Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘maanpreke’

Oorwinning lei tot vyandigheid.

Verslaan, lê mens jou kop neer in pyn.

Die vreedsame leef gelukkig,

Annerkant wen en verloor.

Dhammapada vers 201

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Diegene wat annerkant wen en verloor leef, word “vreedsaam” genoem, maar hulle is nie ongevoellig nie. Hulle is nie “annerkant” omdat hulle ontsnap het van alle ervarings van pyn en verlies nie. Wat hulle ontsnap het is die triek van self.

Self is soos die reënboog: van vêr skyn dit solied te wees, maar van nader beskou sien mens hoe deurskynend dit is. As ons styf vasklou aan ons sin van self, dan word ons gevang in vele verwarrende idees van hoe om ewige geluk te vind. Ons glo dat om te wen al is wat saak maak, maar sien nie dat ons in die proses lyding vir andere veroorsaak nie. Aan die anner kant raak mens verlore in gebrekkige selfvertroue  en ‘n oormatige sensitiwiteit as mens die self te ligtelik opvat.

Selfrespek en selfvertroue is die natuurlike gevolg van ‘n lewe gelei met integriteit en insig.

Volmaan oor die Magaliesberg

Read Full Post »

Donkermaan 20/04/2012

Swane deurkruis die lug,

Meester yogis verplaas hulleself deur ruimtes.

Wyse wesens oorkom wêreldse waan

Deur Mara se hordes uit te oorlê.

Dhammapada vers 175

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Soos ons oppie geestelike pad reis sal ons ongetwyfeld te hore kom van meesters wat wonnerwerke verrig. Selfs al onnervind sommiges diep vlakke van absorbsie en verkry bo-natuurlike vermoeëns, die begeerte om sulke dinge te ervaar kan ‘n ernstige hindernis wees vir ons ontwikkeling.

Dit is wys om te onthou dat Mara – die Boedhiste term vir waan – in enige vorm kan manifesteer.

Sonner goed gegronde en beliggaamde bewustheid kan mens maklik meer waarde toe-ein aan spesiale onnervindinge as wat dit verdien. Die kuns wat die Boeddha geprys het was om waan te oorkom. Hoe word dit gedoen? Deur oomblik tot oomblik  onberispelike eerlikheid na te streef.

Read Full Post »

Volmaan 06/04/2012

Soos ’n olifant oppie slagveld

pyle deurstaan,

so verduur ek modelingse aanvalle

deur anner.

Dhammapada vers 320

 Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

As dinge hand-uit ruk is dit ons vrye keuse om dit te verduur, as ons wil. Niemand buite onsself het die magtiging om ons te forseer om na die een of die anner kant toe te besluit nie.

Party keer wanner mens se onbewuste gewoonte van reaktiwiteit opvlam kan dit voel asof iemand of iets anners ons beheer. Mens sê so maklik dat ”iets het my oorval”, of “ek was buite myself”, wat eintlik beteken dat mens perspektief verloor het.

Die Boeddha het nooit perspektief verloor nie. Dis nie te sê dat hy nooit met ernstige aaklikige situasies te doen gekry het nie – hy het. En hy het die keuse gemaak om eerder te verduur as om blindelings te reageer. Hy was ten volle bewus van die werklikheid, en hy het geweet dat hy die self-magtiging gehad het om die keuse te maak.

Dit help ons om in gedagte te hou dat ons ook daarie magtiging het.

Slaap - deur Dali

Read Full Post »

Donkermaan 22/03/2012

Mens kan vinger-alleen

’n duisend maal duisend teenstanders

in ’n geveg verslaan,

Maar een wat homself bemeester

Is ’n groter held.

Dhammadapa vers 103

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Hierdie vers issie ’n goedpraat van geweld nie – dit gaan daaroor om te sien wat werklik van waarde is. Wanner die ego homself sien as ’n held, dan is daar ’n probleem.

Die Dharma sê dat die ego se prestasies nie so belangrik issie. Wat meer belangrik is is om ons verknogtheid aan en identifisering met ons persoonlikheid op te gee. Maar as ons die ego as duiwels besweer maak ons die taak net moeiliker.

Self-bemeestering word nie bereik deur net die smartlike onnervinding van bestaan te veroordeel nie. Dit gaan daaroor om na  te vors en te onnersoek totdat mens sien en weet hoe dinge werklik is.

Daar is ’n plek vir die ego. Dis ’n gebruiklike vorm van persepsie wat ’n natuurlike funksie vervul. Die fout wat ons maak is om te aanvaar dat dit is wie en wat ons is.

Read Full Post »

Donkermaan 24/12/2011

Dit lei tot heiligheid:

handhaaf die waarheid,

wees nie toornig nie,

gee, al het jyself min.

Dhammapada vers 224

 Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Ons skep die wêreld waarin ons leef. Ons handelinge, spraak en gedagtes gee gestalte aan die ruimte om ons. Deur te fokus op innerlike bewustheid bevry ons uit die greep van die aardse.

Die uitwendige omstandighede van ons lewe kom en gaan: partymaal is dit genoegsaam en bevredigend, anner kere tekortkomend en vermoeiend. Tog kan mens onner alle omstandighede die waarheid praat. Ons kan altyd stop en nie toelaat dat ons toorn ontvlam nie. En ons kan altyd gee, maak nie saak hoe min ons het nie.

Ons het alreeds die vermoë on heilig te lewe.

Hoennerhaan onner Jakaranda

Read Full Post »

Volmaan 10/11/2011

‘n Enkele vers van waarheid,

wat die gemoed kalmeer,

is beter om te hoor

as ‘n duisend onbenullighede.

Dhammapada vers 101

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Ons almal ken die spreekwoord dat kwaliteit meer tel as hoeveelheid. Deur hierie beginsel toe te pas op ons handelinge sal ons nie dink in terme van hoeffel ure ons al gemediteer het nie; of hoeffel boeke ons al gelees het nie; of hoeffel retreats ons al bygewoon het nie.

Dit is van meer waarde om net vir ‘n minuut met volle aandag te luister na ‘n Dharma lesing, as om met ‘n halwe oor te luister vir ure. Om met volle aandag te luister  beteken om met hart en siel te luister – diep binne-in.

En om dit te doen moet ons die idee om te verstaan laat gaan. Ons luister met vertroue.

Read Full Post »

Volmaan 12/10/2011

Soos die tong wat die geur

van die sop kan waardeer,

so is iemand wat waarheid duidelik kan gewaar

na slegs ‘n vlietende omgang met ‘n wysgeer.

Dhammapada vers 65

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Die aantal retreats wat mens bywoon is minner belangrik as  die vermoë om waarheid waar te kan neem. Die hoeveelheid tyd wat ons aan  formele meditasie toewy is nie so belangrik soos om duidelik te kan sien wat  reg voor ons issie. As ons bewustheid hier-en-nou is, volledig innie  ligaam-gees en sonner oordeel, dan kan mens leer uit alle aspekte vannie lewe.

As mens so gelukkig is omwysheid raak te loop, in waffer vorm ookal, sal mens dit duidelik herken. Dit hoef nie spesifiek Boedhisties te wees nie, of modern, of selfs ooglopend wys nie. Die gemoed sal dit ken en die hart verbly.

Vrou by venster deur Dali

Read Full Post »

Volmaan 12/09/2011

Werk daaraan om wysheid te bekom;

maak vir jouself  ‘n eiland.

Vlekloos en vry van besmetting

sal jy edelwees bereik.

Dhammapada vers 236

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Ons bereik die staat van edelwees wanner ons eens is met wie ons werlik is. Ons werk is om bewus te word wanner ons vals is en voorgee om iets of iemand anners te wees as wat ons is.

Vlekke en besmetting kom tot stand wanner ons die stories glo wat ons verstand en gedagtes vertel. As ons gegrief voel moet ons net daardie gevoel duidelik waarneem. As ons vrees ervaar moet ons net daardie gevoel duidelik waarneem. Ons hoef nie anners voor te gee nie, veral nie teenoor onsself nie.

Mens “maak ‘n eiland” deur bewustheid die grondslag van mens se lewe te maak. So ‘n duidelik waarnemende gewaarwording onnerskei tussen die ware en die valse, en lei tot vryheid.

Water seeing water (photo by John Daido Loori)

Read Full Post »

Donkermaan 28/08/2011

Soos ‘n vis wat spartel op droë grond

as dit uit die water geskep word,

net so sidder ons gedagtes

wanner ons onttrek uit die stroom van Mara.

Dhammapada vers 34

Ons kan almal waarskynlik assossieer met hierie beeld. Dis hoe dit voel as ons probeer om van ons gewoontes ontslae te raak. Die stroom van Mara is die mag van afleiding en ontsnapping. Hoe ernstig ons ookal probeer om los te kom daarvan, ons verslawing daaraan steek telkens weer kop uit – soms subtiel, soms brutaal.

Hoe meer vasbeslote ons is, hoe meer hindernisse verskyn. Dié situasie is nie noodwendig verkeerd nie – eintlik is dit dood normaal.

Ons is almal in die selle booikie, en dis goed om te onthou dat ons mekaar se onnersteuning nodig het op hierie uitdagende reis.

 

Greene and Blue Fish by Georgie Greene

Read Full Post »

Volmaan 15/7/2011

Toewyding en respek

behoort betoon te word

aan hulle wat ons die weg aanwys.

Dhammapada vers 392

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Deur respek te betoon aan diegene wat dit waardig is word
dit wat in onsself waardig is versterk. Deur ons toewyding aan hulle wat ons die weg aanwys word ons verbintenis tot daardie weg verdiep.

Haat en nyd vertel ons dat om te gee is om te verloor.

Al wat ons egter verloor issie knelgreep van “ek”en “myne”. Wat ons wen is blydskap en groothartigheid.

Dozy

Read Full Post »

« Newer Posts - Older Posts »

%d bloggers like this: