Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘geluk’

Wanner dié wat wys is in diepe bepeinsing verkeer

oor die verganklikheid van hierdie liggaam-gees,

en van alle gekondisioneerde bestaan,

dan ervaar hulle vreugde en geluk

want hulle sien deur die sluier tot die standvastige.

Dhammpada vers 374

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo

 Al die Boeddha se leringe dui innie rigting van dit wat onsterflik, onveranderd en inherent bevredigend is. Ons bepeins die verganklike, sterflike, onbevredigende toestand van gekondisioneerde bestaan ten einde te ontwaak uit die droom waarin ons lewe.

In ons droomwêreld glo ons dat verknogtheid aan goeters ons uiteindelik gelukkig sal maak. Die Boeddha met sy toegang tot die ongekondisioneered werklikheid het geweet dat om vas te klou aan enige aspek van gekondisioneerde werklikheid direk lei tot teleurstelling. En hy het sy insig nie verkondig sodat ons ‘n filosofie kan skep oor hoe onbetroubaar en jammerwaardig hierdie bestaan is nie. Hy het net soos ons in hierie wêreld gelewe maar het nie gely nie en nie aan gegaan oor hoe treurig dit alles is nie.

Die lewe kan treurig en smartlik voorkom solank ons uitsluitlik identifiseer  met die liggaam-gees. Die Boeddha se identiteit was ondefinieerbaar omdat hy nie aan enige iets vas geklou het nie, en sy geluk was onwankelbaar want dit was nie afhanklik van enige iets nie.

HK Going Home

Going Home

Foto deur Hengki Koentjoro II

Read Full Post »

Geluk

Is geluk ‘n hersinskim 

wat water bied 

aan ‘n dorre siel? 

Skuil daar agter ‘n groter duin 

van sorge en verdriet? 

  

Wens ons op ‘n stêr 

innie kille hemelruim? 

Sal die laaste gil, 

die laaste druppel skuim 

innie sand verdwyn? 

Color composite image of the Pleiades star cluster produced by Inseok Song of the Spitzer Science Center.
Pleiades stêrre groep

Saamgestelde kleur beeld geskep deur Inseok Song vannie Spitzer Science Center. Verkry vanaf die UCLA webwerf.

Read Full Post »

Geluk

Sjinese spreuk:

As jy gelukkig wil wees vir ‘n uur, vat ‘n slapie.

As jy gelukkig wil wees vir ‘n dag, gaan vang vis.

As jy gelukkig wil wees vir ‘n maand, trou.

As jy gelukkig wil wees vir ‘n jaar, erf ‘n fortuin.

As jy gelukkig wil wees vir ‘n leeftyd, help iemand anners.

(met dank aan Johan Jonck)

Read Full Post »

Volmaan Sep 2009

Volmaan – Donnerdag 4 September 2009

Wysheid stel mens in staat om weg te breek

vanaf ‘n laer geluk

en te strewe na ‘n hoër geluk.

 Dhammapada vers 290

Kommentaar deur Bhikkhu Munindo:

 Ons kan nie voorgee dat ons nie ons “kleiner gelukkies” geniet nie. Dit sal vals wees om te sê, byvoorbeeld, dat dit nie lekker is om rustig op ‘n verlate strand in die skadu te sit, met ‘n ligte briesie wat mens afkoel en ‘n glas vars koejawelsap byderhand nie. En tog, die najaag van sulke genot lei tot telleurstelling. Dit is ‘n “laer” geluk. Daar is niks inherent verkeerd met die sintuie nie, dis net dat geluk wat gebasseer word op die bevrediging van sintuiglike begeertes beperk is. Wysheid is dit wat ons besiel om ons aandag na binne te keer en die werkilkheid van ons geluk te ondersoek. Wysheid vra vrae soos: “Is hierdie geluk standvastig?” “Indien nie, waarom jaag ek dit so naastiglik na?” En: “Is daar anner maniere om tevredenheid te bereik?” Die hoër geluk wat die Boeddha van gepraat het is nie afhanklik van die bevrediging van begeertes nie. Dit is die natuurlike gevolg daarvan om gegrond te wees in volmaakte bewustheid, oomblik tot oomblik, ongeag die omstandighede.

Read Full Post »

%d bloggers like this: