“What the evolutionary structure of the Metaphysics of Quality shows is that …”
Nou wonner ek oor daai fyn opsomming van Pirsig se MoQ. Op ‘n manier blyk dit dat elke hoër stadium wel teer op die laer een wat getransendeer word, en in die proses die laer vlak verorber en vernietig.
Die wette vannie natuur vang anorganiese materie vas in statiese patrone: los hangende atome word versamel en gebind in ‘n rots, in ‘n planeet, in ‘n ster, in ‘n sterrestelsel … So word die onafhanklike bestaan van ongeordende materie vernietig.
Dan kom die wette vannie oerwoud, of te wel die organiese bestel wat statiese patrone van bevange materie dekonstrueer ten einde hulle eie dinamiese bestaan te skep. ‘n Klein saaikie steek ‘n klein haarwortelkie uit om voedingstowwe te versamel en so word die statiese grond afgebreek, ingeneem, getransformeer in ‘n nuwe orde van organiese bestaan. Hier vier die individu hooggety.
Uiteindelik stel die plant suurstof vry innie lug wat weer deur ‘n mens ingeadem word en van daardie molekules beland innie brein waar dit gebruik word om die sosiale orde te bou. Die “Wet”, hetsy geskrewe of kultureel vervat, onderwerp die biologiese moraliteit van die “Oerwoud” aan sosiale beheer ten einde die gemeenskap as entiteit te vestig en te onnerhou. ‘n Deel van die sosiale moraliteit se dinamika is dus om die individu se bestaan onnergeskik aan dié vannie gemeenskap te maak. Dus word die individu eintlik verswelg deur die trop.
‘n Kritiese faktor innie suksesvolle wording van ‘n gemeenskap is egter dat die individu homself bewustelik onnergeskik stel aan die gemeenskap; daarom die klem op die ontwikkeling van deugde. Die belangrikheid vannie deugde lê daarin dat wanner die intellek ontwikkel tot die mate dat dit die sosiale moraliteit transendeer, daar ‘n stabile statiese struktuur in plek moet wees wat kan verhoed dat ‘n terugsinking na individuele selfbelang plaas vind.
Indien die deugde as sosiale moraliteit welnemend ontwikkel word tot ‘n funksionele statiese patroon, onnerskraag dit die ontwikkeling van ‘n dinamiese proses waarin die sosiale orde getransendeer word. En wel tot die mate dat nie die individu óf die gemeenskap meer van aller hoogste waarde is nie. Hier betree ons dan die transpersoonlike orde, waarvan daar bitter min bekend is. Pirsig, Wilber en ‘n Nagual sal ons verder moet lei.
Ah, jy sien dit Joh!! Is presies wat ek vir die volgende inskrywing beoog. Persig en Wilber sluit mooi by mekaar aan. Wilber konsentreer op sielkundige ontwikkeling, terwyl Persig meer op sosiaal-politieke vlak na dieselfde verskynsel kyk.
In jou opsomming is daar een vlak van ontwikkeling van Persig wat jy uitlaat, en dit is Intellek. Intellek volg op “samelewing”, die domein van sosiale moraliteit bo die biologiese. Intellek is nog besig met die stryd teen samelewing vir dominansie. (let wel; intellek, nie ego nie!)
In teenstelling met Wilber het hy nie veel te sê oor wat na intellek moet kom nie: Loevinger se transpersoonlike vlak, Maslow se vlak van individuasie en Wilber se ontwikkeling anderkant turkoois na indigo en violet en verder.
My 2 Utopia inskrywings verwys maar na die mikrovlak se onhebbelikhede. Persig se sosio-politieke insigte het egter direkte betrekking op die gemors waarheen ons hier ter plaatse op pad is mmet biologie wat dreig om die oorhand te kry.
Dit is wat ek verder wil belig, nie seks nie 😀