Sak die son weer besonder mooi oor ons dorp vannaand
Dit is so pienk as wat dit was, maar vreemd genoeg wou my selfoon met die volgende poging nie weer die pienk vaslê nie.
Vir een of ander rede het hy besluit die son behoort mos geel onder te gaan en nie soos `n meisie in pienk getooi nie!
Vyf dae gelede was daar belofte van reën, maar daarvan het nie veel gekom nie.
Intussen is Munich nog steeds getooi in die mooiste wit
En more is dit weer blou Maandag. Woensdag ry ons Clarens toe.
My meisie wat nie wil nie.
Advertisements
Hoe mooi is die foto’s nie…Ek het vanaand ook die pienk sonsondergang bewonder, en binne 5 minute het die pienk na aand verander…Clarens…awesome, geniet dit…
Dankie EWH. Volgende keer moet ek dalk maar liewer my 35ml kamera gaan haal en ordentlike fotos doen. Ja Clarens is altyd mooi, veral in die herfs. Was lanklaas daar.
Ek het lanklaas so ñ mooie sonsondergang gesien. Besonderse fotos.
Dankie Traveler. Ek glo in die woestyn het jy al vele mooi sonsondergange gesien? Jou Bali fotos is net so mooi.