Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘pyn’

Ou Galblaas (Vervolg)

Is die laaste ding wat ek vermoed het, dat Ou Galblaas ´n vervolg sou hê. Hoe erg kan dit wees? Duisende mense verloor hulle galblase elke dag, en ´n week of wat later is hulle terug by die werk.

Moes geweet het dit sal nie so werk nie. Hier is daar altyd so ´n laaste skop op die skeen net as jy dink alles is nou verby.

Maandag word die operasie gedoen en die bose stene verwyder. Dinsdag gaan ek huis toe. Dit gaan vining beter, is selfs braaf genoeg om fotos van my klippe hier op die werf te plaas. Saterdag gaan dit so goed, ek ry saam met Ma na die plot toe om na die skaapies te gaan kyk, vir ou Jacob ´n groot pizza te gee en vir die kindertjies daar elkeen ´n tjoklit te gee. Baie dapper. Volgende week begin ek weer werk. Maar natuurlik weet ons al teen hierdie tyd: geen goeie daad sal ongestraf bly nie.

Laat Saterdag nag begin die pyn. Ek drink pille. Middernag slaan die pyn met alle geweld toe. Dit voel asof iemand soutsuur met ´n tregter in my ingewande ingegooi het. Dis ´n swart-groen pyn wat jou binnegoed verteer en jou asem uit jou uit wurg. Ek het in my lewe nog nooit soveel pyn verduur nie. Op ´n kol wonder ek vlugtig hoekom iemand koue water oor my kop sal uitgooi terwyl ek in pyn is, toe kom ek agter dis sweet wat so in ´n stroom oor my gesig loop. Daar is absoluut geen afname of onderbreking in die pyn nie. Dit word ook nie erger nie want dit kan nie. Daar is eenvoudig nie plek vir nog meer pyn nie.

Die voordeel daarvan om geskiet te word met ´n haelgeweer wat jou bobeen vergruis, is eerstens dat die donderende slag jou so laat skrik dat jy nie dadelik besef wat gebeur het nie. In die tweede plek verlam die skoot jou been so dat jy vir die oomblik geen pyn voel nie, en jy nog vir die mense kan sê wat om met die been te doen wat so skuins langs jou lê. Jy kan vir hulle sê hoe om jou mooi op te tel en agter in die bakkie te laai om jou by die hospital te kry, en jy bly by jou positiewe om vir die bestuurder die pad te beduie. By die hospital kan jy nog vir die ongevalle personeel sê om jou broek en onderbroek met ´n skêr van jou lyf aft e sny om by die wond uit te kom, en dan verloor jy jou bewussyn en kom eers weer dae later by na die eerste operasie verby is. Genadiglik is jy onder erge verdowing.

Met die hartomlyning was daar ontsettende spierspasmas wat van tyd tot tyd toegeslaan het. Gelukkig het dit sporadies gekom en weer gegaan terwyk ek onder erge verdowing was. Nogtans was dit so seer dat ek nie gedink het ek sal dit oorleef nie.

Dit was lank voor hierdie episode toe die gal iewers uit ´n buisie in my ingewande begin lek het. Nou weet ek wat meer pynlik as ´n hartomlyning is.

Ook met die operasie vir prostraatkanker was daar pyn, maar dit het ´n aanloop gehad en mens kon jou voorberei op wat wag. In vergelyking met die galblaas komplikasie, kinderspeletjies.

Met die aanval van Herpes zoster in die oog was dit ´n ander storie. Dit pyn baie erg en dit voel of jou oog wil uitspring en jou sinus gaan ontplof, en as jy dink dit kan nie erger nie, dan gooi hy jou in ´n diep gat van depressie. En die ding kom weer en weer en weer. Maar steeds is daar geen vergelyking met die pyn van ´n lekkende galbuis nie. Dit begin en dit hou aan tot hulle jou in die ambulans laai, tot hulle jou by ongevalle aflaai, dan deur die CT Scanner druk, dan opereer om die lek te herstel, en dan eers vol pynstillers begin stop, “engeltjie piepie” soos Ma en die kinders dit noem oor die uitdrukking van saligheid wat oor sy gesig spoel sodra die vloeistof in sy lyf begin instroom.

En as jy van ´n hoë muur af donder en jou bekkenbeen van bo tot onder kraak en een hoek afsplinter, het ek geleer, kan jy nog ´n treinrit van Durban tot in Pretoria sonder pynstillers oorleef, al moet jy self jou bagasie op en aflaai en op die peron rondsleep. Ja dis seer, maar nie naastenby so seer as wat ´n klein, lekkende galbuisie aan jou kan doen nie.

Daar is darem nog genade. Om doof te word bring geen pyn mee nie. Dit word net al stiller en stiller tot daar geen geluide meer oor is nie. Die enigste pyn daaraan verbonde is emosionele pyn, en die kan man hanteer. “Cowboys don’t cry”.

Maar hy het dit oorleef, al het Buurman wat Ma agter die ambulans aan hospital toe gevat het, vir sy vrou gesê die oom gaan dit nie oorleef nie. Maandag gaan ons weer die spesialis sien, en oor ses weke kom die stens uit, dan hardloop ons weer volspoed agter wind aan, soos altyd.

“What sound does forgetfulness make?”

Read Full Post »

025

Deur `n spinnekop gebyt.

Word die vrou een nag wakker van `n helse pyn in die hand. Vind net `n rooi bytmerk maar geen byter nie. Die volgende oggend is die hand erg geswel en sy gaan dokter toe. Die stuur haar hospitaal toe want teen daardie tyd lyk die hand al sleg en die arm en deel van die gesig is geswel. `n Vreemde verskynsel is dat seerplekke in haar gesig en op die ander hand ook begin swel en tekens van nekrose wys. Die byter was moontlik die giftige Sakspinnekop (Cheiracamthium fulcatum) Die goed is glo baie agressief en byt mense gewoonlik in die nag.

Sy word opgeneem in die staatshospitaal, in `n bed geparkeer en een Panado ingejaag. Sy lê 2 dae so sonder dat sy `n dokter te sien kry. Al wat gebeur is dat haar beursie en selfoon gesteel word. Toe boek sy haarself uit en gaan terug werk toe.

Teen daardie tyd lyk die hand en ander seerplekke al baie slag, en dit is toe ek haar te sien kry. Sê haar om onmiddelik terug te gaan dokter toe, dit lyk of sy gaan haar hand gaan verloor, indien nie haar lewe nie. Wat ek toe nie weet nie is dat sy nie geld het om weer dokter toe te gaan nie. Sy kom van Oos London af, moontlik gevlug van `n man wat haar aanrand. Sy lyk of die lewe haar al `n paar harde klappe gegee het.

Die volgende dag is Ma saam en sy gaan kyk na die vrou se hand. Sy is boos; hoe kan julle mans nie iets doen aan die saak nie, die vrou is siek!

Sy bel haar dokter en vra of hy kan help. Verduidelik van die byttery, die swelsel en die armoedigheid en kan hy dit oor sy hart kry om die vrou te sien en te behandel …. verniet. Hy stem in en die vrou se baas reël vervoer.

Die foto bo is geneem 3 dae na behandeling. Die ergste swelsel het gesak, al lyk dit nog of die hand aan `n 80 jarige ou tannie behoort. Die ander seerplekke lyk strate beter. (Ek het nog nie gehoor dat sy Ma bedank het vir die moeite nie, maar ek het ook nog nie gehoor dat Ma kla daaroor nie!)

Ek vermoed dat die spinnekop nog in die vrou se kamer moet wees en sê sy moet Fumitabs of Doom fogger gebruik om die onding dood te kry voor hy weer `n midnight snack soek. Sê sy nee, sy het sommer Jeyes Fluid gebruik.

Goeie bliksem. Dit is `n industriëele ontsmettingsmiddel. Dit sal seker werk want die stink reuk daarvan sal die gogga dalk die huis, die erf en moontlik die land uit jaag, maar hoe slaap jy in daardie oorweldigende stink?

Op `n plaas in Thabazimbi loop ek Woensdag hierdie meneer raak.

032

Dit is nie bekend of hy dalk ook in die vrou se huis was en toe bosveld toe gevlug het na die dosis Jeyes fluid nie!!

031

Die Wawiel Spinnekop Argiope cuspidata. Sy byt is nie giftig nie, inteendeel, daar word vermoed dat sy poli-amien toksiene potensieël terapeuties kan wees!!!

Read Full Post »

Eina

Kom daarvan as jy jou vinger onder Liefie se neus rondswaai.

Read Full Post »

Never to have been

Ons vriend Die Piesangverkoper skryf in Rapport `n uitstekende artikel oor die boek van Professor David Benatar “Never to have been: The harm of coming into existence”

Die prof skryf: “Elkeen van ons word kwaad aangedoen deurdat ons in die wêreld gebring word,” en ” Dit is nie `n geringe kwaad nie, want die gehalte van selfs die beste lewens is baie sleg – en beduidend slegter as wat die meeste besef.”

Benatar se redenasie is dus; dit is beter om nie te bestaan nie want om te bestaan is om te ly. Dit is dus ouers se plig om nie kinders in die wêreld in te bring nie, dit is inderdaad immoreel om kinders aan die pyn van die lewe bloot te stel.

Interessant genoeg noem Johannes dit dat daar in Amerika `n beweging betsaan met die naam van “The voluntary human extinction movement”. Hierdie ouens moedig mense aan om hulle self stelselmatig tot uitwissing te bring deur nie meer kinders te maak nie, dieselfde standpunt wat Benatar handhaaf.

Ons is 6 biljoen mense. Binnekort gaan ons 9 biljoen mense op aarde wees. Volgens die slim ouens gaan ons meer as 3 planete soos Moeder Aarde nodig hê om aan ons vretende behoeftes te voldoen. En steeds is daar organisasies wat Westerse regerings wil dwing om arm landte help om te keer dat so baie kinders daar doodgaan. Maar nêrens noem hulle dat hulle daardie lande wil dwing om streng geboortebeperkings in te stel sodat hulle ten minste vir die wat gebore word kos en `n ordentlike opvoeding kan gee nie.

In die Europa is Benatar se sisteem reeds tot `n groot mate in werking. Bevolkings daar, soos ook in Japan, is in `n erge negatiewe groei vase. Die ou beskawings is moeg gestoei met die lewe. Hulle is reeds besig met `n “sagte uitsterwing” en dit is goed.

Dankie Johannes, dit was `n goeie storie.

Read Full Post »

Osho wysheid

“Man is born to achieve life, but it all depends on him. He can miss it. He can go on breathing, he can go on eating, he can go on growing old, he can go on moving toward the grave … but this is not life, this is gradual death.”

Maar dit is nie lewe nie, sê die wyse ou Osho in sy boek “Maturity”. Dit is `n gestadigde dood. “Growing old and growing up”, om oud te word en om volwasse te word, dit is twee heeltemal verskillende goed. Meeste mense doen eersgenoemde, baie min slaag daarin om wasdom te bereik.

Osho sê; “Growing up means moving every moment deeper into the principle of life: it means going farther away from death … not toward death.” Om te groei is om diep na binne te groei, weg van onkunde, terug na onskuld.

Onskuld is ryk, is vol, is suiwer. Onkunde is `n bedelaar, dit wil meer hê, altyd meer. Onkunde wil ryk wees, wil magtig wees, wil respek afdwing, wil groot wees, wil gereken wees. Onkunde loop die pad van begeerte.

Onskuld daarenteen is begeerteloos. Dit is soos om `n kind te wees, om verwonderd te wees, om total opgeneem te wees in die mooi van `n skoenlapper hier en nou.

Jy kan in onkunde bly lewe, oud word en doodgaan, of jy kan `n pelgrimstog aanpak, `n tog vanaf onskuld, deur onkunde terug na onskuld en wysheid waar jy weet; “Deathless is your being, blissful is your being, devine is your being.” Maar die wete kom teen `n prys en die prys is `n intense bewuswording en belewenis daarvan dat “bliss” gepaard gaan met swaarkry en pyn. Om bewustelik deur die lewe te gaan is `n doelbewuste keuse wat jy maak, `n keuse om, ten spyte van die pyn voort te gaan op die pelgrimstog.

Maar die pyn is so intens dat meeste mense opgee en verkies om “bewusteloos” of bedwelmd deur die lewe te gaan, om nie vrae te vra nie, nie jou eie demone te konfronteer nie, maar om die lekker na te jag: geld, mooi huis, mooi kar, seks, dwelms en drank, godsdiens, politiek of wetenskap, basies enige iets om die pyn te verdryf, om te kan vergeet tot die dood jou kom haal en `n einde maak aan nog `n sinnelose lewe.

Soos Linette Retief skryf oor “Weerlose, weerlose mense” wat elkeen met sy eie pyn loop en die stryd stry om net aan die lewe te bly, met soveel krisisse wat daagliks hanteer moet word dat ons nie meer proaktief kan optree nie, nie meer kreatief kan lewe nie. En as die pyn te erg word, dan vat ons ons anti-depressante, ons drink ons dop, ons slaappille, ons kalmeermiddels, bedwelm ons ons self en beur voort tot ons dood neerslaan. En niemand gee werklik om nie. Die “lewende dooies” tree eenvoudig oor jou dooie lyf en gryp gulsig dit wat jou dood as surplus beskikbaar stel. Ons weet nie eers meer dat ons pyn nie, on sweet nie eers meer dat ons gulsig is nie. On sweet skaars dat ons nog lewe.

“Man is borne to achieve life,” maar die lewe moet `n soektog wees, nie `n brandende begeerte nie. En die soektog, sê Osho moet geskied in stilte en vrede. Hy sê: “As your silence grows, your friendliness, your love grows; your life becomes a moment-to-moment dance, a joy, a celebration.”

Kan ons nog dans?

Read Full Post »

`n Slegte dag

`n Slegte dag

`nSlegter dag

Eish, `n Baie slegte dag!

Be careful out there. The gods are not to be trusted.

Geniet die naweek.

Read Full Post »

Die ou man en sy hart

 Die dag van die diagnose en opvolgende verwydering van die ouman se booslik kankerbesmette prostraat lê min of meer twee jaar en 10 maande in die verlede. Al die PSA toetse sederdien is, tot die spesialis se verbasing en almal se vreugde, konstant negatief, zero, nul. Ons het rede om gelukkig te wees, dankbaar te wees dat ons ons derde Kersfees sederd die Kersfees met die piep-klein boompie in die hospitaal, saam kan vier.

Die ouman se uitlaatpyp brand wit ten spyte van die erge mishandeling, die waterwerke werk uitstekend en sonder lekkasie en die blaas pyn sporadies voort.

 Ons voel alles gaan goed, miskien te goed om waar te wees gegee al die draaie wat die lewe die afgelope ongeveer nege jaar met ons geloop het.

 En toe, uit die bloute, gryp die pyne die ouman aan sy hart en druk hom teen die grond vas.

(meer…)

Read Full Post »

%d bloggers like this: