Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Depressie’

045

Om ‘n virus te oorleef.

Van die eerste dag van “lock down” af het ons besluit om iets te doen wat mense kan help om hierdie vreemde aanval op ons lywe en op ons gemoed teen te staan. Ons bly in ‘n “beskermde” gebied met valhekke en wagte as’t ware op die mure soos in die stede van ouds, in ‘n poging om die booswigte buite te hou.

Die afsperring was redelik geslaagd want misdaad het drasties afgeneem. Maar toe leer ons dat jy meeste bose mense met heinings en hekke buite kan hou, maar jy kan nie ‘n bose virus met sifdraad keer nie.

Toe ons weer sien is ons (soos die res van die land en die res van die wêreld) gevangenis in ons eie klein (veronderstelde veilige) wêreldjie. En nou weet ons wat gebeur as jy mense in ‘n hok sit. Dit vat nie lank voor daar onmin en onvrede begin broei nie. Lank voor die “lock down” was daar al struwelinge. WhatsApp groepe is van die begin van afsperring van die gebied gestig om die gemeenskap bymekaar te hou, inligting uit te ruil en om sommer net te gesels. Die groepe het baie gou opgebreek weens struwelinge en splinter groepe is gestig. Maar selfs binne die nuwe groepe het gevegte bly uitbreek.

En toe kom Ou Covid-19 en onvrede vlam op en dreig om hand uit te ruk. En so bedink ons toe die klippe van vrede, deels om die mense op te beur en te help om depressie teen te werk, en deels om ons eie angs en swaarmoedigheid te verlig.

072

Elke oggend op pad werk toe word daar toe (anoniem) een van ons klippe net ‘n nota met ‘n boodskappie van bemoediging  ‘at random’ voor die hek van iemand in ons omgewing gelaat. Natuurlik word die klip eers ontsmet voor dit afgelewer word.

Aanvanklik was daar geen reaksie op die ‘geskenkies’ wat ons voor mense se deure gelaat het nie, maar toe begin die mense op die WhatsApp groepies so half versigtig vra of iemand weet waar die klippe vandaan kom, en toe begin hulle om foto’s van die klippe met mekaar te deel, en skielik word dit toe ‘n kompetisie oor wie se klip die mooiste is.

Soos iemand dit gestel het: in plaas van bek gevegte onder mekaar is daar skielik ‘n gees van opwinding en “is the neighbourhood abuzz with friendly chatter and good neighbourly banter”.

002  035  034

Gelukkig het niemand mekaar met die klippe begin gooi nie. Ons doel om mense op te beur het duidelik begin werk en ons het self ook minder swaarmoedig begin voel. Die mense het pragtig gereageer op die gebaar van welwillendheid  en versoeke vir klippe met bepaalde temas het begin instroom. Een bejaarde vrou wat alleen in ‘n huis bly het gevra vir ‘n klip met ‘n vlinder op en sommer gevra vir een wat sy vir haar dogter wat in ‘n ander woonbuurt bly wil gee. ‘n Ander een wil ‘n klip met ‘n kat op hê. Meeste mense gee egter nie om hoe die klip lyk nie, net solank hulle een kan kry.

043    026

Fase een van die projek is nou goed op dreef, soveel so dat ons nie kan voorbly met produksie nie. Iemand het voorgestel dat ons die klippe verkoop, maar ons stel nie belang daarin om geld te maak nie. Die bietjie vreugde wat ons saai teen die agtergrond van die verwoesting wat die virus daar buite veroorsaak is vir ons genoeg.

Fase twee van die projek, die keer om die “butterfly effect” aan die gang te sit is pas begin. Ons sal julle op hoogte hou van wat gebeur.

077

Wees rustig en bly veilig.

Read Full Post »

Gaan eet koek

Wat loer jy?

Wat loer jy?

Lees van ‘n brief wat ‘n baas aan sy werkers skryf om hulle te inspireer/bemoedig.

Hy sê dat hy die indruk kry dat daar mense is wat depressief voel. Dan vertel hy aan sy mense die goeie nuus:

1) Petrol is 75% goedkoper as 4 maande gelede.

Wat hy vergeet om te noem is dat dit steeds 20% hoër is as wat dit was toe hulle begin depressed voel het en dat voedselpryse drasties gestyg het saam met die petrol prys en nie weer gedaal het toe petrol goedkoper geword het nie.

2) Daar was geen kragonderbrekings die afgelope tyd nie, sê hy.

Wel ja hoera, nie vir so lank aaneen as wat dit op ‘n tyd was nie. Maar daar was honderde kort onderbrekings sonder waarskuwing en die kersie op die koek natuurlik die water toevoer wat skielik ook tydig en ontydig afgesny word. Dankie, dit gaan soveel beter.

3) Die slegte nuus; ja die resessie is bad, sê hy. Maar die goeie nuus is dat slegte tye altyd gevolg word deur goeie tye.

Hoera meneer die MD, gaan vertel dit vir die amper 600,000 mense wat net in Januarie hulle werk in die VSA verloor het en die verwagte 50 miljoen wat wêreldwyd hierdie jaar hulle werk gaan verloor.

Hy klink soos die bankbaas in die VSA wat, na hy homself ‘n skaflike $5 biljoen meevallertjie gegee het, verklaar het dat daar tog immers elke 40 jaar of wat ‘n ekonomiese insinking voorkom, so what, dit sal weer regkom.

Daar is net te veel Marie Antoinette daar buite na my sin, stinkryk bastards wat nie ‘n idee het van wat met die man op straat aan die gang is nie, en ook nie ‘n hel gepla is oor of die ouens se kinders kos het om te eet of ‘n dak oor hulle koppe het nie.

Trek die gordel maar net ‘n bietjie stywer, is hulle raad. Ek gaan dit ook doen, kyk ek vlieg nie meer met my private straler van die VSA af na Parys toe saam met my skelmpie net om ontbyt daar te gaan eet nie, ons eet nou ontbyt in die 5 ster hotel hier om die draai, net omtrent 2 uur se vlieg van hier af. Sien, ek kry ook swaar.

En dan droom die plaaslike MD verder. Die nare oom Bob gaan een van die dae iets van die verlede wees en dan gaan geld na Zim toe stroom, en SA gaan verskriklik baat by die enorme instroming in Zim. Ons gaan swem in die $$$$$$$.

Hy noem so terloops dat dit sleg gaan met ons skole en hospitale en dat misdaad buite beheer is, ons moet dit gou fix.

Van paaie en straate wat verval en riviere wat vol riool is en op ‘n ramp afstuur sê hy niks.

Sy slot opmerking: Ons moet leer om te dans in die rëen!

Dit is moeilik om te dans as jou hart nie sing nie meneer die MD, maar ons wag vir die rëen, ons wag.

Read Full Post »

%d bloggers like this: