Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Geweld’

Hier by ons brand die Universiteite. In die groot, bevryde US of A brand die winkels. In Syrië is daar byna niks meer oor om te brand nie, en orals vloei die bloed.

Daar is geen eenvoudige verklaring vir die verskynsel van opstand en vernietiging nie. Maar daar is altyd dié wat munt slaan uit die onrus, en dit aktief aanbalas.

Lees ek toevallig hierdie stukkie wysheid van CG Jung raak, en dog dit mag dalk relevant wees.

The Gnostic Jung: Stephan A. Hoeller

“Rational enlightenment, scientific knowledge and technological skills have made civilized man very much freer than the so-called primitive, who is almost totally held captive, but also safeguarded by nature and the structures of their own society. Primitive societies accord their members little freedom; conversely primitive man has little freedom from the limitations of his own unconscious. Unlike persons of a more differentiated grade of consciousness, primitive people cannot usually act on the basis of the decisions of their egos, or as we might say, at will. Rather, the primitive waits until the slumbering energies in his unconscious are aroused before acting. Hunting, sowing, war, marrying and other important events are prepared by rituals, such as dancing and magical ceremonies, designed to stir up the unconscious forces. Before moving forward, or outward, primitive humanity thus takes a step backward, or inward into the unconscious in order to poise the psyche for the forthcoming action. Under such circumstances, primitives have almost unlimited energy for action. Fear, prudence, shyness and fatigue are banished, and the tribesmen forge ahead with their task irrespective of danger, exertion and adverse circumstances. The gods of the unconscious are riding on their backs.”

Daarteenoor is beskaafde mense:

“Differentiated consciousness prides itself upon its ability to exert will and to do things by force of discipline. At this level of development, consciousness is characterized by at least partial ability to make psychic energy available to the conscious ego instead of being only in a state subservient to the unconscious. Most, if not all, of the attainments of civilization depend on this availability of the psychic energy to serve the purposes of the free, conscious will of the ego; only when the impulses of the unconscious have lost their stranglehold on the psychic energy can we freely utilize this energy to build, to do and to plan in accordance with our consciously recognized ideas and ideals.”

Nou sal Jung sekerlik uitgeskel word as rassis, maar n mens moet onthou dat hy n sielkundige was, hy het dus gedragspatrone waargeneem en nie velkleur nie. Ek vermoed hy sou een honderd persent met Robert M Pirsig (Lila; an inquiry into maorals) saamgestem het wat dieselfde probleem, soos hy dit in New York waargeneem het, uit `n ander hoek belig het. Hy sê: “It isn’t a war of races or of cultures. It’s war of society against patterns of reason and patterns of biology that have been set loose by the mistakes of this century.”

Persig gaan verder en sê: “What was so sinister now about New York (Wits, UTC, Charlotte – vul hier in wat jy wil) was that the patterns that built it no longer seemed understood – those who understood the patterns are no longer in control of those who don’t.”

“A culture that supports the dominance of social values over biological values is an absolutely superior culture to one that does not, and a culture that supports the dominance of intellectual values over social values is absolutely superior to one that does not.”

Pirsig sê dit is immoreel om mense te veroordeel op grond van velkleur of enige ander genetiese eienskap, want dit is onveranderlik, maar dit is nie immoreel om dit teen iemand te hou as sy kultuur hom aanspoor tot immorele gedrag nie, want dit is `n keuese en kan verander word.

Sy slotsom is:

“It is a war of biology vs society. It is a war of biological blacks and biological whites against social blacks and social whites.”

“Intellectuals must find biological behavior, no matter what its ethnic connection, and limit or destroy destructive biological patterns with complete moral ruthlessness, before those biological patterns destroy civilization itself.”

Die slegte nuus is; samelewings op die intellektuele vlak van ontwikkeling is, weens hulle liberale uitkyk, nie moreel daartoe in staat om geweld met geweld te onderdruk nie. Soos Pirsig sê: “The instrument of conversation between society and biology has always been a policeman or a soldier and his gun.”

Maar dan ook weer: Die Egiptiese koningkryk, die Romeise ryk, die Aztec empire en baie ander beskawings het tot n einde gekom. Die Westerse beskawing is besig om onder te gaan. Wat ons nou beleef is moontlik `n natuurlike proses. Roofdiere is besig om toe te sak op die gekweste, verswakte tropleier. Sodra hy lê sal hy uitmekaar geskeur word en dan sal die aasvreters en brommers die karkas verder stroop tot net `n wit geraamte oorbly. Die roofdiere en aasvreters word nooit die volgende leiers nie, hulle is nie daartoe in staat nie, hulle werk is slegs om te vernietig. Die Geel Draak en die Rooi Beer staan gereed om die vakuum te vul sodra die Weste deur sy eie toedoen verslaan is.

Advertisements

Read Full Post »

Bloedspoor

Waarskuwing:

Hierdie storie bevat grafiese beskrywings van gruwelike geweld.

Die ou man sit vooroor gebuig by die kombuistafel. Bloed loop by sy mond en sy neus uit. Langs hom op die vloer lê sy vrou in ´n plas bloed.

“Waar is die geld en die wapens,” bulder ´n sterkgeboude swart man  wat agter hom staan. Hy druk die loop van ´n pistool met geweld teen die ou man se nek vas. “Sê ons waar die geld en die wapens is of ek skiet jou vrek!” (meer…)

Read Full Post »

Plaasmoorde

As aanloop tot my verhaal “Bloedspoor” wat eersdaags hier gaan verskyn.

Moord

Verkrag, vermoor en geslag soos `n dier.

The end

Read Full Post »

Oorlog en vrede

Is dit tog nie vreemd nie. Syfers wat pas bekend gemaak is wys dat daar sedert Maart 2011 tot Junie 2012, (dus 15 maande) 14,000 mense in Syrië dood is weens die geweld tussen die regering en die opstandelinge daar. Weens die hoë sterftesyfer sê die VN hulle beskou Sirië nou amptelik as in `n staat van burgeroorlog. Voorspelbaar genoeg, is die hele wêreld in oproer oor die skending van menseregte en die lyding van kinders aan die hand van `n Bose regering.

Wat nou vreemd is aan die storie is dat daar hier by ons, in enige redelike 12 maande, meer as 20,000 mense vermoor word. Op `n goeie (of slegte) jaar is daar al tot 29,000 mense vermoor. En vanuit die VN en alle dele van die wêreld is daar `n dawerende stilte.

Is dit omdat ons in Afrika, suid van die Sahara en dus deel van swart Afrika is dat niemand omgee nie? Watter soort syfers sal die Wêreld dan na hulle kollektiewe, verontwaardigde asempies laat snak voordat hulle lamsakkige sanksies teen die heilige ANC begin oorweeg: 100,000; 500,000 of miskien 1 miljoen per jaar?

Intussen sien ek die ekstreem Regses begin nou dreig met oorlog as hulle nie binne 18 maande `n Tuisland toegestaan word nie. Dit terwyl hulle nog onder mekaar baklei oor waar die Tuisland dan moet wees.

Op die onnosel trant gaan ons dan dalk binne die volgende 18 maande of so die merk van 100,000 dooies per jaar haal. Sal die Wêreld dan kennis neem?

Ek dink nie so nie, want dit gaan grootliks wit (Afrikaner) lyke wees, en soos destyds in Duitsland met die Jode, gaan die wit outjies hier nie baie simpatie van daar buite af kry nie. Nie eers `n nabetragtende emosionele traantjie soos wat die Jood (ook maar meer vir die vertoon) lank na die tyd gekry het nie.

In PG se boek “Fees van die ongenooides” sê die een karakter Sannie in die konsentrasiekamp, na die dood van haar kinders en die tyding van die dood van haar man Jakop; “Jakop is maar nóg net een van die bloed- en kakstrepe waarmee die Here sy oorlogsprentjies verwe.”

Daar is nog baie kaal doeke wat wag om deur die Groot Verwer beverf te word. En ons is tog só bereid om die bloed en kak te voorsien waarmee geverf kan word! Dit is ook meer van `n refleksie op ons gekheid as op Hom, want ook daardie skermutselingkie met al sy K en B kon voorkom gewees het as ons na die voorbeeld van die Seun geleef het.

Of miskien is Hy nou in Sy rooi en bruin fase van ontwikkeling, en sal Hy later in `n geel en pienk hartjies en blommetjie fase ingroei? Of, behoede ons, in Picasso se transendente drogbeelde.

 

Read Full Post »

Moord en doodslag

Om nie aan ander te doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie, dit is die algemeen beskaafde norm waarvolgens mens behoort te leef. Dit is ook `n aanmaning wat by herhaling in Groot Geskrifte gevind word.

En tog …

Vriend Frans by die voerkraal (die ou wat by Pieter Woest oorgeneem het na dié gedurende `n rooftog by sy werk vermoor is) se seun is vanoggend van die hart-long masjien afgehaal. Hy is by sy positiewe, praat met sy mense en is voorlopig buite gevaar na `n noodoperasie en 2 dae in intensief waar sy lewe aan `n draadjie gehang het. Dit na hy met `n mes in sy hart en long gesteek is.

Die ding kom so: Die jong man werk by `n myn. Werkers by die myn gaan op `n staking wat geweldadig raak. Toe hy met die werkers praat  word hy aangaval, platgeslaan en toe hy lê, twee keer onder die linkerarm met `n mes gesteek.

Nou wonder `n mens; as jy so woedend kwaad is en `n ander mens aanrand in die proses, waarom, as jy `n ongewapende mens reeds magteloos teen die grond neergemoer het, moet jy hom nog met `n mes gaan staan en steek? Is dit oor `n totale gebrek aan menslikheid? `n Totale gebrek aan verstand?

Mens kan kwaadwillig dink aan `n duisend rassistiese redes vir die bloeddorstigheid. Maar die groot vraag is, hoe stop jy die brutale moordadigheid? Kan dit hoegenaamd gestop word?

Praat jy met mense, dan vind jy hoe skrikwekkend algemeen die soort van sinnelose geweld daar buite aan die gang is. Dit is al so algemeen, dit ontstel ons nie eers meer om daarvan te hoor, of dit op TV te sien nie. Dit is net as dit op `n kol naby aan jou kom dat dit jou binnegoed op `n knop trek, dat jy besef dat dit enige dag met jou of die mense naby jou kan gebeur.

Die jong man, maar pas getroud, se lewe is nog nie buite gevaar nie. Die volgende paar dae sal bepaal of hy gaan opstaan en aangaan met sy lewe, en of hy deel gaan word van ons lang lys van daaglikse moordslagoffers.

Miskien is die enigste raad: As jy voluit wil lewe moet jy 100% seker maak jy is gereed om enige oomblik dood te gaan, veral in hierdie bebloede land van ons.

So diep is ons in die moeilikheid, met geen plumber in sig nie.

Read Full Post »

%d bloggers like this: