Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘Huismoles’

Hi, net om julle op hoogte te hou, hier is die volgende verhaal van my lewe! Lekker vet gemors ..

Nou die sad storie van my kant af ; my huis is verkoop maar intussen het ek hom mos verhuur. Als het goed gegaan met die huurders. Verlede maand gee die man toe kennis (kontrak is met hom, hulle is nie getroud nie). Dit het ons natuurlik uitstekend gepas dat hulle kennis gegee het, want die koper wil intrek en pro-rata huur betaal. Ongeveer twee weke gelede hoor ons van die bure die man het uitgetrek.Somer 1

Wel aangesien hy kennis gegee het, is dit mos vanselfsprekend dat die dame dan ook gaan trek. Om ‘n lang storie kort te maak, ek sit met ‘n plakker in die huis. Sy weier volstrek om te trek, hou glo van die huis. Het geen inkomste, geen kar, bokkerall. My agent was gelukkig baie vinnig en Dinsdag het die prokureur ‘n uitsettingsbevel uitgereik. Sy het 14 dae om te trek, anders neem hulle haar in hegtenis.

Nou sit ek opgestress aan hierdie kant. Die koper wil in, sy wil nie uit. Die meubels is opgeskryf om die prokureurskostes te dek. Kom sie kom sa, ons moet wag en kyk wat gebeur.

So sit ek nou maar en wag. Ek wou SA toe vlieg, haar ‘n snotklap gaan gee, maar die prokureur sê ek moet nie inmeng nie. Alles glo onder beheer. Die koper kan nie kanselleer nie, die proses is al te ver gevorder in die Aktekantoor. Halleluja !

Klap2

Enige opwindende nuus van julle kant af ???

Lovies

xx

Read Full Post »

Die dag begin soos gewoonlik, koud en stadig. Gaan laai flukse vrou by die gym af, trek my Virgin kaart deur die slot om te verseker flukse vrou kan aanhou oefen om die winter lyf in toom te hou. Gaan stap self `n paar minute op die trapmeul, lig `n paar gewigte op en af en blaas die aftog.

En toe raak die dag heel opwindend. `n Blonde jong kind storm opgewonde op my af (flukse vrou wat die petalje gade slaan vanaf haar martelpyp, dog dis `n ou lover wat die Ouman kom konfronteer oor onderhoud of so iets!) en die kind sê “jy het my kar gestamp, ek het jou dopgehou! Kom saam dan wys ek jou en sodat ek jou besonderhede kan kry.”

Ek sê ek het nie. Sy sê; “ek bel die Polisie.” Ek sê bel, en stap aan na flukse vrou en sê kom help terwyl die blondie voor my bly inspring en met haar hande en arms keer dat ek nie wegloop nie.

Ons storm die trap af kar toe terwyl sy bly vertel hoe sy my dopgehou het. By die kar wys sy na `n amper mikroskopies klein skrapie op haar deur. ‘Sien, dis jy,” sê die kind opgewonde. “Jy gaan betaal”.

Ek sê wag en maak die bakkie se deur oop tot waar dit amper teen haar kar se deur raak. Die punt waar my deur haar deur raak is toe sowat 8 sentimeter weg van die skrapie op haar deur. Daar is dus geen manier waarop my deur die skade kon gedoen het nie, so sê ek vir haar, en neem terstond `n foto van die merk en waar my deur haar deur raak net vir ingeval.

Maar ek het jou gesien, dis jy wat dit gedoen het. Hoe meer ek vir die dom dingetjie probeer  verduidelik dat dit fiesies, metamaties, wiskundug en prakties nie moontlik is dat my deur die skade kon gedoen het nie, hoe meer dring sy daarop aan dat dit wel so is en dat ek vir die skade moet betaal, en sy bel haar pa en vertel vir hom die storie en dat ek ontken dat ek die skuldige is.

Selfs die karwagte kom kyk en skud die kop en sê stupid woman. Toe skryf sy my registrasienommer af en ry weg, maar boos sê ek jou. Erg boos.

Diere 8

Go smell the roses (or whatever) my dear. For heaven’s sake, dit was net besig om `n mooi dag te word!

Toe, laatmiddag by die huis is daar skielik `n lawaai by die bure Noord van ons. Dieselfde Hollander wat voorheen helder oordag onder “groen” rowers deurgeloop het. Flukse vrou storm uit en gaan kyk wat aangaan. Kry `n ambulans in die buurman se oprit, besig om Buurman in te laai op `n stretcher. Hartaanval, sê sy vrou. Shit, die man is skaars veertig.

Dit is nou al 10 uur en sy vrou is nog nie terug van die hospitaal af nie.

En net na die ambulans hier weg is, is daar weer `n lawaai, die keer by die buurman Wes van ons, oorkant die straat. Sy alarm gaan af en daar is `n vrou wat skreeu.

Ek en flukse vrou loer deur die venster om te sien wat aangaan. Mense hardloop in die tuin rond en skreeu. Ons bel Alpha, ons private weermag soos Zuma en sy kaders hulle noem. Alpha sê hulle weet van die steurnis, hulle was al daar. Is `n dronk vrou of vrouens wat baklei, is nie hulle saak nie.

Buurman (Portugees of Griek) is getroud (dink ons) met die swart vrou wat by hom in die huis bly. Sy en `n kleurling vrou het aan die drink geraak, struweling opgetel en nou rand hulle mekaar aan terwyl Buurman saam met hulle in die tuin rondhol en almal skreeu vir almal.

Laaste wat ons gesien het, het een vrou die straat af gehol met die ander een kort op haar hake.

Laat sak my kop in skaamte. Het ek al genoem ons bly in Kempton Park? Nie Kempton Park Wes nie, ook nie Boksburg nie, nee goeie ou Kempton. Net maar nog `n verrottende dorpie in die Nuwe, Verbeterde SA. Nie dat dit elders in die wêreld beter gaan nie.

buddist

Wat, vra ek jou, word van die ou mensdom?

 

Read Full Post »

Pret vir die dag

Marriage – Part I

Typical macho man married typical good-looking lady and after the wedding, he laid down the following rules:

“I’ll be home when I want, if I want and at what time I want and I don’t expect any hassle from you. I expect a great dinner to be on the table unless I tell you that I won’t be home for dinner. I’ll go hunting, fishing, boozing and card-playing when I want with my old buddies and don’t you give me a hard time about it. Those are my rules. Any comments?”

His new bride said, “No, that’s fine with me. Just understand that there will be sex here at seven o’clock every night …….. whether you’re here or not.”

(DAMM SHE’S GOOD!)

Marriage (Part II)

Husband and wife had a bitter quarrel on the day of their 40th wedding anniversary! The husband yells, “When you die, I’m getting you a headstone that reads: “Here Lies My Wife – Cold As Ever ” “Yeah?” she replies. “When you die, I’m getting you a headstone that reads: “Here Lies My Husband – Stiff At Last”

(HE ASKED FOR IT!)

Marriage (Part III)

Husband (a doctor) and his wife are having a fight at the breakfast table. Husband gets up in a rage and says, “And you are no good in bed either,” and storms out of the house. After sometime, he realizes he was nasty and decides to make amends and rings her up. She comes to the phone after many rings, and the irritated husband says, “what took you so long to answer the phone?” She says, “I was in bed.” “In bed this early, doing what?” “Getting a second opinion!”

(YEP, HE HAD THAT ONE COMING, TOO!)

Marriage (Part IV)

A man has six children and is very proud of his achievement. He is so proud of himself, that he starts calling his wife, “Mother of Six” in spite of her objections. One night, they go to a party. The man decides that it’s time to go home and wants to find out if his wife is ready to leave as well. He shouts at the top of his voice, “Shall we go home ‘Mother of Six?’ His wife, irritated by her husband’s lack of discretion, shouts right back, “Anytime you’re ready, Father of Four.”

(RIGHT ON, LADY!)

Marriage (Part V)

The Silent Treatment

A man and his wife were having some problems at home and were giving each other the silent treatment. Suddenly, the man realized that the next day, he would need his wife to wake him at 5:00 AM for an early morning business flight. Not wanting to be the first to break the silence (and LOSE), he wrote on a piece of paper, “Please wake me at 5:00 AM .” He left it where he knew she would find it. The next morning, the man woke up, only to discover it was 9:00 AM and he had missed his flight. Furious, he was about to go and see why his wife hadn’t wakened him, when he noticed a piece of paper by the bed. The paper said, “It is 5:00 AM. Wake up.”

Men are not equipped for these kinds of contests. God may have created man before woman, but there is always a rough draft before the masterpiece.

 

Read Full Post »

So leef ons

beelde-johan1

 

 

 

 

 

 

Laatnag begin ons bure aan die Suidekant op mekaar te skreeu hier neffens ons eie kamervenster.

Sy: (op Ingels) “Vat jou f*** goed en loop uit my huis uit!”

Hy mompel iets onhoorbaar.

Sy: “Nee ek gaan my goed vat en F*** off. Ek bly nie langer hier in die F*** huis nie!”

Hy mompel weer.

Sy: “Nee, dis my F**** huis die. Vat jy jou f**** goed en F*** off uit my huis uit.”

So het sy deur die loop van die nag telkens van plan verander oor wie moet bly en wie moet ry. Tot laat gaan dit so aan en toe daal die stilte neer. Die volgende dag was almal nog in die huis. Niemand het sy goed gevat en geloop nie ….. tot die volgende nag.

Sy: (Op Ingels) “Vat jou goed en F*** off uit my huis uit!”

En so gaan dit aan tot laat in die nag. En weer verlaat niemand die huis nie.

Normaalweg is hulle redelik stil en stemmig. Die vrou nog nooit ontmoet nie. Die man eenmaal, en hom ‘n redelik onaangename, bombastiese man gevind.

Nie lank gelede nie was dit ons bure aan die Noordekant se beurt.

Pa, ‘n Hollander, skel op sy oudste seun. Ma (Engels) storm uit die huis uit en skreeu op Pa oor hy dit durf om op die kind te skreeu.

Dit gee ‘n groot bekgeveg af tussen pa en ma en die kind wat luidkeels sy eie deel bydra.

Laatnag gaan die geveg in die huis voort. Die fokus van die konflik het nou verskuif na fiskale beleid in die huishouding. Uiteindelik skreeu Ma; “Vat jou goed en f**** off uit my huis uit”

En Pa doen dit terstond. Deure klap, enjin brul, bande skreeu en stilte, doodse stilte.

My vriend (Afrikaans) kom van die see af. Lekker vakansie gehou in sy eie strandhuis. Lekker R25,000 geblaas in die maand en ‘n half wat hy en sy vrou daar was.

By die huis gekom vra Ma geld om kruideniersware te gaan koop, en die hel bars los.

“Ek het jou R8,000 gegee, wat de **** het jy daarmee gemaak?”

Die een woord op die ander en soos gewoonlik verdwaal die rede en die onrede neem besit.

Hy; “Jy is nie lief vir my nie, jy was nog nooit lief vir my nie,” en sommer so terloops en sonder rede “jou kinders hou nie eers van jou nie”.

Dit na 35 jaar van getroude lewe!

Wat de hel maak ons. Het die wêreld mal geword, of was dit nog maar altyd so?

Read Full Post »

%d bloggers like this: