Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Boedhisme’

Streef  wysheid na,

maak ‘n eiland vir jouself.

Vlekloos en bevry van onreinheid

word mens verlos van geboorte en dood.

Dhammapada vers 238

Kommentaar deur Bhikhu Munindo:

Waarheen wend ons wanner ons worstel met ‘n wesenlike verwarring? Die beste wat mens waarskynlik kan doen is om daadwerklik te werk met geduldige verdraagsaamheid. Ideaal gesproke behoort mens nie te wag totdat die hindernis onoorkomelik word nie, maar mens behoort voorbereiding te doen. Wanner mens eers in die vuur is is dit moeilik om te onnerskei tussen onner en bo, of tussen voorkant en agterkant.

Ware wysheid sien dinge helder, onafhanklik van omstandighede. Dis hoe ons gemoed sal werk wanner hebsug, haat en waan afwesig is.

Hierdie insig dui die rigting aan waarin ons moet beweeg. En ons kan onsself aanmoedig om die aangeduide weg te volg deur die gevolge van onsinnigheid waar te neem – die ewige “vir of teen” reaksie. Byvoorbeeld: ons ervaar afknouery – probeer ons om die oorsake van daardie optrede te verstaan en daarvolgens die situasie op te los, of volg ons die gewoonte om die bullebak sumier te veroordeel en so waarskynlik die situasie net te vererger?

Insig en verstaan, of te wel wysheid, lei na sinvolle handeling. Om mens se wese te grond op “vir of teen” lei tot eindelose lyding.

Verdere leeswerk, vir diè wat belangstel: http://zenhabits.net/light/

Storm See

Read Full Post »

Volmaan 7 Julie 2009

Diegene wat baie te sê het

is nie noodwendig wys nie.

Die wyse leef in vrede met die lewe,

vry van vyandskap en angs.

 Dhammapada vers 258

Kommentaar: 

Hoe word ons wys? Miskien is dit nie ‘n goeie benadering om te probeer om wys te word nie. Reken net hoe maklik mens ontstig kan word deur die gespartel om vreedsaam te wees, terwyl dinge natuurlik kalmeer as mens net die hart en verstand laat stil word. Wanneer ons na iets soek wat verlore is, kyk ons baie keer nie in die voor die hand liggendste plekke nie. Ons begin dalk daar, maar dan moet ons kreatief raak. Wysheid word nie blootgelê deur die gewoontes van strewe na plesier en vermyding van pyn slaafs te volg nie. Boeddhisme vertel ons dat wanneer ons pyn en teleurstelling op ons pad raakloop, ons kan leer om hulle met vaardige gewilligheid en bewustelikheid te hanteer, wat kan lei tot insig. Dieselfde geld ook vir geluk en plesier: sulke ervarings kan ons verfris en hernieu, maar sonder dat ons onsself daarin verloor.

 Vyandigheid en angs is nie noodwendig hindernisse nie. Hulle kan ook leermeesters wees wat ‘n ruimer en wyser lewenswyse aandui.

 Bhikkhu Munindo

Read Full Post »

%d bloggers like this: