Feeds:
Bydraes
Kommentare

Posts Tagged ‘afrikaans’

WATER IN WYN IN BLOED

“En ons het almal gedink sy sou van die stapel afklim nadat sy dit self van bo af met petrol deurweek en aan die brand gesteek het,” sê die man met die lang jas. Vir ’n lang tyd heers daar ’n doodse stilte onder die groepie begrafnisgangers onder die man met die jas se boom. In almal se gedagtes staan die strak prentjie van ’n lyk op ’n brandstapel deur vlamme omhul en ’n rookpluim wat die lug in spiraal, terwyl ’n sagte, suiwer sopraan die aria “Vissi d’arte” uit Tosca van Puccini uit die rook en vlamme vanaf die brandstapel sing:

Die boek is nou beskikbaar by Amazon vir Kindle lesers. Dit kan ook deur die App “Kindle for PC’s” op jou rekenaar afgelaai word.

Volg die skakel: https://www.amazon.com/dp/B073GXQZNM/

Advertisements

Read Full Post »

Afrikaans

Elke ma se baba is vir haar mooi, selfs die mooiste ou dingetjie op Aarde, selfs ten spyte van en bo en behalwe.

En so word die arme kind met `n leuen die wye wêreld ingestuur, tot eendag ….

In Saterdag se Beeld skryf Liza Albrecht oor haar stelling `n tyd gelede  “dat die oogmerk van Afrikaanse koerante nié hoort te wees om uitstekende Afrikaanse koerante te wees nie, maar om die beste koerante te wees wat toevallig Afrikaans is.”

Sy gaan verder en sê dat sy glo `n koerant, `n boek, `n televisie-uitsending, `n toneelstuk, `n komposisie hoort eerstens beoordeel te word op sy gehalte. Die medium, sê sy, kan tog nie die hoofkreterium wees nie.

Sy skryf: “Ek waardeer nie die musiek van Laurika Rauch of die boeke van Marlene van Niekerk ómdat dit Afrikaans is nie. Ek waardeer en benut dit omdat dit so goed is.”

So `n bek moet jêm kry! Jy word mos alig uitgeskel as volksverraaier, onpatrioties, opstêrs en wat nog as jy sê dat jy baie selde Afrikaanse boeke lees of na Afrikaanse musiek luister. Genade, mens kan ook net soveel doef, doef, doef uitstaan!

In dieselfde koerant wat Liza haar sê sê,  word berig van musiekwinkels wat nou duisende Afrikaanse CD’s terug stuur na die vervaardigers omdat niemand dit wil koop nie. Sommige meen dit is die ekonomie wat koopkoors laat opdroog het. Ander glo egter dat dit eerder die swak gehalte van die musiek (en kunstenaars) is wat kopers weghou. Elkeen wat 110de by Idols gekom het loop sny nou sy eie CD omdat Ouma en Ma sê Sannie/Jannie sing tog so mooi en moes eintlik die Idols gewen het. Nou word ons toegegooi met swak musiek wat alles eenders klink.

Dito vir Afrikaanse boeke en ag fok tog vir Afrikaanse flieks!

Liza sê: “Te gereeld word middelmatigheid in die Afrikaanse leefwêreld beloon en bekroon. Bloot omdat dit Afrikaans is.”

(Sien ek dat mense by die Canes film fees begin kla dat flieks daar beloon en aangeprys word bloot omdat dit nie in Engels gedoen is nie al is die gehalte erg beroerd. Dit is dus nie `n uniek Afrikaanse probleem nie.)

En diesulke beloondes gaan heen en produseer net nog meer van dieselfde ter beskaming. Intusssen lees ek maar Ingels, kyk ek (ook maar selde) Ingelse (en selfs Japanese) TV en fliek ek ook in enige taal solank daar onderskrifte is en solank dit nie aan die “Poena is koning” soort van wanskapenheid ly nie.

Lees juis nou die ander dag Muriel Barbery se “The elegance of the hedgehog”  (uitstekend vertaal uit Fraans) Wat `n ongelooflike stuk werk! Wens ek kon dit in die oorspronklike taal lees.

As `n ding goed is, dan is dit goed, maak nie saak watter kleur dit is, watter land dit in gebore is of wie die pa is nie. Dit moet met my siel praat, nie met my derms nie.

Read Full Post »

Die Taaal

Kyk so na Joh se skrywery, in besonder sy manier van spel. Was dit een van Onse Neelsie se basiese beginsels vir Afrikaans destyds wat gesê het; skryf soos jy praat?

Dink ek aan Johann Rossouw van Glasoog faam in ‘By’ van Beeld se onlangse versugting dat Afrikaans sy spelreëls sal moet aanpas om te oorleef. Word hy toe mos woedend aangeval deur verstokte oumanne (self aangestelde bewakers van Die Taal?) wat toe byna `n kollektiewe hartaanval kry aan die gedagte.

Wys een daarop dat die taal en spelreëls al onveranderd sedert 1918 bestaan en wat goed was toe is goed genoeg vir nou, bid jou aan!

Toe dog ek so by myselwers, indien ons 1918 se boerdery implemente en metodes vandag nog net so gebruik het as toe, het ons lankal omgekom van honger, en sou ons die mediese kennis, toerusting en medisynes van 1918 vandag nog net so gebruik het was daardie verstokte ou manne ook lankal saliger (en ons sonder hulle ook?).

Lees ek (vir die eerste maal in my lewe) een van Dot Serfontein se boeke, en wat `n belewenis.

Dot laat spoorwegwerkers in die alledaagse lewe `n formele Afrikaans praat soos wat onse wyse Professore op Universiteit die Taal praat, of dalk gepraat het in 1918. By tye gebruik sy ou woorde en sinsnedes wat jou Afrikaanse tone laat krul van die lekkerte, by tye is die taal weer so volksvreemd dat jy die boek by die venster wil uitgooi. (Wat ek ook gedoen het aan die einde van die eerste storie. Mens kan ook net soveel vat!)

Vergelyk jy die skryfstyl/woordgebruik/sinsbou met Brink en van Heerden en ander huidige skrywers is daar `n wêreldwye verskil vir selfs `n leek soos te bespeur, en hierdie is self reeds ou manne, sestigers wat nou nog `n hond uit `n bos uit skryf, dan praat ek nie eers van nuwe jong skrywers soos Eben Venter of Anoeschka von Meck nie. Genade, sy moes die oumanne na hulle Rennies laat gryp het met haar ‘Anderkant die Longdrop’ (Ons noem hier gladnie ‘Die Antwoord’ se taalgebruik nie, ons is nou tussen beskaafde mense!)

Al die dinge laat my dink dat, ten spyte van die oumanne se gesanik en Johann se dapper pogings, die Taal hom nie laat voorskryf nie. Afrikaans, soos enige ander taal, word op die straat gemaak en sal sy eie loop neem. Gister het hy gelyk soos hy gelyk het, vandag is sy soos sy is, en more sal dit weer anders wees, en dit is soos dit moet wees.

Nog Johann, nog die ou omies kan die Taal soos water in `n voortjie lei na waar hulle dit wil, of keer dat dit totaal onder gaan, hetsy deur prostitusie (dink ‘Die Antwoord’ nee, moet nie eers daaraan dink nie, it’s to ghastly to contemplate!)), politieke kleingeestigheid of Calvinistiese versmoring nie.

Rupert sê hoeka te hel met Die Taal, ons lei mense op vir beroepe (en wetenskappe?) wat nog nie eers bestaan nie, en ons stry oor die Taal waarin dit moet. Met ander woorde, taal is `n middel tot `n doel en nie die doel self nie. Maak nie saak of jy met `n Merc of `n Volksie Kaap toe ry nie, die doel is om in die Kaap te kom so basta die wiele en gee vet!

Gardening Rule: When weeding, the best way to make sure you are removing a weed and not a valuable plant is to pull on it. If it comes out of the ground easily, it is a valuable plant.

Read Full Post »

Fanus Rautenbach

Fanus Rautenbach agter die mikrofoon

 Stel jou voor: in 1968 trek 20,000 mense saam by Bronkhorstbaai (soos in Bronkhorstspruit, nê). Van heinde en verre kom hulle – selfs van Suid-Wes en Rhodesië af. Vir 10 dae hou hulle een groot partykie: die 7de verjaarsdag van Flink uit die Vere, ‘n radio program aangebied deur Fanus Rautenbach. 

 Stel jou voor: meer as 500,000 luisteraars wat elke oggend om 7 uur inskakel oppie draadloos om die nuwe dag met ‘n glimlag te begin. 

 Fanus se humor het die afgelope 50 jaar Afrikaners aan die lag gehou. In die dae van die draadloos was sy aanbiedings ‘n soort van soom wat wyd om die volk gespan het en ons mense verbind het deur ‘n gesamentlike taal van storievertel. Mens kon onmiddelik ‘n aanknoping vind met enige vreemdeling deur net te verwys na daardie oggend se Flink uit die Vere. 

 Dan was daar nog Staal Burger, vir ons laaities. Lank voor Superman op die toneel verskyn het, en selfs in die afwesigheid van James Bond, het die man van staal se “Vat so jou boef!”, met toepaslike byklanke – doef doef doef doeinggggggg, ons vir ure vermaak. So in die laat middag word daar voor die radio oppie vloer gelê en die wonderwerke van ons held speel af in ons verbeelding en die werklikheid rondom ons bestaan nie meer nie. Die volgende dag op skool word sy kordaatstukke met groot bravado nagemaak deur duisende seuns die land oor. 

 Fanus is so ‘n integrale deel van ons kultuur dat sy bydraes vandag as onbewustelike elemente in ons lewens verweef word. As jy volgende keer na Laurika Rauch luister as sy Jacques Brel se “Ne me quitte pas” (Moenie weg gaan nie) sing, weet dat jy na Fanus se vertaling luister. Afrikaans is sy trots en sy treffende gebruik daarvan het hom die toekennig in 2007 as “radiolegende van die afgelope 70 jaar” verdien.  

Onnerhoud deur Naomi Bruwer met Fanus in 2007. 

 Fanus op Litnet 

Read Full Post »

Die verdomde ^^^^^

So sit mens ‘n ^ op ‘n e: Druk “alt” en hou dit in, tik dan 0234 en los die “alt”. ê

Ander soortgelyke letters in Afrikaans:

alt + 0232 = è

alt + 0233 = é

alt + 0234 = ê

alt + 0235 = ë

alt + 0244 = ô

Oupa sê dit reën die hele wêreld oor, en René stem ôk saam.

Read Full Post »

%d bloggers like this: