Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘moraliteit’

Wording

“What the evolutionary  structure of the  Metaphysics of Quality shows is that …”

Nou wonner ek oor daai fyn opsomming van Pirsig se MoQ. Op ‘n manier blyk dit dat elke hoër stadium wel teer op die laer een wat getransendeer word, en in die proses die laer vlak verorber en vernietig.

Die wette vannie natuur vang anorganiese materie vas in statiese patrone: los hangende atome word versamel en gebind in ‘n rots, in ‘n planeet, in ‘n ster, in ‘n sterrestelsel … So word die onafhanklike bestaan van ongeordende materie vernietig.

Dan kom die wette vannie oerwoud, of te wel die organiese bestel wat statiese patrone van bevange materie dekonstrueer ten einde hulle eie dinamiese bestaan te skep. ‘n Klein saaikie steek ‘n klein haarwortelkie uit om voedingstowwe te versamel en so word die statiese grond afgebreek, ingeneem, getransformeer in ‘n nuwe  orde van organiese bestaan. Hier vier die individu hooggety.

Uiteindelik stel die plant suurstof vry innie lug wat weer deur ‘n mens ingeadem word en van daardie molekules beland innie brein waar dit gebruik word om die sosiale orde te bou. Die “Wet”, hetsy geskrewe of kultureel vervat, onderwerp die biologiese moraliteit van die “Oerwoud” aan sosiale beheer ten einde die gemeenskap as entiteit te vestig en te onnerhou. ‘n Deel van die sosiale moraliteit se dinamika is dus om die individu se bestaan onnergeskik aan dié vannie gemeenskap te maak. Dus word die individu eintlik verswelg deur die trop.

‘n Kritiese faktor innie suksesvolle wording van ‘n gemeenskap is egter dat die individu homself bewustelik onnergeskik stel aan die gemeenskap; daarom die klem op die ontwikkeling van deugde. Die belangrikheid vannie deugde lê daarin dat wanner die intellek ontwikkel tot die mate dat dit die sosiale moraliteit transendeer, daar ‘n stabile statiese struktuur in plek moet wees wat kan verhoed dat ‘n terugsinking na individuele selfbelang plaas vind.

Indien die deugde as sosiale moraliteit welnemend ontwikkel word tot ‘n funksionele statiese patroon, onnerskraag dit die ontwikkeling van ‘n dinamiese proses waarin die sosiale orde getransendeer word. En wel tot die mate dat nie die individu óf die gemeenskap meer van aller hoogste waarde is nie. Hier betree ons dan die transpersoonlike orde, waarvan daar bitter min bekend is. Pirsig, Wilber en ‘n Nagual sal ons verder moet lei.

Read Full Post »

A decent man

‘Existence precedes essence’ is die ou eksistensialistiese credo.

Mens bestaan dus eers, en dan word jy wat jy in essensie is. Die “essensie” is nie `n vasgelegde iets wat jy moet of sal word nie, dit is `n wordingsproses van dag een tot die dag dat jy dood.

‘Morality precedes religion’ lyk dit, is die nuwe ateïstiese/sekulêre credo.

Of dan:” Human decency is not derived from religion. It precedes it”

Met ander woorde, die mens is in essensie moreel (decent). Godsdiens het niks daarmee te doen nie. Mens is noodwendig moreel en dan kan jy kies of jy godsdienstig/ateïs/agnostikus of wat ook al wil wees.

Volgens teorië van, en en navorsings bevindinge deur ontwikkelig siekundiges, is daar bepaalde stadia van moraliteit waardeur `n mens  ‘groei’ gedurende sy leeftyd. Kohlberg byvoorbeeld identifiseer 6 stadia van morele ontwikkeling.

Interessant is dat die eerste stadium van morele ontwikkeling by die kind (die pre-konvesionele staduim) gekenmerk word deur totale egoïsme. Met ander woorde, alles wat goed is vir my, is goed, punt.

Nou is dit so dat, in die volwasse wêreld, gedrag wat spruit uit uiterste vorme van egosentrisme, nomaalweg beskou word as immorele gedrag. Dit druis in teen die sosiale gewete, dit druis in teen normale sosiale gedrag, teen alles wat die ordelike werking van `n samelewing in stand hou.

Met ander woorde die heel eerste en basiese ‘instink’ van die mens is immoreel, en nie decent soos  Hitchens skynbaar beweer nie. Kinders moet van meet af aan  geleer word wat is moreel en wat is immoreel, en hierin, sê sielkundiges, speel ouers, die samelewing, die skool en die kerk `n kardinale rol.

Die kind leer baie gou dat grootmense bepaalde gedrag goedkeur  (en dat jy daarvoor beloon word) en dat grootmense ook bepaalde gedrag afkeur (en dat jy daarvoor gestraf word). Die kind redeneer dus dat beloning is beter as straf vir my en daarom is dit beter om ‘goed/moreel’ te wees, as om ‘sleg/ immoreel’ te wees.

Kohlberg en ander se bevinding is dat meeste mense ontwikkel tot by die konvesionele staduim van morele ontwikkeling en dan daar vassteek vir die res van hulle volwasse lewe. In hierdie staduim is dit vir die individu belangrik om deur die samelewing aanvaar te word, om die goeie ou in jou eie oë en die van ander te wees. Die samelewing dwing basies sy morele kodes op die individu af deur sanksies wat wissel van afkeur tot verwerping tot fisiese straf, en selfs die doodstraf in uiterste gevalle.

En hierin lê dan die ‘crux’ van die saak van morele gedrag, dat die meeste volwasse mense self op die regte pad gehou moet word deur dwang. Nou is dit so dat die enigste agente vir die afdwing en instandhouding van die morele orde hoofsaaklik die ouers, die skool en die kerk is, en in uiterste gevalle van immorele/misdadige gedrag natuurlik die polisie.

Die mens is dus nie van nature ‘decent’ nie. Sodra sosiale beheer (soos Andrew aan sy eie bas gevoel het) in duie stort, stort die hele morele sisteem in duie en elke ou jaag sy eie belang na sonder in agneming van ander se belange en wense. Wat natuurlik in skrille kontras staan met die idee dat die mens inherent moreel en goed is.

Nêrens op hierdie aardbol bestaan daar vandag enige waardesisteem wat nie sy wortels in een of ander godsdienstige of ‘geestelike’ sisteem, hetsy Christelik, Hindu, Buddhis, Shinto, Voorvaders, Islam of wat ook al het nie, en dit is hierdie sisteme wat die anker vorm van die (gebrekkige?) morele padkaart wat deur alle samelewings gevolg word en wat hulle op hulle lede afdwing terwille van ordelike naasbestaan.

Uiteindelik is “spiritualy derived moral principles” dus die dryfveer van “sosiaal aanvaarbare” gedrag vir die massas in alle samelewings soos dit vandag (en nog altyd) bestaan het.

Om dus te sê: “Human decency is not derived from religion. It precedes it”  is om te sê ; “Human decency precedes society” en dit, sê ontwikkeling sielkunde vir ons is ‘onnoselgeit’

Maar om te sê: “Human decency is not only derived from religion” sou nader aan die waarheid wees want Kohlberg en ander noem ook dat sommige, inderdaad baie min mense, verder ontwikkel as die konvensionele staduim en vorder tot by die postkonvensionele staduim.  Op hierdie vlak glo die individu; “.. as a rational person, in the validity of universal moral principles, and a sense of personal commitment to them.”  Let wel die stelling is “as a rational person”. Die individu kom dus tot hierdie gevolgtrekking deur die rede, deur die gebruik van sy verstand.

Slegs op hierdie vlak, en enige moontlike vlak wat hierop mag volg, is daar hoogs ontwikkelde individue wat verstaan dat daar bepaalde morele beginsels is wat opsigself en universeel reg en goed en geldig is en na gevolg moet word, selfs al sou hulle bepaalde samelewing, kerk, godsdiens,  heilige geskrifte of statutêre wette dit nie goedkeur nie.

Maar weer eens, om hier uit te kom moet die individu eers deur al die vorige vlakke van ontwikkeling ‘groei’. Die individu se morele denke en gedrag word dus noodwendig gevorm deur die samelewing (ouers, skool, kerk). Hierna kan hy by hierdie invloede verby beweeg en deur `n proses van individuasie onwikkel tot waar hy of sy verstaan dat morele waardes universeel geldend is, en nie groepsgebonde en/ of arbritrêre reëls is wat priesters en gemeenskapsleiers uitgedink het nie.

Om die ‘gepeupel’ uit die hoogtes van hierdie vlak van denke, van insig, te wil verguis en te wil beledig en kleineer omdat hulle nie jou ‘groot  waarheid’ kan insien nie, is om moreel eties dalk hoogs gevorderd te wees, maar steeds egotisties opgeblase en selfs immoreel te wees.

Dit is eers, soos Wilber dit ook stel, as die individu die (veroordelende?) intellek transendeer (noem dit satori, kensho, enlightenment, a beautiffic experience) dat hy kan wegstaan van die samelewing, die skool en die kerk se soms brutale morele kodes, en op grond van insig en direkte belewenis  verklaar; dit is so, die geskrifte is waar, morality (human decency) is not derived from religion or any other human institution or intellectctual deliberation, it is the essence of all life.

Dus: Morality does not precede religion, morality precedes life.

Ek wil so ver gaan as om te sê; jy kan, volgens jou bepaalde samelewing se standaarde, `n heel decent ou wees (want hulle het jou mos so geleer!) maar dit maak nie noodwendig van jou `n ware morele mens volgens universeel geldende morele standaarde nie.

Read Full Post »

Die vreemde gedagtes van Umberto Eco.

In Amerika word `n vrou ter dood veroordeel weens die moord op haar man en stiefseun. Sy word na jare met narkotika en `n naald die ewigheid ingehelp.

In Iran word `n vrou van owerspel aangekla en ter dood veroordeel. Sy moet met klippe dood gegooi word in die openbaar.

Nou vra Umberto hoekom is ons geskok, en protesteer ons teen die doodstraf (deur verbrysel te word met klippe) van die owerspelige vrou, maar keur dit swyend goed dat die vrou wat twee mense vermoor het, pynloos tereggestel word. Hy beweer ons Westerlinge is afgestomp, ons is oneerlik en so effe siek. Hoe durf ons `n onderskeid tref tussen die twee gevalle!

Beweer Umberto dalk dat daar geen verskil is tussen om iemand `n snot klap te gee, of om sy kop met `n swaar voorwerp tot `n pappery te reduseer nie? Daar is tog sekerlik `n verskil in die geestes gesondheid onderliggend aan die twee aksies?

Hy gaan dan verder en sê ons is irrasioneel. Ons keur die doodmaak van `n vark goed, maar kla oor mense honde eet. Ons trap `n ruspe dood sonder om `n oog te knip, maar skel iemand uit as hy of sy `n skoenlapper sou doodmaak.

Ons pas dus dubbele standaarde toe, sê hy, en dit is so. (Ek ken iemand wat loop en muskiete doodslaan met sy hande, en elke keer wat hy een doodmaak sê hy ‘skuus, ‘skuus, asof dit nou sal help!) Maar kan hy spring van mensemoord tot om `n gogga dood te maak en die twee gelyk te stel?

Ene Johan Swarts ruk sommer die dam onder die eend uit en maak die woeste stelling dat ons hier te lande dan nou kwansuis nie so emosioneel opgewonde sou geraak het indien die mynramp van Chilli een van ons myne getref het nie. Dit is vir hom in die eerste plek vreemd dat die wêreld so “geswymel” het oor `n spul myners wat in nood was!

Maar hy glo dat ons (wittes) hier  nie vir een oomblik ontsteld sou wees as (swart) myners vasgekeer sou word nie.

Dit is `n gruwelike veralgemening en erg rassisties daarby. Is dit miskien sy eie gebrek aan medelye wat hy op sy volksgenote projekteer?

Beide Umberto en meneer Swarts het vreemde idees, dink ek. Een blinde sê die ander blindes hoe aaklig die wêreld regtig lyk.

Gelukkig is die ouens van “Die Antwoord” nog daar om vir ons te wys dat die mensdom nog nie heeltemal van sy verstand af geraak het nie. Of misgis ek my?

Read Full Post »

Moraliteit en deugsaamheid

Moraliteit is ‘n sosiale konstruk, gegrond op ‘n groep se ooreengestemde werklikheid, wat funksioneel die voortbestaan van beide die groep sowel as die individu onderskraag deur die wisselwerking van sekulêre waardes.

 Deugsaamheid is gegrond op die universele begrip dat daar geestelike waardes is wat beide die individu sowel as die groep se sekulêre bestaan transendeer.

 Sonder deugsaamheid is moraliteit verdoem tot die ewige stryd om oorlewing.

 Sonder moraliteit is deugsaamheid ‘n klug wat ‘n bespotting van bestaan maak.

Read Full Post »

Tao Te Ching (vers 16)

Returning to the root

Be completely empty.

Be perfectly serene.

The ten thousand things arise together;

in their arising is their return.

Now they flower,

and flowering

sink homeward,

returning to the root.

 

The return to the root

is peace.

Peace: to accept what must be,

to know what endures.

In that knowledge is wisdom.

Without it, ruin, disorder.

 

To know what endures

is to be openhearted,

magnanimous,

regal,

blessed,

following the Tao,

the way that endures forever.

The body comes to its ending,

but there is nothing to fear.

Voetnota deur Ursula K. Le Guin, die vertaler:

To those who will not admit morality without a deity to validate it, or spirituality of which man is not the measure, the firmness of Loa Tzu’s morality and the sweetness of his spiritual council must seem incomprehensible, or illegitimate, or very troubling indeed.

Read Full Post »

Moraliteit

Die gevoel van selfwees. Ken Wilber beskryf dit as ‘n ligte drukking in die middel van die voorkop, tussen en agter die oë. Die ontwikkeling van hierdie gevoel van selfwees omskryf hy as deel van die Atman Projek. Dit kan ook omskryf word as individuasie. In kort: die wil tot wese wat implisiete bestaan dryf tot die uiterste van ‘n begrensde entiteit.

En daarin lê die ding: die begrensde self bereik ‘n verskansde posisie waar dit maklik is om te veronderstel dat dit die middelpunt en fokus van die hele wêreld is.

Wat sodanige selfbehebtheid wel in toom hou is ‘n terugvoer meganisme gegrond in die gewaarwording van ons inter-afhanklikheid. Meeste normale mense besef op ‘n bewustelike vlak dat hulle nie vinger-alleen hul eie voortbestaan kan bewerkstellig nie: ons bestaan hang inderdaad af van die samewerking wat ons van andere ontvang. Moraliteit, in die sosiale sin, is presies daardie meganisme. ‘n Oog vir ‘n oog, en ‘n daalder vir ‘n daalder. (Besigheid, natuurlik, is eerder ‘n geval van: een van my daalders vir twee van joune.) ‘n Ewewig van gee en ontvang (in breë trekke) is die grondslag van enige samelewing. Die waardes wat toegeken word verskil van kultuur tot kultuur, maar die onderliggende beginsel is universeel, alhoewel idealisties.

Suid Afrika beklee nou die eerste plek wêreldwyd in terme van die wydste gaping tussen ryk en arm. Geen wonder nie. Watse soort moraliteit (of eerder gebrek daaraan) het tot die situasie gelei? ‘n Voorbeeld: die voorste kommunis in die land ry die duurste motor in die kabinet, en dit nogal die minister van hoër opvoeding.

Read Full Post »