Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘lyding’

 

Soos soliede rots

nie deur wind verstoor word nie,

so is diegene met wysheid onverstoord,

hetsy deur lof of blaam.

Dhammapada vers 81

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Somtyds voel mens jy word gewaardeer an anner hou van jou, en anner tye voel mens verstoot en ontken. Is daar ‘n manier om bestendig te bly ongeag die hoogtes van lof en aanvaarding en die dale van blaam en verstoting?

Dit was op die volmaan van Julie dat die Boedha die eerste keer sy leerstelling om die ontwikkeling van wysheid na te streef verkondig het. ‘n Wyse benadering tot die lewe, het hy gesê, is wat innerlike sekerheid en standvastigheid bring.

Hy het vir ‘n baie lang tyd gesoek na ‘n oplossing vir die frustrasies vannie lewe. Toe hy self  bevryding  gevind het van die frustrasies en lyding, het hy sy leerstelling geformuleer as die Vier Edel Waarhede: daar is lyding; daar is ‘n oorsaak van leiding; daar is bevryding van lyding; en daar is ‘n weg wat ons kan volg om bevry te word.

Die beeld van ‘n rots, onverstoord deur die wind, is om ons aan te moedig en te inspireer om wysheid te ontwikkel.

Skakels: ratanagiri.org.uk              forestsangha.org         forestsanghapublications.org

 

HalfDome and Moon

Half Dome and Moon – Ansel Adams

 

 

Advertisements

Read Full Post »

Lyding bedaar in die mate

Waartoe mens vry is van die bedoeling

Om te skaad.

Daar is geen werklike grootsheid nie,

As woede nie beteul word nie.

Dhammapada vers 390

 Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

Die gevoel van verontwaardiging kan gegrond wees op ‘n gevoel van grootsheid, of meerderwaardigheid. Maar só ‘n gevoel van grootsheid is deurtrek met lyding.

 Wanner die vlamme en rook van ons woede bedaar het, dan sien ons die skade wat deur onbeheersde handelinge en woorde veroorsaak is. Andere is seer gemaak en mens vind jouself alleen om die verdriet en berou te trotseer.

 Dis lekker om innie son te lê en bak; en ‘n soetigheikie is baie aanloklik, maar sulke goed se voorkoms verdoesel die werklikheid. Net omdat dit lekker is, beteken nie dat dit goed is nie.

 Net so is die drif van woede baie stimulerend, maar sodanige stimulasie het ‘n prys: ‘n erge skuldlas word veroorsaak deur willens deur daardie vloed van energie meegesleur te word. (Want die bedoeling agter ons dade wanner ons in woede optree is om te skaad.) Mens mag geregverdig voel om ‘n standpunt van vergelding in te neem, maar dis ondeurdag om in woede te handel.

As ons werklik baie ernstig daaroor is om vry van lyding te wees sal ons onsself inspan om gewaar te word van die kleinste neiging om skade te bewillig.

n Pragtige Nguni familie

Read Full Post »

Karma

Karma is oppie morele en geestelike vlak soos gravitasie oppie fisiese vlak – ‘n natuurwet wat geldig is van die mikro-wêreld tot die makro-wêreld. In Pali en Sanskrit beteken dit “handeling” of “aksie” in die algemeen, maar die Buddha het dit ‘n meer spesifieke tegniese betekenis gegee, naamlik doelbewuste handeling. As mens oppie sypaaikie loop en ‘n paar miere onbewustelik plattrap, het dit geen karmiese gevolge nie; maar as mens doelbewus Dyant gebruik om van die miere rondom die wasbak ontslae te raak, dan het dit definitiewe karmiese gevolge.

 Net soos gravitasie nie die enigste faktor is wat gevolge oppie fisiese vlak bepaal nie, is karma ôk nie die enigste faktor wat gevolge oppie morele / geestelike vlak bepaal nie. Dink maar net hoe ‘n ingewikkelde affêre dit is wanner mens ‘n golfbal slaan: gravitasie speel ‘n belangrike rol, maar windrigting, lugvogtigheid, die teenwoordigheid van bome, watergate en sandputte, jou gemoedstoestand (wat jou bankrekening en sekslewe insluit!) speel elkeen ôk ‘n rol wat bepaal waar jou hou uiteindelik gaan lê.

 Karma bepaal die algemene omstandighede waarin jy jou bevind, maar dit bepaal nie spesifieke gebeure nie. Die straatvlak siening dat elke ding wat met jou gebeur jou karma is (veral die “slegte” dinge), is onsin, gebaseer op onkunde. Hierdie wanopvatting is waarskynlik ‘n oorblyfsel vanuit die Abrahamatiese tydvak en die idee van “‘n oog vir ‘n oog”, ‘n wet neergelê deur ‘n vergeldende god.

 ‘n Anner interessante wanvoorstelling i.v.m. karma is dat dit wat gebeur jou karma is; m.a.w. die gevolge wat realiseer word as karma gesien. Dit is ook totaal verkeerd: karma is jou bewustelike handeling wat toekomstige omstandighede skep; omstandighede wat dan tot spesifieke gebeure lei, wat gesien kan word as die (indirekte) gevolge (pali: Vipaka) van die oorspronklike handeling.

 Volgens een voorstelling in Buddhisme is die volgende faktore betrokke by elke gebeurtenis:

  •  Fisiese natuurwette (fisieka-wette, chemiese prosesse, klimaat ens.)
  • Biologiese strukture (sellulêre-, organiese-, lewensprosesse, genetiese oorerwing)
  • Individuele beginsels (waarneming, willskrag, lewensstrewe, doelbewustelikheid – KARMA)
  • Sosiologiese stelsels (moraliteit, waardestelsels, wêreldbeskouinge)
  • Transendentale potensiaal (wysheid, kompassie en vryheid)

 Al hierdie faktore werk terselletyd saam in elke gebeurtenis wat ons ervaar.

 Karma is dus nie determinisme nie, maar net een van die faktore wat deel is van ons lewens-ervaring.

Read Full Post »

Lyding

Lees nou die dag ‘n artikel deur James Wood getiteld Holiday in Hellmouth wat in The New Yorker verskyn het. Hierin doen hy ‘n resensie van die boek “God’s Problem” deur Bart D Ehrman.

 Die artikel en boek handel oor die konsep van lyding, soos dit in verband staan met die bybel en ‘n verwronge godsbegrip. Die kwessie van “die bose” word ook bygetrek. 

Baie goeie storie. In een van my skrywes iewers het ek die probleem van genade na die skoot in die gat ook aangespreek. Soos gewoonlik het die gebroeders en susters van gemeentes onmiddelik vertel hoe wonderlik dit is dat God die beste Ortopeed beskikbaar oor my pad gestuur het toe ek agter op die bakkie by die hospitaal afgelaai word. Wys jou net van Sy voorsienigheid en genade, druk hulle dit tydig en veral ontydig op my hart.

  (meer…)

Read Full Post »

%d bloggers like this: