Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Taming the Ox’

Dis amper alweer Kersfees. In opvolging van die geveg rondom die Kersboom dalk ´n finale woord of tien.

Lees ek toevallig hierdie stukkie wysheid raak in Robert E Kennedy se boek: “Zen Spirit, Christian Spirit.”

Vra ´n monik op ´n kol vir Meester Nansen: “Is there any Dharma that has not yet been taught to the people?” sê Nansen; “Yes, there is.”

Vra die monik: “What is the Dharma that has not been taught to the people?” sê Nansen: “It is neither mind, nor Buddha, nor beings.”

Kennedy was ´n Katolieke priester wat in Japan gaan sendingwerk doen het, vir jare. Toe besluit hy om Zen Buddhisme te bestudeer onder Yamada Roshi. Later het hy vir 20 jaar sy studies van Zen Buddhisme in Amerika voortgesit.

Toe eendag, kry hy hierdie Groot Insig. Hy spring in sy kar en jaag na sy leermeester Glassman Sensei toe en uitasem deel hy sy Groot Insig met die Sensei: “Sensei,” sê hy. “Sensei, everything is mind!”

En rustig antwoord Glassman Sensei: “Wonderful. Everything is mind.”

´n Paar maande later herhaal die storie homself. Kennedy kry ´n nuwe insig, spring in sy kar en jaag na Glassman Sensei toe en vertel hom uitasem van sy nuwe Insig: “Sensei, everything is not mind,” sê hy.

“Yes,” sê Sensei, “yes, you see it.”

“Wonderful. Everything is not mind.”

Kennedy moet nog een besoek aan Glassman Sensei bring, iewers in die toekoms vir die aankondiging van ´n finale Insig. Dalk het hy al, ek weet nie.

En dit bring ons terug by die Kersboom.

Van kleintyd af leer ons; die Kersboom is Kersfees. Die een kan nie sonder die ander nie. Die Kersboom is Kersfees, is geskenke, is kersliedere en kerkdienste en sneeu. Dit is in ons Europese gene geskryf. Dit is soos dit is, al bly ons in dorre Afrika.

“Everything is mind!” Die Kersboom, die geskenke, die Christus is Kersfees, so sê ons tradisies vir ons.

Dan word ons groot en ons begin vir ons self te dink, en ons sien dat die boom en die fees nie dieselfde ding is nie. Daar is nie ´n Kersvader nie. Die boom is net ´n boom met blinkers aan. As ons volwasse genoeg is aanvaar ons dit so in die gees van Kersfees en ons gun die wat nog in die boom glo hulle opwinding en verwondering.

“Everything is not mind.” En die boom is nie Kersfees nie.

As ons nie volwasse genoeg is nie, en ons Insig is ego gedrewe, dan pluk ons ons eie Kersboom, met groot geraas en vertoon, met wortel en tak uit en gaan skop ander mense se bome met die liggies in letterlik en figuurlik onderstebo. Want ons WEET die Boom is nie Kersfees nie. Die Zen os is nog nie getem nie, inderdaad nog nie gesien nie. Die boom staan nog in die pad, versper die uitsig op die werklikheid.

Taming the ox: Zen oxh-03   Zen oxh-06

As dié wat wyser is as ons dan die Boom verder bedink en die dualistiese beeld van subjek en objek wat ons van die lewe het ophef, behoort hulle tot die volgende Insig te kan kom: Daar is nie ´n boom nie, daar is nie ´n Kersfees nie, daar is nie ´n Ek nie, en helaas, daar is ook nie ´n Christus nie. Die Islamitiese Soefiste sê “There is no God …. There is only God”. (en Abel Pienaar sê “God se oë is blou”, maar dit is `n storie vir later.)

Zen oxh-07   Zen oxh-08

Uiteindelik is die Os sowel as die temmer van die Os weg. Die temmer van die Os, wat ook die siener van die Kersboom was, betree die Lig, “enters the void, but not the void of nothingness” en weet dat alles net ´n illusie is. En dan kom hy/sy terug en hou Kersfees en plant sy boom met baie liggies in en gee geskenke met liefde. “He returns to the marketplace with bless bestowing hands”. Hy is bevry van die ego en al die obsessies van hierdie bestaan. Hy is ´n Buddha. Hy is ´n Christus, ´n verligte een. Hy gun dié wat ´n kersboom nodig het, sy boom met liefde, en sing Kersliedere uit volle bors saam met die wat wil sing. En so word dit ´n werklik geseënde, heilige en vredevolle Kersfees soos dit hoort.

Zen oxh-10

(Zen prentjies uit Joh se pos hier bo iewers “Riding the Ox home””

Advertisements

Read Full Post »

Heaven 2

Die laaste Bardo voor jy weer gebore word, word nou betree. Vir sommige word dit `n soektog na die regte, mees geskikte plek om gebore te word. Vir ander is dit eenvoudig die wellustige opwinding van die aanskoue van `n man en vrou wat besig is om seks te hê wat hergeboorte onweerstaanbaar maak.

Die Sidpa Bardo

(The Bardo of Becomming)

Vir die meeste mense is die Sidpa Bardo die eerste plek waar hulle wakker word na hulle dood. Hulle vind die Chikhai Bardo en die Chönyid Bardo so oorweldigend dat hulle in ´n soort van beswyming verval en eers weer bykom in hierdie laaste Bardo net voor hulle weer gebore word.

Dit is moontlik ons Christen Hemel en Christen Hel, die sogenaamde bestaan tussen lewens wat mens gedurende ´n ‘vorige lewe regressie’ deur middel van hipnose kan besoek, en wat dalk verband hou met die ‘naby dood ervarings’ wat sommige mense al beleef het gedurende operasies en/of traumas soos ´n motorongeluk.

Aanvanklik is die afgestorwene hier steeds nie bewus daarvan dat hy/sy dood is nie. Hy/sy probeer steeds met sy mense wat nog lewe te praat. Verwarde en ontstelde blitsbesoeke word gebring aan die plek waar jy dood is (hospitaal/ ongelukstoneel/moordtoneel), jou huis, jou werkplek, jou vriende en die plek waar hulle besig is om jou te begrawe. (meer…)

Read Full Post »

%d bloggers like this: