Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Namibië’

Vanaf n grys en koue Luderitz en sand bedekte Kolmanskop gaan die reis voort deur Windhoek vir n blitsbesoek aan Swakopmund. Aangesien die seewater kouer is as die bier, bly hulle uit die water en hou by die bier.

Namibian Holiday 2017 Swakopmund

Van daar trek die kampeerders na die Kgalagadi Oorgrens Gemsbok Park toe. Kgalagadi “place of thirst” en oorkant die grens in Botswana waar die grootste gedeelte van die park lê is die dors groot, maar nie na water nie … hulle “frack” vir geld. Twee derdes van die park in Botswana is verkoop vir fracking, die moderne weergawe van die Bybelse pot lensiesop.

Namibian Holiday 2017

SCHOOL PRAYER (By Diane Ackerman)

In the name of daybreak
and the eyelids of morning
and the wayfaring moon
and the night when it departs,

Namibian Holiday 2017

I swear I will not dishonor
my soul with hatred
but offer myself humbly
as a guardian of nature,
as a healer of misery,
as a messenger of wonder
as an architect of peace.

Namibian Holiday 2017

In the name of the sun and its minors
and the day that embraces it
and the cloud veils drawn over it
and the uttermost night
and the male and the female
and the plants bursting with seed
and the crowning seasons of the firefly
and the apple, I will honor all life

Namibian Holiday 2017

—wherever and in whatever form
it may dwell—on Earth my home,
and in the mansions of the stars.

Namibian Holiday 2017

Namibian Holiday 2017

Namibian Holiday 2017

Die fotos is geneem deur Hannelie.

Die gedig: Diane Ackerman’s Poetic Invitation to Attentive Presence as a Means of Transcendence and Secular Spirituality

Uit haar bundel:

I Praise My Destroyer

Read Full Post »

Kolmanskop

Die tentbewoners trek verder deur die woestyn. Hulle kla dat die paaie onbegaanbaar is en hulle 4×4 voertuie uitmekaar skud. Die Jeep Rubicon kry veral swaar.

Deur Ais-Ais, Riemvasmaak, Sesriem (Wonder waarom was die voorgeslag so gepla met rieme?), mik hulle vir Luderitz en natuurlik die beroemde Kolmanskop/ Kolmannskuppe/Coleman’s Hill.

Namibian Holiday 2017

Eens n vooruitstrewende myndorp met eie kragstasie, kegelbaan, operahuis, hospitaal en swembad ... maar geen vars drinkwater nie. Nou n vervalle monument bewoon deur spoke en sand.

Namibian Holiday 2017

Onder Duitse bestuur was bykans alles gratis vir die mynwerkers, van gratis ys tot gratis huise, elektrisiteit, gratis mediese behandeling in n moderne hospitaal tot vervoer met n tein van hulle huise af tot by die winkel.

Namibian Holiday 2017

Mens kan jou skaars voorstel dat mense hier gebly het, kinders hier skool gegaan het, Paasfees en Kersfees groot gevier is en daar soms deurnag gedans en ge-“party” is, ten spyte van al die sand.

Namibian Holiday 2017

Teen hierdie trappe het kinders gespeel en ellegante dames met lang rokke op en af geloop, skaars sestig jaar gelede vir die laaste maal. Nou is dit net die sand en wind en n spook of twee wat nog daar speel.

Read Full Post »

Hannelie en vriende kamp saam deur die Namib

Namibian Holiday 2017

Hulle begin Suid  en verken Ais-Ais, Riemvasmaak, Sesriem en Luderitz. Land van klip en sand, en helder skoon water.

Namibian Holiday 2017

Langs die pad loop hulle hierdie verliefde paartjie Trolle raak, karakters so reg uit Pratchett se Discworld uit.

Namibian Holiday 2017

Terwyl die son sak oor die Namib

Namibian Holiday 2017

Die klipharde en wonderskone Namib

Namibian Holiday 2017

Read Full Post »