Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘waansin’

Waansinnig verby

Net die naweek sit ons en praat oor die totale waansin wat heers op ons paaie. Op die snelweg ry die stadigste verkeer in die veronderstelde vinnige baan en die vinnige verkeer vleg waansinnig teen 150 km per uur van baan tot baan tussen die stadige verkeer deur.

Om `n sirkel ry `n ou vrou van 99 my byna in my maai omdat sy nie weet sy moet wag vir die verkeer wat reeds in die sirkel is nie. Ek verloor dit totaal en vloek haar tot by haar tiende geslag voor en na haar toe sy vir die tweede keer op my afjaag na ek haar die eerste keer geskel het om te bly waar sy is tot ek uit die pad is.

Dis gek. Jy waag jou lewe deur op die pad te gaan. En probeer net bedeesd vir iemand sê hy doen verkeerd dan pluk hy sommer sy 9 mil uit om jou reg te sien.

En ons kom redelik ongeskonde oor die weg, tot vandag toe. En nou lyk Elsa se kar en die splinter nuwe Ventertjie wat ons net Vrydag gekoop het en wat nog nie verseker is nie so …

Maniaak jaag van agter in haar vas omdat sy dit durf waag om by `n ROOI verkeerslig te stop. Hoe durf sy!! In die Nuwe,  Verbeterde SA word so iets net nie gedoen nie. Stop by `n stopstraat of rooi lig beteken jy is nog nie bevry nie? Fok!

Ma is gelukkig nie beseer nie. Net die bankrekening het `n erge knou weg. Die ou Ventertjie is van sy as af gery. Loop sal hy nie weer loop nie.

En terwyl die Metro-Polisie staan en verklarings afneem, jaag `n vragmotor van die musipaal oor die rooilig teen `n Nissan bakkie vas. En glo dit as jy wil, die bestuurder van die trok en sy maters klim uit en lag uitbundig oor wat hulle so pas gedoen het.

Is ons besig om van ons verstand af te raak?

Read Full Post »

Gekker as gek

Lees in vandag se Beeld een van die gekste berigte wat ek al ooit gesien het.

Die Engelse polisie waarsku mense om nie diefwering voor hulle vensters en deure aan te bring wat diewe kan beseer as hulle probeer inbreek nie. Die diewe kan, as hulle beseer word, `n eis van derduisende Ponde teen die eienaar van die huis instel!!!

Wat word van die wêreld? Is almal besig om gek te raak, of is dit net ek?

Read Full Post »

Wanhoop & Waansin

‘n Tyd van omwenteling. Nege jaar se opbou, net om weg te stap met leë hande, met niks. Maar soos Thoreau sê :” As die werker niks meer kry as die loon wat hom betaal word nie, word hy gekul, en kul hy homself.” Daarom loop ons weg met die wete dat ons ons bes gedoen het; dat ons meer gegee het as wat ons ontvang het. Al loop ons die onbekende in met onsekerheid en vrees – onteenseglik deel van ons menswees – ken ons ook die goeie van ondeskraaging en mededeelsame sorg. So raak mens bewus van die stille wanhoop wat vervleg lê in bestaan: die wil tot wese in opstand teen die verganklikheid.

Die spanning wat deur hierdie tweespalk bewerk word is aan die een kant die dryfveer van wording (groei, vooruitgang, ontwikkeling . . plesier en genot), en aan die anner kant die bron van oneindige lyding (worsteling, betekenloosheid, nietigheid, frustrasie . . pyn en lyding). Die Boeddha het dit so gestel: “Om te kry wat mens nie wil hê nie – dis lyding. Om nie te kry wat mens wil hê nie – dis lyding.” En dis presies wat ons het.

Die onnerliggende wanhoop word ten beste verdoesel deur ontsnapping te vind óf in ‘n maniese vergryp aan alledaagse rondslomp (herehuis, Merc, slawe, kaviaar, biefstuk, vermaak, idees, opinies – verheerliking van die self), óf in die oorgawe aan godsdienstige droggelowe wat gegrond word op die deurlopende verplasing van verantwoordelikheid tussen veronderstelde sterflike en onsterflike wesens (wie is die skepper en wie die skepsel?, wie verbrou en wie is volmaak?, wie moet ontgeld en wie die skouerklap kry?, wie se haat en wie se liefde? – net ‘n anner vorm van self verheerliking?).

En as ‘n kritiese punt bereik word, veranner die stille wanhoop in uiterlike waansin. Die oënskynlike standvastigheid wat so tengerig deur ondeurdagte sienings en oorge-erfde gewoontes gestand gehou word, word wreed deur die werklikheid verstoor. Die werklikheid van verganklikheid breek deur met ‘n gewaarwording van die nietigheid van bestaan. Soos die Prediker sou sê: “Tevergeefs, alles is tevergeefs.”

En in die gevolglike waansin lê die moontlikheid om sin en onsin te transendeer; om die persoonlike af te sterf en die blote werklikheid te aanskou.

Met erkenning aan Henry David Thoreau en Sheldon Kopp.

Read Full Post »

Fiksie Wysheid

Uit Hogfather– deur Terry Pratchett :

The grey bodies smeared and rippled as the hounds sought desperately to change their shape.

‘YOU COULDN’T RESIST IT? IN THE END? A MISTAKE, I FANCY.’ (Death said)

He touched the scythe. There was a click as the blade flashed into life.

IT GETS UNDER YOUR SKIN, LIFE, said Death, stepping forward. SPEAKING METAPHORICALLY, OF COURSE. IT’S A HABIT THAT’S HARD TO GIVE UP. ONE PUFF OF BREATH IS NEVER ENOUGH. YOU’LL FIND YOU WANT TO TAKE ANOTHER.

A dog started to slip on the snow and scrabbled desperately to save itself from the long, cold drop.

AND YOU SEE, THE MORE YOU STRUGGLE FOR EVERY MOMENT, THE MORE ALIVE YOU STAY . . . WHICH IS WHERE I COME IN, AS A MATTER FOR FACT.

The leading dog managed, for a moment, to become a grey cowled figure before being dragged back into shape again.

FEAR, TOO, IS AN ANCHOR, said Death. AND ALL THOSE SENSES, WIDE OPEN TO EVERY FRAGMENT OF THE WORLD. THAT BEATING HEART. THAT RUSH OF BLOOD. CAN YOU NOT FEEL IT, DRAGGING YOU BACK?

En daarin lê die groot verknogtheid.

♦ ♦ ♦ ♦ ♦ ♦

Uit Forever Odd– deur Dean Koontz:

The world has gone mad. You might have argued against that contention twenty years ago, but if you argue it in our time, you only prove that you, too, live in delusion.

In an asylum world, the likes of Datura rise to the top, the crème de la crème of the insane. They rise not by merit, but by force of their will.

When social forces press for the rejection of age-old Truth, then those who reject it will seek meaning in their own truth. These truths will rarely be Truth at all; they will be only collections of personal preferences and prejudices.

The less depth a belief system has, the greater the fervency with which its adherents embrace it. The most vociferous, the most fanatical are those whose cobbled faith is founded on the shakiest grounds.

Persoonlike voorkere en voor-oordele, ten doel om die eie-ek gestand te hou in die aangesig van ons verganklikheid en nietigheid, bring ons tot die drumpel van kranksinnigheid. Die waansinnige vergryp aan Wees.

Read Full Post »

%d bloggers like this: