Ds. Klaas Hendrikse van die PKN in Holland sê God bestaan nie. Die kerk het ondesoek ingestel na sy leerstellings en bevind dat sy standpunt nie indruis teen die kerk se beginsels nie. Hy mag dus voortgaan en van die kansel af verkondig dat God nie bestaan nie.
Hendrikse se standpunt is dat God nie `n wese is nie, maar dat God “gebeur”. In sy boek; “Geloven in een God wat niet bestaat” verduidelik hy sy verstaan van god en `n lewe van geloof. Die bewuste belewenis van die lewe, en nie die geloof in `n God wat sorg dat dit met jou goed gaan en sleg met iemand anders nie, staan sentraal in sy lering.
`n Oorwinning vir die ateïste?
Miskien tog nie, miskien word die Christendom so stadigaan meer volwasse, sweer ons die-ou-man-met-die-baard stadig af en kom tot die besef; daar is geen God nie …. daar is net God.
http://www.trouw.nl/opinie/letter-en-geest/article1259789.ece
Briljant !!
Dié dominee is innerdaad ‘n ligpunt in die duistere wêreld van geloof. En dat sy kerk nogal sy leringe aanvaar is betekenisvol. Ek dink dit is soos jy sê: dit dui daarop dat daar tog ontwikkeling plaasvind op geestelike vlak.
Of die vlammekie van sy baanbrekerswerk in ‘n vurige golf gaan ontaard sal ons maar net moet sien. Die massa se traagheid en konserwatiewe verknogtheid aan die bekende word nie maklik beweeg nie.
Die Nederlanders is nie vreeslik gelowig nie so dis amper te verwagte. Nee shit dis nie te verwagte nie, dis plain kommingeid. ‘n Ateïs dominie?! En vir wie moet hierdie goddelooslike gelowiges nou kastig bid?
Klink vir my meer na ‘n spul bong rokers wat ‘n break nodig het.
En daar vergeet ek al weer my smiley … hier is hy:
😆
Nee Andrew, “hierdie goddelooslike gelowiges ” moet vir niemand bid nie, hulle lewe moet `n gebed word.
Huidiglik beteken godsdiens vir 99% van Christen mense om jou tafelgebed op te sê (al beteken dit lank al absoluut niks meer nie), om te bid voor jy gaan slaap en om Sondag in die kerk te wees. Tussen in is hulle SSS (steek, snuif, suip) Christenne soos Steve en Joost en duisende ander.
Jy bid om vergifnis en dan steek jy voort.
Met my persoonlike god, geskape soos ek hom wil hê en glo hy moet wees uit die pad uit, kan die Christen dan konsentreer op die Christus figuur. Om dan Christen te wees moet wees om Christus teword.
Ja dit se^ nogal vir my baie van die Nederlanders.
Andrew, voel vir my ek stem met jou saam. Klomp … rokers. 😉 Is Nederland nie ook waar mens gratis dwelms kan kry nie?
Louwie, nie alle Christene is SSS Christene nie.
Wel Flippiefanus, jy het dit raak gelees want dis presies wat Louwie gesê het. 😉
Die dwelms van twak of die dwelms van geloof: wats die verskil?
Flippie, ek het slegte nuus vir daai Hollander.
Ek reken daai Hollander klink interessant maar is nie regtig so aardskuddend nuut as wat die storie voorgee nie. Daar is darem al eeue terug al bespiegel dat God nie ‘n ding onder dinge is nie, maar eerder ‘n gebeurtenis of ‘n proses of iets selfs meer vaag, ook in die Christelike tradisie. Meister Eckhart. Hegel. Tillich. As die dominee se^ daar is nie ‘n god nie, maak dit hom nie ‘n ateis nie, hy volg bloot ‘n welbekende paadjie wat na god-op-‘n-ander-manier lei.
Maar ja, dit is altyd bemoedigend as daar mense is wat ruimte maak vir post-teistiese mistiek en wat religie nie tot die persoonlike wil inperk nie.
Wat is ‘n SSS Christen?
FF, ek het mos gesê 99%, en ook: “Steve en Joost en duisende ander. ” Nie gesê almal nie. Ken self baie Christen mense wat goeie Christen mense is (wel, nie baie nie, maar darrem `n paar 😀 ). Meeste is positief vir S (suip), en sou graag SS (suip en steek) wou wees as hulle die moed gehad het 👿
Die snuiwers wat ek ken is meeste ateïste nogal 😯
En nou weet ook jy wat `n SSS Christen is Bertus?
FF, ons kan ook nie alle Hollanders uitmaak as dwelmslawe nie. Hulle is oor die algemeen erg liberaal, of hou daarvan om so oor hulle self te dink, maar dwelms is nie `n groter probleem daar as hier nie.
Bertus, jy is ook reg. Hendrikse is nie so uniek nie. Hier by ons het ons ons eie Sakkie Spangenberg en sy trawante wat min of meer dieselfde ding verkondig. Anders as Hendrikse glo nie eers in lewe na die dood nie, maar hy hou kerk dat die spoeg spat.
Hendrikse het dit erg vreemd gevind dat die kerk nie dink sy standpunt is lynreg teen hulle grondbeginsels nie. Hy dink daar moet `n groot fout by die kerk wees as hulle nie die verskil kan insien nie.
Maar die groot meerderheid van tradisionele kerkganger sal nooit daardie pad kan loop nie. Die verandering is te radikaal vir sy manier van dink, as hy dink. Die kerk wil ook nie graag hê hy moet nie.
Louwie, ek stem juis nie saam met jou 99% nie. Maar nou ja nie ek of jy het enigste harde data om te kan bepaal hoeveel Christene ware Christene is nie. Daarvoor sal ons maar moet wag tot die wederkoms.
Joh, ek is liewer “dronk van die Heilige Gees” as dronk of bedwelmd weens iets wat ek gedrink of gerook het.
Oor die algemeen het ek nogal respek vir die Nederlanders (gehad?) juis van wee hul meer liberale sienings, maar natuurlik moet mens dinge nie te ver vat nie. Ek dink hierdie predikant storie gaan te ver.
Joh, ek stem nogal met FF saam. Ek sou verkies dat my Drug Lord `n priester of predikent moet wees eerder as `n Nigerier of Meksikaan 😆
FF, waarom “gehad”? Jy kan tog nie jou respek vir alle Hollanders verloor oor een afvallige prediker nie? Jy maak beswaar daarteen dat ek christene van onchristelike gedrag beskuldig en dan beskuldig jy alle Hollanders van onheilighede!
“Ek dink hierdie predikant storie gaan te ver”
Soos ek gesê het: “die groot meerderheid van tradisionele kerkganger sal nooit daardie pad kan loop nie.” En tog is daar gelowiges wat glo die predikant gaan nog nie vêr genoeg nie.
Soos Bertus sê: “hy volg bloot ‘n welbekende paadjie wat na god-op-’n-ander-manier lei.”
Die wederkoms is natuurlik weer `n heel ander saak. Amper soos om op die water te kan loop! Kan mens deur `n muur loop, `n lepel buig deur dit te wil? Kan jy uit die graf uit opspring met jou doodskleed vol grond as daai beul blaas?
Hahaha @ Louwie se Drug Lord. 😆
Dis presies wat godsdiens is, ‘n voel lekker drug, dis net nie so natuurlik soos Kaapse fynbos nie. 😉
Andrew, stuur aan daai Kaapse fynbos. Ek het lanklaas “natuurlik” of andersinds lekker gevoel. 😛