Feeds:
Artikels
Kommentare

Posts Tagged ‘Atomised’

“Platform” deur Michel Houellebecq.

Is ek nou alweer baie ver agter met resensies van die boeke wat ek die afgelope tyd gelees het. Resensie is ook sekerlik te ´n ambisieuse woord om hier te gebruik. Is meer van ´n oorsig en bepeinsing. Resensies laat mens maar eerder oor aan die geleerde mense.

Onlangs gelees: “Platform” deur Michel Houellebecq (uitgespreek as Helbek).

044

David Sexton van die Evening Standard sê: “ Michel Houellebecq has put contemporary French literature back on the map in a way not seen since Camus”. Dit is een helse kompliment, sou ek sê!

Ander resensente noem dit “a stunning achievement” en “a brilliant novel” asook “outstandingly powerful”.

Daar is mense wat dit ‘vulger’, ‘sleezy’, seksbehep, oppervlakkig, banaal en niksseggend noem.

Die storie gaan kortliks oor ´n staatsamptenaar Michel Renault wie se pa vermoor word, en by wie hy ´n aansienlike hoeveelheid geld erf. Hy vertrek op ´n groeptoer na Thailand. Hy vind die toer vervelig en die mense wat saam met hom op die toer is kleingeestig, oppervlakkig en die gesprekke banaal. Hy wend hom na masseer salonne en seks met Thaise meisies, maar vind ook dit onbevredigend.

Terug in Frankryk knoop hy ´n verhouding aan met een van die meisies (Valérie) wat saam met hom op die toer na Thailand was. Sy self is betrokke by ´n sukkelende toer agentskap, en saam beraam hulle ´n plan om die besigheid te red deur wêreldwye sekstoere aan te bied. Die plan slaag bo verwagting goed, en net toe die twee besluit om rustig af te tree as bestuurders by een van hulle oorde in Thailand, word die plek aangeval deur Islam ektremiste en Valérie word doodgeskiet.

Uiteindelik bly hy alleen agter in Pattaya, huur hy ´n kamer in Naklua Straat in die buitewyke van die stad en verwag om daar aan sy einde te kom.

Die boek is, net soos sy vorige boek “Atomised” geskryf in die gees van Sartreaanse Existensialisme, maar sonder die skerp intellektuele aanslag van Sartre. Deurentyd lewer Houellenbecq snydende sosiale kritiek op die Westerse lewenswyse, en net soos in Sartre se Nausea, word die lewe as geheel, en in die finale analise gesien as banaal en sinneloos.

Hy begin die boek met die woorde:

“Father died last year.”

“As I stood before the old man’s coffin, unpleasant thoughts came to me. He had made the most of life, the old bastard; he was a clever cunt.”

Anders as sy pa is Michel se lewe nie ´n groot sukses nie, sy werk is vervelig, hy vind mense vervelig en oppevlakkig, en effens afstootlik. Maar waar Sartre se Antoine Roquentin geen oplossing vir die banaliteit van die lewe vind nie, is Michel se oplossing seks. Seks met Valérie, seks met ander meisies, seks met Valérie en ander meisies, alles grafies eksplesiet beskryf deur die verloop van die storie.

As jy dus ´n probleem met seks het is die boek beslis nie vir jou nie. Maar die beskrywing van die erotiese lewenswyse van Michel is belangrik want dit onderlê die uiteindelike nihilisme onderliggend aan die existensialisme. Dit is moontlik om by die seks gedeeltes verby te lees en te konsentreer op die eintlike doel van sy skrywe, naamlik die ontmaskering van ons dekadente samelewing, en ons gewillige (en selfs entoesiastiese) meedoen aan `n nuttelose, soms brutale en siellose bestaan.

In Nausea sê Roquentin: “Once they have been to bed together, they will have to find something else to conceal the enormous absurdity of their existence.”

En dit is uiteindelik Michel en Valérie se probleem, om daardie gapings tussen orgies te probeer vul met iets sinvol. In Nausea sê Roquentin van die restaurant eienaar Monseur Fasquelle: “when his establishment empties, his head empties too.” So is dit ook met Michel; sodra die skes verby is, is sy lewe leeg en sinneloos. Geld en besittings beteken ook niks vir hom en Valérie nie, en daarom besluit hulle om in Thailand te gaan aftree, weg van die sinnelose, pretensieuse Westerse verbruikers kultuur. En daar val sy lewe finaal uitmekaar toe Valérie vermoor word.

Hy sê: “To the end, I will remain a child of Europe, of worry and shame; I have no message of hope to deliver. For the West, I do not feel hatred; at most I feel a great contempt. I know only that every single one of us reeks of selfishness, masochism and death. We have created a system in which it has simply become impossible to live;”

Aan die einde sê Michel: “I understand death now; I don’t think it will do me much harm …. Nothing of me will survive, and I do not deserve for anything of me to survive; I will have been a mediocore individual in every possible sense.”

Aan die einde van Nausea sê Roquentin: “Now when I say ‘I’, it seems hollow to me. I can no longer manage to feel myself, I am so forgotten. The only real thing left in me is some existence which can feel itself existing.”

Michel se laaste woorde is: “I’ll be forgotten. I’ll quickly be forgotten.”

Aan die einde sê Roquentin: “A pale little memory of myself wavers in my consciousness. Antoine Requentin … And suddenly the I pales, pales and finally goes out.”

In sy geheel is “Platform” ´n baie leesbare boek, veral as die politieke situasie in die land besig is om jou onder te kry en jy dood moeg is om tot satwordens toe na herhalings op DSTv te kyk. Maar as ek moet kies sal ek eerder Houellebecq se “Atomised” aanbeveel. Dit gee ´n meer gestruktureerde beskrywing en kritiek van menseverhoudings en van ons wanfunksionerende samelewing (en met minder seks).

Maar as jy ´n ware existensialistiese blik op ons samelewing wil sien moet jy Jean-Paul Sartre se Nausea gaan lees (of dalk weer gaan lees). Daar is nie werklik ´n vergelyking tussen Sartre en Houellebecq se werk nie. Seks verkoop wel meer boeke, dink ek, en dit op sigself is ´n enorme absurditeit. As jy van die soort mens is wat stimulasie bokant die middellyf soek, sal Nausea jou moontlik baie meer plesier verskaf.

043

 

Read Full Post »