Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Naweek’

Mabalingwe

Die kinders verjaar. Mens mag nie sê hoe oud meisies is as hulle verjaar nie, maar ek mag sê dat ek nou, as gevolg van hulle ouderdom, besig is om die ouderdoms marge van wat as vatsoenlik gereken word, erg te oorskry. As ek `n perd was, was ek nou naby aan die punt waar die baas my gaan skiet en vir die leeus voer.

Verjaarsdag word die naweek in malse Mabalingwe gevier en ons gaan tuis by ons gashere Bill en Elaine se pragtige huisie in die berge.

Die tema vir die partydjie is so `n mengsel van Haloween en eie kreatiwiteit gemeng met groot hoeveelhede alkohol vir die jonges van gees. Die oumense kon self kies hoeveel water hulle wil bygooi.

Die priester/ondernemer saam met die hoof heks van die aand.

Die twee birthday girls as baie nugter heks en zombie/clown/heks

Ons gashere vir die naweek, Bill en Elaine en die uil.

Die Priester, die heks en die engel by die Shack waar fees gevier is tot in die vroeë oggend-ure (die jonges en die erg middeljariges, nie die oumense nie. Hulle het nugter gebly en vroeg gaan slaap.)

Vroeg die volgende oggend het die buffel koei deur die kombuisvenster kom kyk of almal die fees oorleef het. Vir haar moeite is sy terstond met `n haelgeweer geskiet. Babbelas is as oorsaak van die wandaad voorgehou. (Darem nie regtig nie. Die kolletjies is op die glas van die venster!)

Op safari later die Sondag oggend, op soek na olifante, is koedoes, rooibokke, vlakvarke en ander wild gesien, maar geen olifante nie.

Dit was n erg geseënde naweek saam met die kinders so in die bos. Mens behoort dit meermale te doen.

Advertisements

Read Full Post »

Die naweek in prentjies

011

Vreemde bees beeld. Is hy besig om in die aarde weg te sak, of klim hy uit? Is `n baie mooi stuk beeldhou werk.

050

Steeds tussen die beeste. Die gevalle koei. Vreemde ding. Kinders klouter op haar rond en speel met die spene. Ek wonder of die stadskinders enige idee het van wat dit is. Hoeveel het al ooit `n koei in lewende lywe gesien?

055

Indaba? Bosberaad? Of gereed vir die geveg soos ons maar altoos in hierdie droewe land van ons doen? Miskien Piet Retief en Dingaan wat onderhandel oor grond? Miskien as hulle dit kaal gedoen het soos die twee, sou hulle die absurditeit van die situasie kon insien en daaroor lag, dan was niemand dalk vermoor nie.

051

Ma en die Rooi Man in druk gesprek oor die merite van`n kunswerk. Die man het nie veel te sê gehad nie. Sy dink nie hy weet baie van kuns af nie.

048

Vriendelike Skepper van beelde. Erg “gerook” gesels hy `n hond uit `n bos uit en poseer vir die foto. Toe hy hoor die een beeld is op pad Duitsland toe gee hy `n ekstra hoendertjie vir ons persent.

077

Die man met die saksefoon. Speel te wonderlike musiek, maar elke keer as ek hom wil afneem terwyl hy speel, dan loop hy weg in `n ander koers. Toe gaan neem ek maar klopdansers af wat ook in die omgewing was. Dom soos ek is met die tegnologie dog ek die selfoon is op video gestel. Toe ek later kyk is daar net een foto van die dansers se agterkant geneem, en `n video van die grond voor my voete! Het wel later `n kort knipsel video van hulle gemaak.

Read Full Post »

Naweek

Funny 74

Gelukkig is dit amper naweek. Sodra die son sak Vrydag en die bottel rooiwyn verbykom sal ek opstaan en weer begin lewe!

Read Full Post »

Die week wat was

Dans

Dit begin met `n klein dingetjie. Sny my vinger met `n stukkie glas van `n warmbottel vol kookwater wat breek van die geskud agter in `n Ventertjie op pad Dronkwordspruit toe, vyf uur die oggend op `n snerpende koue dag. Dit om beeste se kele te gaan afsny om my daaglikse brood en pap te verdien.

Klein snytjie, baie klein (veral in vergelyking met die sny in die beeste se kele). Toe ontsteek die sny (in my vinger, nie in die bees se keel nie) en toe plak ek `n pleister op (my vinger, nie die bees se keel nie). Toe ry ek en Vlukse-vrou-wat-daagliks-gym om te gaan kruideniersware koop (is immers waarom ons diere vermoor … om te kan eet!) en toe is my vinger erg seer, en ek kyk vir hom en sê vir Vlukse-vrou ” en daar plak ek die f** pleister langs die sny, want die sny is mikroskopies klein,” sê ek, en sy dink dis vrek snaaks en lag haar byna dood.

En ek wil vir haar iets vertel van `n filosoof waarvan ek gelees het, en toe kan ek nie sy naam onthou nie en ek sê vir haar dis omdat my kop nou na al die jare al so vol inligting is, nou is daar nie meer plek vir nog nie. Ek moet die “delete” knoppie soek en van die verouderde inligting uitvee om plek te maak. Sy sê niks, maar ek vermoed sy dink ek moet die blou movies waarna ek gekyk het toe ek nog jonk was uitvee. Ek sê nee en sy vra nee wat? Sy weet nie ek weet nie!

In die winkel sê sy ek moet wyn gaan koop, sy sien my wynrak is leeg. Loop haal ek `n bottel Versus Sweet, vra sy wit? Hoekom wit? Sê ek nee sien, rooiwyn doen die hart glo baie goed, man moet nou iets begin doen om te voorkom dat hy 88 jaar oud en so vol st**nt word dat sy kinders hom begin dood wens. Is wat een neef van Flukse-vrou nou eendag op `n tante van hulle se begrafnis gesê het: “ek wil nie snaaks wees nie, maar ek wens dit was eerder my ma wat nou daar lê”.  Sy gee hulle al hulle hel.

Mens wil tog dat die bloedjies nog effe hartseer is as jy die dag die emmer skop!

Nou is die week verby en is hierdie mal man weer in die koerante. HKGK as iemand nie iets aan die gek doen nie. Hitler het ook so begin? Daar is miljoene daar buite wat glo die bedriër is een of ander Messias.

Malema 1

Nou is dit naweek en die soet witwyn is goed so in die koue. Gelukkig is Wimbledon en die Duitse GP verby en die verkeerde ouens het gewen en ek het geween, die naweek lê oop en ek betree dit soos `n onskuldige, vol hoop en verwagting (tot die “Beeld” more sy opwagting maak.)

Read Full Post »

Nog `n Dag

Na maaande se gespook begin my buurman lyk soos my buurman, of dan die ‘selfportret’ van my buurman soos iemand dit gestel het!

Gaan hernuwe my lisensie vanoggend by die munsipaal se kantore. Gaan Ma saam om te help met die tolkery soos dit deesdae al meer gebeur. Sê sy vir die man wat die oogtoetse doen om te sien of jy nog kan sien om te kan ry, sê Ma sy staan net daar om vir my te sê wat die Toetser sê omdat ek dalk nie sal hoor wat hy sê nie. Sê die Toetser reg, hy gaan my oë dan  nie toets nie ons kan maar na die volgende stasie gaan en dan gaan betaal. Dit lyk of ek goed genoeg kan sien! Ha, nou kan ons weer vir nog `n jaar die pad aandurf en hoop niemand ry ons dood nie.

   

Die kombi waar mens jou foto laat neem vir die lisensie. Daar is `n spul van hulle wat wedywer om klante te werf.  Dis `n vuil, varkige tampan nes en jou foto lyk ook so as hulle met jou klaar is. Ma sê tenminste werk hulle vir hulle geld. Ek vermoed jy kan ook enige dwelm wat jou lyf begeer daar koop. Ek het in my lewe nog nooit so `n vuil kamera gesien nie.

 Nee, dis nie ek wat `n wilde naweek beleef het na die Leeus se oorwinning oor die Haaie nie.

Read Full Post »

%d bloggers like this: