Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘self’

Volmaan 02/08/2012

Wanner mens die insig bereik dat

Als wat is geen  bestendige self het nie,

Dan word mens ontnugter deur die lewenssorge.

Dit is die weg na suiwerheid.

Dhammapada vers 279

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Wanner mens terneergedruk voel, soek mens iets om jouself mee op te beur: ‘n fliek, ‘n roomys, ‘n herinnering, ‘n boek. Die Darma leer ons egter om in die teenoorgestelde rigting te gaan: om werklik gelukkig te wees het ons minder nodig, nie meer nie.

Wat ons nodig het is om ‘ek’, ‘my’ en ‘myne’ te laat los. In teenstelling met die algemene opvatting dat  die ‘self’ allerbelangrik is, sê die Dharma dat niks hierdie sogenaamde ‘self’ kan bevredig nie. Die aanname dat hierdie ‘ek’ ooit tevredenheid kan bereik is vals.

Watter van my ‘selwe’ is ooit bestendig en standhoudend: die gelukkige ek, die hopelose ek, die ernstige ek, die sloppy ek, die wyse ek, die idiotiese ek?

Insig in die aard van die ‘self’ kan ons verlos van die las van hierdie valse opvatting. Dit kan die mite van self-belangrikheid uit die weg ruim, en mens so tot suiwering bring.

Self portrêt – Francis Bacon 1971

Advertisements

Read Full Post »

Oorwinning lei tot vyandigheid.

Verslaan, lê mens jou kop neer in pyn.

Die vreedsame leef gelukkig,

Annerkant wen en verloor.

Dhammapada vers 201

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Diegene wat annerkant wen en verloor leef, word “vreedsaam” genoem, maar hulle is nie ongevoellig nie. Hulle is nie “annerkant” omdat hulle ontsnap het van alle ervarings van pyn en verlies nie. Wat hulle ontsnap het is die triek van self.

Self is soos die reënboog: van vêr skyn dit solied te wees, maar van nader beskou sien mens hoe deurskynend dit is. As ons styf vasklou aan ons sin van self, dan word ons gevang in vele verwarrende idees van hoe om ewige geluk te vind. Ons glo dat om te wen al is wat saak maak, maar sien nie dat ons in die proses lyding vir andere veroorsaak nie. Aan die anner kant raak mens verlore in gebrekkige selfvertroue  en ‘n oormatige sensitiwiteit as mens die self te ligtelik opvat.

Selfrespek en selfvertroue is die natuurlike gevolg van ‘n lewe gelei met integriteit en insig.

Volmaan oor die Magaliesberg

Read Full Post »

Die Self

Ons praat so maklik in die algemeen van die self, of dan ek self of my self. En ons almal weet tog wat ‘n self is, nie waar nie? Dis soos ‘n kar: iets wat werklik voor die hand liggend is; ‘n praktiese ding wat ‘n integrale deel van ons lewens is, en waaraan ons net aandag skenk wanner daar iets mee verkeerd gaan. En vir alle normale gevalle is so ‘n benadering voldoende.

 Die verskil tussen ‘n kar en ‘n self egter, is dat die kar net ‘n klein deelkie van ons lewens is, terwyl die self ons hele lewe is.

 Daarom kan dit sinvol wees om meer aandag aan die self te gee en meer daaromtrent uit te vind. Hiervoor verlaat ek my hoofsaaklik op die werk van Ken Wilber. (Spesifiek: Eye to Eye – 1984 en Transformations of consciousness – 1986)

 Net soos ‘n kar, is die self ‘n samestelling van dele wat afsonderlik beskou en onnersoek kan word. Wat ons gewoonlik bedoel as ons praat van myself is slegs een van die dele, en te wel die ‘gevoel” van ‘n afsonderlike entiteit. As ek van myself praat sluit ek jou beslis uit. Ten einde weg te bly van ‘n materialistiese beskouing is dit beter om die geheel te sien as ‘n “self-stelsel”. Sodoende val ons sig meer op die verbandskappe wat ‘n stelsel gestand hou, eerder as onnerdele van ‘n fisiese aard.

 Die self-stelsel is ‘n versameling van verskeie vermoëns en werksaamhede, waaronner die volgende:

  1.  Self-identifisering – die gevoel dat ek ‘n afsonnerlike entiteit is; ‘n unieke persoon en individu totaal onnerskeibaar van enige anner persoon. Dis die self-beeld wat ons van onsself het, wie ons dink ons is, en wie ons graag wil hê anner moet dink ons is. Dit word altyd gekoppel aan die spesifieke vlak van ontwikkeling waarop ons onsself bevind. So byvoorbeeld sal iemand wat op die bewussynsvlak van konkrete-handeling, dws gebonde deur reëls en rolle, ‘n identiteit bou op absolute waardes van reg en verkeerd wat gepaard gaan met onnerdanigheid aan sosiale norme. So ‘n persoon kan die self-beeld van “gehoorsaamheid en onnerdanigheid” aantrek en meeste van die persoon se handelinge sal daarop ingestel wees om sodanige beeld gestand te hou. ‘n Voorbeeld sou wees iemand wat die absolute geslags-rolle voorstaan (a.g.v sosiale druk) en glo ‘n vrou se plek is NET in die kombuis. As dit ‘n vrou is, sal sy ‘n identiteit van onnerdanigheid bou, en as dit ‘n man is sal hy sy identiteit rondom gehoorsaamheid bou.
  2. Verdedigingsmeganismes – die handelinge wat uitgevoer word om die self-stelsel gestand te hou. Die eerste beweegrede is natuurlik om die fisiese liggam se voortbestaan te verseker. Sodra dié noodsaaklikheid verseker is, moet die self-identiteit onnerskraag en bewaar word. Die spesifieke handelinge word ook bepaal deur die bewussynsvlak van ‘n persoon. Iemand op die egoistiese vlak sal besonder baie versekeringsmaatreëls in plek stel ten einde sy rykdom te beskerm, terwyl iemand op die vlak van pligsgetrouheid sy lewe in gevaar sal stel om iemand anners van verdrinking te red.
  3. Organisasie – die werking van samehorigheid binne die self-stelsel. Dis ‘n oorkoepelende funksie wat nodig is om die deurlopende samehang van die stelsel te bewerkstellig. Indien hierdie funksie nie behoorlik uitgevoer word nie, kan dit lei tot patalogiese toestande soos skisofrenie.
  4. Wilskrag – die funksie van besluitneming en die uitoefening van keuses. Hierdie funksie is ook direk gekoppel aan die vlak van bewussyn wat ‘n persoon bereik het: dis ondenkbaar vir ‘n ryk persoon op die egoistiese vlak om daaraan te dink om van sy rydom af te staan om anner wat swaarkry te help. So ‘n persoon se wilskrag word hoofsaaklik aangewend om verdere rykdom te bekom.
  5. Toe-eiening – die proses waarin die reeks van opeenvolgende sielkundige gebeurtenisse deur die self-stelsel toe-ge-eien word. Hierdie proses is nòù verbonde aan die een van organisasie (punt 3. hierbo) sowel as die belangrike self-identifisering. Dit is die eerste stap waarin die “self” ‘n direkte verband met die “nie-self” skep. Ons praat so maklik van “my” kar, of “my” vrees, of “my” idee, en dit sonner om bewus te wees dat ons op daardie oomblik doelbewus ‘n baie spesifieke verband tussen onsself en die voorwerp skep deur dit toe te eien en deel van onsself te maak.
  6. Inligtingvaslegging – die proses waardeur ‘n ervaring vasgelê word in ons geheue. Dit speel ‘n kardinale rol in ons vermoëns om te oorleef. Ons is net bewus van ‘n baie klein gedeelte van die inligting wat deur ons sintuie opgevang en vasgelê word. Tog wanner ‘n nuwe situasie voorkom kan dit vergelyk word met ‘n vorige soortgelyke een en iets waarvan ons nie eers bewus was nie kan uit die dieptes opgehaal word indien nodig.
  7. Verwerking van onnervinding – elke nuwe onnervinding word oombliklik vergelyk met vorige vasgelegde insidente. Die stroom van nuwe onnervindings is onmeetbaar; en ons self-stelsel moet dit alles verwerk op ‘n manier sodat ons nie oorweldig word nie. Bewussyn is tot ‘n groot mate ‘n filter wat ons beskerm teen die aanslag van onnervinding. Indien ons elke onnervinding totaal en volmaak moes ervaar, sou ons in ‘n rokie opgegaan het.
  8. Navigasie –  van die ontwikkelingsproses. Dis ‘n proses gebasseer op terugkoppeling en terugvoering binne die self-stelsel. In ‘n sin is dit hoe ons besluit watter rigting om in te beweeg. Dit betrek al die bogenoemde faktore en prosesse, en terselfdertyd bepaal dit die gestalte daarvan. Ons ontwikkeling is aan die eenkant redelik gegewe: as mens ontwikkel ons natuurlik in ‘n fisiese en sielkundige sin tot ‘n normale perk. Aan die anner kant is dit moontlik vir ons om verder te ontwikkel as net die “normale”. Indien ons die sin daarin sien om geestelik te ontwikkel, kan ons die helm opneem en voortvaar, gewoonlik teen die stroom op, op ‘n reis waar min hulle begewe. Volgens groot geeste van weleer, wat die pad al geloop het, is ons potensiaal enorm.

 Al hierie faktore en prosesse is voortdurend, oomblik tot oomblik, onnerworpe aan verannering. As gevolg van hierdie feit is dit voor die hand liggend dat wat ons die “self” noem ook onnerworpe is aan voordurende verannering, sodat dit duidelik is dat daar nie ‘n ewigdurende, standvastige, onverannerlike entiteit “ek” bestaan nie. Tog bestaan ek en jy. Ons is soos ‘n rivier, ‘n rivier van ervaringe. As ons oppie wal  staan sien ons die stroom as ‘n entiteit; as ons swem en die krag van die water voel weet ons ‘n baie anner weet.

Die oplossing van hierie paradoks is binne ons vermoeë.

Day 9: Even Flow by Pichette Photo.

Read Full Post »

Moraliteit

Die gevoel van selfwees. Ken Wilber beskryf dit as ‘n ligte drukking in die middel van die voorkop, tussen en agter die oë. Die ontwikkeling van hierdie gevoel van selfwees omskryf hy as deel van die Atman Projek. Dit kan ook omskryf word as individuasie. In kort: die wil tot wese wat implisiete bestaan dryf tot die uiterste van ‘n begrensde entiteit.

En daarin lê die ding: die begrensde self bereik ‘n verskansde posisie waar dit maklik is om te veronderstel dat dit die middelpunt en fokus van die hele wêreld is.

Wat sodanige selfbehebtheid wel in toom hou is ‘n terugvoer meganisme gegrond in die gewaarwording van ons inter-afhanklikheid. Meeste normale mense besef op ‘n bewustelike vlak dat hulle nie vinger-alleen hul eie voortbestaan kan bewerkstellig nie: ons bestaan hang inderdaad af van die samewerking wat ons van andere ontvang. Moraliteit, in die sosiale sin, is presies daardie meganisme. ‘n Oog vir ‘n oog, en ‘n daalder vir ‘n daalder. (Besigheid, natuurlik, is eerder ‘n geval van: een van my daalders vir twee van joune.) ‘n Ewewig van gee en ontvang (in breë trekke) is die grondslag van enige samelewing. Die waardes wat toegeken word verskil van kultuur tot kultuur, maar die onderliggende beginsel is universeel, alhoewel idealisties.

Suid Afrika beklee nou die eerste plek wêreldwyd in terme van die wydste gaping tussen ryk en arm. Geen wonder nie. Watse soort moraliteit (of eerder gebrek daaraan) het tot die situasie gelei? ‘n Voorbeeld: die voorste kommunis in die land ry die duurste motor in die kabinet, en dit nogal die minister van hoër opvoeding.

Read Full Post »

Motte

Dit bring ons dan by die nondual tradisies – Adviata, Zen, Tao, Krishnamurti – en die oog van die gees. (Sien ‘n vorige bydrae: Onner 3 Oë)

In kort: die oog van die vlees bring ons kennis van die fisiese wêreld, waarop ons emosioneel reageer; die oog van die verstand bring ons kennis van verbandskappe, waarop ons moreel reageer, en die oog van die gees bring ons kennis van die transendentale, waarop ons met geloof reageer.

Die Westerse wêreldbeskouing was nog altyd vasgevang in die tweeledigheid van bestaan (lewe/dood, mooi/lelik, goed/kwaad, vlees/gees, self/ander). Maar sodanige tweeledigheid, en die onnerliggende kwessies, kan nie deur die oog van die vlees se empiriese metodes of deur die rede van die oog van die verstand opgelos word nie. Ten einde deur die illusie van tweeledigheid (en die gevolglike teenstyd) te breek moet ons die oog van die gees ontwikkel en gebruik.

Solank ons wese omskryf word deur ‘n uitsluitlike identifikasie met die gevoel van ‘n afsonderlike self en verbandskappe gebasseer op ‘n tweeledige beskouing van ons bestaan, solank sal ons vasgevang bly in die tweestryd tussen goed en kwaad. En as mens bewus word van hierdie tweestryd en teleurstelling aan beide kante van die tweeledigheid sien, loop mens die werklike gevaar om in die doolhof van nihilisme vasgevang te word. En tog word die ervaring van so ‘n insig baie keer voorgestel deur die Wysheid Tradisies as ‘n skakel in die ketting van wording. Die naarheid is een tree op die lang pad. En soos die Boeddhiste sê: “This too shall pass.”

Dis hier waar geloof noodsaaklik word – as ‘n vaste vetroue op die dinge wat ons (nog) nie kan sien nie.

Die onstuimige gevoel van ‘n self wat teengestaan word deur ‘n ander kan gekalmeer word deur die onbevangenheid wat deur meditasie teweeg gebring word. In die proses word die benoude self vry gestel sodat die tweeledigheid in duie stort en die tweestryd gewonne gegee word.

Maar moenie ‘n fout maak nie: geen self wil regtig die lig sien nie, want dit verskroei die self tot die nietige brokkie as wat dit is.

Motte om ‘n kers.

Read Full Post »

%d bloggers like this: