Feeds:
Bydraes
Kommentare

Herfs

Ons tuin met sy Herfsbaadjie aan.

Selfs die posbus is in herfskleure geverf

Uit die Ooste teen die son gesien

Met die Silver Birch met sy wit stam in die agtergrond.

Prentjie

`n Nuwe prentjie van die esel af. Miniatuur (9 x 9cm sonder die raam). Olie op doek.

Bosnimf

Wysheid en melodie

Luister na die musiek terwyl jy Adyashanti se woorde oordink

Adyashanti

Beannacht

Beannacht: A Poem

For Josie

By John O’Donnohue

 

On the day when

The weight deadens

On your shoulders

And you stumble,

May the clay dance

To balance you.

 

And when your eyes

Freeze behind

The grey window

And the ghost of loss

Gets in to you,

May a flock of colours,

Indigo, red, green,

And azure blue,

Come to awaken in you

A meadow of delight.

 

 

When the canvas frays

In the currach of thought

And a stain of ocean

Blackens beneath you,

May there come across the waters

A path of yellow moonlight

To bring you safely home.

 

May the nourishment of the earth be yours,

May the clarity of light be yours,

May the fluency of the ocean be yours,

May the protection of the ancestors be yours.

 

And so may a slow

Wind work these words

Of love around you,

An invisible cloak

To mind your life.

 

[Note: “Beannacht” is the Gaelic word for “blessing.” A “currach” is a large boat used on the west coast of Ireland.]

 

Kaskenades in die Kaap.

Die voerder-van-voëltjies en die kaal man.

`n Vrou se werk hou mos nooit op nie. In teenstelling hiermee het die man eintlik hemel op aarde. Die dag as hy aftree is hy klaar gewerk en dan rus hy. Maar vir die arme rokdraers van die wêreld bied selfs aftrede geen respyt nie. Daar is `n huis en daar is huiswerk wat gedoen moet word tot die dag dat sy haar kop neerlê. `n Man voel mos amper jammer vir hulle, net soms!

En so kom dit dat die voerder-van-voëltjies (vrou van `n afgetrede ou plaasboer) vroegdag met die mandjie vol nat wasgoed onder die arm by die agterdeur uit draf, kan jy maar sê, want die dag is kort en die werk is baie. Die wasgoed moet op die draad kom en die voëltjies moet gevoer word en die huis moet skoon kom, alles voor die son weer sak. (Hier moet darem ter verdediging gesê word dat die ou plaasboer al reeds geleer het om `n stofsuier net so bedrewe te bestuur as wat hy destyds `n tien ton vragmotor kon hanteer, en die groot paar hande wat `n jong bul kon vaspen het geleer om die fynste porselyn breekgoed te was sonder om te veel skade aan te rig).

Hoe dit ook al mag wees, dit is hier met die flinke uitdraf op die werf waar teenspoed en weemoed op een slag toeslaan. In haar has haak die voerder-van-voëls se voet aan `n klip vas en sy val, sy val oor die klip, en toe oor die mandjie vol nat wasgoed waaraan sy verbete klou voor sy die harde, koue plaveisel met haar tenger skouer tref. En toe sien sy sterretjies helder oor dag, en sy hoor voëltjies sing, en sy bly sommer net daar lê want daar is `n skreeuende pyn waar daar flus `n gekraak en geskeur in die skouer gehoor en gevoel is toe die lyf die aarde tref.

En dit is hier waar haar ridder op die wit perd haar te hulp snel. By die skuifdeur sien sy hom deur die newels van pyn aangestorm kom, hande voor hom uitgestrek kom hy om haar uit haar elende te help. Sy sien goed wat gevaarlik op en af skud en rondswaai, en dit is hoe sy agterkom daar is geen ridder op `n wit perd nie, haar ridder is perdloos en hy het nie `n draad klere aan sy lyf nie. Haar held is `n poedel kaal man!

Die kaal man storm op haar af … en stamp sy voet teen dieselfde klip waaroor sy so pas geval het. Die kaal man spreek die klip in vreemde tale aan maar storm huppelend en skellend voort om by die gevalle voerder-van-voëltjies uit te kom. Hy help haar versigtig op en draai om om haar die huis in te help … en stamp weer sy toon teen dieselfde klip. Dié keer word die klip se voorgeslagte ook driftig aangespreek deur die kaal man terwyl hy dit verwoed weg slinger van die misdaad toneel af.

Die naakte ridder het die gevalle voëlvoerder op die bed gaan gemaklik maak en toe gaan stort soos hy beplan het voor hy die helse lawaai gehoor het, by die venster uit gekyk het en sy vrou op die grond sien lê het. Daar was nie tyd vir klere aantrek nie, dit was `n noodgeval. Die bure moes maar hulle oë sluit of die vertoning geniet.

Die voerder-van-voëls se vlerk moes toe onder narkose weer in sy potjie terug gesit word. Daar was niks gebreek of geskeur nie, maar die vlerk hang in `n “sling” om dit te laat rus en teen verdere skade te beskerm. Nou was die kaal man die wasgoed en voer die voëltjies … ten volle geklee maar met een kaal voet waarvan die groottoon swaar verbind is, en hy wonder oor hoeveel van die petalje die buurvrou toe regtig gesien het want sy bly skelm oor die muur loer, so asof sy hoop om die kaal naeler weer in aksie te sien.

Annerplek

Skryf broer Flip daar van die Magaliesberge af:

 

Ek wil nie hier wees nie, hier waar ek nou is.

Annerplek is daar sprokieskastele en feetjies in die woud.

Hier is mis, beesmis, honnemis, dis al wat hier is.

Annerplek is daar lag en hardloop en baljaar in die sneeu.

Hier gaan mense dood, en ook die honne en die beeste en als wat hier is.

Annerplek gaan mense na konserte in die park waar musikante strelend speel.

Hier gaan ons na ou sinkskure en luister hoe onbeholpe kitare teen die eggo baklei asof daar geen hoop meer is nie.

Annerplek eet mense uit en kuier om ‘n koue bier by ‘n straatkafee.

Hier is die kos maar net dit wat nodig is.

Annerplek ry mense op ‘n kronkelpaadjie tot bo-op die berg en hou piekniek in die woud.

Hier kruip ons weg vir die inbrekers in ons tronkhuise waar ons dink ons veilig is.

Annerplek gaan mense werktoe en 5-uur is hulle terug.

Hier bly jy werk van opstaan tot jy weer laataand op die bed neerploeg omdat jy uitgeput is.

Annerplek sit mense op die stoep en drink ‘n rustige dop om die son te help ondergaan.

Hier sit die manne na werk en suip in ‘n sportsbar tot hulle omval of aan mekaar begin pluk en slaan sonder dat daar ‘n rede is.

Annerplek luister mense na die loeries en pappegaaie in die bos.

Hier blaf die honde heeldag omdat hulle onrustig is.

Annerplek is daar ‘n karnaval in die straat met vlotte vol blomme.

Hier brand hulle busse en karre en lorries in die straat net omdat hulle ontevrede is.

Annerplek ry mense na antieke stede en bewonder die argitektuur van duisend jaar gelede.

Hier sit ons voor die TV en kyk na skole en universiteite wat afgebrand word.

Annerplek kry slim mense toekennings by ‘n deftige gala aand.

Hier dra ons oumense graftoe nadat hulle in hulle huise gemartel en doodgemaak is.

Annerplek hang kleurvolle huisies soos druiwetrosse teen die krans.

Hier besoedel die plakkerskampe die lug met roet tot dit donker is.

Ek wil nie hier wees nie, hier waar ek nou is.  Maar Annerplek is ver hiervandaan. So ver dat ek twyfel of dit ooit bestaan.

For Gods sake, live life

SkalkSkryf

Hiermee dan die laaste aflewering in die reeks. Ek sal mettertyd reageer op die reaksies op my skrywe.

5) About love:

Love is a beautiful thing. Have you ever seen a sunset as beautiful as when you were in love? Have ever a spring bloom quite so profusely as when you were in love? Oh yes, in love even life is a beautiful thing.

In love the beloved becomes a perfect being with the smile of an angel, a body divine and a whit unsurpassed in living memory. To be with the beloved is like being in the presence of God divine.

And then it all turns sour. By some miracle the god/goddess inevitably turns into a demon. The fire of love becomes a raging, all consuming holocaust.

Sometimes this happens (thank God) before the sound of happy wedding bells. But many a time it happens only after the little…

View original post 2,285 more words

%d bloggers like this: