Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Son’

n Woord of twee

UNLOCK YOUR FEMININE POWER

“You gave language to feelings inside me that I’d never had words for. I felt wonder at how you could know, and at the same time, deep relief. I found a hand extended to me in the dark.”

—Jen, San Francisco, California

So stry ons elkeen ons eie stryd en elkeen dink sy las is die swaarste om te dra. Ek dink dit is soms met opset dat ons nie die hande sien wat ons help dra nie.

Soms is n glimlag al wat nodig is om die son weer te laat skyn … ons glimlag vir iemand langs die pad wat dit nodig het. Dit doen ook wondere vir ons self.

Gaan uit en doen iets met hierdie dag, iets mooi.

Advertisements

Read Full Post »

Deur die Genade

040

`n Moordadige Son jaag die temperatuur tot anderkant 40 grade.

049

En toe kom die reën

054

en verf die hemel vol vreugde.

Read Full Post »

Desember blues

Sie ek dat vyf WordPress blogers iewers raad gee oor hoe om Desember te oorleef. Dit help my veel.

Een vertel hoe jy jou kinders van Kersvader moet speen sonder dat die bloedjies erge trauma beleef. Help my niks, my kinders is lank reeds gespeen van daardie rooigeklede vetteman. Dit is dalk deesdae vir hulle `n probleem om hulle pa te oortuig dat Vader Krismis nooit regtig bestaan het nie. `n Mens kan wens, kan jy nie? Kyk wat het Vader Krismis vir Zuma gegee vir kersfees, `n hele dorp genaamd Nkandla!

Die ander bloger beveel aan dat jy party tot diep in die nag, maar dat jy jou gaste se motorsleutels wegsteek sodat hulle jou moet help om die huis weer aan die kant te kry, eers dan gee jy hulle sleutels terug. Klink na `n goeie plan, maar dit is gewoonlik nie nodig nie. Teen die tyd wat ons en ons gaste ons roes afgeslaap het, het die honde die vloere en die borde reeds skoon gelek en is dit weer gereed om vir ontbyt gebruik te word!

Ons leef in `n vreemde wêreld, en die kontras in leefwêrelde is seker nerens groter as in Afrika nie. Sommige se kerstafels kreun onder die kos en ander suig letterlik aan die agterste speen!

Afrika 219

Onthou ek die dag toe ek, skaars groter as die kannetjie hier bo (en nog sterk onder die indruk dat Vaderkrismis regtig is) van die verkeerde kant af aan `n koei se speen getrek het. Sy het my terstond tussen die oë geskop dat ek sterretjies sien. Dalk die dat die koppie op sy oudag van tyd tot so bietjie raas?

Durban 1970Wat nie een van die blogers aanbeveel ter oorlewing van Kersfees nie, is om weg te bly van die strande af. In 1970 het ons, komende van die plaas af, gedink die strand is op kersdag onleefbaar vol mense gepak. Jy het dit liewer nie daar gewaag nie.

People celebrate New Years Day on a beach in DurbanOns was toe verkeerd. Op kersdag 2012 het dit so gelyk. Ter wille van oorlewing bly ons nou by die huis. Net soms, so elke twee jaar, dink ons dit sal makliker wees om die stand aan te durf as om by die huis te bly, ook ter wille van oorlewing en dit het niks met Vader Krismis te doen nie!!

Geseënde kersfees vir julle almal wat hier kom inloer. Maak nie saak of jy Christen, Moslem, Jood, Buddhis, Shintoïs of ateïs is nie. Mag die dag vir jou vreedsaam, vol geluk en genade wees.

Jesus_022_small

Read Full Post »

Vreemd 30

Het vinnig `n draai by die see gaan maak om `n tan te vang voor die winter.

Daar was baie ander mense op die strand met dieselfde idee.

Vreemd 22

Wie wil nou die winter ingaan met `n bleek lyf soos van kweekgras onder `n sinkplaat, veral as net dele van jou lyf geelgroen daaruit sien!

Vreemd 21

Nou is ons mooi getan en ek en liefie is weer op pad huis toe.

vreemd 25

Read Full Post »

%d bloggers like this: