Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘wetenskap’

Bosveld

Ons staan skuins na 4 die oggend op en ry bosveld toe. Die son steek sy kop uit toe ons by Kranskop verby ry.

 

Ons en die rietbokkies geniet ontbyt voor die werk begin.

En toe begin die dag in alle erns

Chopper 44 en die arts met sy pylgeweer

Blesbokke word een vir een verdoof en aangery na die boma

Terwyl hulle slaap word daar met hulle gewerk, en dan word hulle weer wakker hemaak.

En nou het hulle net 35 dae, en dan is dit die einde van die pad vir 16 van hulle … ter wille van die wetenskap.

Advertisements

Read Full Post »

053

Die gogga jagters

Wat `n mens nie alles sal doen om brood en botter op die tafel te kan sit nie.

DSCN1300

03062009009

In die naam van die wetenskap gaan jy op jou knieë en doen wat gedoen moet word vir volk en Vaderland.

03062009010

Voorwaar `n toegeweide span navorsers wat ek die voorreg het om mee saam te werk

03062009007

Vreedsaam en rustig op die oppervlak, die ideale plek en geleentheid vir refleksie en meditasie

015

Maar onder draai die duiwel rond, en daarom, in `n poging om die duiwel se stert te knoop, kruip ons op ons knieë rond en ontmoet soms interessante vriende, eintlik medewerkers.

048

Read Full Post »

`n Gedeelte uit `n toespraak in 1918, van `n jong Duitse wetenskaplike genaamd Albert Einstein:

“In the temple of science are many mansions …. and various indeed are they that dwell therein and the motives that have led them there.

Many take to science out of a joyful sense of superior intellectual power; science is their own special sport to which they look for vivid experience and satisfaction of ambition; many others are to be found in the temple who have offered the products of their brains on this altar for purely utilitarian purposes. Were an angel of the Lord to come and drive all the people belonging to these two categories out of the temple, it would be noticeably emptier but there would still be some men of both present and past times left inside … If the types we have just expelled were the only types there were, the temple would never have existed any more than one can have a wood consisting of nothing but creepers … those who have found favor with the angel … are somewhat odd, uncommunicative, solitary fellows, really less like each other than the hosts of the rejected.

What has brought them to the temple … no single answer will cover … escape from everyday life, with its painful crudity and hopeless dreariness, from the fetters of one’s own shifting desires. A finely tempered nature longs to escape from his noisy cramped surroundings into the silence of the high mountains where the eye ranges freely through the still pure air and fondly traces out the restful contours apparently built for eternity.”

Dit is interessant om daarop te let hoeveel maal die woordjie “escape” in die beskrywing van wetenskaplikes hier voorkom. Sielkundig gesproke is ontvlugting seker die swakste denkbare dryfveer vir enige keuse of handeling. Maar watter verskil maak dit of een “escape” na die afsondering van die ivoortoring van die akademie, of die glaspaleis van sy besigheidskantoor op die dertigste vloer, of die afsondering van `n klooster?

In antwoord op `n vorige pos van my skryf Andrew; “die wetenskap IS alles.” Wat ek hier mis is `n benadering wat sê; vir my is die wetenskap alles. Want sien, daar is ander mense wat sê geld is alles, en nog ander wat sê mag is alles, ander beweer weer godsdiens is alles, en natuurlik ook die wat sê seks is alles!

Om te sê dit of dat IS alles, is om die wêreld met oogklappe aan te benader. Dit laat geen ruimte vir die moontlikheid vir `n ander wêreldbeskouing nie. En die voorkoms van die benadering in Godsdiens word gewoonlik afgekraak as fundamentalisties, `n etiket erger as melaatsheid. Die vraag is, waarom is die benouende, fundamentalistiese benadering in Godsdiens meer verkeerd, meer afstootlik as dieselfde benadering in die wetenskap of enige ander vakgebied?

Einstein sê: “The supreme task … is to arrive at those universal elementary laws from which the cosmos can be built up by pure deduction. There is no logical path to these laws; only intuition, resting on sympathetic understanding of experience, can reach them …”

Een se intuisie, sy simpatieke verstaan van sy ondervinding, vertel hom van die wonders van die natuur, die ander se intuisie, sy simpatieke verstaan van sy persoonlike ondervinding, vertel hom van die wonders van dit wat die verstand te bowe gaan. Daar is geen sin daarin vir die een om die ander te wil vernietig nie. Inteendeel, soos Wilber ook sê, is `n sintese van die fisiese en die geestelike die meer volwasse benadering tot die lewe.

Read Full Post »

Die kat wat laaste lag

 

Marli stuur toe die grafiese storie.

Kat-gelag

Louwie vra toe of iemand al ooit die kat se siening omtrent die experimunt gevra het.

Hierdie is sekerlik ‘n onomwonde antwoord.

Read Full Post »

%d bloggers like this: