Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Reën’

Na die reën/After the rain

Gister se fotos na die reën

En vanoggend is dit heelik nat en koel. n Goeie manier om die ou jaar, (wat baie snoep was met sy reën) mee uit te gaan en te hoop die nuwe een gaan hom beter gedra in alle opsigte, maar veral in die departement van waterwerke.

Voorspoed vir almal wat hier lees. Mag dit met julle goed gaan in 2018.

Advertisements

Read Full Post »

n Tuin vol Somer

Eerste Rose.

Inkalelies

Na die reën

Read Full Post »

Voor die storm

216

Sê Marli gister; daar is min dinge so mooi soos n sonsondergang voor die storm. En gisteraand was dit so.

221

Daar was selfs groen feëtjies in ons tuin, en toe kom die storm. Gelukkig is ons weer die ergste gespaar. Net reën, baie reën. Ons is dankbaar.

214

Read Full Post »

Deur die Genade

040

`n Moordadige Son jaag die temperatuur tot anderkant 40 grade.

049

En toe kom die reën

054

en verf die hemel vol vreugde.

Read Full Post »

Son, reën en tollenaars

Na `n week van reën en dreigemente van nog meer van dieselfde met ou Thor wat sy hamer soos `n rebelse kind rondslinger, begin hierdie dag byna asemloos stil en skoon en deur `n vars mistigheid omgewe. Daar is `n gedemptheid daar buite, asof alles en almal hulle asem ophou en wag vir iets.

Miskien vir die tolhekke om oop te maak? Die prys van brandstof wat opgaan? Bang? Gelate? Ingehoue woede?

Toe niks. Die dag verloop stil en rustig, en toe sak die son oor ons tuisdorp en dieselfde magte wat die hele week gedreig en gedonder het, verf vir ons die mooiste sonsondergang.

001

As vertroosting? Hoe sal ons weet. Ons is tog dankbaar vir die sonskyn na die reën.

002

More sal die tolhekke nog daar wees, en Nkandla, en Zuma. Dalk sal dit weer reën.

Read Full Post »

%d bloggers like this: