfathomable mystery of pure being.”

Huxley verwys na Van Gogh se “the Chair” as “that astounding portrait of a Ding an Sich, which the mad painter saw, with a kind of adoring terror,” en wat hy toe probeer vasvang het op doek, maar volgens Huxley, alhoewel dit ´n ongewone gevoelvolle uitdrukking van die voorwerp is, bly dit steeds net ´n simbool van die werklikheid, en nie die werklikheid self nie. Die werklikheid, soos Van Gogh en ander kunstenaars dinge sien, is “manifested Suchness:” en dit kan, volgens my beskeie mening, nie werklik met kwas en verf weergegee word nie. n Kersboom met elektriese liggies in is maar `n vaal, oninspirerende weergawe van Annie Dillard se "tree with the lights in" wat sy by Tinker Creek gesien het (en dit sonder meskalin!)

Vincent's-Chair-with-His-Pipe

Botticelli se “Judith” kom, volgens Huxley nader aan die “manifested Suchness.” Die ryk, vloeiende kleredrag in Bernini se beelde en El Greco en Watteau se skilderye van mans en vrouens is gelaai met “isness.” Hy sê: “They had seen the Istigkeit, the Allness and Infinity of folded cloth …” en dit is, volgens hom, hoe ´n mens behoort te sien.

Botticelli, Judith with head of Holofernes 1569f.jpg

Botticelli, Judith with head of Holofernes 1569f.jpg

El Greco: “I paint because the spirits whisper madly inside my head.”

The-Virgin-of-the-Immaculate-Conception-(detail-1)-1608-13-small

The Virgin

Bernini: Apollo and Daphne.

Apollo_&_Daphne_September_2a

Vermeer en Vuillard se skilderye sien hy as; “Eternity and Infinity seen,” en as “the Dharma-Body manifested”.

Vermeer:

Vermeer Girl with wine glass    Vermeer Lady standing at Virginal    Vermeer The lacemaker

Watteau:

Watteau_Polish_woman Watteau

Maar helaas, ons is nie almal Vermeers of Van Goghs nie. Ons sien maar ´n boom as ´n boom en ´n blom as ´n blom, en daarom maak Huxley hierdie verdoemende stelling: “Art, I suppose, is only for beginners, or else for those resolute dead-enders, who have made up their minds to be content with the ersatz of Suchness, with symbols rather than with what they signify, with the elegantly composed recipe in lieu of actual dinner.”

By gebrek aan hierdie dieper, kontemplatiewe insig teken ek maar my prentjies en hoop iemand sal dink dit is mooi.

Sonneblomme   Magallieberg PC  OLYMPUS DIGITAL CAMERA

Een lewende kunstenaar wat ek ken wat dalk naby aan Huxley se ideaal van In kunstenaar kom sal Daniel Olivier wees. Sy skilderye (en sy waagmoedige, andersoortige poste op die internet) laat my dink dat, in Huxley se woorde: ‘His perception is not limited to what is biologically or socially useful. A little of the knowledge belonging to Mind at Large oozes past the reducing valve of brain and ego into his consciousness.”

Daniel Olivier

Aan die ander kant; wat is kuns? Iemand het eendag die vraag aan `n kunstenaar gevra, (het nou vergeet wat sy naam was) en toe antwoord hy: “Well, art is art, is’nt it? Still, on the other hand, water is water! And east is east and west is west and if you take cranberries and stew them like applesauce they taste much more like prunes than rhubarb does. Now, uh …now you tell me what you know.”

Read Full Post »

Dinsdag 22 April 2014 dou voor dag op pad deur die land se steenkoolgedrewe “Powerhouse”. Op die horizon, tussen bome spartel die son vergeefs om deur die digte rookmis sy gesig te wys.

Sky 1 (2)

Oggendlied

Môre son en wolke ver agter senuwees

agter visioene van silwer bloed –

hoe gaan dit anderkant die wêreld?

jy ook al op, pitpyn?

                                                                Breyten Breytenbach

`n Paar minute later slaag Sol daarin om rooi-oog deur die mensgemors te loer

Sky 2 (2)

En die oggend

toe die son met ranke stralend oor die ringmuur klim

het die bloeisel soos `n bruin pêrel

geruisloos

van die boom geval

                                Antjie Krog (Winterbloeisel)

In my geval het die bloeisel soos `n rooi pêrel, geruisloos op my bakkie se neus geval.

Annie Dillard sê: “Beauty and grace are performed whether or not we will or sense them. The least we can do is try to be there.”

Sky 4 (2)

Asof om te vergoed vir die mens se besoedelde lug, begin die son die wolke verf in laatherfs kleure.

Sky 5 (2)

Sky 7 (2)

In haar boek “For the time being” skryf Annie onder die opskrif “Dated Clouds” van John Constable wat op 12 Junie 1824 “painted squally clouds over Brighton beach. They swirled from a central black snarl.”

In 1828, terwyl sy vrou op sterwe lê, skilder hy weer die wolke oor Brighton beach. Die skilderye is nog met ons. Maria is nie meer nie.

En nou is die oggend wolke oor Mpumalanga ook gedateer. Ook die die laat middag wolke op my pad terug is vasgelê. Steeds donker en half dreigend van koud of reën.

Sky 10

En gister, op 24 April 2014, volg hierdie helder wit, eensame stil wolkie my regs van die pad vir goed die helfte van my tog suidwaarts. Toe ek weswaarts koers verander, het die son en wind hom begin uitrafel tot slierte wit teen die helderblou herfslug.

049

Dated clouds by a dated man.

Read Full Post »