Inskrywings op ‘n blog vervaag vinnig. Ou artikels, soos laas week s’n, raak versluier vir enige leser wat nuut op die blog begin lees. Selfs gereelde lesers vind dit moeilik om ‘n geskrif wat ongeveer 2 maande gelede verskyn het weer op te spoor. Een van die belangrike beginsels waarop blogging gegrond is, is die vinnige tempo van verandering wat mens tot ‘n mate dwing om die vorige inskrywing onmiddelik te vergeet sodra ‘n nuwe een verskyn. Tog is daar dinge wat mens langer oor wil tob en soos ‘n niekerbôl stadig wil suig en geniet. Party goed word beter met die tweede lees, en kan ‘n paar maande later weer net so geniet word; as mens dit weer kan opspoor! Ten einde die storietyd stories wat op die normale manier op Skalkskryf verskyn het meer toeganklik te maak, word hulle op hiérdie bladsy ook geplaas in ‘n soort van ‘n blogbiblioteek. Geniet dit!
KORTVERHALE
Ouboet, Kleinboet en die Buurman
NOVELLA
Vrede op Aarde
Lewer kommentaar