Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘dood’

Game – Set – Match

Advertisements

Read Full Post »

Vrede

Johan op sy driewiel

Die laaste inskrywing op hierdie blog deur Johann. Sondag sal ons sy as gaan strooi op `n koppie by Mooinooi.

Rus in vrede broer, vriend, geesgenoot. Ons mis jou.

Hy was inderdaad `n man van vrede.

 

Vrede

Die ou man leun so trug teen die kleimuur, en die riempies van sy stoel buig kwalik onner sy tenger gewig. Ons koffiebekers is lankal koud maar sy skraalte drink nog die hitte vannie muur.

Normaalweg sou ek nou al half ongemaklik begin raak het met ‘n stilte wat so draal. Die peperboom se bessies ritsel in ‘n vae bries en ‘n torrie se koer uit die bloekombos, so ‘n enkie daar agter sy hut, vee die trae lug in lustelose kringe.

Die plooie op sy gesig lyk so gemaklik – assof dit enige oomblik kan vervorm in ‘n glimlag, of verdriet. Skuins strale van die laat middag son ets sy gelaat ‘n rooier bruin en streel die grys halo van sy kort geskeerde hare. Nooit sou ek kon dink dat daar so ‘n vrede in hierdie lewe kon wees nie.

My gedagtes dwaal trug na vroeër, toe ons gesels nog gevloei het. Soos die gekibbel van ‘n bedeesde waterstroompie, wat sy weg kronkel deur die Wes- Transvaal se vlaktes, het ons woorde strominge in mekaar se gedagtes laat blyk. My gemoed waarskynlik meer van ‘n modderkolk . . . en syne . . .? Die vrede was tóé al tasbaar: die rugstring van sy wese.

Die ding van ‘n kleimuur is dat dit hitte opsuig, en later as die lug afgekoel het, weer uitstraal. Dik kleimure, met klein vensterkies soos dié van sy tweevertrek hut, hou ‘n huis se binnekant koel innie somer, en warm innie winter. Buk deur die deur en staan vir ‘n minuut of so eers baie stil. Tot dat jou oë die donkerte gewoont raak . . . tot dat jou siel die koelte vind.

My oë gly oor die groen mielielande, draai trug na sy gesig toe, en ontmoet syne. ‘n Vae glimlag speel om sy mond en die antwoord lê rein in sy kyk.

Het ek ooit ‘n vraag gehad?

Read Full Post »

Opgedra aan my vriend Hennie saam met wie ek `n lang pad geloop het, en sy gesin. Ons innige meegevoel met die heengaan van jou ma na haar lang stryd. Ons dink aan julle.

Read Full Post »

Bonnie

Ons beleef voorwaar nie `n aangename tyd nie. Die afgelope week of drie loop die ou Sekelman knaend op ons spoor. Neem ons eers afskeid van Mia wat vir baie jare die kleinsus in die gesin was na ons ander mensekinders die huis verlaat het. Toe groet ons ons ouboet Dirk, en nou neem ons afskeid van ons geliefde Bonnie.

Die twee hondekinders het oral saam met ons gaan vakansie hou. Kleinsus en Ousus. Bonna was veral lief vir die see, maar eintlik was sy maar net mal oor saamry. Maak nie saak waarheen gery word nie, as die wiele draai wou sy saam.

Saam met Ma en Pa by die see, met Mia in die rugsak omdat haar been seer was en sy nie vêr kon loop nie.

Sy was lief vir water, of dit nou n getypoel of stortreën was, as dit nat was moes sy daarin speel, maar nooit in die  swembad nie, daarvoor was sy te veel van n lady, n waardige, afsydige Skotse lady.

Na 14 jaar saam met ons, het kanker haar kom wegvat. Sy was gedaan en die veearts het haar uit haar pyn verlos.

Ons mis jou ou Bon met jou ronde lyfie en kordaat houding. Jy was uniek, jy was dierbaar. Mooiloop ou honne. Dit was goed om jou te geken het.

Read Full Post »

Ouboet


Dirk, Petrus, Johannes van Schalkwyk 1936-2017
Ons Ouboet, gebore lank voor ek die lig gesien het en uit die huis uit voor ek behoorlik bewus geword het van wat alles om my aan die gang was.

Meeste van die tyd was hy net `n skadu figuur in die agtergrond van my bestaan. Iewers was daar `n ouboet met sy eie lewe, sy eie drome, sy eie vriende. Ek onthou grepe van waar hy wel op die voorgrond getree het soos Kersfees by Letswana Park waar hy en Sus die dansbaan aan die brand gedans het, soveel so dat die ander dansers op die kant gaan staan het om te kyk hoe die twee die Tango dans, amper soos Al Pacino en Gabrielle Anwar in Scent of a Woman.

Ek was nog op laerskool toe hy eendag vir my `n verjaarsdag geskenk gegee het, `n Daisy pellet gun, so `n klein, grootliks plastiek windgeweertjie wat sulke klein ronde koeëltjies met so `n boog geskiet het. Jy kon sien hoe die koeëltjie deur die lug trek, en die vöeltjies kon dit ook sien aankom, met die gevolg dat hulle gelukkig kon wegvlieg voor die koeël hulle tref. Ek en die mossies het groot pret gehad met daardie geweer van my.

Gebore in die ou Oos-Transvaal iewers op `n plaas naby Trichartd, toe na Hibernia en later Loslapdoorns in die Wes-Transvaal naby Lichtenburg. Laerskool Zoetmelksvlei, Hoërskool Lichtenburg, Universiteit Pretoria toe Army toe. Van daar die wye wêreld in om te werk, te trou en 4 seuns groot te maak, goed groot te maak sodat hulle goeie, verantwoordelike manne kon word. En dit is miskien ons finale nalatenskap, `n soort van getuigskrif vir ons, dat ons kinders eerbare, hardwerkende en geliefde mense in die samelewing word wat op hulle beurt goeie ouers vir hulle eie kinders is. (of miskien is dit juis ten spyte van ons pogings om hulle op te voed, dat hulle goed uitdraai?)

Iewers langs die pad het ek hom eendag per ongeluk amper dood gery met sy eie rooi Willys Jeep, maar dis `n lang storie. En nou is hy weg. Ons Ouboet, Pa van sy seuns en Oupa van sy kleinkinders is huis toe. Ons groet jou, jou skadu sal nog lank in die agtergrond van ons lewens voort bestaan. Gaan in vrede.
“The return journey may take us back through physical love, the unity of touch; Through mental love, the unity of rapport; Through cosmic love, unity with all things. In the end, our journey form Love to Love will take us back to the realization of oneness with What we have always been and ever will be.” (Arthur Tricknor: Solid Ground of Being)

Read Full Post »

Einde van `n pad

Gegroet ou kleintjie. Mooiloop.

 

Read Full Post »

Mia

Vandag is ons baba weg. Haar pyn verlig deur die dokter met die bottel blou medisyne.

Sy was maar net `n klein bondeltjie hond toe ons haar gekry het, die “runt” in die werpsel.

En toe word sy en haar ousus die middelpunt van die gesin se lewe.

Na twaalf honde jare (84 in mense jare) wou die beentjies nie meer loop nie en moes ons jou groet.

Ons sal jou ou klein lyfie mis Mia. Dit was 12 goeie jare. Mooiloop poppie.

Hulle wag vir Ma om huis toe te kom. Nou is daar een waghond minder.

Read Full Post »

Older Posts »

%d bloggers like this: