Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Maria’

Hierdie boek is nou ook beskikbaar by Barnes & Noble, Kobo en iTunes.
Vir die van julle wat nie `n Kindle besit nie en dus nie van Amazon kan aflaai nie, is dit nou beskikbaar in ePub format by al bogenoemde boekwinkels.
Die gedrukte weergawe sal eersdaags beskikbaar wees.
Hierdie storie is `n speurverhaal wat nie regtig `n speurverhaal is nie. As jy daarvan hou om speurverhale vir ontspanning te lees moet jy liewer by Deon Meyer hou, die man skryf uitstekende speurverhale, van die beste wat in Afrikaans beskikbaar is.
Water in Wyn in Bloed is eerder vir die denkende mens wat vrae vra oor die lewe, oor moraliteit, oor kerk, oor wat ons as ‘normaal’ beskou in ons abnormale samelewing.
Dit mag dalk skok, en jy sal moontlik met meer vrae as antwoorde sit na jy die boek gelees het. Die hoop is dat dit jou sal help om buite die boks te dink en ongebaande weë te begin ondersoek.
Lees en geniet.

Kliek die skakels hieronner om die boek te koop.

smashwordslogo

Amazon.com Logo

Barnes_Noble Logo

 

Advertisements

Read Full Post »

Ek sal julle op hoogte hou van wanneer die boek beskikbaar sal wees.

Read Full Post »

Voorblad van my nuwe boek. Dit sal een van die dae beskikbaar wees by Amazon. Hou hierdie spasie dop.

Voorblad ontwerp deur Hannelie.

Read Full Post »

Chris – Hoofstuk 2

HOOFSTUK 2

 ISA – Onttrekking

 ‘n Noodlottige ontmoeting.

Maria

Die aanloop tot hierdie tragedie is nie net beperk tot die lewe van die huidige rolspelers waarvan Izak en sy vrou Maria, PP en Chris die hoofkarakters is nie. Lank voor Chris op die toneel verskyn het, is die saad van vernietiging reeds op hulle pad gesaai. ‘n Geskiedenis van gesinsgeweld het soos ‘n roofdier meedoënloos op hierdie groepie mense se spoor gebly en uiteindelik walglik brutaal sy tol geëis.

Die volgende historiese inligting aangaande die familie het ek hoofsaaklik van Chris self gekry, die res is deur vriende, kennisse en bure bygelas of bygelieg, afhangende van hulle gesindheid jeens die families self of  bepaalde individue uit die betrokke families. In die skok van nabetragting staan niemand ooit neutraal nie en om iemand te skop wat reeds lê is by sommige mense ‘n natuurlike instink. (meer…)

Read Full Post »

%d bloggers like this: