Jammer oor die groot verlies ou vriend. Ons bye bekookster was ‘n dapper mens, ons gaan haar mis. Die Kaap gaan net nie weer dieselfde wees met toekomstige besoeke nie. Ons is dankbaar vir die tye wat ons daar by julle kon gaan kuier het, vir die koffie daar langs die see in Hemanus, vir die koffie en kuier en gesels in Montagu by julle huis. Haar vrolike gelag en skerts sal ons bybly vir altyd.
Sterkte vir jou en die kinders die tyd wat voorlê. Ons dink aan jou.
Mooiloop ou vriend.
Hallo julle twee dierbare vriende, ek waardeer jul stukkie en die mooi musiek. jul weet jul is in ons harte, In die laaste week van haar lewe het sy terwyl sy bietjie deurmekaar was probeer om vir Elsa te bel tot ek vir haar gese het dit is in die middel van die nag.
Mooiloop
Julle kon maar gebel het Hennie al was dit in die middel van die nag. Elsa sou graag met haar wou gesels het. Sy het ‘n paar keer gebel maar dan het Magdaleen nie geantwoord nie. So onthou, as jy hulp nodig het of net wil gesels, bel asseblief al is dit in die middel van die nag. Dit is n lang en eesame pad wat jy nou gaan loop. Sterkte.
Sterkte, dit is sommer hartseer.
Dankie Dr Christa. Dit was ‘n paar moeilike jare vir vriend Hennie tot hier. Hy gaan al die ondersteuning en gebede nodig hê wat hy kan kry.